Kyk ook:
Adrio König (1936-20 Julie 2022) was ’n relatief behoudende teoloog van die NG Kerk. Hy het baie sterk standpunt ingeneem oor Jesus se opstanding en was uitgesproke daaroor.
In Februarie 2009 publiseer hy sy boek Die Evangelie is op die spel. Dit is hoofsaaklik in teenreaksie op die opstandingsdebakel. Die titel van die boek impliseer dat indien Jesus se opstanding ontken word, is die evangelie op die spel.
Hy kry egter baie kritiek op die boek en ’n debat volg in die media van April tot Oktober 2009. Kyk Teoloë kap König oor sy nuwe boek. Die dekaan van die fakulteit teologie aan die Universiteit van Pretoria, prof. Cas Vos, en sy kollega, prof. Dirk Human sê dat hulle wil braak oor die boek.
Dit is egter baie teleurstellend dat hy probeer het om die Bybel met evolusie en homoseks te versoen.
Artikels
- Adrio König het ‘hart vir moeilike vrae’ gehad (22 Jul 2022)
- Die invloed van die evolusieleer op die teologie in Suid-Afrika (1 Nov 2016)
- ‘Bybel sê niks oor gay wees’ (9 Jul 2015) – kyk ook weerlegging
- Neem die Bybel nóg ernstiger op oor gays (14 Des 2004)
- Onderdane wat slaafs is, taboe (Beeld, 25 Mei 2011)
- Bybel kon beter beeld geskep het (Beeld, 14 Apr 2011)
- Dit sal nie help om in die wind na God te soek nie (22 Aug 2010)
- Bybel sê nie hoe, net wie (Beeld, 2 Aug 2010) – Siening oor evolusie
- Repliek: Na watter God word daar dan so hard gesoek? (31 Julie 2010)
- Moderators soek ‘hoërvlak-gesprek’ (22 Mei 2009)
- Teoloë kap König oor sy nuwe boek (8 Apr 2009, eerste artikel van ‘n debat)
- Die Evangelie is op die spel (Feb 2009)
- Adrio König en opstanding (23 Mei 2006)
- Adrio König Bevraagteken Nou Sekere Aannames van Calvinisme (Johan Malan)
Die Apostels van Jesus het die mense wat tot bekering en geloof gekom het in die Naam van Jesus gedoop. Hand 2,38 Hand 8,12-16 Hand 10,48 Hand 19,5.
My vraag is wie en wanneer is dit verander?
Sjoe,
Prof Adrio Konig was my dosent in Sistematiese Teologie aan Unisa maar ek het ook kontak met hom gehad terwyl ek n deeltydse pastorale werker in Pretoria gevangenisse namens die NG Kerk in Afrika (VGK) was.
In die akademie het hy my altyd beiindruk as hoogs intellegente dosent terwyl hy die gevangenispastoraat met groot erns en empatie benader het!
Ek was bevoorreg om met met Prof Konig kontak te kon gehad het…
Hein Combrinck.Pretoria