Matie-dominee aan niggie: ‘Jy is ’n stout leerling wat gestraf moet word…

Kyk ook:

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

Matie-dominee aan niggie: ‘Jy is ’n stout leerling wat gestraf moet word…’ | Rapport

Julian Jansen

Rapport, 16 Februarie 2025

Twee jaar gelede het ds. Peter Nagel aangevoer hy voel “teologies verkrag” nadat die NG Kerk hom tydelik geskors het weens ’n omstrede opiniestuk waarin hy Christus se godheid bevraagteken het.

Nou is die 49-jarige Nagel van sy status as NG Kerk-predikant gestroop nadat hy skuldig bevind is op ’n klag dat hy seksuele boodskappe aan ’n nabye familielid gestuur het.

Hy is ook tydelik geskors by die Universiteit Stellenbosch waar hy in die teologiedepartement werk.

’n 45-jarige niggie van Nagel, wat in Londen woon, beweer hy het haar seksueel misbruik toe sy 14 jaar oud was. In latere jare het hy weer probeer om seksuele praatjies aan te knoop in ’n WhatsApp-groep genaamd “Stellies Fun”, wat hy vir haar, hom en sy vrou gestig het, beweer sy.

Nagel het nie op Rapport se versoeke om kommentaar gereageer nie.

Die niggie vertel toe sy in haar vroeë “naïewe” tienerjare was, het Nagel as ’n “kêrelfiguur” opgetree. Terwyl die familie op hul plaas naby Lanseria gekuier het, het hy glo gereeld sy geslagsdeel aan haar ontbloot, pornografiese beelde vir haar gewys en haar onder meer oorreed om hom te masturbeer.

Hierdie voorvalle het volgens haar tussen 1993 en 1995 gebeur.

Die vrou sê daar was altyd by haar ’n onderstroom van skaamte en vuil omdat dit volgens haar ook bloedskande was.

“Hy was ’n seksuele roofdier wat op my kwesbaarheid jag gemaak het,” beweer sy.

Sy was jare later die slagoffer van verkragting en sê die voorvalle in haar jeug het haar heeltemal verander.

“Ek het myself nie respek geleer nie, nooit boyfriends gehad nie. Al my tyd gemors met aaklige mense.

“Ek is bang om lief te wees vir iemand en is konstant bang vir mans.”

Toe sy 30 was, het Nagel haar weer gekontak. Hy het in ’n hotel in Duitsland gebly en haar genooi om te kom kuier.

“Ek was in denial en nog maklik manipuleerbaar. Ek was confused en steeds op ’n traumabaan,” vertel sy hoorbaar emosioneel.

Meer onlangs het Nagel ’n WhatsApp-groep gestig toe die niggie in Kaapstad gekuier het.

Sy sê op die groep, waarop sy vrou ook was, het Nagel seksuele praatjies aangeknoop. Sy vrou het later die groep verlaat, en die niggie glo dit was omdat sy genoeg gehad het van die trant van die praatjies.

In dié tyd het sy finaal besef sy word misbruik in ’n jare lange “komplekse verhouding” met Nagel en sy het die NG Kerk genader met haar klag.

“Ek dink hy het my steeds as daardie 14-jarige meisietjie gesien. Ek moet steeds berading ondergaan om alles te verwerk,” sê sy.

Die niggie het na Suid-Afrika gereis om te getuig in die NG Kerk se kommissie wat die saak ondersoek het.

Nagel het aanvanklik die tugliggaam ingelig dat hy “die bewering en beskuldiging teen my met my hele wese en in die sterkste moontlike terme verwerp”, maar op die tweede dag van die verhoor het hy gesê hy het besluit om skuld op al die aanklagte te beken en verantwoordelikheid vir sy optrede te aanvaar.

Hy het egter ontken dat hy as 18-jarige by enige wangedrag teenoor sy niggie betrokke was.

Ná dié uitspraak het die niggie ook strafregtelike klagte by die polisie aanhangig gemaak.

Volgens Martin Viljoen, woordvoerder van die universiteit, is die instelling eers onlangs ingelig oor die uitslag van die NG Kerk se dissiplinêre proses teen Nagel. Hy is voorlopig deur die universiteit geskors.

Die gewraakte WhatsApp-boodskappe

Die klaagster het dié boodskappe van Nagel by die NG Kerk se ondersoek-kommissie ingedien:

  • Wow, ek onthou nie dat ek jou ’n porn clip gewys het nie . . . het jy daarvan gehou?
  • Indien die saamkuier in iets fisiek ontwikkel . . . sal dit wonderlik wees.
  • Die dorp is gestop oor ’n naweek en ek kan jou my kantoor wys??
  • Perfek, ek sal graag vir jou STB wil wys . . . en bietjie tyd in my kantoor spandeer.
  • Jy is ’n stout leerling wat gestraf moet word.
  • In ons geval het ons iets in werklikheid gedoen . . . dit is wat my fantasie oorwegend inlig, dit is meer werklik as fantasie.
  • Ek wil voortgaan waar ons opgehou het.

’n Boodskap van die klaagster aan Peter Nagel oor sy boodskappe aan haar.

Good day Peter

As previously discussed, you said you’re truly sorry and asked in which way you can help me.

Now as an adult, I understand what happened to me, that you violated my boundaries and also emotionally abused me by completely ignoring me after you were ‘done’ with me. I thought you loved and cared for me but those are not the actions of someone who actually cares about me.

As per the aforementioned, if you really want to help me then please show it in your actions. I came up with an idea: I’m going to need a psychologist/counsellor to help me process my mixed feelings and help empower me to be resilient, to be a survivor.

Are you willing to pay for my counselling bills which will be one hour per month, until the NHS will take on my case and the counselling will be free? Thus the compensation you…

nuus@rapport.co.za

Kommentaar

xxx

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui