Kyk ook:
Om Woke te wees: Hoe moet ek dit verstaan?
Philip Coetzee, Strand, 27 Februarie 2025
Die woord en konsep WOKE (om wakker te word of te wees, of om bewus te wees van omstandighede) het ‘n belangrike besprekingspunt geword op alle tereine, positief en negatief. Eerstens as ‘n spreekbuis en medium vir sosiale geregtigheid in die breë, veral om rassisme, bevooroordeling, en ongelykhede in die samelewing die hoof te bied. Op sigself ‘n betekenisvolle positiewe gebaar. Tweedens, die negatiewe klemverskuiwing vanaf die bogenoemde na bevrydingsteologie in ‘n Christelike opset. In ‘n artikel “Woke Theology” (Theos U 2022) stel die skrywer dit dat die negatiewe aspek van “Woke”- teologie is om die blaam vir sosiale en ander ongeregtighede hoofsaaklik voor die deur van die kerk te plaas, dus die kerk as die grootste sondebok. Kom ons kry ‘n blik op die twee scenario’s aangaande wokeïsme en die kerk.
Woke as ‘n Bybelse Verstaan: Word Wakker uit die Dood
Wat is positiewe Bybelse begrippe van woke? In Matteus 13:1-23 gee Jesus ‘n duidelike begrip van mense wat geestelik “blind en doof” is vir die Woord, met ander woorde, hulle het nog nie ontwaak uit hul geestelike slaap nie. So ook waarsku Paulus die gelowiges om wakker te word uit hul slaap en te wandel in die lig, geklee in ‘n Jesus-bevrydingskleed, ‘n geesvervulde lewe (Rom 13:11-14). Efesiërs 5:6-20 is ‘n verdere duidelike voorbeeld, veral v14:
“immers alles wat sigbaar word, is lig. Daarom word gesê: Word wakker, jy wat slaap, en staan op uit die dood en Christus sal sy lig oor jou laat skyn.”
Met ander woorde, geestelike bewustheid bied die geleentheid om dienend te wees in jou gemeenskap. Dus, om ‘n oplettende gees te ontwikkel wat die verkeerde kan identifiseer en aanspreek soos Paulus dit tereg gedoen het. Hy het diskriminasie aangespreek, en as ‘n wedergeborene in Christus en een met Christus en medegelowiges, maar ook met ‘n hart van verdraagsaamheid teenoor ongelowiges, ‘n pad met mense gestap (Gal 2:11-21).
So ook moet die kerk van vandag vas staan op ‘n Bybelse fondasie, ‘n beginselvaste Skrifgetroue evangelie, soos J Smith (2018) dit verduidelik in sy artikel The Decline of the Reformed Church Polity in South Africa:
Christ fulfils his government of the church through Word and Spirit, and in the centre is the proclamation of the Word. From the reformed fathers of the 16th century Reformation, Martin Luther (1483–1546), Martin Bucer (1491–1551) and John Calvin (1509–1564), the reformed tradition took over the essential idea of the centrality of Scripture. Similarly, it gives expression to the unwavering belief in the power of the Word. Christ acts and governs the church through the Word and its proclamation. The reformed church order concept can therefore be expressed as an order with the aim to propagate and protect the proclamation of the Word in every instance (cf. Van ’t Spijker 1980:10).
Woke as ‘n Bevrydings- Teologie: Gelykvormig met die Wêreld
In sy artikel, What does it mean to be Woke, beskryf Ed Young (2022) die moontlike negatiewe invloed van woke in ons Christelike lewe:
“woke” is an authoritarian worldview that seeks to deconstruct the foundations of our Christian faith by overwhelming, overpowering, and overthrowing those who do not adhere to its ideology.
This is a serious claim, I know. But I have seen “wokeism” deceive countless people, making them think it’s harmless. Wokeness claims to be about justice and correcting generational wrongs, but that’s not all it is. Woke philosophies tempt deeply rooted Christians to adopt ideologies that contradict God’s Word. Wokeness reprioritizes people’s value and worthiness based on claims by people like Karl Marx rather than Christ. This is dangerous, but it’s not a recent development. The enemy has been using this strategy for centuries.
Soos ‘n Dief in die Nag
Wokeïsme is ‘n doktrine wat, soos ‘n dief in die nag, ons wil verwyder van ‘n Bybelse Godsbegrip en dit vervang met ‘n postmodernistiese Godsbegrip gelykvormig met ‘n sosialistiese wêreldbeskouing. Dit word gedryf deur liberale, humanistiese, en sosialistiese denkers met ‘n postmoderne visie van ‘n veranderlike Godsbegrip (Godsbegrip = hoe jy God verstaan in ‘n Bybelse konteks), ‘n visie van ‘n alomvattende geestelike lewe sonder die volle waardes en riglyne soos in die Skrif vervat. Met ander woorde, dit is ‘n aggressiewe “geloofskanker” wat jou geloofsoortuigings en waardesisteme sal vernietig en jou los met verlore geloofsidentiteit en integriteit.
‘n Vloeibare Kerk
Die hoofdoel van Wokeïsme is ‘n “everything goes” en lekkervoel konsep sonder “onnodige” geloofsbande wat jou doen en late aan bande mag lê en ‘n gewetenlose rustige geestelike lewe sal skep. Hulle poog om die hart van Christus en die Kruis uit te skeur en te vervang met ‘n nuwe vergifnisstelsel. Dus, ‘n stelsel waar verskeie absolutes (dit wat in die Skrif opgeteken is en vir altyd geld) opsioneel is en nie toegepas hoef te word nie, maar slegs relevant is tot die tyd waarin dit geskryf is. Byvoorbeeld, slegs huwelike tussen een man en vrou en Jesus se maagdelike geboorte is taboe; die hel, en Satan kan beskou word as fiksie; en God se skeppingsverhaal in Genesis as ‘n mite gesien word. Dus, die daarstel van ‘n meer vloeibare kerk wat die wêreld omarm, en meer buigsaam en toegeeflik is volgens jou eie Godsbegrip en geloofsoortuigings; daarom het jy die reg om dele van die Bybel te vertolk soos dit jou pas, om ‘n spesifieke sonde te regverdig.
Gelykvormig met die Wêreld
Leierskap in die kerk stel met ander woorde sy outoriteit en geloofsoortuigings bo die van die Skrif. Dus, nie die wil van God nie, maar die wil van die mens. Is dit miskien die geboorte of voorteken van die draak uit die see? (Op. 12:9). In ‘n arikel The Decline of the Reformed Church Polity in South Africa, stel J Smith (2018) dit as volg:
What is the identity of the church according to Collegialism (collegialism = wokeness) and reformed church polity, respectively? What are the consequences of collegialism for the church? Collegialism’s answer to the question of the government of the church, as indicated above, is fundamentally different from the perspective of reformed church polity. In essence a collegialistic concept of church dismantled the church of its identity as the body of Christ, the building of God, the temple of the Holy Spirit, the flock of Christ with Christ as the true Shepherd, et cetera, to a mere human society equal to all other human societies in the community. The church is, in fact, not seen any more as an assembly of believers. The synod and its structures rather become the church and the representatives of the church.
A consequence is that the believers do not see themselves as the church of Christ and do not experience the impact of the fundamental change as a result of the rebirth. In this system, believers do not come into their own right as the church, but they find a place alongside the church which is mainly indicated as the synod with its own prevailing structure. The church has lost its vitality in favour of an a-historical and abstract view of the church, typical of the high conjuncture of collegialism in the 19th century. For the church government, the implications are equally distorting. Christ’s government, through the Word, becomes church government by the synod as the sole interpreter of the Word and legislative authority of the church.
Die Uitweg: Word Wakker uit jou Geestelike Slaap en wees Paraat!
Wat nou gemaak? Waak teen dwaalleraars wat “wol oor ons oë probeer trek”, wat God se kerk en die Heilige Skrif gelyk of ondergeskik wil stel aan hierdie stormagtige gewetenlose wêreld. Kom ons wees wakker, kinders in Christus, anders kan ons ons maklik in ‘n bodemlose put bevind waar die ewige duisternis ons voorland is, soos die Leviete in Numeri 16. Hulle het teen God gerebelleer en is deur die aarde verswelg en het ‘n ewige dood gesterf.