Kyk ook: |
Liewe Mede-Suid-Afrikaner
Tans bevind ons ons in ’n baie opwindende tyd in die geskiedenis van die Skepping! Evangeliese mense wat die profesieë van die Bybel bestudeer, is dit eens dat die Wederkoms van die Here Jesus nie meer ver kan wees nie. As ons kyk na die uitsprake van die Here Jesus Self, oor die Tekens wat sal plaasvind kort voor Sy Koms, (Matteus 24; Markus 13 en Lukas 21:5-36), sal mens baie naief en moedswillig blind moet wees, om dit nie raak te sien nie.
In die lig hiervan (Jesus se Koms wat naby is) asook die onstabiele situasie waarin Suid-Afrika hom tans op alle vlakke bevind, het die Here besluit om Goddellik in te gryp. Hierdie Ingryping het gekom omdat baie weergebore kinders van die Here (blank, swart en anderskleuriges) vir jare lank tot die Here geroep het om uitkoms vir ons Land en sy mense. Die Here het in Sy genade besluit dat die tyd aangebreek het om hierdie gebede te verhoor!
Hoekom sê ek so? Oral in die Land hoor jy van geestelike aksies en positiewe dinge wat beplan word en oral is daar oproepe vir gebed vir inisiatiewe vir geestelike aksies. So ook het die Here in die vroeë oggend-ure (nag) van 6 Mei 2015 in my hart die opdrag gelê om die “Aksie : Buig en Leef” te begin. Die “Aksie” is die begin van ’n proses wat verder opgevolg sal word deur Godgewerkte gebeurtenisse. Hierdie is God se gedagte en daarom moet al die eer aan Hom gegee word en moet Hy alleen gedank en geloof word omdat Hy ag geslaan op Sy kinders, wat dag en nag tot Hom om uitkoms geroep het (Lukas 18:7-8).
Sou Hy ’n mens roep om deel te wees van Sy plan, dan is dit ons plig om onder Sy Hand te buig en aan Hom die Lof en Aanbidding te bring! Deur die geskiedenis van die Bybel en die mens, het die Here altyd ’n man/vrou opgewek om die uitvoerende persoon van Sy voorneme in ’n bepaalde tyd en situasie te wees – iemand om die segsman te wees of om die inisiatief vir ’n bepaalde handeling, te neem. So ’n mens is gewoonlik iemand wat nie ‘normaalweg’ as die gewenste persoon vir God se saak, beskou word nie. God is egter God en Hy maak soos Hy wil! (Sien Jeremia 32:27 OAV).
Hierdie “Aksie” beteken dat ek DV, vanaf die Noorde van Suid-Afrika (Beitbrug) tot die Suide (Kaapstad) voor die aangesig van God, deur die land sal stap. Hierdie “stap” sal geskied in die gees en gesindheid van 2 Kronieke 7:14 – in verootmoediging, gebed, berou, en belydenis van sonde. Die beplanning is as volg:
- Die stap begin 31 Augustus 2015 by die Limpoporivier (Beitbrug) en sal 9 Oktober 2015 in Kaappunt afsluit.
- Daar sal daagliks ’n aantal kilometers gestap word terwyl die ondersteuning van ’n bakkie beskikbaar sal wees.
- By elke bestemming en vertrekpunt, sal ’n Shofar geblaas word.
- Daar word be-oog om by ondersteuners op die pad te oornag.
- Soos gestap word, sal mense die geleentheid kry, om hulle met die Lewende God van die Bybel en met die “Aksie” te identifiseer deur ’n entjie saam te stap. (Daar is selfs groepe fietsryers wat beplan om die ‘stapper’ langs die pad te ondersteun met hul teenwoordigheid).
- Soos dit gereël kan word, sal ek graag die “Aksie” se visie met Bybelstudie/Biduur-groepe, Kerkgroepe ens. wil deel soos die Here deure daarvoor oopmaak – dit sal hoofsaaklik op ’n Sondag geskied maar weeksdae kan ook gereël word.
Dink hieroor en bid hiervoor asseblief want God se tyd vir Suid-Afrika het gekom. Gee u skouer vir hierdie las sodat u agterna dankbaar sal wees dat u ’n skakel in God se ketting kon wees.
Mag die Here jou seën met die Hoëpriesterlike seën van Numeri 6:24-26!
Arend du Preez
058 653 1421 / 083 461 1650
Datum | Dag | Bestemming | Oornag |
---|---|---|---|
Beitbrug | |||
31 Aug 15 | Ma | Messina | Kobus & Elmari Roos 082 890 5747 |
1 Sep 15 | Di | Louis Trichardt | Philip de Jager 071 585 8448 |
2 Sep 15 | Wo | Pietersburg | Oswald & Susan 015 295 3735 / 082 859 1339 |
3 Sep 15 | Do | Potgietersrus | Gabriël & Nikki Pretorius 083 518 1654 |
4 Sep 15 | Vr | Naboomspruit | Hannes & Stephnie Kasselman 082 705 9424 |
5 Sep 15 | Sa | Warmbad | Braam & Lynette van Wyk 083 638 2208 / 014 736 4985 |
6 Sep 15 | So | Rusdag | |
7 Sep 15 | Ma | Pretoria | Rina Snyman 082 772 0347 |
8 Sep 15 | Di | Carletonville | JC le Roux 082 776 0517 |
9 Sep 15 | Wo | Carletonville | “ |
10 Sep 15 | Do | Potchefstroom | Conrad & Sanlie Middelberg 018 290 7696 / 079 872 2407 |
11 Sep 15 | Vr | Parys | Thomas & Lottie Conradie 082 325 6109 / 082 325 6109 |
12 Sep 15 | Sa | Kroonstad | Dirk & Lindie van Niekerk 073 959 7478 / 056 213 2420 |
13 Sep 15 | So | Rusdag | Landswye Saamtrek in Bloemfontein: Verootmoediging en Versoening |
14 Sep 15 | Ma | Ventersburg | Oom Fred Short 079 522 3649 |
15 Sep 15 | Di | Winburg | Karlien du Toit (my dogter) 082 811 3929 |
16 Sep 15 | Wo | Winburg | “ |
17 Sep 15 | Do | Bloemfontein | Paul & Elize Lambrechts 051 436 1411 |
18 Sep 15 | Vr | Bloemfontein | “ |
19 Sep 15 | Sa | Colesberg | Japie & Lizette Taljaard 051 753 0034 / 081 045 8465 |
20 Sep 15 | So | Rusdag | “ |
21 Sep 15 | Ma | Hanover | Kosie Middleton 072 300 3963 |
22 Sep 15 | Di | Richmond | |
23 Sep 15 | Wo | Drie Susters | Gastehuis (skenking) |
24 Sep 15 | Do | Beaufort-Wes | Japie van Straaten 023 414 3797 |
25 Sep 15 | Vr | Leeu Gamka | Jaques Grobler 023 521 2017 / Danie 083 444 3869 |
26 Sep 15 | Sa | Laingsburg | Hennie & Susan Muller 023 551 1914 |
27 Sep 15 | So | Rusdag | Jeremia & Johanna Crafford 023 551 1746 / 076 416 8846 |
28 Sep 15 | Ma | Sutherland | Eldrie & Judith van Zyl 023 571 2764 / 023 004 0244 |
29 Sep 15 | Di | Sutherland | “ |
30 Sep 15 | Wo | De Doorns | Brahm Reyneke 073 421 9770 / 023 356 3636/3867 |
1 Okt 15 | Do | De Doorns | “ |
2 Okt 15 | Vr | Worcester | Wynand & Amanda le Roux 082 819 1405 |
3 Okt 15 | Sa | Villiersdorp | Andre Kritzinger 082 746 3691 / 028 841 4860 |
4 Okt 15 | So | Rusdag | “ |
5 Okt 15 | Ma | Grabouw | Werner & Ronel Venter 083 461 8336 |
6 Okt 15 | Di | Somerset-Strand | Eldrie & Judith van Zyl 023 004 0244 |
7 Okt 15 | Wo | Kuilsrivier | Hennie & Ellison Mouton 021 903 7349 / 083 554 0143 |
8 Okt 15 | Do | Kuilsrivier | “ |
9 Okt 15 | Vr | Kaappunt | |
11 Okt 15 | So | Paarl | Sluit af met diens in Paarl. |