Abraham

Inhoud: Tydlyn van Abraham se lewe, Belofte aan Abraham, Vervulling van God se belofte aan Abraham

Tydlyn van Abraham se lewe

Abraham het van 1996 vC tot 1821 vC geleef. Hy het dus 175 jaar oud geword. Die volgende tabel gee ’n tydlyn van die belangrikste gebeure.

Beskrywing Jaar Oud Bybel
Abraham word gebore. 1996 vC 0
God roep Abraham uit die land Ur. 1921 vC 75 Gen 12:4
God sluit ’n verbond met Abraham en belowe dat hy eie seun sal hê. Abraham sny diere in die helfte. God voorspel ook dat Isael 400 jaar slawe in Egipte sal wees. Gen 15
Ismael word gebore 1910 vC 86 Gen 16
Abraham word besny. Ismael is 13 jaar oud. God sê dat Abraham die volgende jaar ’n seun sal hê. 1897 vC 99 Gen 17
Ouderdomsverskil tussen Abraham en Sarai is 10 jaar. 1897 vC 99 Gen 17:17
Isak word gebore. Sara is 90 jaar oud. 1896 vC 100 Gen 21:5
Sarai sterf op 127 jarige ouderdom 1859 vC 137 Gen 23
Toe Isak 40 jaar oud was word Rebekka sy vrou 1856 vC 140 Gen 24, Gen 25:20
Abraham trou weer Gen 25:1
Esau en Jakob word gebore (Isak is 60 jaar oud) 1836 vC 160 Gen 25:26
Abraham sterf 1821 vC 175 Gen 25:7

Belofte aan Abraham

In Genesis 12 roep God vir Abraham en gee hom die volgende belofte:

Genesis 12: (1)Die Here het vir Abram gesê: “Trek uit jou land uit, weg van jou mense en jou familie af na die land toe wat Ek vir jou sal aanwys. (2)Ek sal jou ’n groot nasie maak, Ek sal jou seën en jou ’n man van groot betekenis maak, en jy moet tot ’n seën wees. (3)Ek sal seën wie jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek. In jou sal al die volke van die aarde geseën wees.” … (7)Toe het die Here aan Abram verskyn en vir hom gesê: “Aan jou nageslag gee Ek hierdie land.

In Genesis 15 bevestig God sy belofte aan Abraham:

  • God verseker Abram dat sy erfgenaam nie een van sy slawe sal wees nie. (v4)
  • Abram vra God hoe hy sal weet dat hy die land sal besit. (v8)
  • God beveel Abram om ‘n vers, ‘n bok, ‘n skaapram, ‘n tortelduif en ‘n jong duif in die helfte te sny. Abram het die roofvoëls weggejaag, maar teen sononder het ‘n diep slaap Abram oorval. (v11-12)
  • God sê dat Abram se nageslag in Egipte slawe sal weer, maar wanneer hulle daarvan verlos word, sal hulle die land in besit neem. (v13-16)
  • ‘n Oond gaan deur die stukke vleis. (v17)
  • God beloof aan Abram die land vanaf die Egiptespruit tot by die Eufraatrivier. (v18-21)

In Genesis 17 bevestig God sy belofte ‘n derde keer aan Abraham toe hy 99 jaar oud is:

  • God verander Abram se naam na Abraham. (v5)
  • God stel die besnydenis in. (v9-14)
  • God verander Sara se naam na Sarai. (v15)
  • God bevestig dat Abraham sy eie seun sal hê en dat Ismael nie die erfgenaam sal wees nie. God se verbond geld vir Isak, nie vir Ismael nie. (v19-21)

Vervulling van God se belofte aan Abraham

Die Bybel is baie duidelik daaroor dat God al sy beloftes aan Abraham vervul het.

Josua 21: (43)Die Here het aan Israel die hele land gegee wat Hy met ’n eed aan hulle voorvaders beloof het. Hulle het dit in besit geneem en daar gaan woon. (44)Die Here het hulle na alle kante toe rus gegee soos Hy met ’n eed aan hulle voorvaders beloof het. Nie een van al hulle vyande kon teen hulle standhou nie. Die Here het al hulle vyande in hulle mag oorgegee. (45)Nie een van al die goeie beloftes wat die Here aan Israel gemaak het, het onvervul gebly nie. Almal is nagekom.

Josua 23: (14)“… Julle weet met julle hele hart en siel dat nie een van al die goeie beloftes wat die Here julle God oor julle gemaak het, onvervul gebly het nie. Almal het uitgekom. Nie een belofte het onvervul gebly nie. (15)Maar net soos elke goeie belofte wat die Here julle God oor julle gemaak het, nagekom is, so sal Hy elke ramp oor julle bring wat Hy aangekondig het, totdat Hy julle uitgeroei het uit hierdie goeie land wat Hy julle gegee het. (16)As julle die verbondsverpligtings wat die Here julle God julle opgelê het, nie hou nie en julle dien ander gode en buig voor hulle, sal die toorn van die Here teen julle ontvlam en sal julle gou verdwyn uit die goeie land wat Hy julle gegee het.”

Psalm 105: (42)Ja, Hy het sy heilige belofte aan sy dienaar Abraham gestand gedoen (43)en sy volk juigend, sy uitverkorenes jubelend laat voorttrek. (44)Vir hulle het Hy die heidene se lande gegee; wat deur ander volke met moeite verkry is, het hulle in besit geneem. (45)Daarom moet hulle sy voorskrifte gehoorsaam en sy wil doen. Prys die Here!

Handelinge 7: (17)Teen die tyd dat God die belofte wat Hy aan Abraham gegee het, sou uitvoer, het die volk in Egipte reeds tot ’n groot getal aangegroei.

Hierdie is ’n gedeelte van Stefanus se toespraak voordat hy gestenig is. Uit hierdie stelling lei mens duidelik af dat God se belofte aan Abraham binnekort vervul sou word net voor Israel hulle uittog uit Egipte begin het. Dit sluit ook aan by wat in Josua 21 en Psalm 105 staan.

Soek ook vir die verse in die Bybel wat “Abraham” en “belofte” bevat.

Kyk ook Is God se belofte dat Israel aan die Jode behoort steeds geldig?

Geslagsregister

Uit Genesis 11:27-29; Gen 22:20-24; Gen 24:24.

Tera

  • Abraham
    •  Vrou: Sarai
      • Isak (Vrou: Rebekka, dogter van Betuel)
        • Esau
        • Jakob
  • Nahor
    •  Vrou: Milka (dogter van Haran)
      • Us
      • Bus
      • Kemuel
      • Kesed
      • Gaso
      • Pildas
      • Jidlaf
      • Betuel
        • Rebekka (vrou van Isak)
        • Laban
    • Vrou: Reuma
      • Tebag
      • Gagam
      • Tagas
      • Maaka
  • Haran
    • Vrou: onbekend
      • Lot
      • Milka (vrou van Nahor)
      • Jiska

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui