Islam 101

Inhoudsopgawe

Dokumente

Moslems werk met drie dokumente: die Koran, Hadit en Soenna.

Koran

Moslems glo dat die Koran die finale boek is wat God beskryf.

Hier volg ’n vergelyking tussen die Koran en die Bybel (die doel van hierdie is nie om eksakte syfers te gee nie, maar om slegs ’n idee te gee van die hoeveelheid inligting in die verskillende boeke):

Ou Testament Nuwe Testament Bybel Koran
Boeke 39 27 66 1
Hoofstukke 929 260 1 189 114
Verse 23 200 7 950 31 150 6236
Woorde 622 000 184 600 806 600 77 500
Letters 3 116 480 320 015

(Uit How many chapters verses and words are in the Bible)

Dus is die Koran ongeveer een tiende van die grootte van die Bybel.

Die hoofstukke in die Koran word Soeras genoem. Dus is “Soera 3:5” dieselfde as “hoofstuk 3:5”.

Die Koran kan aanlyn gelees word by www.clearquran.com. Hoofstuk 10 kan byvoorbeeld gekry word by www.clearquran.com/010.html.

Hadit

Die Hadit bevat alles wat Mohammed gesê het in sy leeftyd. Dit is die Islamitiese oorleweringe oor die doen en late en die uitsprake van die profeet Mohammed wat in groot versamelings saamgevat is. Deur hierdie oorleweringe ken die mens die soenna, die manier (weg) van die profeet. Die meeste Moslems beskou die Hadit as aanvullend tot die Koran. Die Hadit is ’n mondelinge tradisie wat in die 8ste en 9de eeu neergepen is.

Uit die Koran en die Hadit word die Islamitiese wette, die sjaria, saamgestel. In die meeste Moslemlande geld die sjaria as grondslag vir ’n deel van die reg. Die meeste Islamitiese lande het ’n gemengde regstelsel en die Hadit geniet geen absolute mag nie en word ook nie beskou as ’n primêre bron nie omdat dit mondelinge oorleweringe is wat eers later opgeteken is.

‘n Minderheid van die Moslems genaamd Koraniste verwerp alle Hadite.

Omdat sommige Hadituitsprake twyfelagtige en selfs teenstrydige stellings insluit, het die verifikasie van die hadit ’n belangrike studieveld in Islam geword.

Soenna

Die Soenna is die liggaam van tradisionele gebruike en praktyke van die Islamitiese gemeenskap, beide sosiaal en wetlik, gebaseer op die mondelinge oorleweringe van die leringe, dade en woorde van die Islamitiese profeet Mohammed, asook verskeie verslae oor Mohammed se metgeselle. Die Koran en die Soenna maak die twee primêre bronne van Islamitiese teologie en wet uit. Volgens die Moslemgeloof was Mohammed die beste voorbeeld vir Moslems. Die Soenna word dus gedefinieer as ’n lewenswyse van al die tradisies en gebruike van Mohammed wat Moslems moet volg.

Kan Moslems die Hadit ignoreer?

Nee. Daar is inligting in die Hadit wat nie in die Koran is nie.

Die Koran beveel Moslems om hulle aan Muhammad se besluite te onderwerp (Koran 4:65). Muhammad se besluite word egter slegs in die Hadit gevind, nie in die Koran nie.

Die eerste en tweede pilare van Islam kom slegs in die Hadit voor, nie in die Koran nie.

Kyk ook:

Ontstaan van Islam

Islam het ontstaan deur hulle profeet Mohammed wat geleef het van 570 nC tot 630 nC. Op die ouderdom van 40 jaar (610 nC) het hy sy eerste openbaring ontvang.

Mohammed was die laaste profeet van Allah.

Geen Moslem het geloofsekerheid nie; inteendeel, nie eers Mohammed self het geloofsekerheid gehad nie (Sura 46:8-9). Dit is daarom dat Islam op werke gebaseer is. Moslems glo dat hulle deur goeie werke te doen, Allah sal behaag en dat hulle daarom toegang tot die hemel sal verkry.

Siening oor Jesus

Moslems glo die volgende oor Jesus.

  • Jesus is gebore uit die maagd Maria
  • Jesus was ook ’n profeet van Allah
  • Jesus het wonderwerke gedoen
  • Jesus was nie die seun van God nie. Hulle verwerp die drie-eenheid, want hulle beweer dat dit politeïsme
  • Groot dele in die Bybel is verander deur Christene.
  • Hulle verwerp Jesus se opstanding uit die dood.
  • Oor Jesus se kruisiging en dood is daar soms verskillende sieninge, maar Moslems glo nie dat Jesus gesterf en opgestaan het uit die dood nie.

Kyk ook:

Vyf pilare van Islam

Hier volg die 5 pilare van Islam:
1. Sjahada – die geloofsbelydenis
Die belydenis is soos volg: “lā ʾilāha ʾillā llāh muḥammadun rasūlu llāh”. (“Daar is geen god behalwe Allah nie; Mohammed is die boodskapper van Allah”)
2. Salaah – gereelde gebede
Moslems bid minstens vyf keer per dag: voor sonsopkoms, in die voormiddag, teen laatmiddag, net nadat die son gesak het en weer in die laataand net voor slaaptyd. Op Vrydagmiddae kom gelowiges ook by die moskee byeen vir ’n spesiale gebedstyd.
3. Zakaat – bydrae tot liefdadigheid
Daar word van Moslems verwag om ’n deel van hul inkomste of besittings aan liefdadigheid te skenk.
4. Pwasa – vas tydens Ramadan
Gedurende die maand van Ramadan van sonop tot sonsondergang vas Moslems. In dié tyd weerhou alle Moslems, behalwe siekes, swakkes en swanger vroue, hulle van kos, drank, rook en seksuele omgang.
5. Hadj – pelgrimstog na Mekka
Dit word verwag van Moslems, vir wie dit finansieel en fisiek moontlik is, verwag om minstens een keer in sy of haar lewe die reis na Mekka aan te pak.

Kyk ook Vyf Pilare van die Islam (Wikipedia).

Verdere leeswerk

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui