Kyk ook:
*******
ASM is stil, al keur hy afgryslike dinge goed | Netwerk24
Gert Lange, Germiston
02 Augustus 2024
Die brief van Mevrou Dominee (31.07) het betrekking. Ek is nie verbaas dat Mev. Dominee nie haar naam by die brief plaas nie, aangesien sy beweer dat “ons” nie meer die geskiedenis ken nie. Ek aanvaar sy verwys na die Bybel, die Onfeilbare Woord van God.
My reaksie daarop sal wees na watter vertaling van die Bybel verwys sy. Soos ek die Bybel lees en verstaan, is die “eng oor die Spele” ’n gruwel in die oë van die Allerheiligste God. Dis niks anders as boosheid nie.
Die Koinonia-sinode (KS) se mediaverklaring (27.07) het betrekking, waar daar ’n beroep gedoen word op die algemene sinodale moderamen (ASM) om in die openbaar saam met die KS duidelik standpunt in te neem – en te getuig teen hierdie gruwelike sonde en bespotting in die opening van Olimpiese Spele.
Die ASM het tot dusver nie op die versoek gereageer nie. Die rede? Hy het gay mense in die eg verbind; in Stellenbosch het hy ’n queer-konferensie gehou; en die ASM-voorsitter ontken Jesus is die enigste Verlosser in sy RSG-onderhoud. Ek sal graag die ASM se siening wil hoor, want hy keur afgryslike dinge goed.