RSG: NG Kerk deel van afvaardiging wat met Cyril gesels

Kyk ook:

NG Kerk deel van afvaardiging wat met Cyril gesels

https://www.rsg.co.za/rsg/omny/ng-kerk-deel-van-afvaardiging-wat-met-cyril-gesels/

16 April 2025

‘n Afvaardiging van die Suid-Afrikaanse raad van Kerke het onlangs met president Cyril Ramaphosa, adjunkpresident Paul Mashatile en ‘n handvol kabinetslede by die Uniegebou in Pretoria vergader. Die NG Kerk was deel van die afvaardiging en ons gesels vanoggend met die moderator van die kerk, ds. Jan Lubbe

Kommentaar

Daniel Louw

Volgens Jan Lubbe:

“Die minister in die presidensie, minister (Khumbudzo) Ntshavheni, het vir ons gevra: ‘Why are the churches only in the pews?’ ”

Hierdie stelling is om die minste te sê, uiters frustrerend! Het kerke nie al in die verlede oproepe tot die regering gemaak nie? En indien kerke meer gepraat het, sou dit enigsins gehelp het? As ‘n mens kyk hoe die regering oproepe van die VF+ en DA en ACDP hanteer, het ek geen hoop dat die regering kerke enigsins meer ernstig sal opneem nie.

‘n Mens kan Jan Lubbe seker nie kwalik neem dat hy die geleentheid nie geboikot het nie, maar ek hou nie my asem op dat daar verandering gaan plaasvind nie.

Die gesprek oor versoening: Waarvan praat hulle? Watter versoening? Dit is in die regering se hande. Wanneer tree die regering mense aan wat “Kill the boer” sing? Ek verwag ook nie dat Jan Lubbe ons saak behoorlik gestel het nie.

Toe dit by Israel en Gaza gekom het, kan ek net dink dat Jan Lubbe net mooi broodjies gebak het, instede daarvan om die SA regering te konfronteer met die feit dat hulle Hamas, wat terroriste is, ondersteun.

Wat ‘n mors van tyd – my opinie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui