Met meganiese inspirasie word bedoel dat die Heilige Gees die teks van die Bybel woord vir woord vir die skrywers gedikteer het.
‘n Mens kry die idee dat God die Ou Testamentiese wet aan Moses gedikteer het in die tent van ontmoeting.
In 1 Korintiërs 14:37 sê Paulus ook: Iemand wat dink dat hy ‘n profeet is of ‘n ander gawe van die Gees besit, moet erken dat wat ek aan julle skrywe, ‘n bevel van die Here is.
Dit mag die idee skep dat God of die Heilige Gees die Bybel gedikteer het
In 1 Korintiërs 7 sê Paulus egter spesifiek dat hy sy eie mening gee:
(12)Vir die ander sê ek – ek, nie die Here nie … (25)Wat die ongetroudes betref, het ek geen bevel van die Here nie, maar ek gee my eie mening as iemand wat deur die genade van die Here betroubaar is. … (40)Tog is sy na my mening gelukkiger …
Ook in 1 Korintiërs 11: (13)Oordeel julle nou maar self …
Die grootste gedeelte van die Bybel bestaan uit geskiedenis wat nie deur God aan mense gedikteer is nie.
Meganiese inspirasie is dus ’n ongeldige siening van die Bybel.
‘n Baie meer realistiese siening is organiese inspirasie. Wat daarmee bedoel word is dat God die boodskap vir die skrywers geïnspireer het, maar dat hulle dit in hulle eie taal en volgens hulle eie idioom en skryfwyses geformuleer het. Met hierdie siening van God se inspirasie, beteken dit dat heelwat van die mens wat die boodskap op skrif stel ook gaan deurskyn, asook die omstandighede en kultuur waarin die skrywer opgetree het.
Meganiese inspirasie as strooipopargument
Die verwysing na meganiese inspirasie het ontaard in ’n strooipopargument. Liberaliste impliseer dikwels dat behoudendes meganiese inspirasie toepas wanneer hulle glo in dinge soos:
Dit is egter baie ver verwyderd van die waarheid.
Kyk ook
- Repliek op Mike Smuts se resensie oor “Die Trojaanse Perd” – Amptelik
- Die inspirasie en ontstaan van die Bybel
- Fundamentalisme