Adam

Hier volg ’n paar notas oor Adam:

Adam was die eerste geskape mens. Hy is op die sesde dag geskape, saam met al die landdiere.

Eva is ook op die sesde dag geskape (Gen 1:27-29), maar uit Genesis 2, wat meer breedvoerige inligting verskaf, lei ‘n mens af dat Eva eers later die dag geskape is nadat Adam vir al die diere name gegee het.

Die woord “Adam” kom vir die eerste keer in Genesis 4:25 voor in die Bybel. In Genesis 1-3 word na hom verwys as “die mens”.

Voordat Adam in die Tuin van Eden gesondig het (Gen 3), het hy en Eva vir God op ‘n intieme, persoonlike vlak geken. Hulle het saam met Hom in die Tuin gewandel en direk met Hom gepraat. As gevolg van die sonde van die mens, is ons van God verwyder en afgesny.

Adam in die Bybel

Die woord “Adam” kom op die volgende plekke in die Bybel voor:

Gen 1-3 Die woord “Adam” word nie gebruik nie, maar “die mens”.
Gen 4:25 Geboorte van Set
Gen 5 As deel van die geslagsregister in Genesis 5.
1 Kron 1 As deel van die geslagsregister in 1 Kronieke.
Luk 3:38 As deel van die geslagsregister in Lukas.
Rom 5:12-21 Die ooreenkoms tussen Adam en Christus: Deur die oortreding van een mens (Adam) het sonde in die wêreld gekom en deur die gehoorsaamheid van een mens (Jesus) is die sonde oorwin.
1 Kor 15:22,45 Die dood het deur een mens (Adam) gekom en die opstanding uit die dood het ook deur een mens (Christus) gekom.
1 Tim 2:13-14 Paulus maak uitspraak dat die vrou onderdanig moet wees aan die vrou omdat Adam eerste geskape is

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui