Blaise Pascal: Daar is ‘n God-vormige vakuum in elke mens se hart
Die volgende is ‘n aanhaling wat aan Blaise Pascal toegeskryf word:
“Daar is ‘n God-vormige vakuum in die hart van elke mens wat nie deur enige geskape ding bevredig kan word nie, maar slegs deur God die Skepper, bekend gemaak deur Jesus Christus.”
(“There is a God-shaped vacuum in the heart of each man which cannot be satisfied by any created thing but only by God the Creator, made known through Jesus Christ.”)
Hierdie presiese bewoording kom egter nie in Pascal se oorspronklike geskrifte voor nie, maar dit som ‘n tema uit sy werk op, veral Pensées, waar hy die menslike toestand, verlange en die soeke na betekenis ondersoek.
Die volgende is ‘n meer getroue weergawe van wat Pascal geskryf het (Pensées, fragment 425):
“Wat anders sê hierdie verlange en hierdie hulpeloosheid, as dat daar eens in die mens ’n ware geluk was, waarvan daar nou net ’n leë afdruk en spoor oor is? Dit probeer hy tevergeefs vul met alles om hom… maar niks kan help nie, aangesien hierdie oneindige afgrond slegs gevul kan word met ’n oneindige en onveranderlike wese — met ander woorde, met God self.”
“What else does this craving, and this helplessness, proclaim but that there was once in man a true happiness, of which all that now remains is the empty print and trace? This he tries in vain to fill with everything around him… though none can help, since this infinite abyss can be filled only with an infinite and immutable object; in other words, by God himself.”