Baie jong leraars is werkloos
16/05/2012 | Filed under: Nuus, Suid-Afrika | Geskryf deur: Jean Oosthuizen
Talle teologiestudente wat teen groot koste en met jare se studie as predikante opgelei is, sit moedeloos met hulle hande in die hare omdat daar nie vir hulle werk is nie. Slegs agt van die 23 proponente wat in November 2011 aan die Teologiese Fakulteit by die Universiteit Pretoria afstudeer het en gelegitimeer is, het tot dusver beroepe ontvang.
Een van die baie proponente wat al maande lank tevergeefs probeer om ’n beroep te kry, prop Annari du Plessis, het aan Kerkbode gesê dit voel of daar nie die waarheid gepraat is oor die beskikbaarheid van poste nie. Sy is nie optimisties oor die toekoms nie. “Die kans is daar dat ek nooit ’n dominee sal word nie en dat ek met ’n rits grade gaan sit waarmee ek niks kan doen nie.”
Prop Benjan Knoetze (foto) sê hy is mismoedig, maar nie spyt oor sy beroepskeuse nie. “Ek ry wipplank tussen oomblikke van geweldige optimisme en ’n put van ellende. Dit is nie die prentjie wat vir ons geskets is toe ons begin studeer het nie. Daar is vir ons gesê ons sal kan kies en keur tussen gemeentes vanweë die hoë ouderdom van die huidige dominees omdat baie van hulle binnekort aftree.”
Die predikant vir teologiese opleiding aan die Universiteit Pretoria, dr Flip du Toit, het ’n dringende versoek aan ringe en gemeentes gerig om maniere te vind om die proponente in gemeentes te gebruik.
Hy gee toe dat hulle nie die studente vir hierdie situasie voorberei het nie. “Die ekonomiese insinking het almal onkant gevang. Baie gemeentes wat voorheen vier of vyf predikante gehad het, verminder hulle poste weens finansiële redes.”
Die kontrakposte wat ’n paar jaar gelede ingestel is om jong leraars te help om werk kry omdat daar toe ’n tydelike ooraanbod aan predikante was, word nou hoofsaaklik gevul deur ouer predikante tussen 60 en 70 jaar. Dr Du Toit sê dit was nooit die bedoeling met die kontrakposte nie.
Hy meen ringe moet hulle verantwoordelikheid nakom en oorhoofs na die probleem kyk. Hy het ook die hoop uitgespreek dat die nuwe Algemene Bevoegdheidsraad vir predikante landwyd sal kyk hoe om die probleem te hanteer.
Die tekort aan leraarsposte het volgens dr Du Toit ook ’n negatiewe effek op voornemende teologiestudente. “Die ironie is dat die helfte van die NG Kerk se predikante ouer as 50 jaar is en binne die volgende 15 jaar sal aftree. Wanneer dit gebeur, kan daar weer ’n groot tekort aan predikante in die NG Kerk ontstaan,” het dr Du Toit gewaarsku.
By die Universiteit Stellenbosch is daar verlede jaar agt studente van die NG Kerk en die Verenigende Geref Kerk gelegitimeer. Ds Monty Sahd, predikant vir teologiese opleiding by die Teologiese Fakulteit aan dié universiteit, en prof Francois Tolmie, dekaan van die Teologiese Fakulteit aan die Universiteit Vrystaat, sê hulle het nie inligting hoeveel van verlede jaar se studente reeds beroepe ontvang het nie. Daar is wel sommige wat verder studeer.
Kommentaar
‘n Mens wonder of die feit dat baie gelowiges nie te vinde is vir die liberale teologiese opleiding van teologiese studente nie dalk ’n rol speel in die gebrek aan beroepe van jong leraars nie. Veral as die leraars nog hul liberale standpunte in die media openbaar. Dit wat hulle en hul dosente glo hul beste verkoopspunte is, tel genadiglik dalk juis teen hulle. Die hoop is natuurlik dat hul koppe daadwerklik Bybelsgeoriënteerd en God-gelowig sal draai, eerder as dat hulle net hul ongeloof gaan probeer verbloem. By gesê, ek glo darem nie dat alle jong leraars die pad byster geraak het tydens hul teologiese opleiding nie.
Op facebook/kerkbode het die volgende kommentare gevolg
http://www.facebook.com/kerkbode/posts/134508730017635 :
Dawid Reyneke
slaan oor doppers toe, daar is weer tekort…
Dawid Reyneke
nettie dames nie..
Hannes Cloete
Een van die kommentare: “Dit is vir my hartseer dat ouer predikante – met hul verouderde bedieningstyl – voorkeur kry in gemeentes. Soms is dit tot nadeel van die gemeente”. Indien dit die geval is, is dit werklik jammer!
Kobus Hattingh
Ken ’n paar wat werklik nie eers Dominees moes gewees het om meer te begin nie! Hulle verkondig hulle eie Bybels en behoort plek te maak vir die wat Waarheid verkondig.
Thabu Pienaar
hey wag, ek verstaan julle frustrasies maar dis ewe verkeerd en liefdeloos om enige ouer ds af te skiet as “outyds, beteken niks meer nie, onwaarheid verkondigers” en dies meer! GLo jy dat die Here in beheer is? Nou laat dit dan in Sy hande…dalk het Hy ’n beter plan vir jou lewe!
Nelus Niemandt
Ons lees van jongmense se drome, verwagtings en ook seerkry, en dan maak iemand die opmerking dat hy ’n paar ken wat nie ds. moes wees nie. Die opmerking uit Huffington Post oor sosiale netwerke is so toepaslik en tydig: Believers throughout the ages have recognized the importance of careful speech, especially in the Bible. We find passionate reflections on whether a figure speaks “the word of God,” such as Moses doubting his power of speech in Exodus 4:10. The emphasis on careful speech is also striking in the book of Proverbs, where the power of “the tongue” is a core theme: “Do you see someone who is hasty in speech? There is more hope for a fool than for anyone like that” (29:20). A New Testament passage from the Letter of James (3:1-12) provides a similar message on intemperate speech: “For every species of beast and bird, or reptile and sea creature, can be tamed and has been tamed by the human species, but no one can tame the tongue — a restless evil, full of deadly poison” (3:8). The message in these verses is that human beings have an impressive capacity to do a number of things in life, except control our tongues…
Nelus Niemandt
Ek dink dit is een van die belangrikste uitdagings wat die NGK voorentoe sal moet hanteer. Daar is geweldig baie op die spel en ons kan eenvoudig nie voortgaan soos dit tans werk nie.
Cobus Van Wyngaard
Partymaal is die Kerkorde in beheer, en dan roep God ons om dit te herdink. Om vir jongmense wat nie weet hoe hulle R200 000 se studieskuld wat hulle gemaak het omdat hulle beleef het God roep hulle gaan afbetaal nie te sê “God het ’n plan met jou lewe” is dalk bietjie ongevraag. Kom ons vra liewers: hoe sal ons kerk lyk as God in beheer is, en dan skryf ons ons Kerkorde om dit te reflekteer, en ons begelei ons studente op ’n manier wat dit reflekteer.
Deon van Niekerk
Wat moet reflekteer?
Rudolph Scharneck
My belewenis is dat ouer predikante met baie ervaring eenvoudig roteer word tussen gemeentes. Hoe op aarde kan my CV kompeteer teen iemand sn wat al 20 jaar meer tyd as ek gehad het om ervaring op te doen en allerhande verdere opleiding te voltooi? Tog weet ek van gemeentes wat n lys posvereistes opstel en dan CVs met die vereistes vergelyk en so besluit wie haal die kortlys. Geen pas klaargestudeerde staan n kans by so n gemeente nie.
En ek dink werklik dis hoogs arrogant en liefdeloos om sommer so maklik te se dat baie nie eers dominees moes gewees het nie, net omdat hulle dalk n saak anders sien.
Arthur-Ashe Spokiemyvang Steenbok
Ek is nie deel van n nuwer generasie wat alles verniet en maklik wil he nie, MAAR ek dink,die kerk skuld ons iets wat nie werk het nie. Want juis is dit die kerk wat soveel bonormale vereistes geplaas het om te kwalifiseer( 7 jaar te leer/M-kwalifikasie). My oplossing: ek sien hier in die vrystaat se sinodale kantore is nie-predikante werkend wat admin werk doen…dus posisies waarin proponente aangestel kan word.
Christo de Klerk
Deel van die probleem is ons beroepstelsel – en nie die kerkorde boffins of die Algemente Sinode het die guts om iets daaraan te doen nie. Dalk omdat die in beheer skerm vir die wat in beheer is se voorregte, status en (finansiële) sekuriteit? Maar dalk is ek nou weer lelik. Vrae sommer by voorbaat omverskoning. Die punt is: ons sal praat en praat, gemeetes sal ten gronde gaan, dominees sal uitbrand, proponente sal werkloos bly, solank die huidige beroepstelsel in werking is. Almal wat bietjie oor die goed dink weet en sê dit letterlik al dekades lank… maar niks word gedoen nie…. dit is tragies en hartseer
Ferdinand Boll
Toe ek in 1982 begin studeer het prof heilige Dawid my pa belowe daar sal altyd poste wees. (Hy het egter nie gesê die kerk sal vir ons ’n lewensvatbare bestaan verseker nie!) Ek was soos menige van my tydgenote in tentmaker/kontrakposte – 10 van die 20 jaar sonder pensioen. Is deur die breë kerkverband sonder veel simpatie of empatie of omgee behandel. Hulle voel nou nog vere oor die verlore pensioenjare en hoe ek en my vrou na aftrede gaan oorleef. So jul jonges moenie dink die oues het dit maklik gehad of het dit maklik nie! Ek kan egter getuig dat die God wat ons dien getrou deur die jare gesorg het en steeds sorg. Dalk moet ons ’n Biskopstelsel en een gesentraliseerde kerkkas meer ernstig en meer dringend oorweeg. Ons is mos een kerkverband wat in liefde aan mekaar verbind is of hoe? 😉 Dit moet net nie deur sinodukrate en swartskoene beheer word nie! (Ag jammer oor die tone wat ek nou betrap het!) Ons kan ook maar kweekskole af skaal en/of almal laat saam smelt [natuurlik die oudste een behou 🙂 ] en die geld wat so gespaar word gebruik om poste in gemeentes te subsidieer en dan gebruik maak van indiensopleiding in gemeentes.
Thabu Pienaar
…en terloops, ek en Ferdinand Boll was in dieselfde klas…. 🙂 Nee Cobus, dis nie ongevraag nie maar ’n werklike vraag; dis nie of/of nie, maar en/en. Doen wat ons/sinode/gemeentes kan, maar dit neem geensins geloof en God se voorsienigheid weg nie. So getuig Ferdinand oor hoe getrou God is; en so kan ek, wat tans nie meer voltyds in ’n gemeente staan nie; en talle, talle ander ook getuig van God se getrouheid. En dis ook nie uniek aan proponente nie. ’n Familielid wou met alle mag ’n dokter word; na elke jaar se aansoek, werk vir digby 90% in B.Sc, later M.Sc om maar net keuring te kry, het “die Here inderdaad toe ’n ander plan gehad”. Hy is nou dol gelukkig besig met navorsing op Malaria….. Geloof en vertroue in God se voorsieningheid klink en lyk belaglik, maar jammer, ek het al te veel gesien om dit NIE te glo nie.
Van Wyk Fischer
Ek hoop werklik nie dat my opmerkings verkeerd verstaan word nie MAAR dit is vir my opvallend hoeveel van ons predikante en proponente vinnig is om te kla en tog nie so vinnig is om die bedieningsveld met diensbaarheid te betree nie! Leraars bly gemeentes se grootste uitgawes en ons is eenvoudig net nie ons gemeentes se grootste bates nie! Ons gemeente is ’n NG kerk wat minder as tien km van UP af gelee is. Ons was die afgelope paar jaar deur diep water en prys die Here vir hoe dit nou met ons gaan. In hierdie tydperk het daar slegs twee teoloe by ons kom aanklop en hulp aangebied, ek noem hulle name sonder om te skroom, Nardus Dodds en Willem Andreas Smit. Nie een van hierdie jong manne studeer tans by tuks nie en Willem volg eintlik nie eers die tradisionele roete nie (hy swot deur SATS). In die afgelope drie jaar het hulle bykans onmisbaar geword in ons bediening en die harde waarheid is dat ons kerkraad en gemeente veel eerder hierdie twee apostels wat se werklading ons ken en vertrou in diens sal neem. Ek weet werk is skaars en alle gemeentes verskil, maar is oortuig daarvan dat as iemand mos nou voel hy/sy word deur God geroep hy/sy lank reeds al betrokke sal wees in die kerk en met so ’n ywer besig sal wees dat kerkrade net van mening is dat hulle hom/haar net nie kan verloor nie! My ervaring is egter dat baie studente, net soos leraars, gemeente shopping beoefen – as die paycheck en status reg is, sal ons kom. Persoonlike ervaring – wees eers so DIENSBAAR dat gemeenskappe nie sonder jou diens wil voortgaan nie (Paulus was ook gesmeek om te bly) en ek waarborg jou die geld sal volg. ’n Graad is slegs ’n stuk papier, wys die kerk jou pedigree agter die pannekoek tafel, kategese klasse, koster werkies ens. En julle sal verstom wees oor hoe vinnig gemeentes jou smeek om te kom! Baie baie sterkte “hoe heerlik klink die voetstappe van die wat die goeie nuus bring!”
Nadine Maletzki
Wonder hoe baie van ons wag vir n ‘ordentlike’ pos met voordele en naby aan waar ons gerieflik is. Ek het aansoek gedoen vir n aflos pos, dit gekry omdat baie min mense (2) aansoek gedoen het vir die jaar pos met kleiner salaris en voordele in die uithoek vd land. Na die jaar was die kerk (juis agv die besparing), in staat om te beroep en is ek nou permanent aangestel met alle voordele. Is bekommerd oor die getal afgetrede ds’e wat in die sg aflosposte (nie brugpredikante) is en hul pensioen so aanvul. Wil vir my voorkom asof proponente net nie aansoek doen vir hierdie tydelike poste nie, en sodoende ook nie n voet in die deur kry nie.
Nelus Niemandt
Ek verskil van my goeie vriend Christo… die mag lê by gemeentes en dit is gemeentes wat bitter moeilik van hulle reg om self te beroep afstand wil doen. Die streeksinodes sal baie gou ’n stelsel van “plasing” en “wisseling” in werking kan kry, maar dan sal gemeentes bereid moet wees om leraars te ontvang wat die kerkverband aan hulle toewys. Dink julle gemeentes sien daarvoor kans?
Henrietta Klaasing
Iewers hier word verwys na ’n ander plasing waar dit gaan oor “netiket” oftewel internet etiket. Dis ’n goeie artikel, waarin die skrywer verwys na plekke in die Bybel waar die gebruik van woorde ter sprake is. Dit word in hierdie plasing oor werklose proponente in verband gebring met iets wat Kobus Hatting hier geskryf het.
Die kaal-keiser storietjie is welbekend. Daar is plekke in die Bybel waar die beginsels hierin vervat, gesien kan word: In Spreuke 27 verse 5 -6 lees ons “’n Openlike bestraffing is beter as liefde wat onsigbaar bly. Op ’n vriend wat jou seermaak, kan jy reken; iemand wat jou haat, is oordadig met sy soene.” Ook Spreuke 28 vers 23 sê: “ Wie iemand teregwys, kry eerder agterna dank as wat ’n vleier dit kry.”
In hierdie week het ek weer Ef 4 met aandag gelees, omdat daar ’n verwysing na Jesus se hemelvaart is. Daarin word ook gepraat van die “gawes” wat Jesus aan die kerk gegee het (v 11). Soos ek dit verstaan, is “spraak” betrokke by al hierdie gawes. Nog ’n entjie verder word die “praat” verder beklemtoon. Die NIV-vertaling van vers 15 het die woorde “speaking the truth in love” . Soos ek dit lees, is hierdie “tough love”-benadering juis een van die kritiese faktore wat nodig is vir die groei van die kerk.
Moet mens nie maar luister na stemme wat praat oor die kerk, wat nie noodwendig met jou saamstem nie? Moet mens nie maar saggies in jou hart bid “Here seën ons by die botsing van ons gedagtes” nie?
Tom Lessing
Daar is heelwat geboue en gronde wat eers aan die NG Kerk behoort het wat aan mense van ander gelowe verkoop is omdat hulle dit nie meer kon bekostig nie. Finansies was en bly dus maar nog steeds ’n tameletjie. Is die Here nie maar net besig om die NG Kerk se kanderlaar van sy plek te verwyder nie? 20,000 in een jaar is baie mense wat die kerk verlaat het. Dit is kommerwekkend, om die minste te sê.
Kobus Hattingh
Goeie punt Henrietta, maar hoe kan hulle selfs luister as hulle net ore vir hulle eie woorde het en enige ander mening wat van hulle self verskil eenvoudig net ‘block’. En van die ‘dominees’ hier, is experts daarmee. Dit is maar net ’n kwessie van tyd voordat daar ’n skeuring sal kom.
Arthur-Ashe Spokiemyvang Steenbok
In nadenke…besef ek gisteraand elkeen dek maar net sy eie finansiele paaltjies…
Rudolph Scharneck
Ek stem saam met prof Niemandt. Ek dink ook die probleem le by gemeentes wat nie bereid is om mag prys te gee en nie. Meeste gemeentes wil self die reg he om iemand te kan aanstel wat vir hulle die meeste getalle en die samelopende groot G, naamlik geld, kan inbring. Daarom ook dat n predikant/proponent aan n oneindige lange lys van vereistes moet voldoen voor hy/sy deur n gemeente oorweeg word. Op die ou end word meeste gemeentes maar net op suiwer besigheidsbeginsels bedryf en glad nie op koninkryksbeginsels nie.
Catherina Hayden
Rudolph is die kerk n instansie wat op beginsels bedryf word?
Cobus Van Wyngaard
Dis maklik om ’n karikatuur van proponente te skep as mense wat nie bereid is om in die uithoeke van die land aansoek te doen nie, en nie diensbaar wil wees nie (daar is verskeie teologie studente en proponente wat soos Van Wyk hul lyf koster en kategeet gaan hou het in klein gemeentetjies rondom Pretoria, maar die geld het toe nou nie vir almal gekom nie Van Wyk).
Ferdinand, Thabu, laat God voorsien as God wil voorsien, maar as ons God gebruik om ons eie bestuursverantwoordelikheid te sidestep dan sukkel ek om dit as “geloof” te beskryf. Ek ken stories soos die wat julle vertel, en kan die stories dalk selfs self vertel, maar dit verander niks aan die werklike probleme nie.
Cobus Van Wyngaard
In die sinode waarvan ek deel was (en eintlik myself steeds deel voel) is die sentralisering van die salariskas al 10-15 jaar op die agenda. Sogenaamde sinodukrate met swart pakke (wat tans maar almal gemeentedominees is, want daar is bykans geen voltydse sinode dominees oor nie) maak somme en dien voorstelle in… maar uiteindelik is dit afgevaardigdes van gemeentes wat moet stem, en die saak gaan bloot nie deur nie. Enige poging om meer vaartbelyn oor die bestuur van predikante te dink, om strategies te kan kyk waar predikante moet heengaan, i.p.v waar hulle bekostis kan word, om jong predikante die ervaring te gee wat die kerk oor 10 jaar van nou af gaan nodig hê, of voeg maar by, enige sulke pogings gaan afhanklik wees daarvan dat ons die salarisse van predikante losmaak van gemeentes. Die voorstelle is op die tafel. Die lyste voordele is al neergepen. Wat nodig is, is dat ons gemeentes (veral ons ryker gemeentes?) bereid is om die mag wat hulle het oor bankrekeninge op te gee.
Kobus Hattingh
Baie kerke dryf maar handel in die Woord van die Here. Dit is vir baie net ’n ‘jobbie’ met voordele en is hulle nie werklik geroepe om die WARE Woord van die Here te verkondig nie. En die jongetjies wat nou so smag na die ouetjies se jobbies, se die Bybel nie ‘you may not covet’? As hulle dan so graag wil preek, word ’n elektrisien of iets en spreek die woord met almal wat jy in kontak kom. Of begin ’n selgroep. My vorige Pastoor het ook maar sy ‘day job’ gehad maar het nietemin ’n kerk begin alhoewek dit nou nie ’n gebou met ’n toring was nie 🙂
Coert Welman
Ek het Kobus Hattingh se opmerking heel bo oor “Ken ’n paar wat werklik nie eers Dominees moes gewees het om meer te begin nie” gelees as spesifiek van toepassing op ouer predikante. Ek het dit glad nie gesien as van toepassing op die jong pas-afgestudeerde proponente nie.
Marius Cornelissen
My hart bloei vir beide ou ds op ’n karige pensioen wat dit graag wil aanvul en jong proponente met skuld en ’n roeping in die hart. Die vraag is egter nie net getalle nie maar langtermyn strategie – Waarheen wil die NGK sy lidmate begelei? Hoe moet die model lyk om dit te doen? Hoe moet die werkkragte lyk om om die mense binne die model te begelei? Hoe moet die opleiding lyk en waar moet dit plaasvind om ds en ander daartoe te bemagtig? Wie moet waar geplaas word om die mees effektief te bedien? Hoe befonds of kruisbefonds ons so ’n sisteem? Dan eers sal ons na my mening die ware storie en ware behoeftes kan aanspreek en nie net kort termyn fustrasies, nood en wekroepe nie.
Kobus Hattingh
Hoop maar die nuwe dominees kan ’n swart taal praat want baie kerke is nou in areas gelee waar die oorgrote meerderheid mense swart is.
Barend Nel
Ek dink nie daar is eenvoudige oplossings nie… trouens ek weet nie of daar enige oplossings is nie, behalwe dat voornemende predikante eenvoudig sal moet reken daarmee dat die meeste van hulle op die ou end hulle eie inkomste sal moet genereer. Dit is so dat daar waarskynlik oor die volgende 15 jaar ’n tekort aan predikante gaan ontstaan, maar die groot golf aftredes gaan eers oor so 5-6 jaar begin, want dan tree die eerste klasse af wat destyds dramaties groter as die voriges was. Vir 5 jaar daarna gaan daar elke jaar meer predikante aftree. Maar dit troos nie veel om vir iemand wat nou sonder werk is te sê dat hy beslis oor 5 of 10 jaar ’n werk gaan hê nie.
Dit sou om baie redes goed wees as ons ’n stelsel kon kry waardeur predikante sentraal geplaas of geroteer kan word, maar dit sal myns insiens ’n hele herskryf van ons kerkreg stelsel waar die gesag in die gemeente gesetel is verg. Ek kan nie voorsien dat dit OOIT goedgekeur gaan word nie. ’n Sentrale kas sal beslis nie die probleme oplos nie, maar eerder vererger. Ek is self in ’n arm gemeente wat nou nie meer my salaris kan bekostig nie en vir ons sou so iets ’n uitkoms wees. Op die oomblik gaan ’n geweldige groot deel van die energie van die meelewende lidmate van die gemeente daarin om dmv allerlei fondsinsamelings die pot aan die kook te hou. Maar die ironie is dat as die predikante deur ’n sentrale kas betaal word ons gemeente waarskynlik een gaan wees wat hierdie aktiwiteite gaan afskaal… ek dink nie dit is goed vir die koninkryk dat soveel tyd en energie daaraan spandeer word nie en hoekom sou ons dit doen as nie een van die gemeentes in ons omgewing hoegenaamd soveel energie daaraan spandeer nie? Maar die feit is dat daar BAIE sulke arm gemeentes soos ons s’n is en dat daar in dit tyd wat voorlê gaan daar nóg meer wees. Hulle gaan almal redeneer soos ons en die gevolg is dat die gesamentlike inkomste beskikbaar vir salarisse van predikante eenvoudig drasties gaan daal… daar gaan dus nóg minder poste kan wees.
Die ouer predikante is ook nie die skuldiges nie. Daar was onlangs ’n artikel in die Kerkbode oor die haglike omstandighede van sommige pensioenarisse. Myns insiens is die gróót probleem die mediese onkostes. Ek is tans 60 en het besluit om as daar niks onvoorsiens gebeur nie en as die Here wil en ons leef, op 62 af te tree. (My motivering is gegrond op my eie én die gemeente se omstandighede en welsyn). My vrou het haar lewe lank ook maar vir die gemeente gewerk… ons is dus nét op my eie pensioen aangewese. Dit is ook die probleem van heelwat ouer kollegas. Onder die jong garde, ook my eie kinders, is so iets byna ondenkbaar. Proponente het weer die teenoorgestelde probleem. ’n Jong vriend en kollega wat ek ken, werk tans in ’n kontrakpos. Hy kry nie ’n vol salaris nie en kan ook geen pensioen opbou nie. Hy doen egter nie aansoek vir poste op verafgeleë plattelandse gemeentes nie… Nie omdat hy op sulke plekkies neersien, of nie sy gerief wil prysgee nie. Die rede is dat sy vrou ’n vaste werk het en meer as hy verdien. Haar loopbaan is ook vir haar belangrik… maar sy kan dit nie in die platteland beoefen nie! Is dit dus wys om haar pos op te gee vir ’n pos in die platteland en dan weer oor twee of drie jaar werkloos te wees? En is dit regverdig om dit van haar te verwag? Ek dink die rede hoekom proponente dus dikwels nie aansoek doen vir sulke poste in plattelandse gemeentes nie, is juis dat hulle vroue of mans nie hul beroep daar kan beoefen nie. En as hulle dit prysgee sit hulle weer eendag in die posisie wat ons oues sit wat net een pensioen het.
Dit mag ongelowig klink, en dalk is dit ook, maar ek dink ons sal moet vrede maak met die werklikheid dat daar in die toekoms minder en minder gemeentes gaan wees wat ’n predikant ’n salaris kan betaal wat regverdig is teenoor iemand met 6 jaar of meer universiteitsopleiding. Tydelik gaan daar meer poste beskikbaar wees, weens die aftrede van die groot klasse, maar dit beteken net “predikantlose” gemeentes. Diegene wat tot die bediening toetree móét op hierdie situasie voorberei word. Dit is vir my ietwat van ’n skok dat die predikant vir teologiese opleiding by UP erken dat hulle nie studente op hierdie situasie voorberei het nie. Hoekom nie? Dit is tog nie ’n nuwe ding nie… dit is iets wat al vir dekades met ons is. En dit gaan baie erger word voordat studente wat nóú begin eendag kan aftree. Die kerk sal óf moet leer om met veel minder universiteits opgeleide predikante klaar te kom… en dus ook minder op te lei. En/of die kerk sal sy teologie studente moet voorberei daarop om hul brood op ’n ander manier te verdien of aan te vul.
Arthur-Ashe Spokiemyvang Steenbok
N mens moet appels met appels vergelyk. Ek dink proponente is baie meer slegter finansieel af as afgetrede dominees. Om rede: VGK dominees kry ±r1mil vir aftrede en 95% het nie n huis nie terwyl NG afgetredenis 80% almal eie huise het. Afgetredenis kom ook uit n era waar lewenskostes baie minder is as nou. 1 jaar telogiese studies kos ±r20000. Dus sonder boeke en verblyf. Ek het eerstenhans ervaring…in VGK plet het n tentmakersposisie gehad.n NG afgetrede het die posisie gekry…hyt klaar n huis in plet en ry n nissan SUV… Mmmmh. Hoekom doen gemeentes dit? Oor 10jaar gaan daar nie meer afgestudeerde proponente wees en dan moet gemeentes nie vra hoekom nie?
Hennie Pienaar
Vir die jong manne sonder werk:Dink uit die boks! Hier is ’n geleentheid: Doen aansoek vir die opleiding in Voice Movement Therapy, kwalifiseer en begin jou eie VMT praktyk. Beurse beskikbaar: www.vmtsa.co.za
Arthur-Ashe Spokiemyvang Steenbok
Ek maak nou klaar met die debat…my oplossing…Ouer en gevestigde predikante! Asb! As jy klaar in n gemeente is, moet asb nie aansoek doen vir die geadverteerde poste nie. Gee n proponente ook n kans, asb!
Annari Du Plessis
Dis baie maklik om vir ons te se dat ons ons eie kerke moet begin of by ander plekke ook moet swot of dat ons ander beroepe moet oorweeg. Kerkplanting is nie so maklik nie en as ek nou moet ’n nuwe beroep navolg gaan ek 30 wees teen die tyd wat ek kan begin werk. Wat doen ek tot dan? Dis ook nie asof ek nie buite die kerk probeer werk soek het nie. Ek wil ook nie die res van my lewe agter ’n kasregister staan en goed aan mense probeer smous nie. As ek geweet het ek gaan nie werk kry nie, sou ek dalk ’n ander beroepskeuse gemaak het. Ek sien nou al hoe mense hieroor gaan se dat ek dan nie regtig genoeg vertrou of glo of dat ek dan nie regtig geroep is nie. Maar wat help dit om 6 jaar (+ nog) te swot en op die ou einde niks met daai grade kan doen nie? Ja, ek is disillusioned en disappointed. Ek’s tans besig met my tweede meestersgraad (MTh) en ek kan nie anders as om te wonder vir wat nie. Poste in die akademie is ook so skaars soos hoendertande.
Hennie Mouton
Die kerk wat die ware evangelie verkondig en uitleef (gaan dan heen, maak dissipels van mense en leer hulle alles wat Jesus onderrig het) sal groei en God sal voorsien. Dis wat die NG Kerk nodig het — Suid-Afrika beskik oor oorgenoeg potensiële lidmate. Daar is geen gebrek aan ’n mark nie. Maar ’n krimpende kerk is ’n sterwende kerk, en die kruks van die oplossing is nie nuwe vreemde (onbybelse) metodes en teologie nie, maar Goddelike waarheid soos in die Bybel geopenbaar. Vir elke werklose proponent kan ek maar net aanbeveel om te doen wat jy kan, selfs sekulêre werk, maar gebruik elke kans om God se roeping op jou lewe te vervul deur Sy waarhede te verkondig en uit te leef (al is dit dalk in sekere opsigte strydig met jou teologiese opleiding), in elke hoe geringe kans jy ookal kry. Mag God jou seën.
Henrietta Klaasing
Ek stem heelhartig met jou saam, Hennie. In my uitgebreide familie- en vriendekring het ek oor die afgelope aantal jare ’n tendens raakgesien, van mense wat eers in die NG kerk was, maar nou elders ’n geestelike heenkome vind. Wat interessant is, is dat hulle nie kerklos raak nie – inteendeel, hulle soek juis denominasies waar God en die waarheid van die Woord nog die fokuspunt is. Baie vertel van herlewings wat in hul dorpe en stede ervaar word, maar nie in die NG Kerk nie.
Die groot getalle mense wat na mense soos Angus Buchan, Gretha Wiid en ander gaan luister, wys dat daar ’n groot behoefte aan geestelike voedsel is – waarom gaan hulle dit op ander plekke soek?
Stefaan de Jager
As dit die Here is wat jou geroep het, sal Hy jou iewers met hierdie kennis kan gebruik, al sou dit nie in die NG Kerk as `n dominee wees nie.
Dit sou nogal `n interessante verhandeling wees as iemand `n slag wou navorsing doen oor hoe dominees geroep is vir die bediening en wat die dryfveer agter dit was.
Aangesien ons in `n gebroke wêreld leef, is dit tog so dat nie alle dominees reg gehoor het nie. In daardie sin is daar dominees wat eerder iets anders moes gaan doen het.
Jan Tik
Ek stem saam met Stefaan. As die Here werklik vir almal geroep het wat universiteit toe is om as predikant te word, sal Hy mos die werk ook verskaf. Of hoe dan?
Miskien moet ’n paar van die werkloses vir hulself vra of hulle nie dalk verkeerd gehoor het nie. Of anders – miskien is hulle verstaan van diensbaarheid te beknop. Hoekom word ’n paar van hulle nie taxi drywers nie? So tussen al die dronklappe en diesulkes met emosionele probleme is daar mos ’n wye arbeidsveld.
Barend Nel
Ek stem vir ’n slag met jou saam Stefaan, veral met jou laaste sin. Daar was nog altyd mense wat eers iets anders op universiteit begin het en dan na teologie (of, in ons dae, natuurlik eers Admissie) oorgeslaan het. Dan is daar ook diegene wat begin met die droom om predikant te word, maar later besef dat die Here hul eerder op ’n ander manier wil gebruik. Ek dink een van die nadele van die geïntegreerde kursus wat die laaste jare die norm geword het, is juis dat dit dit moeiliker maak vir laasgenoemdes. Destyds was dit makliker om êrens gedurende die eerste 3 jaar te besluit om eerder ’n sielkundige, maatskaplike werker, onderwyser, of wat dan ook al kan word. Dit het gewoonlik net ’n aanpassing in jou vakkeuse en spesialisasie in ’n ander rigting geverg. Ek dink dit was ook met die ou stelsel makliker om jouself tegelykertyd te bekwaam vir ’n “tentmaker bediening”, deurdat jy ook vakke kon neem waarmee jy ’n sekulêre beroep kon beoefen. Die NGK sal hieraan moet aandag gee. Dit is reeds die geval dat daar talle NGK gemeentes, en nog meer VGK gemeentes, is wat nie ’n voltydse leraar kan bekostig nie… EN DIT NOOIT WEER IN DIE VOORSIENBARE TOEKOMS SAL KAN DOEN NIE. En hierdie gemeentes sal net meer word. Dit sal nie net in die opleiding aandag moet kry nie, maar ook in die kerkorde. Dit is onhoudbaar dat gemeentes wat nie ’n geordende leraar, volgens die huidige opleidingstandaarde van die NGK/VGK, het nie en ook nooit weer een sal kan hê nie tot by die wederkoms as ’n “vakante gemeente” bekend kan staan nie.
Barend Nel
U het my mislei, Here, en ek het my laat mislei.
U was te sterk vir my, U het gewen.
Ek word heeldag uitgelag, almal spot met my.
Elke keer as ek my mond oopmaak, moet ek skree, moet ek roep: “Daar is geweld, daar is verdrukking!”
Om die woord van die Here te moet aankondig, beteken vir my net vernedering en bespotting heeldag deur.
En wanneer ek dink ek sal my aan Hom nie steur nie en nie meer in sy Naam praat nie,
dan word dit in my soos ’n vuur wat brand en waarvan ek nie kan loskom nie.
Ek is moeg van weerstand bied daarteen, ek kan nie meer nie.
(Jeremia 20:7-9)
Lourens Zak Barnard
“En Jesus sê vir hom: Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie.” – Matt 8:20.
Ek sluit aan by Stefaan en Jan. Ek weet nie van ’n profeet, dissipel of apostel van die Bybel wat dit te breed gehad het nie – allermins die Seun van God self. Te midde van dit alles sê Paulus: “Verbly julle altyd in die Here.”
“Want die geldgierigheid is ’n wortel van alle euwels; en omdat sommige dit begeer, het hulle afgedwaal van die geloof en hulleself met baie smarte deurboor”. – 1Tim6:10
Asb. ek sê nie hiermee dat proponente geldgierig is nie, maar dit werp tog lig op die kern van die saak. Gaan ek toelaat dat ’n gebrek aan geld my van my roeping weerhou, of is ek soos Jesus en sy navolgers bereid om ’n bietjie ongerief te trotseer ter will van die evangelie.
Daar is ’n boek – “Tortured for Christ” wat die storie vertel van Richard Wurmbrandt – ’n sendeling wat agter die ystergordyn “doenig” was. – Ek glo ’n moet lees vir elke proponent, of moet ek sê voornemende proponent. Dit werp ’n ander lig op die term – “roeping”
Arthur-Ashe Spokiemyvang Steenbok
@stefan en @jan…dus maklik vir julle om te praat. Julle het seker n vaste werk en n gemeente…
Barend Nel
Jong Spokie, daai Jan Tik sit sonder ’n gemeente en dit boonop in die bose VSA, ek kan net dink hoe dít moet voel! Boonop is hy nog ’n besigheidsanalis, wat beteken dat hy deesdae ook net oordeelspreke kan “preek” :-))
Cobus Van Wyngaard
Ek gaan ook nou maar waai, ek vind min sin daarin om vir proponente te vertel dat hulle allerhande kreatiewe planne moet beraam. Ons is nie dom nie, en as ons honger word sal ons ’n plan maak. Dit neem egter nie weg dat ons ’n stewige analise moet gaan maak van hoe ons gekom het waar ons is nie. Indien vir geen ander rede nie, dan omdat die kerk hierdie mense legitimeer het… ons het reeds vir hulle gesê “ons soek julle as dominees in die NG Kerk, ons moet nog net besluit waar”… maar ons besluit nie waar nie. Hierdie is nie random studente wat een of ander random kursus geswot het nie, dit is gelegitimeerdes van die NG Kerk. Daar bestaan REEDS ’n band, die band ontstaan nie eers wanneer hulle in gemeentes bevestig word nie. Hier is ONS proponente (OK, dis nou vir die wat hulself met die NG Kerk identifiseer).
Arnau Van Wyngaard
As ’n student ingenieurswese studeer met ’n beurs van ’n groot firma en die betrokke firma sien nie kans om hom in diens te stel nie, dan skryf hulle sy skuld af. As die NG Kerk ’n student legitimeer en dan nie kanssien om hom te beroep nie, dan maak hulle die studieskuld die student se probleem. Is dit eties korrek? Stefaan, ek stem saam dat gelegitimeerdes ook op ander plekke deur die Here gebruik kan word, maar is dit net noodwendig die jong studente wat ongehoorsaam is aan die roepstem van die Here omdat hulle nie bereid is om na die afgeleë plekke te gaan nie. Moet die skuld nie soms ook voor die deur van kerkrade geplaas word wat ongehoorsaam is oor WIE hulle moet beroep nie? Ek dink hierdie swaard sny twee kante toe.
Stefaan de Jager
Arnau, as enige student nie met `n beurs van een of ander groot firma studeer nie, moet hy self sorg vir sy studieskuld as hy nie werk kry nie.
Kerkrade raak al meer versigtig vir teologiese studente. Hulle is bewus van gereformeerd vreemde dinge wat die studente geleer word. Dan beroep hulle liewer `n ouer ds. Is die kerkrade ongehoorsaam of die fakulteite wat nie meer altyd leer wat die Belydenisskrifte leer nie?
Lourens Zak Barnard
Waarin plaas die proponent sy hoop – in die kerklike instansie, of in God. Deur wie is die proponent “geroep” – die kerklike instansie, of God? As jy werklik glo jy is geroepe, moet jy tog werklik glo dat God vir jou sal voorsien, en moet jy voortgaan om jou roeping te vervul asof Hy reeds voorsien het – dis tog geloof (Hebr. 11)
Barend Nel
Cobus ek hoop nie jy het al gewaai nie. As dit dalk ook vir jou klink of ek sê dat julle allerlei kreatiewe planne moet maak, is dit nie omdat ek dink julle dom is nie. Ek vind dit wel vreemd dat een proponent geskryf het dat as sy geweet het sy nie ’n beroep gaan kry nie, sy ’n ander rigting sou ingeslaan het. Ek vind dit vreemd, omdat ek juis die grootste bewondering het vir julle (vr)ouens wat nou onlangs gekwalifiseer het as predikante. Ek bewonder julle, omdat ek aangeneem het dat julle gaan studeer het welwetend dat die kans baie groot is dat julle nie gou ’n (betalende) pos gaan kry nie. Dit is erg hartseer dat dit so is, maar dit is immers al vir 20 of meer jaar die situasie. Ek was nog van die laastes wat verseker was dat ons êrens ’n pos sal kry as ons nie te kieskeurig is nie… ek het in 1978 klaargemaak. Binne 5 jaar daarna het die situasie egter dramaties begin verander en op ’n stadium was daar iets soos 200 werklose NGK proponente. Ek kan dus nie verstaan dat dit vir haar so as ’n skok gekom het nie.
Natuurlik het die kerk ’n verantwoordelikheid teenoor julle. En natuurlik is dit ’n skande as die kerk sy hande in onskuld was, of maar net nog vergaderings hou. En as ek nou Tony Campolo was sou ek gesê het dit is ’n skande dat die grootste deel van die kerk “don’t give as shit” oor julle lot… en boonop meer onsteld sou wees as ek dit op Kerkbode se FB sou skryf (wat ek natuurlik nie sal doen nie) as oor julle lot.
As ek sê dat proponente en voornemende predikante planne sal moet beraam om finansieel vir hulself moet sorg, is dit eenvoudig omdat dit ’n feit is dat “die kerk”, bedoelende die NGK in die breë, dit nie gaan doen nie! Of die kerk in staat is om dit te doen is dalk ter sake in ’n morele debat, maar feit is die kerk gaan dit nie doen nie. Ek het nog ’n beroepsbrief gekry waarin die kerk beloof het om my ’n “emolument” wat my van “aardse sorge” sou vrywaar. Toe die gemeente waarin egter later ten spyte daarvan dat hulle werklik hul bes gedoen het, hoegenaamd nie meer ons twee predikante se “emolumente” kon betaal nie, het ons Ring se meer vermoënde gemeentes vir ’n paar jaar vrywillig daarmee gehelp. Dit is iets wonderliks en gebeur op min plekke. Maar toe het hulle ook nie meer kans gesien nie en moes die gemeente een van ons in die pad steek. Hulle het probeer om dit beter te laat klink deur eerder te sê dat altwee ge-sack word en dan vir die oorblywende pos moes aansoek doen, maar die effek is maar dieselfde. Ek was die gelukkige een wat toe die pos gekry het, maar die effek wat dit op my gemoed gehad het sal nooit uitgewis word nie… ook nie die effek wat dit gehad het om die gemeenteleiers wat hierdie besluit moes neem nie. Ek is oortuig dat as ons vir enige nasionale besigheid gewerk het, ons net na ’n ander tak geskuif sou word, want daar was vakatures sommer hier naby. Ek het in die hele proses net geleer hoef vals die sekerheid was dat “die kerk” vir sy kinders sou sorg. Ek sal ewig dankbaar wees vir mens in die plaaslike gemeente wat hulle lam werk, sodat ek my salaris kan kry. Maar die dag as ek hier aftree, is die kerk ook weer met my klaar. My pensioengeld gaan na ’n versekeraar en daarna was die kerk sy hande finansieel van my. Ek is jammer ek het dit nie mooi besef toe ek as predikant begin het nie… ek (en my vrou) sou verseker sekere besluite anders geneem het.
Arnau Van Wyngaard
Stefaan, ’n paar probleme waarmee predikante sit is dat hulle opleiding nie hulle toelaat om op ’n ander plek te gaan werk as hulle nie ’n beroep kry nie. ’n Verdere probleem is dat ’n predikant ’n geweldige duur kommoditeit is. Predikante is professioneel. Hulle het ’n geweldige hoë akademiese opleiding (in ons tyd sewe jaar opleiding met ’n ekiwalent van ’n M-graad). Hulle stap in ’n gemeente in met die verwagting, in meeste gemeentes, dat hulle die rol en taak van ’n Hoof Uitvoerende Beampte of minstens Besturende Direkteur van hierdie “maatskappy” sal verrig. Die salarisskaal klim ontsaglik vinnig van beginskaal tot topskaal. Intussen stel gemeentes proponente aan in sogenaamde kontrakposte wat skreiend is met arbeidswetgewing. (Daaroor het ek ’n ruk gelede ook op hierdie blad geskryf.) Ek sit met ’n wonderlike teologiese student wat tans haar praktiese jaar in my gemeente in Swaziland verrig. Ek sou wat wou gee dat ons haar beroep volgende jaar. Natuurlik kan ons dit nie bekostig nie. Dalk sal ons haar aan die lewe kan hou. Maar sy sit ook met honderde-duisende rande se studieskuld wat rente loop wat sy op ’n manier moet afbetaal. En as sy nie volgende jaar vinnig ’n beroep kry nie, gaan sy ook vir die kerk verlore wees – nie omdat sy te liberaal of onbevoeg is nie, maar omdat die kerkstrukture nie hierdie jong proponente beskerm nie.
Cobus Van Wyngaard
Barend, ek gaan nie nou langer hier ’n debat maak nie. Maar as proponente geglo het daar gaan werk wees, dan is dit dalk omdat dit vir hulle gesê is… In my tyd het ons dit regtig geglo. Teen die tyd wat hierdie groep begin het, het hulle dit regtig geglo (en dit is gesê ook). Die laaste 2 jaar het daar ander stemme opgegaan, maar kyk gerus die verslag oor aftreeouderdomme van predikante by 2011 se Algemene Sinode, daai verslag bou o.a op die vooronderstelling dat daar ’n tekort aan predikante oppad is, so dis nie ’n vreemde verskynsel dat dit vir mense gesê word nie.
Stefaan de Jager. Ek hoop van harte nie dat jy die dominee is wat my predikant was toe ek 6 jaar oud was nie! (Maar ek vrees jy is en gaan hierdie elkgeval sê). Ek hoop jy het darem hier en daar met ’n teologie student of twee gekuier voor jy hierdie sinnelose opmerking gemaak het!
Annari Du Plessis
Teologie is my passie, maar passie sit nie brood op die tafel nie. Daar was basies vir ons vertel dat ons sal kan kies en keur waar ons wil werk omdat daar so baie werksgeleenthede gaan wees. Wanneer ek oor ’n paar maande op my eie moet gaan bly wil ek darem weet dat ek kos gaan he om te eet.
Christo de Klerk
Vir ’n slag lyk die meer na ’n meer opbouende gesprek. Weet nie meer presies wie wat gesê het nie daarom weet ek nie op wie ek reageer nie. Oor my opmerking oor die beroepstelsel – stem saam met Nelus: gemeentes is net so “skulidg” aan die verknorsing waarin ons is. Hulle beroep dikwels die ds’s wie hulle in hulle “comfot zone’s” gaan hou en nie die ouens wie eintlik nodig het nie. Dit is gemeetes wat op die ou end die besluite by die meerdere vergaderings bepaal. Inderdaad is hulle nie bereid nie om van hulle mag/status/geld/selfstandigheid afstand te doen nie. Verder: dit gaan ’n hele her-waardering van ons kerkregeringstelsel vra. En dit gaan nie maklik wees of maklik verander nie. Ons is dus in ’n verknorsing wat ’n “catch 22′” is. Die wat die verandering moet bring baat die meeste by die status que. Lyk my nie ons gaan maklik daaruit kan kom nie. Wat my hoop gee is dat vroue op die ou end tog stemreg gekry het… en die mans wat die stelsel beheer het, het dit vir hulle gegee. Slawe is tog op die ou end vrygelaat…en die eienaars wat die stelsel beheer het, het dit goedgekeur. Vroue het tot predikante geword, en mans het die besluite geneem om dit moontlik te maak. Wonderwerke het gebeur. Dit kan weer gebeur. Wat wel nodig is, is verbeeldingryke voorstelle by meerdere vergaderings – al word dit aanvanklik “afgeskiet”. So ver ek weet was daar nog nie nie sulke verbeeldingryke voostelle ter tafel nie. Nie by streeksinodes of die Algemene Sinodde nie. Dalk is ek verkeerd? Maar dalk is die tyd nou ryp daarvoor?
Barend Nel
Cobus, ek wil regtig ook nie met jou stry nie en ek vra opreg om verskoning as dit klink of ek ongevoelig is oor julle lot. Die teendeel is waar, want al het ek deur die genade nog altyd ’n salaris gekry, was daar soveel jare wat dit gedurig so in die gedrang was en ek soveel keer moes hoor dat die gemeente ons nie kan bekostig nie dat ek gedurig met die vraag moes worstel of ek nie myself en die kerk ’n guns sou doen deur eerder as predikant te bedank nie. Ek kan eerlik met jou wees en erken dat die enigste rede hoekom dit nié gebeur het nie, dalk is omdat ek nie ’n entrepeneur is nie en ek nie daardie tyd ’n ander betrekking kon kry nie.
Die wêreldwye ekonomiese insinking het waarskynlik ’n rol gespeel, maar ek dink daar is ook vir julle gelieg, of dan minstens ’n halwe waarheid vertel toe daar vir julle vertel is dat julle verseker poste sou kry. Soos ek hierbo gesê het, is dit waar dat daar oor die volgende 15 jaar ’n geweldige proporsie van NGK predikante gaan aftree. Maar hierdie massa aftrede gaan eers oor sowat 5 jaar begin en oor 10 jaar die kruin bereik… en ek het reeds gesê dat dit geen troos vir iemand is wat nóú werkloos is en met ’n reuse studieskuld sit, om te sê dat hulle net moet moed hou want oor 5 of 10 jaar gaan daar baie poste wees nie. Maar dalk is daar tog hoop, juis in hierdie syfers. Vir die massas werklose proponente van 10 jaar gelede was daar nie werklik enige praktiese oplossing in die kerk nie. Hulle het begin studeer toe die NGK nie besef het hoeveel sy vermoëns gaan verminder nie… en daar was nie bronne om hulle vir iets soos 15-20 jaar te onderhou, tot die “groot aftrede” begin nie. Nou wéét ons egter dat die “groot aftrede” oor 5 jaar gaan begin en sy klimaks oor 10 jaar bereik… en dat die kerk dan met ’n reuse tekort aan predikante gaan sit. Ek dink daar mag dalk fondse gevind kan word om die huidige beskikbare proponente vir 5 jaar vir die kerk te behou deur gesubsidieerde poste te skep. Dit sou nie net tot die proponente se voordeel wees nie, maar ook tot die langtermyn voordeel van die NGK wees.
Maar of die kerk julle nog vir 30-35 daar lank sal kan “bekostig”…? Ek weet nie… Maar soos jy al deeglik agtergekom het is ek iemand met ’n klein geloof…
Stefaan de Jager
Cobus, as jy reken dat my opmerking oor die bekommernis wat daar by gemeentes is oor die invloed van vrysinnige dosente op baie teologiese studente sinneloos is, is dit jou saak. Ek sien dit steeds anders. Ek het juis met heelwat jong dominees en proponente te doen gehad, wat ongelukkig juis my siening versterk het.Natuurlik is daar ook kaliber jongmanne wie se jonkheid nie verag kan word nie, omdat hulle respek afdwing.
Cobus, toe jy ses jaar oud was, was ek vir jou oom Stefaan. Wat het intussen met jou gebeur dat ek sommer nou jy en jou is? Dis hierdie soort emosionele onvolwassenheid wat my vermoede verder versterk dat gemeentes nie jong dominees wil hê wat nie hul plek ken nie. As jy hierdie respeklose houding in die bediening gaan trek op ouer mense in die gemeente, gaan jy jou gou vasloop. Dalk moet jy nog eers bietjie meer volwasse word voor `n gemeente jou voltyds kan beroep.
Ek dink jy skuld my `n verskoning Cobus. Ek het `n vermoede dat selfs jou pa met my sou saamstem. Daardeur sê ek nie dat ons nie van mekaar mag verskil nie. Die toets is nie of ons oor alles saamstem nie, maar of ons vir mekaar respek het en mekaar liefhet, al verskil ons.
Stefaan de Jager
Ek tel op dat die terleurstelling groot is omdat die persepsie bestaan het dat die kerk `n verwagting geskep het dat daar vir die proponente werk gaan wees.
Ek vra weer, bou die proponente hulle hoop op wat belowe is en nie gerealiseer het nie, of bou jy jou hoop op die roeping van die Here dat jy predikant moes word. Is jy nog steeds 100% van daardie roeping seker?
Thabu Pienaar
Toe ons begin het met ons studies, het ons geweet beroepe gaan skaars wees. Om te weet of daar baie of min werk is, bepaal nie of jy dit wil swot of nie (@Annari); dis ’n roeping of dit is nie (@Stefaan).
Lourens Zak Barnard
@Cobus: Ek lei uit jou skrewe af dat indien ’n proponent nie die “belofte” van n beroep gehad het nie, hy/sy hul “roeping” potensieel sou heroorweeg?
Ek verstaan die kwessie rondom studieskuld ens. en staan nie onsimpatiek daarteenoor nie. As ’n mens egter wyer as die gemeenteverband begin kyk na die werklike behoefte in ons land en selfs oor ons grense behoort die sodanige geroepenes nie een dag op hul louere te rus nie.
Paulus sê dat die evangelie tydig en ontydig verkondig moet word, dat ons die tyd moet uitkoop. Jesus Christus sê dat die oes groot en die arbeiders min is. Wat is hier belangriker, ons tydelike ongerief of die ewigheidswaarde wat die evangelie tot ’n verlore wêreld bring. ’n Ware geroepene is tog verseker nie beperk tot ’n gemeente en ’n gebou nie. Gaan uit, verkondig die Woord en vertrou op die Here vir ’n deurbraak.
Kyk jy jou vas teen die storm, of sien jy die Jesus agter die storm?
Stefaan de Jager
Dankie Thabu. Of jy `n jong of ou dominee is, is nie waarom dit gaan nie. Die ou dominee met sy jare lange ondervinding en die jong dominee met sy nuwe kreatiewe idees, is albei nodig in die kerk. Die Here kan ou en jong dominees gebruik wat seker is dat hul roeping van Hom kom en nie `n menslike besluit was nie. Lg sal altyd tot terleurstelling lei.
Arnau Van Wyngaard
Net ’n paar opmerkings oor hierdie tipe gesprekke: Is dit nie tyd dat ons leer om die bal te speel in plaas daarvan om die man te speel nie? Verder, waarom het Christene ’n groter verdraagsaamheid teenoor nie-Christene as wat hulle teenoor mekaar het? Maar dan, terwyl ek glo dat baie jong proponente waarlik ’n roeping van die Here ontvang het, is dit vir my sleg dat hulle vir die kerk verlore gaan omdat die kerk hulle nie kan beroep nie. Hierdie mense beland dikwels in die korporatiewe wêreld met hulle geweldige akademiese en teologiese kennis, sonder dat hulle in staat is om daardie kennis in diens van die kerk te kan stel. Dit is en bly die kerk se verlies.
Stefaan de Jager
Jean, hoe klink dit my jy besluit sommer self wanneer om vir die ouer dominees nag te sê. Kan jy besluit wanneer dominees moet gaan of moet hulle aan hul roeping aan die Here getrou bly? Dit kom op dieselfde neer as om vir `n proponent te sê dat hy maar moet sien en kom klaar.
Die ouer en jonger dominees moet maar by die Here hoor oor waar Hy hulle wil gebruik.
Stefaan de Jager
Arnau, ek stem heelhartig met jou saam oor jou eerste sin. `n Voorbeeld van die man ipv die bal speel kry ons hierbo waneer `n jong proponent opmerkings oor `n kollega maak soos: “Ek hoop van harte nie dat jy die dominee is wat my predikant was toe ek 6 jaar oud was nie!”
Lourens Zak Barnard
@Arnau: Hopelik is diegene wat hul tot die korporatiewe wêreld wend nie verlore vir die koninkryk nie, maar sal hul ’n manier vind om wel hul “roeping” – wat ek glo die verlondiging van die evangelie is – waarookal te vervul. Nou dat jy dit noem is daar dalk ’n groter behoefte en dit dalk binne die raamwerk van God se plan dat hul daar beland. Ons moet fyn luister…
Thabu Pienaar
Arnau, jy’s reg; los die “ou dominees wat niks meer vir die kerk kan beteken nie” en bespreek die saak.
Lourens Zak Barnard
@Annarie: Hi, wil graag weet of dit die vakgebied is waarvoor jy so passie het, en of jou passie lê in Jesus Christus en sy verlossingswerk? Ek ken ’n heel paar teoloë wat die Here met hul lippe belei maar in hul harte baie ver van hom af is.
Arthur-Ashe Spokiemyvang Steenbok
@lourens. Ek ervaar jou retoriese vraag aan annarie as lelik! Speel die bal. Moenie wanneer ons proponente ons frustrasie op die tafel sit ons roeping/geloof bevraagteken nie. Moet asb ook nie vir ons n maklike antwoord gee soos leef jou roeping buite die die kerk nie-ons weet die Here leef nie net in die kerk nie. Ek se weereens…moenie praat as jy met die witbrood onder die arm staan nie. As jy n vaste inkomste het hetsy n gemeente of besigheid; kan jy nie n objektiewe mening he nie!
Stefaan de Jager
Arthur, dis so al asof sommige proponente die skuld op die kerk of dan gemeentes plaas wat hulle nie beroep nie. Dis die ouens met die positiewe gees wat die lewe vat soos hy kom , wat op die ou end raakgesien word. Intussen, doen wat jou hand vind om te doen tot die Here vir jou `n deur oopmaak.
`n Klomp matrieks het een jaar met `n opedag die Potch – kampus besoek. Een van die groep vra aan die prof watter waarborg daar is dat daar vir hulle werk sal wees as hulle die bepaalde studierigting sou volg. Die prof antwoord: “ Waarskynlik sal aanvanklik dalk net 60% dadelik werk kry. Wie die werk kry sal in elk geval die met die positiewe lewensgees wees, want niemand gee graag werk vir `n negatiewe mens nie.”
Lourens Zak Barnard
@Arthur: Eerstens – die bedoeling was nie om Anneri aan te vat nie. Dis ook nie ’n retoriese vraag nie – ek sal regtig graag van Anneri wil hoor.
Die kwessie gaan oor die woord “roeping” wat so maklik gebruik word. As dit werklik ’n roeping is, en ek kyk na die bybelse raamwerk, neem die materiële defnitief ’n agterste sitplek in. My opinie, en jy hoef nie daarmee saam te stem nie, is dat ’n ware roeping tot die evangelie enige iets anders transendeer. Dwarsdeur die nuwe testament sien ons hoe die geroepenes dit wat materieël was laat vaar het ten koste van die Evangelie van Jesus Christus.
Met respek gesê ken jy nie my agtergrond of geskiedenis nie en kan jy dus nie my objektiwiteit bevraagteken nie. Groete.
Cobus Van Wyngaard
Oom Stefaan. In die gemeente het ek geleer dat jy mense aanspreek soos hulle dit verkies. So party mense van 70 verkies om op hul voorname aangespreek te word, en ander van 50 om ge-“oom” en ge-“tannie” te word. Op facebook het ek geleer almal word op voorname aangespreek. So selfs die wat ek buite facebook sal “oom” en “tannie” en “prof” en “Dr” kry voorname hier. Ek vra omverskoning as dit oom pla, en sal ook hier die les van die gemeente, dat ek mense aanspreek soos hulle dit verkies by volhou (so as hier nog iemand is wat “oom” genoem wil word, praat nou).
Ek het my vermoede dat oom dalk my dominee was 20 jaar terug uitgespreek, omdat dit werklik vir my sleg is as ek in die kerk moet stry met die wat my predikante was eens op ’n tyd. Daar was baie predikante was in my lewe ’n rol gespeel het. As ek die gemeentes en kampe waarop ek was tot en met my legitimasie bymekaartel, dan dink ek sommer so vinnig aan so ongeveer 20. Dis altyd vir my meer persoonlik as ek van hulle verskil as van random mense op facebook.
Maar ek moes ook al in onderhoude sit waar ek myself moes verdedig oor my opleiding omdat daar ’n dominee is wat ’n vendetta teen een of twee van my ongeveer 15-20 dosente gehad het. Om studente te tipeer bloot op grond van hulle assosiasie met ’n instansie, eerder as op grond van hulle eie denke, dra geensins by tot ’n dieper verstaan van wat in die kerk aan die gebeur is nie. Hierdie assosiasie is natuurlik ietwat vreemd ook. In my tyd was Conrad Wethmar en Johan Buitendag my dosente in dogmatiek. Is dit op grond van my assosiasie met hierdie twee dosente wat ek, en almal wat saam met my daar was, “Gereformeerd vreemd” sou wees? Is dit Dirkie Smit by Stellenbosch wat nie in staat is om studente te leer wat “Gereformeerd” beteken nie?
Wat “sinneloos” is, is die vae opmerkings oor opleiding wat gemaak word. Tans is die moderators van die NHK, NGK en VGK almal dosente by UP. Is dit ook ’n verdagmakery teen hulle wat ek by oom hoor?
Oor die verskoning, ek lei af dat dit gaan oor aanspreekvorm? Daarvoor sê ek jammer, en ek hoop my verduideliking hierbo plaas dit darem net in perspektief.
Nadia Marais
Dankie vir die berig, Jean. Baie studente is benoud daaroor dat hul nie werk in die NG Kerk gaan kry nie – trouens, van my klasmaats wat laas jaar gelegitimeer is, kan ek net aan een of twee dink wat tans in kontrakposte in die NGK en VGK werk. Die res studeer of verder, of werk op ander plekke… Maar, soos altyd, is daar maar baie kante aan ’n saak. In hierdie saak sou ek net twee bykomende dinge wou noem, hoewel daar sekerlik nog baie meer is. Die eerste ding is dat daar wel beroepe is, dikwels in klein gemeentes op die platteland, waarvoor studente nie wil aansoek doen nie. Ek dink byvoorbeeld aan ’n gemeente soos die NGK Britstown wat ons vroeer vanjaar besoek het, wat ’n lidmaattal van onder ’n 100 het maar wat dringend ’n leraar benodig. Tans bedien ’n afgetrede predikant die gemeente, maar ook omdat die gemeente werklik nie ’n leraar kan bekostig nie. Tog weet hulle ook, se hulle ook, dat hulle nie hoop daarop om ’n jong predikant daar te kry nie, omdat niemand soontoe sou wou gaan nie (daar’s geen skool of hospitaal nie, byvoorbeeld). Indien hul wel ’n leraar sou kon bekostig – wie van ons jonges sou gaan? Of is ons net bereid om ons roeping in die bediening van stedelike gemeentes, en miskien, as ons braaf is, in groot dorpe te gaan uitleef? Ek dink ons jonges moet mooi gaan dink daaroor wanneer ons ons lot bekla dat daar niks, absoluut niks geleenthede is om in die NGK in die bediening te staan nie. Die tweede ding is egter ook dat gemeentes wat wel beroep dikwels, meestal!, predikante van 35 jaar of ouer soek. Hierdie is niks nuuts nie, alle afgestudeerdes sit met die probleem van ’n tekort aan ervaring (wat ook nie direk eweredig is aan lewensjare nie, maar nou ja). Ek verstaan ook dat daar ’n groter versekering van stabiliteit en moontlike langer termyn toewyding aan ’n gemeente met ouer predikante gepaardgaan. Tog wonder ek of gemeentes nie te veel soos ’n besigheid wil funksioneer wanneer hul ideale kandidate bo ’n sekere ouderdom verwag nie? Nodeloos om te se is daar geen waarborge dat selfs predikante van 40 of 60 of 80 volwasse, ervare pastors en goeie teoloe sou wees nie. Jong predikante se tekort aan ervaring is dalk presies wat baie gemeentes nodig het en dalk selfs sou wou he, as hulle mooi daaroor sou dink – jongmense wat bereid is om te leer is dalk net so ’n groot bate as ouer mense met ervaring? Ek dink daarom dat ook gemeentes mooier behoort na te dink oor hoe hul, en wie hul, wil beroep. En of ’n pas afgestudeerde teologiestudent noodwendig net aangestel sou kon word as ’n jeugwerker, soos wat in baie stedelike gemeentes die geval is – daar is immers ook baie studente wat spesifiek jeugwerk studeer, vir wie juis dit hul roeping is. Maar nou ja, ek dink maar saam met julle hardop hieroor.
Barend Nel
Ek weet ek moet nie die draad begin skeeftrek nie en ek wil ook nie kommentaar lewer op Cobus en Stefaan se persoonlike geskiedenis en verhouding nie. Maar aan die ander kant voel ek dat ek darem ook móét sê dat ek drasties verskil met Stefaan se siening dat iemand wat vir hom oom gesê het toe hy 6 was, maar intussen ’n kollega geword het hom nie moet “jy of jou” nie. Ek het ook grootgeword om almal wat ouer as ek is te “oom en tannie” en het ook toe ek hier gekom het my ouer kollega ge-oom. Dit was natuurlik vir ons en ons het nie eers daaroor gedink nie. Dit was, om eerlik te wees, ook nie altyd uit respek nie, maar eerder gewoonte… en soms was die “oom” eerder ’n devaluering van iemand se status, eerder as ’n verhoging daarvan.
Daardie era is egter verby. Kinders praat nie meer in die taalkundig verwronge sinne wat ons gebruik het nie…”Pa, kan ek sommer “Pa se” suiker in “Pa se” koffie gooi, voor ek dit vir Pa bring nie.” Hulle sal sommer sê: “Pa, kan ek sommer jou suiker in jou koffie gooi, voor ek dit vir jou bring? ” Junior werknemers verwys na hulle grootbaas op sy voornaam en spreek hom ook so aan… met sy toestemming! Ek onthou nog my ma se reaksie baie goed toe sy eendag vir my sê dat sy dink dat my een dogter, wat toe net ’n maand of twee by ’n internasionale IT maatskappy begin werk het, ’n ogie op ’n outjie by die werk het… Want sê ouma, sy hoor dat sy gedurig praat van John wat dit gesê het of John wat dat gesê het… en die spreekwoord sê mos wat die mond van vol is loop die hart van oor. Ek sê toe vir haar dat die John die hoof is van die Suid-Afrikaanse tak van die maatskappy en dat dit is hoekom sy menings so belangrik is vir my dogter. Ouma het omtrent van haar stoel geval en gesê dat sy NOOIT, MAAR NOOIT, haar hoof op sy voornaam genoem het of hom ge-jy en -jou het nie… al was sy later ouer as die hoof.
In die gemeente waar ek predikant is, is ek vir seker so ’n derde “Barend”, vir ’n klompie “Oom Barend” en vir die res “Dominee’. Ek spel die Dominee met ’n hoofletter, want ek het agtergekom dat dit vir die meeste eintlik ’n naam geword het en nie ’n titel nie. Maar almal, jonk en oud, jy en jou my… BEHALWE AS HULLE VIR MY KWAAD IS. As iemand my dus bel en sê: “Dominee ek wil “U” kom spreek…” , lui die alarmklokkies en draai die rook by my ore uit soos ek probeer dink waaroor die (vr)ou vir my kwaad kan wees.
Jong kollegas het my al ge-“dominee u”, maar ek het hulle nog altyd gevra dat hulle dit asseblief nie moet doen nie, maar te “Barend jy”. Stefaan is natuurlik heeltemal reg dat ons mekaar moet respekteer, maar ek is werklik nie méér respek werd net omdat ek ouer is nie. Ek het dalk meer ondervinding, maar my jonger kollegas se teologie en kennis van die moderne wêreld is veel meer op datum as myne. So hoekom moet hulle my nie jy en jou, as ek hulle jy en jou nie. Ek vind dit daarom vreemd dat Stefaan in dieselfde plasing waarin hy kla dat hy ge-jy en -jou word konsekwent vir Cobus jy en jou.
Barend Nel
Nadia dankie vir jou mooi briefie. Jy het my sommer laat heimwee kry, want ek was gedurende my Hoërskool tyd op Britstown. My pa was onderwyser en koshuisvader daar… En terloops, tensy dit baie onlangs verander het, ís daar ’n skool, die Hoërskool Theron waarin ek ook was… daar is net nie eintlik meer “wit” kinders in die skool nie. Toe ons daar was, was die dominee al 20 jaar lank daar! Dit was ongekend in daardie jare, waar daar ’n tekort aan predikante was en predikante verplig moes word om minstens 3 jaar in ’n gemeente bly. Ons jonges het altyd na hom verwys as “ou dominee”. Die Here het ’n sin vir humor en ek word gereeld daaraan herinner as ek besef dat ek nou al baie langer in hierdie gemeente is as wat “ou dominee” daar was en dat ek waarskynlik ook ouer is as wat “ou dominee” toe was. Ek besef dit telkens as ’n ma van een die seuns in my Belydenisklas my aanspreek as “Oom Barend”… sy is nou so 40 en was dus 12 toe ek hier gekom het en was ononderbroke hier ’n lidmaat.
Destyds toe ek predikant geword het, was daar nog ’n tekort aan predikante. Dit het beteken dat afgeleë en klein plattelandse gemeentes geweldig gesukkel het om predikante te kry. Daar was glad nie iets soos “advertensies” in daardie tyd nie, trouens dit was streng verbode om enige afspraak met iemand te maak oor ’n beroep. Die kerkrade het dan heel dikwels ook eers probeer om die bekendste predikante in die land te beroep. Ouens soos Willie Marais het dus honderde beroepe gekry. So na die derde of vierde mislukte beroep het hulle meer realisties geraak en ’n proponent beroep. In later tye het finansies ook ’n al groter rol begin speel en het die klein gemeentetjies juis ’n proponent beroep oor hul goedkoper was. My eerste gemeente was ook op ’n Karoo dorpie wat nog kleiner as Britstown is. Die sleg daarvan was dat ons dan vir 7 jaar, of dikwels langer, blootgestel was aan ’n hoogs moderne en (selfs in daardie tyd) “liberale” gemeente en kerkomgewing. Jy was gewoond aan die modernste toerusting, musiek, kleredrag, ens…. en dan word jy skielik teruggeplaas 50 jaar in die verlede in! Dit was vir ons baie moeilik en vir die gemeents nog moeiliker!! Die “suksesvolle” dominees het dan “opwaarts” gemigreer na “beter” en beter gemeentes… todat hulle uiteindelik ’n plato bereik het. Meestal was hulle dan in ’n stadsgemeente, juis op ’n stadium in hulle lewe wat hulle eerder gesmag het na die rustigheid van die platteland… Ironies né?
Annari Du Plessis
Dit is vir my sleg dat my geloof en roeping sommer dadelik bevraagteken word as ek eerlik meedeel wat in my hart en gedagtes aangaan. Dis als goed en wel om te se ek moet steeds bedien en lyk my almal dink ek doen dit nie, maar regtig, ek kan nie vir die res van my lewe op my ma se rug ry finansieel nie. Is dit werklik so verkeerd en so aanstootlik van my om na 6 maande se werkloosheid nie stralend van optimisme te wees nie? Enige iemand wat so sonder werk sit sal jou vertel dat dit jou gemoed en selfbeeld aantas. Dis moeilik om optimisties te bly wanneer winkels jou nie eers wil aanstel nie, wanneer julle die huis moet verkoop en ek op my eie moet gaan bly, maar ek’t geen inkomste nie. So asseblief, he bietjie meegevoel en moenie dadelik dink ek’s ver van God of ek was dan anyway nooit regtig geroep nie. Wat as ek jou kind was?
Jean Van Biljon
“God se tyd en nie ons tyd nie.” Wie het gesê ons, Woordbedienaars/geroepenes, gaan dit maklik hê? Hulle het Jesus, die Hoof, immers gekruisig! Is jy bereid om jou lewe af te lê volgens Johannes 15? As jy dink geld (lewensonderhoud) is ’n turksvy, staan vir ’n slag in die gemeente. Jesus het self gesê: Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie. Inderdaad is dit so, daarvan kan julle boekdele vertel. Maar dis die mees wonderlike voorreg om elke Sondag God se Woord te kan verkondig. Niks kom daar naby nie, niks kan dit afbreek nie. Why don’t you just take the plunge? Natuurlik in geloof. Vertrou ons God genoeg? Of sit ons met ’n “ongeloof in God”? Dit wil tog vir my so lyk… Ek was self 2 en half jaar terug ’n proponent. Ek het vir elke liewe advertensie in die Kerkbode aansoek gedoen, ook op plekke waar ek nooit sou wou wees nie. Maar wat is God se plan? Ek haal toe drie kortlyste… Okay Here, wat nou? Ek gaan preek toe by elkeen en doen die onderhoud. Ek het aansoek gedoen vir gemeentes wat vyf jaar ondervinding soek. (in Kaapstad!) Ek ontvang toe die beroep, vars uit die kweekskool uit -sonder enige noemenswaardige ondervinding. Ek kon nie die beroep aanvaar nie, want ’n klein plattelandse gemeente beroep my toe eerste. Okay, Here, hier gaan ons nou… Daar is baie plattelandse gemeentes wat kans sien vir jon dominees, maar sien die jong dominees kans. Dit klink my nie so nie. Hulle is heeltemal te kieskeurig, van my mede-studente was ook. Maar is jy bereid om te werk vir die koninkryk? Hier op die platteland doen ons dominees ALLES! Ek voel soos ’n “one-man-band”! Is dit sleg? Duisendmaal NEE! Hier is nie ’n skoo niel, nie ’n hospitaal nie, hier is nie teerstrate, hier is nie eens water nie, so what? Ek ry vyftig kilo’s stad toe. Ek ry 40 000 km per jaar agter gemeentewerk aan want hier draai huisbesoek jou bediening op sy kop. Life is a journey, not a destination! Letterlik en figuurlik. Maar klink my al die jonges wil hul destination met die intrapslag bereik. Wat bly oor as jy nou reeds agter ’n mede-leraars pos wegkruip? Vertrou God vir ’n slag! Hier is geen gangbare, aanvaabare rasionele argument nie. Take the plunge! Okay, Here, hier gaan ons nou… AS jy brood op die tafel kan sit, het jy niks om oor te kla nie, God sal altyd sorg, vertrou Hom net. Probeer dit, jy sal verbaas staan oor wat God deur jou en vir jou kan doen. Onthou julle vir Einstein: “All I want to know is God’s thoughts, the rest are details.” Soek God se wil, nie jou eie nie. Doen dit vir die koninkryk, en as jy die res van jou lewe op ’n preekstoel moet staan tot jou laaste asem, doen dit, dis tog waarvoor ons ons lewens gee. Wie wil aftree, ons kan mos nie aftree uit koninkrykswerk nie. Vergeet van wat die fakulteite jou belowe het, wat het God jou belowe?
Lourens Zak Barnard
@Annari: Ek het nie jou geloof bevraagteken nie, wel jou motivering en/of dan jou roeping. Soos ek dit reeds gestel het, transendeer ’n ware roeping enige omstandighede waarin ons ons mag bevind. Daar is talle voorbeelde van sendelinge en leraars wat dag in en dag uit haglike omstandighede trotseer ter wille van hul roeping en glo my hul het nie hul ouers of enige iemand op wie se “rue hul kan ry” nie. Die ou en die nuwe testament is deurtrek met profete, dissipels en apostels wat eenvoudig ALLES wat hulle het prysgegee het ter wille van die die evangelie van Jesus Christus.
Ek het simpatie met jou finansiële omstandighede – (ek is een van daai wat al ’n honderd keer alles verloor het – om dan maar net weer te probeer) – dus kan ek ‘relate’.
Annari Du Plessis
Die reaksie wat ek hier gekry het bewys net weer hoekom die kerk leeg word.
Stefaan de Jager
Cobus, dankie vir jou reaksie. Dit gaan regtig nie oor die aanspreekvorm nie. Hier is ons almal op voornaam status. My titel en/of “oom-wees” was nog nooit vir my belangrik nie.
Dit het vir my gegaan dat jy byterig geraak het met: “Ek hoop van harte nie dat jy die dominee is wat my predikant was toe ek 6 jaar oud was nie!” Wat het die feit dat ek jou dominee was toe jy ses jaar oud was te doen gehad met ons argument? Dit was nou `n geval van die man speel en nie die bal nie.
Ek is nie vir jou kwaad of sal dit nie in my hart teen jou hou nie. Leer tog net dat die saak wat ons dien altyd groter as ons persoon is.
Stefaan de Jager
Annari, jou opmerking dat die kerk leegloop het my so bietjie laat loer op jou en jou vriend se fb profiele. Ek vermoed dat julle met die soort prentjies en foto`s wat ek daar sien, definitief nie op Britstown sal inpas nie!
Ek wil jou `n vraag vra. Dink jy dat dit onbillik is van enige “normale” gemeente om jou te beroep as hulle daardie profiele aanskou?
Jong proponente moet seker maak dat hul algemene lewenstyl en beeld na buite nie een van die stuikelblokke is waarom hulle nie beroep word nie.
Annari Du Plessis
Anders as meeste mense het ek integritet. Daar is niks fout met my lewenstyl nie, inteendeel leef ek ’n reiner, eerliker, meer deurdagte lewe as meeste van my klasmaats en beslis as meeste ander jong mense. Ek het geweet dis net ’n kwessie van tyd voor iemand op hierdie thread een of ander ignorant opmerking gaan maak oor my en wat hulle dink my “lewenswyse” is.
Hennie Mouton
Dit blyk duidelik dat jong leraars ’n verwagting van beter werksgeleenthede ná hul studies gehad het as wat nou na 6 jaar van studie waar is.
Ek reken dis billik om die volgende voor te stel, maar die gewig van elke faktor sal afhang van die integriteit van elke spesifieke mens (teologiese dosent in hierdie geval):
Hanre Janse van Rensburg skryf die volgende:
“my own life and career (vocation) has been changed; for when it becomes known that you were a student at the University of Pretoria’s Faculty of Theology the person on the other end of the conversation (whether this be the local parish minister, a missionary from Uganda or any Tom, Dick and Harry that you meet on the street) immediately asserts their perceived right to submit you to a barrage of dogmatic questions probing your faith and loyalty, endlessly haranguing you about your experience of the “heretical” teaching in the faculty. And if you do not answer satisfactorily (in other words, negatively), you can know that your application/teaching/position is being reconsidered”.
[Google ‘Hanre Janse van Rensburg heretical teaching’ en bogenoemde artikel sal gevind word.]
Maar kyk ook wat ek gister hierbo geskryf het – om iets anders voor te gee as wat jy werklik glo, is nie die antwoord nie.
Barend Nel
Ek het ook al opgemerk wat Stefaan sê, maar ek wou nie hier daarop kommentaar daarop lewer nie. Dit kan die indruk skep dat ons weereens wil sê dat dit die werklose proponente se “eie skuld” is. Dit is werklik nie so nie en ek dink ook nie Annari se profiel is die skuld dat sy nog nie ’n pos gekry het nie. Die feit is tog dat die ander proponente met “tradisionele” FB profiele ook nie poste kry nie. En natuurlik sê haar FB profiel se styl niks oor haar lewenstyl nie!!!!! Maar terwyl dit dan nou in die ope is…
Annari het netnou die prent by die skakel hieronder op haar profiel gelaai, met die opskrif: DON’T JUDGE A BOOK BY ITS COVER.
In beginsel is sy natuurlik heeltemal reg. In praktyk moet egter ongelukkig in hierdie geval met Stefaan saamstem, dat haar FB profiel net haar kanse vir ’n beroep na verreweg die meeste gemeentes kan benadeel… selfs die FB naam wat haar vriend gekies het kan dit by wyse van assosiasie doen. Ek dink baie van ons, ekself ingesluit, vergeet dikwels geheel en al dat Facebook lankal nie meer die virtuele ekwivalent is van ’n gesellige geselsie saam met jou vriende nie. Ek hoor elke nou en dan van die dwaaste goed wat mense op FB of Twitter sê. Dit is duidelik dat hulle op daardie oomblik heeltemal vergeet het dat die hele wêreld, hul werkgewers ingesluit, kan lees wat hulle daar skryf. Dit het al baie mense hulle werk gekos!
Ek dink die meeste jongmense sal nie “afgesit” word deur die “image” wat hulle projekteer nie, want hulle sal dit sien vir wat dit is… net ’n styl en nie ’n aanduiding van ’n “bose” mens nie. Dit mag dalk selfs help om tieners te bereik, wat dit beslis as “cool” sal sien en baie eerder met so ’n dominee sal identifiseer as met ’n ou fossiel soos ek. Maar dit is nie die kinders wat dominees beroep nie! Dit is ook lankal nie meer so dat die “oumense” op die Kerkraad nie Facebook nie. Elke tweede ouma, self in die platteland, of dalk juis in die platteland, het deesdae internet en FB om kontak te behou met hoe dit met haar kleinkinders in Australië en Dubai gaan. Hulle is ook “savy” genoeg om na die proponente wat aansoek doen se FB te kyk. Ek is seker Annari sal ’n goeie verduideliking kon gee oor hoekom sy juis daardie styl gekies het… maar sal sy ver genoeg in die proses kom om kans te kry om die verduideliking te gee?
Annari is reg dat ’n mens nie ’n boek aan sy buiteblad behoort te beoordeel nie. Maar die ongelukkige feit is dat ’n buiteblad in praktyk dikwels juis die ding is wat jou sover kry om ’n boek te begin lees, of om nie eers daarna te kyk nie. As ek niks verder van hulle geweet het nie, sou ek ook eerder as ek siek geword het na die ou aan die linkerkant van haar prent gegaan het, as die ou in die rooi T-shirt
https://www.facebook.com/photo.php?fbid=10150827726965939&set=
a.10150283010080939.329462.580070938&type=1
Annari Du Plessis
Ironies, ne. Ek’s nie die een wat sy klasmaats probeer indoen, op hulle trap om bo uit te kom, hulle misbruik en geen integriteit het nie, maar ek’s die een wat nie werk het nie. Die kerk is juis veronderstel om anders as die wereld te wees.
Stefaan de Jager
Annari verwys na haar lewe wat reiner, eerliker en meer deurdag is as die meeste van haar klasmaats.
Die woord ‘reinheid’ het my laat dink. Gestel daar sou nou se dae met `n onderhoud aan proponente gevra word of hulle glo dat seks buite die huwelik sonde is? Ek wonder hoeveel van hulle dit sal beaam. Ek vertrou maar dat dit die oorgrote meerderheid sal wees.
Stefaan de Jager
Barend, kan jy glo ek het nog `n ou Polumnia van 1978 hier! Toe sien ek vir jy ook daar raak. Moet sê, lyk bietjie anders as nou! Is jou vrou nog so mooi?
Barend Nel
Ai Annari, ek verstaan jou frustrasie, maar jy moenie jouself begin verbeel dat almal teen jou is en die kerk en selfs jou klasmaats jou vyande word nie. Ek het dit self ervaar dat as ’n gemeente twee leraars het en hulle by ’n punt kom waar hulle een moet afdank weens ekonomiese redes dat dit noodwendig maak dat jou kollega en vriend jou vyand word. Ander mense in ander beroepe ervaar dieselfde. Jy is nie die “een” wat nie werk het nie! Ek lees in die artikel “Slegs agt van die 23 proponente wat in November 2011 aan die Teologiese Fakulteit by die Universiteit Pretoria afstudeer het en gelegitimeer is, het tot dusver beroepe ontvang.” Soos ek dit hoor is daar minstens 15, net van die 2011 klas, net van UP wat nie werk het nie.
Stefaan de Jager
Toe ek destyds uit `n klein plattelandse gemeente vertrek het, wou die kerkraad geleentheid gee aan `n proponent, aangesien daar op daardie stadium ongeveer 200 op die markplein gesit en wag het. Raai hoeveel proponente het aansoek gedoen? `n Hele vier! Op die end het hulle maar weer `n dominee uit `n gemeente beroep.
Cobus Van Wyngaard
Stefaan, ek dink na jou opmerkings oor Annari kan ons maar die gesprek stop. Wat van jy vat haar vir koffie en praat met haar oor Jesus. Oor genade. Vra haar oor ECHO, en die kinders van die moot. Vra haar oor liefde vir mense met pyn…
Barend Nel
Stefaan, ek kan nie onthou hoe ek op daardie foto gelyk het nie… Ek weet wel my kinders lag hulle dood vir hul pa se lang hare op my ou ID-boek foto’s en trou fotos… en natuurlik vir die “bell bottom” broeke en die skoene met die baie dik sole wat ons op ’n stadium gedra het. My vrou het gelukkig die jare baie goed gedra. Ja, die tyd vlieg né. Daardie tyd was ons nog jonk en aantreklik, nou is ons nog net aantreklik 🙂
Barend Nel
Ja, die tye verander né Stefaan. In ons tyd sou niemand daaraan gedink het om vir ’n proponent te vra of seks buite die huwelik sonde is nie… dit was mos vanselfsprekend dat dit sonde was. Oom Koot Vorster het my eerder gevra of ’n mens aan die staat gehoorsaam moet wees en my toe vir omtrent ’n minuut lank kwaai aangestaar toe ek antwoord dat ’n mens moet… maar nie wanneer die staat van jou iets vereis wat teenstrydig is met wat God van jou vereis nie.
Gelukkig was ons ondervraers daardie tyd darem diskreet genoeg om nie te vra wie van ons seks gehad het voordat ons getroud was nie…
Annari Du Plessis
Interessant dat julle met reinheid dink aan seks. Op my ouderdom word dit deesdae as verbasend gesien dat ek nog nie seksueel aktief is nie.
Barend Nel
Annari, dit sou destyds nog meer verbasend gewees het as ’n meisie op jou ouderdom nog nie seksueel aktief was nie! Verreweg die meeste sou al lankal getroud gewees het en ’n kind of twee gehad het 🙂
Adoré Smith
Na ek hierdie hele fiasko deurgelees het besef ek ook net weer (om Annari te beaam) dat ek duidelik kan sien waarom die kerke leegloop. Gaan jy NG kerk toe sit jy opgeskeep met ’n lot droë, prekerige en wettiese Afrikaner dominees wat nie juis tyd het vir jong dominees, proponente met hulle vreemde idees en “weird” mense nie. Gaan jy Charismatiese kerk toe, kry jy weer te doen met ’n lot mal mense wat fanaties is en tekere gaan oor demone, die bevrydingsbediening en stuiptrekkings in die kerk kry. Hoe nou gemaak? Persoonlik weier ek om na enige van die twee opsies te gaan. Ek voel dat ek net my siel versondig en waardevolle tyd mors. Ek moet sê dat ek wel elke Sondag in die kerkbanke sal wees as ek by ’n gemeente kan aansluit met iemand soos Annari (met haar “bose” foto’s op Facebook en “bose” swart klere en haar “slegte” lewenswyse). Dus, kan julle maar al julle praatjies oor vergaderings in die sinode ens. oor die werksprobleem stop. Die probleem is dat baie ware Christene net weier om kerk toe te gaan en die res ateïste word. As ek nie van beter geweet het nie en na die kerk moes kyk sou ek dalk sommer ook maar die ateïs-roete ingeslaan het. Aangesien daar nie juis nuwe lidmate en jongmense in die gemeentes is nie (oor geen mens in sy gesonde verstand lus is vir vervelige preke of fanatiese malligheid nie), is daar ook nie geld nie. Kry eerder ’n byderwetse jong proponent i.p.v. om ’n ou dominee soos oumagrootjie wat in 1910 oorlede is se stowwerige kerkhoed uit die kas te gaan krap). Sonder die jongmense is daar geen toekoms vir die kerk nie. En die hele “platteland” argument is een van die mees patetiese ondeurdagte argumente wat ek al gehoor het. Kerkmense moet bietjie wakker word en sien wat om hulle aangaan en waarmee die jongmense van vandag moet sukkel en deal.
Barend Nel
Ontspan Spokie! Ek het g’n gaan “navorsing doen” of gaan grawe om iets oor Annari se lewenswyse uit te grawe nie. Ek het dit ook duidelik gestel dat ek nie dink dat daar iets met haar lewenswyse skort nie. By ELKE LIEWE PLASING van haar, en natuurlik van ons almal, sit daar egter ’n “link” wat slegs één klik verg om meer info oor die persoon wat daar skryf te kry. Dit is elke FB gebruiker se eie besluit hoeveel info hulle daar wil sigbaar maak vir die publiek om te sien. Dit is ook Annari se goeie reg, maar as sy dit daar sigbaar maak beteken dit dat sy wil hê dat almal dit mag sien. Ek veroordeel dit hoegenaamd nie, maar dit is tog net eenvoudig ’n werklikheid dat dit ook ’n riskante keuse is. As ek sê dat dit haar kans om selfs net op ’n kortlys te kom gaan benadeel by verreweg die meeste kerkrade wie se lede dalk daarna sou kyk, is dit nie ’n veroordeling van haar nie, maar net ’n nare feit.
Terloops ek het ’n dominee Steekbok geken. Hy was ouers as ek en is nou al ’n hele klompie jare gelede oorlede, maar was o.a. predikant van die VGK-Kraaifontein. Hy het op Britstown grootgeword. Is jy dalk êrens van hom familie?
Annari Du Plessis
Wel, ek gaan nie myself verraai en voorgee om iemand te wees wat ek nie is nie. Daar is al klaar te veel mense wat dit doen.
Adoré Smith
Ja, die hele kerk is vol van hulle (al die denominasies).
Arnau Van Wyngaard
Ek wil wegbly van die persoonlike aanvalle en terugkom na die eintlike onderwerp. Ek lees baie hierbo oor roepingsbewustheid en geloof en vertroue. Die vreemde is dat hierdie eienskappe meerendeels slegs van die proponente verwag word. Die realiteit is dat ’n kerkraad se besluite rondom hulle werk hoofsaaklik gerig word deur finansiële oorwegings. Sou ’n leraar een oggend dit in sy kop kry dat hulle gemeente ’n tweede of derde leraar moet beroep, gaan sy kerkraad hom baie gou vertel dat dit onmoontlik is indien die begroting dit nie toelaat nie. Daardie dominee kan HOE oortuig wees daarvan dat dit die Here se wil is – as daar nie geld is nie, gaan die kerkraad dit nie goedkeur nie. En as die kerkraad dit wél sou goedkeur, ten spyte daarvan dat daar nie geld is nie, gaan die ring hulle verbied om dit te doen. So ’n besluit het NIKS met roepingsbewustheid te doen nie – dit is ’n praktiese en finansiële oorweging. Waarom, as ’n proponent nie ’n beroep kry nie en hom/haar uiteindelik wend tot ’n ander werk wat niks te doen het met sy/haar opleiding nie, word so ’n persoon se roepingsbewustheid in twyfel getrek. Hoe sterk my roepingsbewustheid ookal is: sonder geld gaan ek nie vir my vrou en my kinders kan sorg nie. Dis so eenvoudig as dit. En Lourens, ek stem saam dat ons nie nodig het om ’n predikant te wees voordat ons bruikbaar is vir die koninkryk nie. Inteendeel, jy gaan min mense vind wat méér hiervan oortuig is as ek, maar terselfdertyd het mens nie drie grade nodig om bruikbaar te wees in die koninkryk nie. ’n Predikant is opgelei om ’n sekere taak te vervul binne ’n gemeente, en ek sê weer, as ons hierdie mense verloor, is dit die kerk se verlies.
Binne die korporatiewe wêreld word daar gewerk met ’n sogenaamde “Retention Matrix” waar die een as van die matriks aandui hoe belangrik dit is om ’n persoon se dienste te behou (Retention Priority) volgens drie kategorieQ: Laag, medium of hoog. Die ander as dui die persoon se motivering aan (hoog, medium, laag). ’n Persoon met ’n hoë motivering, het ’n kleiner kans om die maatskappy te verlaat as ’n soortgelyke persoon met lae motivering. ’n Persoon wie se Retention Priority baie hoog is (met ander woorde sonder wie se vermoëns die maatskappy ernstig skade sal lei) sal ten alle koste gehelp word om gemotiveerd te bly. (Terloops, Jim Collins het bewys dat inkomste ’n baie klein rol speel om iemand te motiveer.) ’n Persoon met ’n lae Retention Priority (iemand wat maklik is om te vervang) kan maar loop. Daar sal altyd iemand anders wees om in sy/haar rol aan te stel.
Die vraag waarmee ek worstel, is of die kerk hulle proponente beskou as mense met ’n hoë Retention Priority. Indien wel, moet die kerk nie baie hard en baie ernstig gaan begin besin oor wat gedoen moet word om hierdie mense se dienste vir die kerk te behou nie? Ek stem saam dat hierdie dienste nie noodwendig altyd binne die tradisionele kerk gedoen moet word nie. Ek is self al bykans 28 jaar buite die tradisionele kerk werksaam en glo met my hele hart dat ek op geen ander plek wil wees as in Swaziland nie. Maar dan moet daar steeds besin word hoe dit moontlik gaan wees om proponente en dominees in staat te stel om hierdie werk te verrig, sonder om daagliks te wonder hoe hulle gesinne dit gaan regkry om te oorleef nie.
Of word die proponente dalk heimlik beskou as mense met ’n lae Retention Priority – daar is nog baie waar daardie een vandaan kom…
Stefaan, jy het baie die pragtige uitdrukking gebruik (en ek het dit skaamteloos by jou oorgeneem) “om te kla met die witbrood onder die arm.” Miskien moet ons die uitdrukking hier aanpas na iets soos: “om ander mense se roepingsbewustheid te bevraagteken terwyl ek met ’n brood onder my arm rondloop.”
Willie Smith
Adore, jy’t ’n goeie van. Alle geval, ek het ook soos jy gevoel toe ek jonger was. Gedink al die ou omies en tannies is nie lekker nie. Kerk was vreemd en vervelig en ek het toe opwinding in ’n oosterse geloof gaan soek. Dit, kort nadat ek in die NGKerk belydenis van geloof afgelê het. My pa het sy hande vol met my gehad. Ek het op daardie stadium gedink dat ek beter weet as al die verkrampte dominees, sinode, ou mense en wat ookal jy nog wil noem.
Nie ’n kerk nie, nie ‘ dominee nie, maar God het my teruggeruk na sy werklikheid. Hy het my in ’n gemeente geplaas sodat ek oor Hom kon leer. Hy het later ’n dominee na ons gemeente gestuur wat my ook leiding gegee het.
Wees sensitief vir die wil van God, nie jou eie wil of die wil van mense nie. Lees en bestudeer die Bybel want dit is waar God homself aan jou openbaar. Gebed bring jou op jou knieë en aanbidding in die gemeete leer jou dat jy nie al sondaar op aarde is nie
Adoré Smith
O hel, nog ’n ou prekie; so asof ek nie self by God kan hoor en self daaraan kan dink om my Bybel te lees nie en sommer ook nou ’n Oosterse geloof aangehang. Sorry, ek sit met mense wat al ouer as 60 is en niks met die kerk of God uit te waai wil hê nie. Die droë drol kerksisteem het gefaal, so ook het die fanatics. Maar, ons lees mos maar eintlik in ons Bybels dat hierdie dinge in die laaste dae in die kerke sal aangaan, né.
Barend Nel
Ek verstaan dat jy nie wil voorgee wat jy nie is nie Annari! As jou FB profiel reflekteer wie jy regtig is, is dit goed so. Ek dink steeds dat dit ’n struikelblok kan wees vir jou om ’n pos in ’n baie groot persentasie gemeentes te kry, maar miskien is dit ook maar goed so, want dit sou ook beteken dat jy nooit werklik jouself sou kon uitleef en gelukkig wees in daardie gemeentes nie. Ek het ook nogal altyd alles behalwe ’n tradisionele “NGK predikant” persoonlikheid styl gehad. Ek vermoed ek was darem nog heelwat minder avant-garde as jy, maar dit het my nogtans baie pynlike ervarings in die NGK besorg… en seker maar vir die gemeente(s) ook. My huidige gemeente het darem na so ongeveer 20 jaar aan my begin gewoond raak en die ouderdom het darem ook gemaak dat ek nie meer die energie het om so moedswillig te wees nie.
Ek wens jou toe dat jy ’n pos sal kry in ’n gemeente waar jou besondere styl en unieke gawes presies dit is wat dáár benodig word om die Here se werk te bring. Intussen hoop ek dat jy minstens ’n tydelike werkgeleentheid by ’n organisasie (jeug, welsyn, noodleninging???) kan kry waar jy jou gawes kan gebruik en wat darem minstens ’n dak oor die kop en ’n bord kos sal voorsien.
Nico Geldenhuys
Jou openbare beeld is ongelukkig van kritieke belang as jy ’n loopbaan in meeste beroepsvelde (insluitend die kerk) wil hê. En dis nonsens dat ’n mens noodwendig jou integriteit prysgee wanneer jy jouself meer bemarkbaar vir werkgewers maak. Almal van ons doen dit – elke dag!
Annari Du Plessis
‘n Baie nice dominee het eenkeer vir my gese dat die kerk my meer nodig het as wat ek die kerk nodig het. Daar is ’n leemte in die kerk se uitreik en ek kan daai leemte vul.
Jan Tik
Nou ja, ek sien nie meer Spokie se plasing waarin hy beweer dat ek en Stefaan nie weet waarmee die jong predikante vandag sukkel nie, want ons het ons eie gemeentes en hoef nie te worry oor waar more se kos vandaan kom nie. Toe antwoord Barend, “Jong Spokie, daai Jan Tik sit sonder ’n gemeente en dit boonop in die bose VSA, ek kan net dink hoe dít moet voel! Boonop is hy nog ’n besigheidsanalis, wat beteken dat hy deesdae ook net oordeelspreke kan “preek” :-))”
En dit nou alles net omdat ek gesê het dat dat as die Here mens werklik roep Hy mos ook die werk sal verskaf. Of dat ons miskien ’n bietjie anders moet dink oor wat “bediening” werklik beteken. As voorbeeld het ek genoem dat, as taxi drywers hierdie nuwe diensknegte van die Here mos baie goeie werk kan doen onder die mense van die nag. Daardie diensveld is mos wyd oop.
Wel, as dit klink of ek veroordeel is ek jammer, dit was nie my bedoeling nie. Maar sodat julle kan sien waar ek vandaan kom, hier is my storie soos ek dit vir iemand anders vertel het:
——————–
I grew up as an Afrikaner during the Apartheid years. As most of my peers I belonged to the Dutch Reformed Church. As long as I can remember I believed in the Lord, but when I was 20 years old I realized that my faith was at a distance. That led to me asking a lot of questions, and culminated in my personal acceptance of Jesus Christ as my Savior.
After my initial euphoria worn off (it took a few years), it started to bother me that my church had played a prime role in the establishment of Apartheid, and I began questioning the artificial separation of people of different color. Several instances reinforced my concern. I will mention only two.
1. A colored lady who knocked on the door to ask for shelter during a storm. This was during a bible study at an elder’s house, and he chased her away like a dog. I could not reconcile this with my newfound faith, got up and took her to the police station to ask for help. A sympathetic policeman gave her some blankets and a cell to sleep in for the night. Needless to say, I never returned to that bible study.
2. Some years later (at a different congregation) there was an issue with what we called “garage services”. Because church services were racially segregated, these were services held in someone’s garage for the black servants who worked at white people homes (a practice common over there to this very day). But the lady who had allowed her garage to be used for this purpose had died, and no one came forward with an alternative location despite repeated pleas from the pastor. Someone in our youth group came up with what seemed like a brilliant idea. We could clean out the church’s cellar and use that! But when I mentioned the idea in a joint meeting with the church hierarchy it seemed like all hell broke loose. I was accused of being a “kafferboetie” (nigger lover), and a lot worse. The open suspicion was that I had planned this to tear apart the church.
I was stunned. And that was the last time I went to that church.
The culmination of many such experiences was too much for me, and I was too young and inexperienced to deal with it. In the end I just slowly drifted away – not only from my church, but also from the Lord. This was the beginning of my years in the wilderness.
Fast forward now to the late 1980s. In the meantime I had met and married an American gal, and moved to the USA. Then my only son was born. Before his birth, it became apparent that my wife was drinking too much, but remarkably her pregnancy made the problem disappear. Then two weeks after the birth I came home to find the baby crying and herself hopelessly drunk. After that her problem escalated beyond anything I had been prepared to deal with.
I was forced to put my son in daycare, and on two occasions I flew my mother over from Africa to assist. She stayed for 6 months when he was four, and again for 12 months when he was around eleven years old. During this time I had made great progress at work. In 2001 I took a senior job at a bank, and we bought a home on an acreage outside Seattle. I got promoted fast and financially we were doing great, but privately my life was coming unglued.
Then in 2005, just after my mother had returned to Africa for the second time, everything went wrong. In the spate of three months, I got laid off, my mother died unexpectedly, and my wife started a relationship with someone she had met at AA.
I was devastated. Slowly it dawned on me that this could not have happened without the Lord allowing it. So in my deepest despair, I started my long road back to Him and His service. After I prayed it over for 6 months, I sold the house and gave my estranged wife everything.
I started driving a taxi telling my story to everyone who was willing to listen. But soon enough I grew tired of it, and realized that many of the people I had picked up had similar, if not worse stories to tell. And so I asked the Lord to use me to help them where I could. I have been doing that ever since.
————————
Through the past six years I have made numerous friends amongst the people of the night; the people I never knew. Please let me introduce you to a few:
Daniel* was was an older gentleman suffering from PTSD. After his sudden death his psychiatrist (which I had not met before) came to see me, and told me how our friendship had helped my friend. And before his death, my friend had told me that he had accepted the Lord as his Savior. This was the first confirmation I had that the Lord was at least doing something through my efforts. Until then I was not sure.
Jane* is a schizo-affective girl who was wondering the streets alone at night. She was convinced that she was possessed by demons. Today she is happily married, they have a beautiful daughter, and they are active churchgoers. Since then the change in her had been remarkable – today she is acting mostly normal.
Jessica* was a street child and prostitute I have sort-of-like adopted as my daughter. She gave her heart to the Lord and today she lives in a nearby city and is finishing her schooling. Soon she is getting married to a nice young Christian man.
There are many others. It seems like I have the ability to help people with problems in a way I cannot totally fathom, but then again I have to hasten to say that it is not me – it is the Lord.
Previously I was well off, today I am poor – in the eyes of the world. But I have always had food to eat, and enough to pay for the things that needed done. And above all, I have peace and I am content. After all these years of worrying about my own situation, I have finally found my calling – and it is totally different from what I had ever imagined. And until the Lord leads me elsewhere, this is what I am doing.
* Their names have been changed to protect their identities.
Stefaan de Jager
Arnau, ek het niemand se roepingsbewustheid hier iewers bevraagteken nie. Ek wil maar net ons dominees en proponente laat fokus daarop dat dit net `n duidelike roeping van die Here is wat mens in die bediening laat deurgaan. Daarsonder word die bediening `n las.
Roepingsbewustheid het my juis destyds spreekwoordelike witbrood onder die arm gekos. Toe die Here my geroep het, moes ek my vorige kusus staak, ja van `n toekomstige beroep wat my baie witbrode sou besorg!! Ook moes ek `n beurs terugbetaal toe ek my kursus staak, en met BA Admissie begin, sonder enige beurse. Ek moes elke vakansie gaan werk om anderkant uit te kom.
My uitgangspunt was nog altyd, dat ek as geroepene om die Evangelie te verkondig, ek nooit sonder werk sou sit nie, wat nie beteken dat ek altyd daarvoor betaal sou word nie.
God wat roep, bly getrou.
….
Barend Nel
Jan, ’n mens kan mekaar maklik misverstaan op hierdie soort forum. Ek het niks bedoel met my verwysing na jou in antwoord op Spokie se plasing nie. Dit het my geklink hy dink dat jy ook ’n predikant is wat in ’n gemeente is. Ek het geweet uit jou vorige skrywes op FB geweet dat jy nie een is nie en in die VSA is. Ek het gou op jou FB profiel gekyk om te sien wat jou beroep is… ek lees toe daar “I am a business analyst”. Op grond daarvan skryf ek toe wat ek geskryf het, met my tong in die kies. Die verwysing dat jy net oordeelspreke kan preek, verwys eenvoudig na die stand van die huidige wêreld ekonomie wat maak dat die meeste besigheids analiste nie veel rooskleurige toekoms visies skets nie.
Cobus Van Wyngaard
Kom ek probeer die gesprek bietjie help met my eie storie:
My pa is predikant, en ek was deeglik bewus daarvan dat daar nie beroepe is nie toe ek besluit om te gaan teologie swot. My keuse was ’n diep oortuiging (ons Gereformeerdes noem dit mos roeping), en nie afhanklik van die belofte van werk nie. ’n Paar maande na dit, toe my pa vir iemand vertel dat ek gaan predikant word, het hulle vir hom gesê dat ons gelukkig is, want teen die tyd wat ons klaarmaak, gaan daar ’n tekort aan predikante wees. Ek het daai storie ’n paar keer daarna gehoor. Dalk was dit nie amptelik deur die kerk aan my gesê nie. Dalk was dit nie dosente nie. Dalk het ek dit gehoor omdat ek dit wou hoor. Maar ek was elkgeval oortuig daarvan.
Ons klas het 15 studente gehad. 3/4 jaar later was daar 40 of 50 studente in die klas. Dit is deels toegeskryf aan die feit dat daar nou weer beroepe sal wees.
Ek het in 2008 klaargemaak. My vrou het nog geswot, so ons moes in Pretoria aanbly. Ek is bevestig in ’n 33% pos in ’n gemeente hier. Ek het oor die algemeen lekker gewerk, en ek dink nie ek is te sleg ontvang nie. Na twee jaar moes my kontrak hernu word, maar die ring het geoordeel dat die gemeente nie finansieël instaat is om dit te doen nie. Hulle was in die proses om my 33% aanstelling so ongeveer te halfeer, toe ek besluit het om liewers uit te klim en te begin aansoek doen vir ander poste.
Jy sien, ek het geglo dat as ek net bereid is om nie picky te wees nie, dan sal ek beroep word. Ek het nie vir elke pos aansoek gedoen nie, maar klein afgeleë plekkies was nie buite my radar nie (ek het wel een groot ryk gemeente geweier om by aansoek te doen). My vrou was lus om terug te gaan platteland toe. Ons het beide baie goeie memories oor die platteland, en was nie bang om terug te gaan nie (eintlik was ek oortuig dat dit was waar ek veronderstel was om te gaan, al het verskeie mentors vir my gesê ek sal doodgaan op die platteland).
Ek het vir 3 maande (ek weet dis nie baie lank nie), orals aansoek gedoen waar daar poste was. Ook vir daai poste wat nie vol betaal was nie. Dit was verskriklik! Verskriklik om in ’n onderhoud te sit en die gemeente vra jou: “so, wat dink jy van kerkeenheid”, en jy weet jy skiet jouself in die voet as jy antwoord… ek is daardeur, en ek het vir die komittee van Johannes 17 vertel en dat daar min dinge is wat so belangrik vir my is as kerkeenheid…
So 4 maande nadat ek weg is by die gemeente het UNISA vir my ’n pos aangebied. Heelwat minder geld as wat ek by ’n gemeente sou kry, maar met ’n ongelooflike lekker werksomgewing, ek het dit aanvaar. Ek is nie ’n dag lank spyt nie.
Nadat ek werk gekry het by UNISA, het ek gekies om in die middestad gemeente betrokke te raak, so ek preek tans twee maal per maand by die ouetehuise en drink saam hulle tee na die tyd (ek noem hulle oom en tannie, en hulle is gemaklik daarmee dat ek terugkom). Ek ken min predikante wat bereid is om vir die 15 oumense waarvan die helfte doof is elke tweede wees daar in Arcadia te gaan preek… Ek help om ’n bediening aan die gang te kry op ’n plek waar die NG Kerk nie ’n gemeente het nie, daar kom so 20 mense op ’n aand kerk toe. Ek sit nog heelwat tyd in sinodale werk in, alhoewel die NG Kerk my nie betaal daarvoor nie. Ek doen dit omdat hierdie kerk my ma is, en omdat ek ten diepste glo ek is geroep om hier ’n verskil te maak.
Dalk was ek nie beroep nie omdat ek dodgy teologie beoefen, ek het dit al gehoor.
Dalk was ek nie beroep nie omdat ek nie respek het vir ouer mense nie.
Dalk het ek net nie lank genoeg aanhou aansoek doen nie.
Ek het al hierdie redes al gehoor. Maar julle moet dit hoor. Die mense wat nie beroep word nie is o.a. proponente wat vir minimum preekfooi vir ouetehuise preek, wat sonder enige vergoeding agter die skerms werk in die kerk doen, wat bedieninge vestig waar min predikante aanvaar sal word. Ek het my voorstel bo geformuleer: waarborg vir jong proponente werk in verskillende kontekste vir die eerste paar jaar nadat hulle klaar studeer het. Laat hulle Britstown en Arcadia en Sandton ewn Swaziland beleef. Meeste van hulle sal fine weer met ’n 30% of 50% aanstelling, as hulle net werk kan kry! (en nie rondgeskroef word nie).
Ek sign nou af, want hierdie gesprek het my vandag eintlik nie goed gedoen nie. Ek hoop my storie kan iewers iets doen vir die groter gesprek, want dis glad nie lekker of maklik om dit publiek te vertel nie!
Stefaan de Jager
Cobus, dalk moet jy net van daardie mentors ontslae raak wat vir jou vertel dat jy sal doodgaan in die platteland. Die Here woon ook in die platteland en Hy is lief vir die mense daar.
Coert Welman
Annari, ek sien dit is al elders aangeraak in kommentaar op jou plasings, maar ek voel ek wil tog bietjie raad gee. Jy is welkom om dit te aanvaar of af te skiet. Dit is jou keuse.
Eerstens wil ek noem dat enigiemand wat jou roeping bevraagteken geïgnoreer moet word met die minagting wat dit verdien. Jou roeping is ’n saak tussen jou en die Here. Slegs jy en Hy kan oordeel oor die egtheid daarvan.
Dan, ek het die kommentaar gesien rakende jou FB profiel en vlugtig gaan loer waaroor gaan die bohaai. Dit blyk dat jy ’n aanhanger is van die goth subkultuur. Ek het ’n hele paar vriende wat ook aanhangers is van die goth subkultuur en dit is ’n subkultuur wat vreeslik misverstaan word. Jy mag dalk voel dat mense wat jou daaroor oordeel oningelig is, en jy sal ook grotendeels reg wees in daardie opinie. Die algemene gevoel onder veral Afrikaners is dat swart klere en grimering en swaar musiek tekenend is van onder andere satanisme. Ek weeet en jy weet dit is nie die geval nie. Nie alles van die goth subkultuur is sleg nie.
MAAR…
Jy weet net so goed soos ek dat daar baie van die goth subkultuur is wat allesbehalwe heilsaam is. En dis ongelukkig vir jou die deel waarop die “oningeligte” omies fokus.
Die probleem is dat dit juis daardie “oningeligte” omies is wat aan beheer van kerkrade staan en die besluit beïnvloed om sekere mense te beroep al dan nie.
Kom ons kyk heel sekulêr hierna. Op hierdie stadium van die geveg bemark jy ’n produk: jouself (met jou roeping en teologiese kennis). Jy probeer jou produk aan ’n gemeente verkoop sodat hulle jou geld sal betaal om van dit wat jou produk vir hulle kan bied gebruik te maak.
Jy is ook deeglik bewus (die artikel se opskrif en ook Barend se plasing boontoe) daarvan dat werksgeleenthede vir proponente ’n baie skaars kommoditeit is. Dus, of jy daarvan hou of nie, jy moet ongelukkig met jou mede-proponente meeding vir werk. As ’n gemeente die relatief dapper stap neem om wel vir ’n proponent te soek, gaan hulle die een beroep wat hulle voel die beste gaan inpas by hulle gemeente. Jou openbare profiel is ongelukkig deel van jou bemarkingspakket. Ek sou voorstel dat jy jou privaatheidsintellings aanpas om dit wat oor jou uitgesaai word te bestuur. Jy hoef nie vir jouself te lieg of voor te gee om iemand te wees wie jy nie is nie, maar jou eerlikheid met jouself gaan niks help as niemand jou produk (jy) wil koop nie.
Ek moes onlangs twee ingenieurs aanstel in my groep en ’n streep mense het aansoek gedoen vir die twee poste. Uit die meer as 300 aansoeke het ons ’n kortlys van 12 mense gekies en toe onderhoude gevoer. Die tegnies sterkste persoon het nie die werk gekry nie, want hy sou eenvoudig nie inpas by die groep nie. Ek het baie sleg gevoel, want hy was op daardie stadium sonder werk, maar ek moes dink aan wat die beste is vir my groep. Soortgelyk is dit in ’n gemeente wat iemand beroep.
Ek het destyds na ek graad gevang het vir tien maande gesukkel om werk te kry. As chemiese ingenieur. Ek is ook vertel dat daar oorgenoeg werk is. Maar, feit bly staan. Niemand skuld jou ’n werk nie. As dit wat jy vir jou moontlike werkgewer aanbied die beste is in terme van wat hulle op daardie stadium soek, dan kry jy die werk. So maklik soos dit. Die ou wat vir jou gesê het dat die kerk jou meer nodig het as wat jy die kerk nodig het, het dalk goed bedoel, maar dit is baie duidelik dat dit ’n gevoel by jou geskep het dat die kerk jou ’n werk skuld. Dit doen nie. As ek jou raad kan gee, kom oor dit, want dit straal uit tydens ’n werksonderhoud. Ek sal nie iemand aanstel wat voel ek skuld hom/haar iets nie. Kerkrade sal ook nie.
Met dit alles in gedagte, bid ek jou sterkte toe en ek hoop dat daar ’n beroep vinnig oor jou pad sal kom. ’n Goeie vriend van my is ’n onlangse KOvsie-proponent en hy het ook gesukkel om werk te kry. Hy het darem na ’n jaar se gesukkel. Daar is hoop.
Gerhard Bothma
In 1991 het ek in die Deo Gloriablad (die Jaarblad vir die teologiese fakulteit by Tukkies se NG studente) n artikel oor alternatiewe bedieningsmoontlikhede geskryf. Ek het ook die voorreg gehad om in die NTvl-sinode se ad hoc-kommissie vir proponente te dien en later in die Noordelike Sinode s’n vir Predikanteversorging (waarby proponente in ag geneem word). Die hoofprobleem in hierdie verband, dink ek, lê daarin dat ons te fragmentaries en ook dubbelslagtig oor kerk en bedienaars van die Woord dink. Op een punt sal ons “die gemeente” bo die dominee/proponent stel en in n ander kring word VDMs onder die indruk gebring dat daar na hulle en hulle welsyn omgesien word. In werklikheid gaan dit egter oor finansies en lidmaatgetalle. Popularitieit en “rustige waters” is ons een begeerte. Die NG Kerk beskik oor genoeg fondse, infrastruktuur en menslike hulpbronne om die probleem hier rondom én die versorging van emeriti wat nog “aangehou word” omdat hulle nie finansieel kan oorleef nie of om bepaalde lidmate in n gemeente te hou omdat hulle aan daardie oud-predikant verbind is, te oorkom en só te bestuur dat die toekoms met drome en vreugde binnegegaan kan word. Ons probleem lê meer by ego’s en eiebelang as by ’n “oorskot proponente”. Glo ek.
Henrietta Klaasing
Wat van die onderwys? Daar is ’n tekort aan Afrikaans-sprekende onderwysers. Het dit my lewe lank gedoen en ek het dit ook as ’n roeping beskou want daar is baie min onderwysers wat “ryk” word. Die “rykdom” lê op ’n heel ander vlak ( ” Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer.”) ’n Dominee “preek” een maal ’n week, ’n onderwyser baie meer.
Barend Nel
Henrietta, die probleem is net dat die meeste proponente nie ’n vak op universiteit geneem het waaraan daar ’n behoefte vir onderwysers is nie. Met die geïntegreerde kursus is dit ook moeiliker om so iets te neem as wat dit in my tyd was, toe ons ’n B-Graad moes neem vir toelating tot teologie en waarvan die enigste vaste vereiste was dat jy Grieks en Hebreeus tot minstens 2de jaar vlak moes hê. Dan moet hulle natuurlik ook ’n onderwys diploma neem as hulle ’n vaste aanstelling wil hê. Ek het al vroeër gesê dat ek dink dit in die toekoms al hoe belangriker sal wees dat teologie studente voorberei word daarop dat baie van hulle dalk nooit hulle volle lewensonderhoud van die kerk sal kan kry nie. Hulle moet dus in staat gestel word en aangemoedig word om die nodige kwalifikasies te verwerf om ’n “tentmaker” predikant te wees, indien dit nodig sou wees.
Baie ouer dominees sit met dieselfde probleem as hul gemeentes hulle nie meer kan bekostig nie en hulle dood eenvoudig nie die kwalifikasies het om ’n ander betrekking te kry nie… en hulle nie die vaardigheid het om ’n entrepeneur te wees en sy eie besigheid te genereer nie.
Gerhard Bothma
Die NG Kerk se lidmate-korps het beslis kreatiewe en bekwame persone wat kan “woeker” om die ‘besigheidskant’ van die kerk optimaal te ontwikkel. Daar is geen rede waarom die kerk – as ko-oporatiewe instelling – finansieel hoef te sukkel nie. En predikante, proponente en emeriti kán op n effektiewe manier ontplooi, ontwikkel en bestuur word.