Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.
*******
Andrew Murray-Desmond Tutu-pryse se kortlyste bekend | Netwerk24
Outeur onbekend
29 Maart 2024
Die kortlyste van die Andrew Murray-Desmond Tutu-prysfonds se pryse vir 2024 is pas bekend gemaak. Die wenners word op 19 April aangekondig.
Andrew Murray-prys vir Christelike publikasies in Afrikaans
Daar is ’n rekordgetal van 31 boeke deur agt uitgewers ingeskryf. Die kortlys (alfabeties):
Daar is méér deur Daniël J Louw (Naledi)
Deur die tonnel van twyfel deur Koos Kombuis (Naledi)
Geweld teen vroue onder redaksie van Bernard Lategan en Chris Jones (Naledi)
Leef lig deur Jaco Strydom (Lux Verbi)
Onbeskryflike genade deur Stefaans Coetzee (Lux Verbi)
Onder die blaredak deur Andries Cilliers (Bybel Media)
Ons wil Jesus sien deur Coenie Burger en Marius Nel (Bybel Media)
Andrew Murray-Desmond Tutu-prys vir teologiese publikasies in ’n amptelike taal van Suid-Afrika
Daar is 27 boeke van 15 uitgewers ingeskryf. Die kortlys (alfabeties):
Authorising “authentic” African readings of the Bible onder redaksie van Ntozakhe Cezula en Peter Nagel (Bybel Media)
A Grammar of the Ethics of John deur Jan van der Watt (Mohr Siebeck)
Andrew Murray: Letters to his Children deur Isabel Murray (Clairvaux Writer’s House)
Pointing Out Persuasion in Philemon deur DF Tolmie (Mohr Siebeck)
Reluctant Prophet . . . Albert Nolan onder redaksie van Mike Deeb, Philippe Denis en Mark James (University of Johannesburg Press)
Research on the Letter to the Galatians deur DF Tolmie (University of Johannesburg Press)
21 Voices from Israel and South Africa – Why the Palestinian struggle matters onder redaksie van Marthie Momberg (Naledi)
Desmond Tutu-Gerrit Brand-prys vir debuutwerk
Daar is 16 boeke van ses uitgewers ingeskryf. Die kortlys (alfabeties):
Bakens van geloof deur Ilse Roux (Luca)
Betereinder deur Schalk van Heerden (Lux Verbi)
Conquer Your Mountains deur Mandla Moyo (Luca)
Rooiletterkind deur Sandy Schoeman (Naledi)
Speaking of Satan in Zambia deur Johanneke Kroesbergen-Kamps (AOSIS)
Kommentaar
Daniel Louw
Let op die aantal liberale teoloë wat prominent op hierdie lys verskyn.