Kyk ook:
Die Bybel
Eksodus 20: (16)“Jy mag nie vals getuienis teen ’n ander gee nie.
Spreuke 6: (16)Die Here haat ses dinge, nee, daar is sewe waarvan Hy ’n afsku het: (17) … ’n tong wat lieg, … (19)’n getuie wat lieg …
Spreuke 12: (19)Die waarheid hou vir altyd, die leuen net ’n oomblik.
Spreuke 16: (13)Eerlike mense geniet die koning se goedgesindheid; hy hou van mense wat die waarheid praat.
Spreuke 17: (20)’n Vals mens sal nie voorspoed hê nie; wie die waarheid verdraai, sal ondergaan.
Spreuke 18: (8)Skinderstories word gretig verslind; mense sluk dit so maklik.
Spreuke 27: (6)Op ’n vriend wat jou seermaak, kan jy reken; iemand wat jou haat, is oordadig met sy soene.
Matteus 10: (34)“Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie maar die swaard. (35)Ek het gekom om tweedrag te bring …
Matteus 26: (75)En op daardie oomblik het daar ’n haan gekraai. … En hy [Petrus] het buitentoe gegaan en bitterlik gehuil.
Johannes 3: (21)Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.”
Johannes 8: (31)Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; (32)en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.”
Johannes 14: (6)Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe.
Ander
Die vyand het slegs een wapen – leuens. Maar God het jou toegerus met die kragtigste van alle wapens – Sy waarheid.
*****
Die waarheid maak seer, maar dit genees.
*****
Om die waarheid aan iemand te vertel met die intensie om seer te maak is steeds beter as om ’n leuen te vertel met die intensie om iemand beter te laat voel.
*****
‘n Waarheid wat met slegte bedoelings gesê word, klop al die leuens wat jy kan uitdink.
A truth that’s told with bad intent beats all the lies you can invent. ~ William Blake
*****
Feite gee nie om oor jou gevoelens nie.
Facts don’t care about your feelings. ~ Ben Shapiro
*****
Die waarheid is soos ’n operasie – dit maak seer, maar dit genees. Die leuen is soos ’n pynstiller – dit gee onmiddellike verligting, maar dit het vir ewig newe-effekte.
Truth is like surgery – it hurts but cures. Lie is like a pain killer – it gives instant relief but has side effects for ever.
*****
Die waarheid maak vir ’n oomblik seer. Die leuen maak vir ewig seer.
*****
‘n Valsheid word nie die waarheid deur die redenasie van die meerderheid nie. Net so word die waarheid nie onwaar omdat niemand dit sien nie.
An error does not become truth by reason of multiplied propagation, nor does truth become error because nobody sees it. ~ Mahatma Gandhi
*****
Die waarheid bly die waarheid selfs al glo niemand dit nie. ’n Leuen bly ’n leuen selfs al glo almal dit.
*****
Daar is drie dinge wat nie vir lank weggesteek kan word nie: Die son, die maan, en die waarheid. ~ Buddha
*****
As jy die waarheid vertel, hoef jy niks te onthou nie. ~ Mark Twain
*****
Die waarheid het geen verweer teen ‘n dwaas wat vasbeslote is om ‘n leuen te glo nie.
The truth has no defence against a fool determined to believe a lie. ~ Mark Twain
*****
Die naakte waarheid is altyd beter as die besgeklede leuen.
The naked truth is always better than the best dressed lie.
*****
Wanneer jy ’n ingewikkelde probleem ondersoek is dit belangrik om alle feite op die tafel te sit anders sal jy nooit die oplossing kry nie.
*****
Alle waarheid gaan deur drie fases: Eerstens, dit word bespot. Tweedens, dit word met geweld onderdruk. Derdens, dit word as vanselfsprekend aanvaar.
All truth passes through three stages: First, it is ridiculed. Second, it is violently oppressed. Third, it is accepted as being self-evident. ~ Arthur Schopenhauer
‘n Leuen gaan om die wêreld terwyl Waarheid haar stewels aantrek.
A lie travels round the world while Truth is putting on her boots. ~ CH Spurgeon
*****
‘n Leuen is al halfpad om die wêreld voordat die waarheid die kans kry om sy broek aan te trek.
A lie gets halfway around the world before the truth has a chance to get its pants on. ~ Winston Churchill
*****
Die waarheid klink net na haat vir diegene wat die waarheid haat.
Truth only sounds like hate to those who hate the truth.
*****
Die enigste mense wat kwaad word as jy die waarheid praat, is daardie mense wat ’n leuen leef.
*****
Die waarheid is altyd soos olie in water: maak nie saak hoeveel water jy byvoeg om dit te onderdruk nie, dit dryf altyd bo-op.
Truth is always like oil in water: no matter how much water you add to depress it, it always floats on top.
Waarheid kos niks, maar ’n leuen kan jou alles kos.
Truth doesn’t cost anything but a lie could cost you everything.
*****
Ek het klaar besluit – moenie my met feite deurmekaar maak nie.
I have already made up my mind – don’t confuse me with facts.
*****
Soms wil mense nie die waarheid hoor nie omdat hulle nie wil hê dat hul illusies vernietig word nie.
Sometimes people don’t want to hear the truth because they don’t want their illusions destroyed.
*****
Daar was twee mense:
Die een persoon het ’n leuen geleef. Hy het almal om hom mislei en was geëer.
Die ander persoon het eerbaar geleef, maar almal het hom verwerp op grond van leuens en skinderstories.
As ek moet kies watter persoon ek wil wees, kies ek elke keer die tweede persoon. Die een wat werklik saak maak ken die waarheid – dit is God.
Henry Cloud
“When Jesus said, ‘Woe to you when everyone speaks well of you, for that is how their ancestors treated the false prophets’ (Luk 6:26), he was saying, ‘Don’t be an ear tickler. Don’t be a chronic people pleaser.’ If everything you say is loved by everyone, the odds are good that you’re bending the truth.”
Moenie mense se ore kielie nie. Moenie chronies mense tevrede stel nie. As almal hou van wat jy sê, is die kans goed dat jy die waarheid buig.
Jan Hus
Jan Hus (1369 – 1415)
Daarom, getroue Christen, soek die waarheid, luister na die waarheid, leer die waarheid, wees lief vir die waarheid, praat die waarheid, hou die waarheid vas en verdedig die waarheid tot die dood toe. Want die waarheid sal jou vrymaak van sonde, die duiwel en die vernietiging van die siel, en uiteindelik van die ewige dood, wat ewige skeiding is van God se genade en die vreugde van redding.
Therefore faithful Christian, seek the truth, listen to the truth, learn the truth, love the truth, speak the truth, adhere to truth and defend truth to the death. For truth will set you free from sin, the Devil and the destruction of the soul, and ultimately from eternal death which is eternal separation from God’s grace and the joy of salvation.
Charles Spurgeon
Om eenheid na te streef ten koste van die waarheid is verraad teen die Here Jesus.
To pursue union at the expense of truth is treason to the Lord Jesus. ~ Charles Spurgeon
Onbekend
Dit is snaaks hoe almal van mening is dat eerlikheid ’n deug is, tog wil niemand die waarheid hoor nie.
It is funny how everybody considers honesty a virtue, yet no one wants to hear the truth.
Sam Sorba
Onderhoudvoerder: Dus, Sam Sorba, ek is hier om jou te vra: Hoe veg ons terug? Wat moet ons doen?
Sam: Dit is die vreugde, want ons het die waarheid. Jy veg dus eenvoudig terug met die waarheid, want die waarheid wen. Swaartekrag is die waarheid – dit is ’n wet – jy kan daarteen stry, maar as jy uit ’n 27-verdiepinggebou spring, sal jy die gevolge dra, want swaartekrag sal wen. Die waarheid sal wen. Die linkses verstaan dit en hulle haat dit. En daarom dring hulle gedurig aan op verdraagsaamheid. Die onverdraagsaamste ding wat daar is, is die waarheid. Die waarheid duld nie ’n leuen nie. En die linkses weet dat hulle lieg en daarom eis hulle voortdurend dat ons hulle moet verdra. As wat hulle sê waar was, dan sou dit nie nodig gewees het om verdraagsaam te wees nie, want dit is waar.
Interviewer: So Sam Sorba, I am here to ask you: How do we fight back? What must we do?
Sam: So that’s the joy, because we have the truth. So you simply fight back with the truth because the truth wins. So gravity is the truth – it is a law – you can argue with it but if you jump out of a 27 story building you will face consequences because gravity wins. Truth will win. And that is what the left understands and they hate it. And that is why they constantly screaming for tolerance. The most intolerant thing we have is the truth. The truth will not tolerate a lie. And the left knows that they are lying and so they are constantly screaming that we have to tolerate them. If it were true what they said, there would be no need for tolerance, because it is true.
Gordon Lewis & Bruce Demarest
It has been in vogue to say that today the important thing is not Christianity’s truth but its relevance. That is like saying to the sick that the important thing is not the accuracy of the prescription, but taking the medicine. In determining which of the innumerable kinds of medicine to take, how much, and how often, nothing is more important than the accuracy of the doctor’s prescription.
[from Integrative Theology by Gordon Lewis and Bruce Demarest (p. 47).]
Dit was in die mode om te sê dat die belangrikste ding vandag nie die Christendom se waarheid is nie, maar die relevansie daarvan. Dit is soos om vir ’n sieke te sê dat die belangrikste ding nie die akkuraatheid van die voorskrif is nie, maar om die medisyne te neem. Om te bepaal watter van die ontelbare soorte medisyne om te neem, hoeveel en hoe gereeld, is daar niks so belangrik soos die akkuraatheid van die dokter se voorskrif nie.
Martyn Lloyd-Jones
As a preacher, I must be careful that if there is offence, people are offended not by me, not by my person, not by my behavior, not even by the way in which I speak and preach, but only by the truth itself.
As prediker, moet ek versigtig wees dat wanneer daar aanstoot geneem word, mense nie deur my beledig word nie, nie deur my persoon nie, nie deur my gedrag nie, ook nie deur die manier waarop ek praat en preek nie, maar slegs deur die waarheid self.
Frank Schnell (“The Age of Stupid”)
…how to tell the difference between a real scientist and a salesman with a political agenda.
- A good scientist would rather live with an unpleasant truth than embrace a comfortable lie.
- Good scientists do not suppress debat, they insist on it.
- Good scientists with opposing views attack one another’s arguments, but not each other.
- A good scientist knows that skepticism, whether or not it is the sign of a heretic, is actually essential to the practice of good science.
- A good scientist would rather be right than be President.
- A good scientist knows that 2 + 2 = 4, always has, and always will, no matter who occupies the positions of power in politics or culture.
- A good scientist knows that science is not a democracy, that scientific truth is not determined by a show of hands, and that consensus and authority are there to be challenged, not to be accepted without question.
- Those who persist in behaving like witless sheep will be forever doomed to getting fleeced, on a regular basis, by the politicians, celebrities, and others whom they permit to do their thinking for them.
…hoe om te onderskei tussen ‘n ware wetenskaplike en ‘n verkoopsman met ‘n politieke agenda.
- ‘n Goeie wetenskaplike sal eerder met ‘n onaangename waarheid saamleef as om ‘n gemaklike leuen te omhels.
- Goeie wetenskaplikes onderdruk nie debat nie, hulle dring daarop aan.
- Goeie wetenskaplikes met opponerende sienings val mekaar se argumente aan, maar nie mekaar nie.
- ‘n Goeie wetenskaplike weet dat skeptisisme, of dit nou die teken van ‘n ketter is of nie, eintlik noodsaaklik is vir die beoefening van goeie wetenskap.
- ‘n Goeie wetenskaplike sal eerder reg wees as om die president te wees.
- ‘n Goeie wetenskaplike weet dat 2 + 2 = 4, dat dit altyd was en dat dit altyd sal wees, ongeag wie die magsposisies in politiek en kultuur beklee.
- ‘n Goeie wetenskaplike weet dat wetenskap nie ‘n demokrasie is nie, dat wetenskaplike waarheid nie bepaal word deur ‘n opsteek van hande nie, en dat konsensus en gesag daar is om uitgedaag te word, nie om sonder twyfel aanvaar te word nie.
- Diegene wat aanhou om soos onnadenkende skape op te tree, sal vir ewig gedoem wees om op ‘n gereelde basis gekul te word deur politici, bekende persoonlikhede en ander wat hulle toelaat om hul denke vir hulle te doen.
Thomas Sowell
Kyk Thomas Sowell.
When you want to help people, you tell them the truth. When you want to help yourself, you tell them what they want to hear.
Wanneer jy mense wil help, vertel jy hulle die waarheid. Wanneer jy jouself wil help, vertel jy hulle wat hulle wil hoor.