Aanhalings – Kerkskeuring

*****************

Jesus

(34)Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie maar die swaard. (35)Ek het gekom om tweedrag te bring “ ‘tussen ’n man en sy vader en tussen ’n dogter en haar moeder, tussen ’n skoondogter en haar skoonmoeder; (36)ja, ’n man se huismense sal sy vyande wees.’ (37)“Hy wat sy vader of moeder liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie; hy wat sy seun of dogter liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie. (38)Hy wat nie sy kruis opneem en My volg nie, is nie werd om aan My te behoort nie. (39)“Hy wat sy lewe wil behou, sal dit verloor; en hy wat sy lewe ter wille van My verloor, sal dit vind.”Matteus 10:34-39

Martyn Lloyd-Jones

Knowing the times (Charliste, PA: The banner of Truth Trust, 1989; reprint, 2001), 161-162

To regard a church, or a council of churches, as a forum in which fundamental matters can be debated and discussed, or as an opportunity for witness-bearing, is sheer confusion and muddled thinking. There is to be no discussion about “the foundation,” as we have seen. If men do not accept that, they are not brethren and we can have no dialogue with them. We are to preach to such and to evangelize them. Discussion takes place only among brethren who share the same life and subscribe to the same essential truth. It is right and good that brethren should discuss together matters which are not essential to salvation and about which there is, and always has been, and probably always will be, legitimate difference of opinion. We can do no better at that point than quote the old adage, “In things essential: unity, in things indifferent: liberty, in all things: charity.”

Om ’n kerk, of ’n raad van kerke, te beskou as ’n forum waarin fundamentele sake gedebatteer en bespreek kan word, of as ’n geleentheid vir getuienis-aflegging, is pure verwarring en deurmekaar denke. Daar moet geen bespreking wees oor “die fondament” soos ons dit sien nie. Diegene wat dit nie aanvaar nie, is nie broers nie en geen dialoog kan met hulle gevoer word nie. Ons moet vir sulkes preek en hulle evangeliseer. Gesprek vind slegs onder broeders plaas wat dieselfde lewe deel en dieselfde wesenlike waarheid onderskryf. Dit is goed dat broers sake bespreek wat nie noodsaaklik vir redding is nie en waarvoor daar geldige verskil in opinie is, nog altyd was en waarskynlik altyd sal wees. Ons kan op hierdie stadium niks beter doen as om die ou gesegde aan te haal: ‘In noodsaaklike dinge: eenheid. In onbelangrike dinge: vryheid. In alle dinge: liefde.’

Charles Spurgeon

Eerder ’n kort oorlog en ewige rus as valse vrede en ewige pyniging.

Pieter Prinsloo

Skeurmakers is dus mense wat volhardend valse lering versprei. Skeurmakers is nie diegene wat hulle onttrek aan die valses nie.

John Greshem Machen

If the liberal party really obtains full control of the councils of the Church, then no evangelical Christian can continue to support the Church’s work. If a man believes that salvation from sin comes only through the atoning death of Jesus, then he cannot honestly support by his gifts and by his presence a propaganda which is intended to produce an exactly opposite impression. To do so would mean the most terrible blood-guiltiness which it is possible to conceive. If the liberal party, therefore, really obtains control of the Church, evangelical Christians must be prepared to withdraw no matter what it costs. Our Lord has died for us, and surely we must not deny Him for favor of men.

RC Sproul

Weren’t those letters the apostle wrote to the Ephesians, to the Galatians, and the Colossians divisive? Nothing divides like truth. Nothing divides like Jesus. But we have this idea that the only real sin that you can have is dividing a church. … Well, there are churches that need to be divided, and they need to be divided—not over minor matters, not over pecadilos—but over substantive issues of the truth of God.

Het die briewe wat die apostel aan die Efesiërs, die Galasiërs en die Kolossense geskryf het, nie verdeelheid gebring nie? Niks bring verdeelheid soos waarheid nie. Niks skei soos Jesus nie. Maar ons het die idee dat die enigste werklike sonde wat daar is, is om die kerk te skei. … Wel, daar is kerke wat verdeel moet word, en hulle moet verdeel word, nie oor klein sake nie, maar oor substantiewe kwessies oor die waarheid van God.

Bennie Keet

Om skeuring te saai in die kerk van Christus is nooit ‘n ligtelike saak nie; tog moet die reg van ‘n gemeente om te onttrek sonder twyfel toegestaan word. … Voetnota: Dit is eers wanneer ons oortuig is dat die kerk waaraan ons behoort vals is dat ons ook verplig is om daaruit te onttrek; nie vir enige afwyking van ‘n geringe aard nie.

Daniel Louw

  • Wanneer jy Jehovas of Mormone of Moslems of Hindoes of Jode of Sataniste wil bereik, doen jy dit nie deur by hulle kerk aan te sluit nie. Jy staan buite en lei hulle uit vanwaar hulle is. Die kerk waaraan jy verbind is, kan nooit die sendingveld wees nie. Wanneer dit die geval is, is dit tyd om van kerk te verander.
  • Daar kan nie wyd uiteenlopende sieninge oor kern teologiese dogmas binne een kerkdenominasie wees nie. Dit is juis kernsake wat denominasies van mekaar skei. Die doel van ‘n denominasie is juis om mense te groepeer wat dieselfde teologiese sieninge handhaaf. (’n Saak vir kerkskeuring)
  • Geen struktuur is bestand teen die verdorwenheid van die mens nie. (Die plaaslike gemeente is volledig kerk)

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui