Kyk ook: |
Deur Jan Louw
Leonard Sweet het “A Response to Critics” geskryf na aanleiding van mense wat kritiek gehad het oor sy standpunte. Dit gaan blykbaar veral oor sy boek Quantum Spirituality. Ek het sy Response gelees en ek moet sê dat dit met die eerste oogopslag nogal gerusstellend klink (A Response to Recent Misunderstandings)
Sweet maak verskoning as hy mense verwar het en bevestig opnuut sy verbintenis met Jesus. Hy sê dat hy in sy boek Quantum Spirituality probeer het om New Agers en nie-Christelike groepe te evangeliseer en te bereik vir die ortodokse Christendom. Hy het probeer om soos Paulus ’n “Jood vir die Jode” te wees. Hy sê ook dat hy dinge anders sal stel as hy die boek weer moes skryf. Hy distansieer hom van Brian McLaren en Rob Bell. Hy sê hy is passievol oor die belydenisse van die kerk. Wat wil jy nou meer hê?
Die Response het my genoop om weer te kyk na wie Leonard Sweet is en wat hy wil sê. Ek het weer na sy Quantum Spirituality gaan kyk en ’n tyd op die internet gespandeer. Hoe meer ek gelees het, hoe meer onrustig het ek geraak. Ek deel my bevindinge met wie ookal belangstel in die artikel hieronder. Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat Sweet glad nie so “sweet” is as wat dit wil voorkom uit sy verdediging teenoor sy kritici nie.
Leonard Sweet se Gamaliëls (Hand 22:3)
Daar is ’n uitdrukking wat sê: “Wys my jou vriende dan sal ek jou sê wie jy is”. Aan die begin van Sweet se boek Quantum Spirituality (1991) het hy ’n lys van ”Acknowledgements” (wat ontbreek by die weergawe wat elektronies afgelaai kan word). In die Acknowledgements noem hy die name van 136 mense wat hom grootliks beïnvloed het in sy denke. Hy gee erkenning aan hierdie mense wat hom op sy lewensreis voortgehelp het. Hy noem hulle “New Light Leaders” en sien hulle as sy persoonlike rolmodelle. Hy noem hulle ook sy onderwysers om die evangelie te vertaal in die inheemse konteks van die postmoderne spreektaal, sonder om die inhoud in gedrang te bring.
Dit is egter moeilik om die Evangelie en die belydenisse van die kerk, waarvoor Sweet sê dat hy ’n passie het, in verband te bring met die filosofië van die mense wat hy as sy mentore opgee. Sweet verweer hom hierteen deur te sê: “Guilt by association is intellectually disreputable and injurious to the whole body of Christ.”
Hierdie verweer, gaan ongelukkig nie regtig op teen die agtergrond daarvan dat Sweet hierdie mense so ongekwalifiseerd aanprys nie. Volgens Quantum Spirituality assosieer hy hom volledig met die lys van mense in sy Acknowledgements.
Jesus het Hom geassosieer met die tollenaars en die sondaars, maar die verskil is dat hulle na Hom toe gekom het om deur Hom geleer te word. Hy was die meerdere en hulle die mindere. Jesus het nie ’n tollenaar en ’n sondaar geword omdat hulle by Hom gekuier het nie. Johannes sê daarenteen jy moet ’n dwaalleraar nie groet nie en nie in jou huis ontvang nie (2 Joh 10). Waarom nie? Daar is ’n gevaar dat jy deur ander mense geassosieer word met hulle dwaalleringe. Verder verhoog jy die status van die dwaalleraar en jy kan self verwar word deur hulle slinkshede.
Ek het enkele van die lang lys name wat hy noem, gegoogle om meer te wete te kom van wie die mense is en ek het aantekeninge gemaak by hulle name:
- Matthew Fox: (Skeppings spiritualiteit beweging, kosmiese Christus)
- Walter Wink (Voorstander van die progressiewe Christendom, skepper van die mite van verlossende geweld, sy Bybelstudie sluit in meditasie, kuns en beweging)
- John B Cobb en Catherine Keller (proses teoloë[1])
- Kosuke Koyama (Wil ’n brug bou tussen Christendom en Buddisme)
- Belden C Lane (Ekologie, spiritualiteit, mistisisme, meditasie, tradisie van Merton, Meister Eckardt)
- Sally McFaque (Feminis, ekologie, wêreld as God se liggaam)
- David Miller (filosoof)
- Richard Mouw (Christen filosoof)
- Sharon Parks (Skryf oor die sin van die lewe)
- C.S. Song (Christelike teologie gewortel in Asiese godsdienstige motiewe, bevrydingsteologie, anti-Westers)
- Max Stackhouse (Christendom en die etiek van wêreldgodsdienste, globalisasie)
- Marjorie Hewitt Suchocki (proses teologie)
- Mark Kline Taylor (Teologie en kultuur)
- David Tracey (kontemporêre teologie)
- Sharon Welch (spiritualiteit vandag, feminis, sosiale transformasie)
- Cornel West (Amerikaansae filosoof, akademikus, lid van die Demokratiese Sosialiste van Amerika, kry sy idees van die “black church”, Marxsisme, neopragmatisme en transendentalisme)
- Rowan Williams (kontroversiële Aartsbiskop van Kanterbury, voorstander van homoseksuele huwelike)
- Ken Wilber (integrale teoretikus, skryf oor mistisisme, filosofie, ekologie en ontwikkelings psigologie)
- Robert Funk (stigter van die Jesus Seminaar)
- Walter Brueggemann (Ou Testamentikus en voorstander van progressiewe Christendom)
- Tom Boomershine (Bybelse storievertelling, mondelinge tradisies van die Bybel)
- Robert John Russel (Stigter van die sentrum vir godsdiens en natuurwetenskap, hy skryf oor moderne fisika, evolusionêre biologie Christelike teologie)
Toe ek ingegaan het op hierdie mense en hulle leringe, was ek verslae. Ek is gekonfronteer met die verskriklike werklikheid en omvang van dwaalleer in die wêreld. Ek het die belangrikheid van Jesus se waarskuwing teen valse profete begin verstaan in Mat 7:15: Pas op vir die vals profete. Hulle kom na julle toe in skaapsklere, maar in werklikheid is hulle verskeurende wolwe. Hierdie mense beklee belangrike posisies aan groot universiteite van die wêreld en hulle het ’n oop deur om te mislei. Wat hulle so gevaarlik maak is dat hulle optree as teoloë – studie oor God, in die naam van God.
Nie al die name hierbo is afvalliges nie, want ek het eenvoudig op die lys afgegaan en gekyk wie hulle is. Op ’n stadium het ek net opgehou, want die prentjie het al duideliker geword dat ons te doene het met die waarskuwing waarvan Paulus praat in Kol 2:8 Pas op dat niemand julle as ’n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie.
Hoe meer ek probeer het om ’n prentjie te kry van die denkpatrone, waaruit Sweet se denke opgekom het, hoe meer het daar ’n weerstand in my opgekom oor wat ek as ’n blik met wurms ervaar het. Sweet sien egter geen kwaad in hulle nie. Hy sê: “In a way this book was written to guide myself through their channels and chart their progress. The book’s best ideas come from them.” Hy sluit af met die vertroue dat die Gees wat die skrywer van The Cloud of Unknowing gelei het hom ook sal lei. Wikipedia sê die volgende oor The Cloud of Unknowing:
The Cloud of Unknowing (Middle English: The Cloude of Unknowyng) is an anonymous work of Christian mysticism written in Middle English in the latter half of the 14th century. The text is a spiritual guide on contemplative prayer in the late Middle Ages. The underlying message of this work proposes that the only way to truly “know” God is to abandon all preconceived notions and beliefs or “knowledge” about God and be courageous enough to surrender your mind and ego to the realm of “unknowingness,” at which point, you begin to glimpse the true nature of God.
Wat wil Sweet sê met Quantum Sprituality?
- Die kerk maak nie meer indruk nie. ’n Nuwe benadering is nodig.
Bl 42: “The challenge of a quantum spirituality’s in-but-not-of the world posture is how to get close enough to postmodernity to grasp its exciting, emergent social, economic, and cultural realities, while, at the same time, standing far enough away for skinning and dissecting the protean spirit of postmodernism.”
Bl 26: Oldline sermons are oral souvenirs from a bye-gone era. Our pulpits resemble antique phonographic needles stuck in a deep groove, a repeating record of scratched songs filled with second-hand storieswithout power,
Bl 37: The unchurched look to the church for morsels of meaning and experience but leave our sanctuaries still in pain from the pitifully thin gruel they obtain there.
- Sy antwoord vir die kerk lê in die volgende woorde:
Bl 41: The church’s mainstream days have just begun, but only if a New Light apologetic successfully calls the church to a biblically reformed, scientifically informed spiritual pilgrimage that can take as its interpretive model not only John Bunyan’s Pilgrim’s Progress (1678), or Lewis Carroll’s Alice in Wonderland (1865), but also Gene Rodenberry’s “Star Trek” (1966) or George Lucas’ Star Wars (1977).
Sweet noem die mense wat die kerk uit die dilemma van agteruitgang moet red “New Lights”. Dit is ’n term wat waarskynlik meer bekend in Christelike kringe in die VSA is. Sweet sê in sy “Response” dat Finney die term gebruik het vir evangeliste wat hom gevolg het. Hulle het nuwe metodes gebruik in stedelike evangelisasie. Die wat die herlewing gesteun het, het bekend gestaan as die New Lights en die wat skepties was teenoor die herlewing is die Old Lights genoem.
Sweet skets ’n baie donker prentjie van hedendaagse Old Lights. Hulle is vir hom die naelbyters en fluitjieblasers. Hulle is sinies en krities oor die postmoderne tyd. Hulle reaksie op verandering is eng en dogmaties. Hulle is agter die tyd en dan dig hy ’n klomp ander behepthede aan hulle toe soos: neo-paginisme (New Age), waterwysery, toordery, animisme, astrologie, demonologie en fundamentalisme!
Sweet se argumentasie word problematies as hy die boustene van die Emerging Church en die proses teologie gebruik om gestalte te gee aan die kerk van die toekoms. Hy wil die konsepte van die natuurwetenskap betrek by die oplossing van die kerk se probleme. Bl 47: New Lights are holists, not reductionists, in their busybody curiosity about the world and its workings.
Hy gaan ook verder en wil die taal en kunste betrek by die hervorming van die kerk: Bl 53: New Lights have a love affair with language; they are poetic personalities not averse to verbal patterning and punning. Literature claims a major role in New Light communication of the gospel. New Lights also have a love affair with people wherever they are found;
Sweet bespreek die LOGOS, of die Woord in panenteïstiese terme. Bl: 59: Herewith the spirituality of postmodern apologetics: A new sensibility, featuring a mindbody metaphysics that makes something out of nothing. “To put the conclusion crudely,” British astronomer/Quaker Sir Arthur Eddington wrote, “the stuff of the world is mind-stuff.” Mind and body are identical, not because the mind is the body in disguise, but because the body is the mind in disguise. Matter is the energy of Spirit. Ultimately, all that exists is spirit.
- A Theory of Everything – TOE
Die boek Quantum Spirituality word gebou rondom ’n konsep uit die fisika van bv Stephen Hawking nl A Theory of Everything – TOE. In die voorwoord begin hy met die lawwe gedagte van: Does God have a Big TOE? Sweet sê God het vir die kerk ’n Theory of Everthing gegee. Dit word saamgevat in Joh 1:14. Hy verwoord dit as volg:
The Word [the depth dimension of Logos which physicists call energy, ancients called fire and theologians call metanoi] …
became Flesh [the height dimension of Pathos which physicists call matter, ancients called land and theologians call koinonia]…
and dwelt among us [the breadth dimension of Ethos which physicists call space, ancients called wind and theologians call diakonia] …
and we beheld his [God’s] glory [the fourth dimension of Theos which physicists call space-time, ancients called sea and theologians call basileia].
Rondom hierdie vier gedagtes het Sweet sy gedagtes in die boek uiteengesit. Die bewoording gee dadelik ’n idee van hoe hy die teologie, die natuurwetenskap en die filosofie met mekaar verweef. Dit is die manier waarop hy ’n “New Light” vir die kerk wil wees.
- Hy wil in die proses met ander godsdienste en gelowe saamwerk.
Bl 130: Fourth, New Light embodiment means to be “in connection” and “information” with other faiths. To be in-formation means to know each other’s songs almost as well as one knows them oneself, and to enlarge the community to include those whose conceptions of God differ from ours in form. To be in connection means to be able to sing, not only selected stanzas, but all the verses.
- Sweet, wil uiteindelik onder die vaandel van Quantum Spirituality en met behulp van die New Lights ’n nuwe beweging loods.
Dit gaan vir hom om meer as net om die tyd te ontleed en die kerk van raad te bedien. Mens kry die idee, hy sien homself as ’n voorloper van ’n nuwe beweging. Hy wil van die wêreld ’n beter plek maak. Quantum praat van ’n groot skuif, ’n totale nuwe bedeling vir die kerk (en die wêreld).
Beoordeling van Sweet se “Response to Critics”
- Hy vra verskoning dat hy mense verwar het, maar die verwarring gaan oor so ’n wye veld en dit is so diepgaande dat dit nie met ’n paar woorde opgeklaar kan word nie. Hy is glad nie spesifiek oor wat hy verkeerd sou gesê het, wat hy anders sou sê of waaroor hy berou het nie. Moes Sweet nie gedoen het wat Francine Rivers en Eta Linnemann gedoen het nie: “Francine Rivers refers to the books written before her conversion to Christianity as her “B.C.” (before Christ) bibliography. She has purchased the publication rights to her earlier romance novels so that she can prevent them from being released again” en “Linnemann caused a stir in 1978 when, due to a conversion experience in November 1977 according to her own statement, she renounced the historical-critical method, and asked readers destroy her previous publications.” Nie net distansieer Sweet hom nie van Quantum Spirituality nie, maar word die boek steeds op sy webblad geadverteer.
- Hy bevestig sy verbintenis met Jesus, maar dit oortuig nie. Ervaring het gewys dat woorde nie regtig betekenis het vir postmoderne mense nie. In die Suid-Afrikaanse konteks het ons dikwels gesien dat dit vir postmoderne teoloë, nie ’n probleem is om uit twee monde te praat nie. Hulle verklaar geredelik in die kerk dat hulle die belydenisskrfte onderskryf, maar in die akademiese wêreld is dit nie vir hulle ’n probleem om ander oortuigings te propageer nie. Brian McLaren verklaar dat hy ’n oortuigde volgeling van Jesus is, maar as jy dieper daarop ingaan ontdek mens dat hy ’n ander Jesus vir homself geskep het as die Jesus wat ons in die Bybel leer ken. Interessant dat een van die kritici van Sweet op die internet van hom sê: Beware of Leonard Sweet: Master of Doublespeak.
- Sweet gee voor dat hy op voetspoor van Paulus probeer om ’n evangelis vir die postmoderne mens te wees. Uit Quantum Spirituality is dit glad nie duidelik hoedat hy mense vir Christus wil wen nie. Hy gee ’n vreemde betekenis aan bekering en Jesus funksioneer glad nie in sy denke as die enigste weg tot saligheid nie.
- Op ’n persoonlike vlak wil ek dit van my hart af kry dat ek geen vatplek kan kry aan Sweet se redenasies nie. Dit is vir my onbegryplik dat sy 40 boeke en honderde artikels so geweldig in aanvraag is. Dit is vir my ook onverstaanbaar dat hy so hoog geag word in die NG Kerk dat hy herhaaldelik hierheen uitgenooi word om die leraars in SA te mentor om kerk van Christus in ’n postmoderne tyd te wees[2]. Dit was vir my dus ’n bemoediging om op die internet agter te kom dat iemand anders ook sê: “I Don’t Get the Point of Leonard Sweet” En verder: “What I encountered was a pure mish-mash of speech.” Vir Sweet is dit skynbaar deel van postmodern wees: “But I say, to do Post-Modern, making points no longer make points. My wife says, ‘Sweet, your sermons are pointless.’ The point of the sermon is not to make a point but to provide an experience.” (Uit The Wandering Heretic).
Voetnotas
[1] Wikipedia beskryf process theology as volg:
Process theology or process thought is a school of thought which represents a development from a Hegelian view, together with new insights derived from mathematical physics.[1] Its originator is Alfred North Whitehead (1861–1947) with his metaphysical process philosophy, further developed by Charles Hartshorne(1897–2000). While there are process theologies that are similar, but unrelated to the work of Whitehead (such as Pierre Teilhard de Chardin) the term is generally applied to the Whiteheadian/Hartshornean school. For both Whitehead and Hartshorne, it is an essential attribute of God to be fully involved in and affected by temporal processes, an idea that conflicts with traditional forms of theism that hold God to be in all respects non-temporal (eternal), unchanging (immutable), and unaffected by the world (impassible). Process theology does not deny that God is in some respects eternal, immutable, and impassible, but it contradicts the classical view by insisting that God is in some respects temporal, mutable, and passible.[2]Process theology is unrelated to the Process Church.
Process theology is an internally diverse field and while there are general directions that they all take, there are many ongoing debates such as on the nature of God, the relationship of God and the world, immortality, and interreligious dialogue.
[2]Stephan Joubert van e-kerk het bv weer vir Leonard Sweet genooi vir ’n reeks preke in 2013:
- 28 Mei 2013: Mosaiek, Johannesburg
- 28 Mei 2013: PVR gemeente, Centurion
- 1 Junie 2013: Moreletapark gemeente, Pretoria
In ’n persoonlike e-pos sê Stephan Joubert dat Sweet van Rob Bell verskil omdat hy nie ’n universalis soos Bell is nie, maar die unieke versoening van Jesus se bloed vir sondaars voorstaan. Hy verskil ook van McLaren.