Kyk ook: |
In April 2019 het André Bekker nege getuienisse van voorheen homoseksuele mense van Suid-Afrika op Facebook geplaas. Hier is die laaste een – sy eie getuienis.
***********
Ek wil vandag die reeks getuienisse van Suid-Afrikaners wat met homoseksualiteit gedeel het, afsluit met my verhaal as die 9de in die ry.
Baie van julle is al bekend met my getuienis soos ek dit in die verlede gedeel het. Tog ervaar ek dat ek dit kortliks vanuit ’n ander hoek met jou wil deel.
Ek het in ’n Christelike huis grootgeword. My ouers was beide Christene en het die Here met oorgawe gedien. Hulle het gepoog om ons kinders in die weë van die Here groot te maak, na die beste van hulle vermoë. Te midde hiervan het ek op ’n vroeë ouderdom agtergekom dat ek ’n buitengewone belangstelling in persone van dieselfde geslag het. Selfs in my fantasië was die persone met wie ek betrokke was jonger seuns. Toe ek ongeveer 12 was, het ek my broer, wat drie en ’n halfjaar jonger as ek was, se maatjies bevriend. Dit was nie lank nie of die vriendskappe het seksuele ondertone begin kry en kort voor lank het dit ook tot meer ontwikkel. Alhoewel niemand ooit op enige wyse vir my laat blyk het dat wat ek mee besig was, is onnatuurlik en verkeerd is nie, het ek diep binne-in my geweet dat om aangetrokke te voel tot persone van dieselfde geslag verkeerd en onnatuurlik is.
Soos ek ouer geword het en ander seuns na meisies toe geneig het, het my geneigdheid net al hoe sterker tot seuns geword. Groot was my ontsteltenis toe ek ook begin besef dat my georiënteerdheid is tot jonger persone as ek. Ek het naderhand skool verlaat en agtergekom dat ek ’n aversie het vir ouer persone. Die ouderdomsgroep na wie toe ek aangetrokke was, het gestagneer tussen 10 en ongeveer 20. Die persoon moes egter jonk en onskuldig voorkom as hy in sy later tienerjare was.
Ek sou eers baie jare later leer dat wat ek beleef, beskryf word ’n genderoriëntasie na persone van dieselfde geslag (homoseksualiteit) en ’n ouderdomsoriëntasie wat beskryf kan word as ’n pedofiel, want ek was aangetrokke tot ’n persoon so jonk as 10. Ek kon ook beskryf word as ’n hebefiel, want ek was ook aangetrokke tot persone tussen die ouderdom van 11 tot 14. Maar ek kon ook beskryf word as ’n ephebefiel omdat my georiënteerdheid ook tot seuns tussen die ouderdom van 15 en 20 was – afhangende hoe jonk hulle voorgekom het.
Asof dit nie genoeg was om hierdie onnatuurlike belewenis te hê nie, het ek ook tot my skok agtergekom dat in my later tienerjare daar ’n ongesonde belangstelling in diere en spesifiek honde was. Dit was ’n baie ontstellend openbaring. Ek sou later leer dat dit bekend staan as ’n oriëntasie tot bestialiteit.
As daar ooit gepraat kon word van ’n randfiguur, dan het ek in die volle sin van die woord aan daardie beskrywing voldoen. Dit het my nie lank geneem om te besef dat homoseksualiteit plaas jou op die rand van die samelewing nie. Nog erger as jy aangetrokke voel tot jonger persone. So het ek gevind dat baie persone nooit hulle ouderdomsoriëntasie bekend sou maak nie. Hulle kon gemaklik wegkruip agter die feit dat hulle homoseksueel is, sonder dat dit bekend is tot watter ouderdomsgroep hulle aangetrokke is. Op die wyse kon hulle selfs die voordele trek waarvoor die kerk vir die gay persone veg.
Dit hoef nie eers gesê te word dat bestialiteit ’n mens nog vêrder terug op die rand van die samelewing plaas, en jou marginaliseer nie, en jou waarskynlik as dit kon, as ’n derde klas burger klassifiseer.
Al hoe wel daar in kerklike kringe baie gemaak word van die feit dat gay mense volgens die uiteensetting in die seisoen van menswaardigheid hanteer moet word, bejeën selfs die gay gemeenskap, mede homoseksuele wat my spesifieke georiënteerdheid beleef, met veragting en minagting. Ons is die uitvaagsels van die samelewing, die skuim van die aarde. Mense wat verdien om gehang, ontman en vir altyd in die tronk gegooi behoort te word, al het ons die oriëntasie nie gekies of daarvoor gevra nie. Net soos die gay persoon wat aangetrokke is tot volwassenes kan redeneer, dat hy nie sy oriëntasie gekies het nie en so gebore is en nie kan verander nie, kan ek met dieselfde gesag dieselfde aanspraak maak.
Dit was vir my ooglopend dat die seisoen van menswaardigheid nie van toepassing is op die gay ondersteuners in die kerk, toe hulle luid dit verlede jaar September (2018) in die media uitbasuin dat Dr. Chris van Wyk haatspraak beoefen het, deurdat hy homoseksualiteit kwansuis met pedofilie en bestialiteit sou vergelyk het as sou dit ook orientasies wees soos homoseksualiteit. In hulle uitspraak dat dit haatspraak is, wys hulle hul eie onverdraagsaamheid en onbillike diskriminasie op grond van oriëntasie jeens persone wat gay is en ander oriëntasies beleef. So asof een gay persoon bokant ’n ander gay persoon verhef kan word en een se sonde nie sonde is nie, terwyl die ander een se sonde hom tot die warmste plek in die hel verdoem.
God het egter in my lewe ’n draaipunt beskik. Ek was 34 jaar oud toe ek in 2001 vir ’n kinderhuis werk. ’n Kind lê ’n klag teen my dat ek hom sou gemolesteer het. Ek word toe geskors vir ses weke hangende ’n ondersoek. Op die dag wat die saak aan die polisie oorhandig sou word vir vervolging kom die kind met die waarheid na vore en deel die speurder mee dat hy ’n leuen vertel het. Daar is toe geen verdere ondersoek teen my gedoen nie en ek kon terugkeer werk toe. Dit was egter vir my die wekroep om my lewe uit te sorteer.
Deur middel van psigoterapeutiese hulp vanuit Amerika en God se hulp en my verhouding met Hom het dinge in my lewe begin verander. Progressief het skuiwe in my lewe begin plaasvind en het emosionele pyn genees en is skuld en skaamte mee gedeel. Groot skuiwe het in my genderidentiteit plaasgevind. Ek kon my identiteit in Christus vind en die ou lewe afsterwe en in die nuwe lewe in Christus begin wandel. Dit het daartoe gelei dat ek in 2004 met my vrou, met wie ek die jaar 16 jaar getroud is, kon trou.
Die wonder hiervan is dat my vrou ’n weduwee was met twee tiener seuns. God se werk in my lewe was van so aard dat hy nie net my genderoriëntasie van homoseksueel na heteroseksueel kom verander het nie, maar ook my ouderdomsoriëntasie van jong seuns na ’n volwasse vrou. Dit het vir my ontsettend baie beteken dat God my kon toevertrou het met my twee tiener seuns. Ek het die Here opreg gevra of Hy weet wat Hy doen om my met ’n vrou met seuns te laat trou. Weet hy dan nie van waar ek kom nie? Dit was hierin waar God juis sy groot krag kom toon het. Wat die sielkunde en psigiatrie ons wil wysmaak is onmoontlik om te gebeur dat mense van oriëntasie kan verander, toon God bo twyfel dat dit moontlik is.
Alhoewel bestialiteit nie sterk gevestig was in my lewe nie, het God my ook volkome daarvan verlos.
Alles het nie oornag verander nie. So het onder andere een hardnekkige verslawing nie wou bes gee nie. Dit was “sex chat,” wat baie hartseer en pyn veroorsaak het. Dit was die deel uit my sondige natuur wat wellus aangevuur het, alhoewel ek self nie meer tot dieselfde geslag aangetrokke was nie. Dit was iets wat ek aangeleer het in standerd vyf en wat jare sou neem voordat ek daaroor oorwinning sou kry.
Ek is steeds in die smeltkroes van my Meester, om elke dag al hoe meer na Sy beeld gevorm te word. Ek kan egter met oortuiging sê: “When I look back and wonder how I ever made it this far, you would realize it is not that I have been clever, but God has been wise. Not that I have been strong, but God has been mighty. Not that I have been consistent, but God has been faithful. I call this GOD’S AMAZING GRACE!”