Kyk ook:
In Engels is bekering die volgende: conversion; to get converted
Party mense dink dat ’n mens gered word deur slegs in Jesus te glo. Dit is egter nie waar nie. Jakobus 2:19 sê: “Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die bose geeste glo dit ook – en hulle sidder van angs.”
Om gered te word moet jy tot bekering kom. Heidelbergse kategismus, Sondag 33 beskryf dit baie mooi. Dit bestaan uit twee stappe:
- Afsterwe van die ou mens: Dit is ’n diep besef en opregte berou dat ons God bedroef gemaak het deur ons sondes en dat ons daarom ons sondes al hoe meer haat en daarvan wegvlug.
- Opstanding van die nuwe mens: Dit is ’n hartlike vreugde in God deur Christus en ’n lus en liefde om volgens die wil van God in alle goeie werke te lewe. (Kyk ook wedergeboorte.)
Beteken dit dan as jy tot bekering gekom het dat jy nie meer sondig nie?
Nee. Alle mense struikel soms. Daar is egter ’n verskil tussen struikel en in sonde leef. Om ’n paar voorbeelde te noem:
‘n Bekeerde persoon woon ’n partytjie by en word met die vrolikheid meegevoer. Voor hy dit besef het hy te veel gedrink. Na die partytjie vra hy God omvergifnis en maak erns daarmee dat dit nie weer sal gebeur nie.
‘n Onbekeerde persoon gaan na ’n partytjie en weet dat hy waarskynlik gekletter daarvan gaan afkom. Inteendeel, hy maak homself reg daarvoor en neem genoeg drank saam. As hy die volgende dag sy babbelaas afgeslaap het gaan hy aan met sy lewe asof niks gebeur het nie.
‘n Bekeerde persoon stap in die straat en sien ’n mooi vrou. Hy kyk na haar. Hy kyk weer na haar. En weer… Hy besef dat hy pas egbreuk gepleeg het (Matteus 5:27-28) en vra omvergifnis daaroor en neem homself voor om volgende keer meer weerstand te bied.
‘n Onbekeerde kyk skaamteloos na ’n mooi vrou en begeer haar sonder om skuldig te voel.
In die homoseksuele debat sê mense soms dat ons almal maar sondige mense is, dus wie is ons om homoseksueles te oordeel? Met hierdie argument erken die persoon dus dat homoseksuele verhoudings sonde is. As dit dan sonde is en ’n homoseksuele persoon beweer dat hy tot bekering gekom het, dan moet hy breek met sy homoseksualiteit.
Om dit uit ’n ander hoek te verduidelik: As ’n kind ’n venster breek weens nalatigheid dan is sy ouers vir hom kwaad. As hy opreg omverskoning vra en homself voorneem om dit nie weer te doen nie, word die verhouding tussen hom en sy ouers herstel. As ’n kind egter aanhou om verkeerde dinge te doen en dit word deel van ’n leefstyl, gaan hy nie meer omverskoning vra nie. En selfs indien hy omverskoning vra, sal dit nie opreg wees nie. Dit sal sy verhouding met sy ouers ernstig benadeel.
En dit is presies hoe sonde ons verhouding met God versuur.
Dit is daarom dat Paulus in 1 Korintiërs 6:9-10 sê:
(9)Of weet julle nie dat mense wat onreg doen, geen deel sal kry aan die koninkryk van God nie? Moenie julleself mislei nie: geen onsedelikes of afgodsdienaars of egbrekers of mense wat homoseksualiteit beoefen (10)of diewe of geldgieriges of dronkaards of kwaadpraters of bedrieërs sal deel kry aan die koninkryk van God nie.
Die meeste Christene het al die meeste van die dinge hierbo gedoen. Bekeerde Christene het daarvoor omvergifnis gevra en doen alles in hulle vermoë om dit nie weer te doen nie. Onbekeerdes laat toe dat hierdie dinge deel van hulle lewe is en breek nie daarmee nie, selfs al glo hulle dat Jesus vir hulle sondes gesterf het.
Die Hebreërskrywer is so ernstig oor sonde dat hy sê: Julle het nog nie so teen die sonde weerstand gebied dat dit vir julle ’n stryd om lewe of dood geword het nie. (Hebreërs 12:4)
Jesus sê in Matteus 7:21: Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is.
Ek het beide “Bekering” en “Wedergeboorte” gelees. Onder hierdie opskrif (bekering) voel ek geroepe om ’n paar opmerkings te maak oor die volgende stelling:
‘Party mense dink dat ’n mens gered word deur slegs in Jesus te glo. Dit is egter nie waar nie. Jakobus 2:19 sê: “Glo jy dat daar net een God is? Dit is reg. Die bose geeste glo dit ook – en hulle sidder van angs.”’
Hier is twee heeltemal verskillende soorte “glo” ter sprake.
Eerstens: Die duiwels glo (kognitief) die feitelike gegewens dat daar net een God is en dat Got één is. Dit is geen saligmakende geloof nie. Hulle is óók bewus van die feit (glo kognitief) dat hulle hul finale ondergang tegemoet gaan.
Tweedens: In Hand.16:31 sê Paulus en Silas vir die tronkbewaarder: “Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word…” Hier is nie net blote feite wat geglo word nie, maar saligmakende geloof, wat baie meer behels as ’n blote glo van feite. Op hierdie geloof word elders (Amplified Bible) uitgebrei as volg: “Believe in and on the Lord Jesus Christ – that is, give yourself up to Him, take yourself out of your own keeping and entrust yourself into His keeping…” Verder, in Joh.3:16: “… whoever believes in (trusts, clings to, relies on) Him, shal not perish – come to destruction, be lost – but shall have eternal (everlasting) life.” (Amplified Bible).
Dit is dus duidelik dat gemelde twee “gelowe” as’t ware teenoor mekaar staan en nie mekaar kan bevestig nie. Die saligmakende geloof waarvan Paulus en Silas gepraat het, is alles-omvattend en genoegsaam. Dus kan die aangehaalde stelling hierbo nie waar wees nie.
Oom Gideon, die punt wat ek hier wil maak is presies dieselfde punt wat Jakobus ook wil maak: Daar is mense wat baie maklik beweer dat hulle in Jesus glo en dat hy vir hulle sondes gesterf het en opgestaan het, ens, maar hulle lewens verander nie. Hulle maak nie erns met sondes in hulle lewe nie.