Die volgende is die belangrikste Bybelse datums volgens Biskop James Ussher wat voorstel dat die skepping 4004 vC plaasgevind het. Daar is ander geskiedkundiges wat egter ’n ander datum vir die skepping voorstel soos byvoorbeeld:
- Jose ben Halafta: 3761 vC
- Bede: 3952 vC
- Scaliger (tydgenoot van Ussher): 3949 BC
- Johannes Kepler: 3992 vC
- Isaac Newton: 4000 vC
Die getalle in rooi hieronder is benaderings of is onseker.
Datums wat as negatiewe waardes gegee word is datums voor Christus (vC) is. ’n Positiewe waarde is na Christus (nC). Na Christus (nC) word ook geskryf as “AD”, wat staan vir Anno Domini wat “Jare van die begin van die Christelike era” beteken. ’n Ander manier om dit te skryf is in terme van jare na die skepping: AM = Anno Mundi wat “Jare van die begin van die skepping” beteken.
Adam tot Josua
“sv” = seun van
Naam | Jaar na skepping | Gebore [vC] |
Sterf [vC] |
Ouderdom toe seun gebore is | Leef nog x jaar na seun se geboorte | Ouderdom | Bron |
---|---|---|---|---|---|---|---|
Adam | 0 | -4004 | -3074 | 130 | 800 | 930 | Gen 5:3 Toe Adam 130 was, het hy die vader geword van ’n seun, sy beeld, een soos hyself. Adam het hom Set genoem. Gen 5:4 Nadat Set vir hom gebore is, het Adam nog 800 jaar geleef en seuns en dogters gehad. Gen 5:5 Adam was dus 930 jaar toe hy gesterf het. |
Set | 130 | -3874 | -2962 | 105 | 807 | 912 | Gen 5:6 Toe Set 105 was, het hy die vader geword van Enos. Gen 5:7 Set het na die geboorte van Enos nog 807 jaar geleef en het seuns en dogters gehad. Gen 5:8 Set was dus 912 jaar toe hy gesterf het. |
Enos | 235 | -3769 | -2864 | 90 | 815 | 905 | Gen 5:9 Toe Enos 90 was, het hy die vader geword van Kenan. Gen 5:10 Enos het na die geboorte van Kenan nog 815 jaar geleef en het seuns en dogters gehad. Gen 5:11 Enos was dus 905 jaar toe hy gesterf het. |
Kenan | 325 | -3679 | -2769 | 70 | 840 | 910 | Gen 5:12 Toe Kenan 70 was, het hy die vader geword van Mahalalel. Gen 5:13 Kenan het na die geboorte van Mahalalel nog 840 jaar geleef en het seuns en dogters gehad. Gen 5:14 Kenan was dus 910 jaar toe hy gesterf het. |
Mahalálel | 395 | -3609 | -2714 | 65 | 830 | 895 | Gen 5:15 Toe Mahalalel 65 was, het hy die vader geword van Jered. Gen 5:16 Mahalalel het na die geboorte van Jered nog 830 jaar geleef en het seuns en dogters gehad. Gen 5:17 Mahalalel was dus 895 jaar toe hy gesterf het. |
Jered | 460 | -3544 | -2582 | 162 | 800 | 962 | Gen 5:18 Toe Jered 162 was, het hy die vader geword van Henog. Gen 5:19 Jered het na die geboorte van Henog nog 800 jaar geleef en het seuns en dogters gehad. Gen 5:20 Jered was dus 962 jaar toe hy gesterf het. |
Henog | 622 | -3382 | -3017 | 65 | 300 | 365 | Henog is nie dood nie – hy is in die hemel opgeneem toe hy 365 jaar oud was. Gen 5:21 Toe Henog 65 was, het hy die vader geword van Metusalag. Gen 5:22 Henog het na die geboorte van Metusalag nog 300 jaar naby God geleef en het seuns en dogters gehad. Gen 5:23 Henog se ouderdom was dus 365 jaar. 24 Hy het naby God geleef en toe was hy nie meer daar nie, want God het hom na Hom toe weggeneem. Kyk ook Judas 1:14a: “Dit is oor hierdie mense dat Henog, wat van die sewende geslag ná Adam was, geprofeteer het.” |
Metúsalag | 687 | -3317 | -2348 | 187 | 782 | 969 | Gen 5:25 Toe Metusalag 187 was, het hy die vader geword van Lameg. Gen 5:26 Metusalag het na die geboorte van Lameg nog 782 jaar geleef en het seuns en dogters gehad. Gen 5:27 Metusalag was dus 969 jaar toe hy gesterf het. |
Lameg | 874 | -3130 | -2353 | 182 | 595 | 777 | Gen 5:28 Toe Lameg 182 was, het hy die vader geword van ’n seun. Gen 5:29 Hy het die seun Noag genoem, “want,” het hy gesê, “hierdie seun sal ons opbeur in die harde werk met ons hande en in ons swaarkry op die grond wat deur die Here vervloek is.” Gen 5:30 Lameg het na die geboorte van Noag nog 595 jaar geleef en hy het seuns en dogters gehad. 31 Lameg was dus 777 jaar toe hy gesterf het. |
Noag | 1056 | -2948 | -1998 | 500 | 350 | 950 | Gen 5:32 Toe Noag vyf honderd was, het hy die vader geword van Sem, Gam en Jafet. Gen 9:28 Na die oorstroming het Noag nog drie honderd en vyftig jaar geleef. Gen 9:29 Noag was dus nege honderd en vyftig jaar toe hy gesterf het. |
Sondvloed | 1656 | -2348 | Gen 7:6 Noag was ses honderd jaar toe die vloedwaters oor die aarde gekom het. | ||||
Sem | 1556 | -2448 | -1848 | 100 | 500 | 600 | Gen 11:10 Hier volg die familieregister van Sem. Toe Sem honderd was, het hy die vader geword van Arpaksad, twee jaar na die oorstroming. Gen 11:11 Sem het na die geboorte van Arpaksad nog vyf honderd jaar geleef en het seuns en dogters gehad. |
Arpagsad | 1658 | -2346 | -1908 | 35 | 403 | 438 | Gen 11:10 Hier volg die familieregister van Sem. Toe Sem honderd was, het hy die vader geword van Arpaksad, twee jaar na die oorstroming. Gen 11:12 Toe Arpaksad vyf en dertig was, het hy die vader geword van Selag. Gen 11:13 Arpaksad het na die geboorte van Selag nog vier honderd en drie jaar geleef en het seuns en dogters gehad. (Geboortedatum=-2348+2=-2346) |
Selag | 1693 | -2311 | -1878 | 30 | 403 | 433 | Gen 11:14 Toe Selag dertig was, het hy die vader geword van Heber. Gen 11:15 Selag het na die geboorte van Heber nog vier honderd en drie jaar geleef en het seuns en dogters gehad. |
Heber | 1723 | -2281 | -1817 | 34 | 430 | 464 | Gen 11:16 Toe Heber vier en dertig was, het hy die vader geword van Peleg. Gen 11:17 Heber het na die geboorte van Peleg nog vier honderd en dertig jaar geleef en het seuns en dogters gehad. |
Peleg | 1757 | -2247 | -2008 | 30 | 209 | 239 | Gen 11:18 Toe Peleg dertig was, het hy die vader geword van Reü. Gen 11:19 Peleg het na die geboorte van Reü nog twee honderd en nege jaar geleef en het seuns en dogters gehad. |
Toring van Babel | 1762 | -2242 | Gen 11:1-9 (Volgens “Georgius Syncellus’ translation of the Book of Sothis” het die toring van Babel vyf jaar na die geboorte van Peleg gebeur.) | ||||
Rehu | 1787 | -2217 | -1978 | 32 | 207 | 239 | Gen 11:20 Toe Reü twee en dertig was, het hy die vader geword van Serug. Gen 11:21 Reü het na die geboorte van Serug nog twee honderd en sewe jaar geleef en het seuns en dogters gehad. |
Serug | 1819 | -2185 | -1955 | 30 | 200 | 230 | Gen 11:22 Toe Serug dertig was, het hy die vader geword van Nahor. Gen 11:23 Serug het na die geboorte van Nahor nog twee honderd jaar geleef en het seuns en dogters gehad. |
Nahor | 1849 | -2155 | -2007 | 29 | 119 | 148 | Gen 11:24 Toe Nahor nege en twintig was, het hy die vader geword van Tera. Gen 11:25 Nahor het na die geboorte van Tera nog honderd en negentien jaar geleef en het seuns en dogters gehad. |
Tera | 1878 | -2126 | -1921 | 130 | – | 205 | Gen 11:26 Toe Tera sewentig was, het hy die vader geword van Abram, Nahor en Haran. Gen 11:32 Tera was twee honderd en vyf jaar oud toe hy in Haran gesterf het. Gen 12:4 Abram het toe weggetrek, gehoorsaam aan die woord van die Here, en Lot het saam met hom getrek. Abram was vyf en sewentig toe hy uit Haran weggetrek het. (Daar word aangeneem dat Abraham in dieselfde jaar as Tera se dood Haran verlaat het, en ook in dieselfde jaar Kanaän bereik en weens ’n droogte na Egipte getrek het. Dus was Tera se ouderdom toe Abraham gebore was 205-75=130) |
Abraham | 2008 | -1996 | -1821 | 100 | – | 175 | Gen 12:5 Hy het sy vrou Sarai en sy broerskind Lot en al die besittings wat hulle bymekaargemaak het en al die slawe wat hulle in Haran aangeskaf het, saamgevat en hulle het weggetrek na Kanaän toe. Nadat hulle in Kanaän aangekom het, Gen 25:7 Abraham het op hoë ouderdom gesterf. Hy het honderd vyf en sewentig jaar oud geword en was ’n grysaard met ’n vol lewe agter die rug toe hy gesterf het. |
Sara | 2018 | -1986 | -1859 | 90 | 37 | 127 | Gen 23:1 Sara het honderd sewe en twintig jaar oud geword. Gen 17:17 Toe het Abraham op sy knieë geval en hy het gelag en gedink: kan daar vir ’n man van honderd ’n kind gebore word, of kan Sara wat negentig is, ’n kind in die wêreld bring? (Sara was dus 10 jaar jonger as Abraham) |
Abraham trek na Kanaän | 2083 | -1921 | Gen 12:4b Abram was vyf en sewentig toe hy uit Haran weggetrek het. | ||||
Ismael | 2094 | -1910 | -1773 | – | – | 137 | Gen 16:16 Abram was ses en tagtig toe Hagar vir Ismael vir hom in die wêreld gebring het. Gen 25:17 Ismael was honderd sewe en dertig jaar oud toe hy gesterf het en begrawe is. |
Isak | 2108 | -1896 | -1716 | 60 | 120 | 180 | Gen 21:5 Abraham was honderd jaar oud toe sy seun Isak gebore is. Gen 25:26 Sy broer is na hom gebore en dié se hand het aan Esau se hakskeen vasgehou. Hy is Jakob genoem. Isak was sestig jaar oud toe hulle gebore is. Gen 35:28 Isak het honderd en tagtig jaar oud geword |
Jakob | 2168 | -1836 | -1689 | 91 | 56 | 147 | Gen 47:9 Jakob het vir hom gesê: “Ek is nou al honderd en dertig jaar ’n vreemdeling hier op aarde. In vergelyking met dié van my voorvaders is dit maar min, en my lewensjare was vol swaarkry.” Gen 47:28 Jakob het sewentien jaar in Egipte gebly. Hy was dus toe honderd sewe en veertig jaar oud. (Jakob was dus 147-17-39=91 jaar oud toe Josef gebore is – kyk by Josef.) |
Ruben (sv Jakob) | 2246 | -1758 | – | – | – | – | Gen 29:32 Lea het swanger geword en ’n seun in die wêreld gebring en hom Ruben genoem, “want,” het sy gesê, “die Here het my smart raakgesien. Nou sal my man my liefhê.” |
Simeon (sv Jakob) | 2247 | -1757 | – | – | – | – | Gen 29:33 Lea het weer swanger geword en ’n seun in die wêreld gebring en sy het gesê: “Die Here het gehoor dat ek nie liefde ontvang nie. Daarom het Hy my hierdie seun gegee.” Sy het hom Simeon genoem. |
Levi (sv Jakob) | 2248 | -1756 | -1619 | – | – | 137 | Eks 6:15 Nou volg die name van die seuns van Levi volgens hulle geslagsregisters: Gerson, Kehat en Merari. Levi het honderd sewe en dertig jaar oud geword. |
Juda (sv Jakob) | 2249 | -1755 | – | – | – | – | Gen 29:35 Sy het nog ’n keer swanger geword en ’n seun in die wêreld gebring. Sy het gesê: “Hierdie keer prys ek die Here.” Daarom het sy die seun Juda genoem. Daarna het sy vir eers nie weer kinders gehad nie. |
Josef (sv Jakob) | 2259 | -1745 | -1635 | – | – | 110 | Gen 41:45 Die farao het Josef Safenat-Paneag genoem en vir hom Asenat, dogter van Poti-Fera priester van On, as vrou gegee. Josef was dertig jaar oud toe hy in die diens van die farao die koning van Egipte getree het. Josef is van die farao af weg en het die land deurgegaan, die hele Egipte. (Josef was dus 30+7+2=39 toe Jakob na Egipte toe gekom het. Dit was 2 jaar in die hongersnood in.) Gen 50:22 Josef het in Egipte gebly, hy en sy hele familie. Hy het honderd en tien jaar oud geword. |
Josef word verkoop | 2276 | -1728 | Genesis 37 | ||||
Josef tree in diens van Farao | 2289 | -1715 | Gen 41:45-46 Josef was dertig jaar oud toe hy in die diens van die farao die koning van Egipte getree het. | ||||
Jakob trek na Egipte | 2339 | -1665 | Gen 47:9Jakob het vir hom gesê: “Ek is nou al honderd en dertig jaar ’n vreemdeling hier op aarde. | ||||
Kehat (sv Levi) | – | – | – | – | – | 133 | Eks 6:17 Die seuns van Kehat was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël. Kehat het honderd drie en dertig jaar oud geword. |
Amram (sv Kehat) | – | – | – | – | – | 137 | Eks 6:19 Amram het met Jogebed, ’n tante van hom, getrou, en hulle seuns was Aäron en Moses. Amram het honderd sewe en dertig jaar oud geword. |
Aäron | 2430 | -1574 | -1451 | – | – | 123 | Num 33:39 Aäron was honderd drie en twintig jaar toe hy op Horberg dood is. |
Moses | 2433 | -1571 | -1451 | – | – | 120 | Deut 34:7 Moses was honderd en twintig jaar toe hy gesterf het; sy oë was toe nog goed en sy krag het nog nie ingegee nie. |
Kaleb | 2474 | -1530 | – | – | – | – | Jos 14:7 Ek was veertig toe Moses, die dienaar van die Here, my van Kades-Barnea af gestuur het om die land te verken. Ek het aan hom verslag gedoen soos ek sake gesien het, Jos 14:10 “Van die tyd af dat die Here dit vir Moses gesê het toe Israel deur die woestyn getrek het, het die Here my in die lewe laat bly soos Hy beloof het, vyf en veertig jaar lank. Ek is nou ’n man van vyf en tagtig, |
Josua | 2451 | -1553 | -1443 | – | – | 110 | Jos 24:29 Na hierdie gebeure het Josua seun van Nun, dienaar van die Here, gesterf. Hy was honderd en tien jaar. (Volgens Ussher is Josua in 1443 vC dood.) |
Uittog uit Egipte | 2513 | -1491 | Eks 7:7 Moses was tagtig en Aäron drie en tagtig toe hulle met die farao gaan praat het. | ||||
Neem Jerigo in | 2553 | -1451 | Deut 34:7 Moses was honderd en twintig jaar toe hy gesterf het |
Rigters
Die volgende is die rigters in die Bybel:
Naam | Gebore [vC] |
Begin regeer [vC] |
Regering eindig [vC] |
Aantal jaar regeer | Bybelverwysing | Nota |
---|---|---|---|---|---|---|
Josua | -1553 | -1451 | -1443 | 8 | Jos 24:29 | 1 |
Otniël (jonger broer van Kaleb) | -1405 | -1343 | 62 | Rig 3:7 | ||
Ehud | -1325 | Rig 3:12 | ||||
Samgar | -1325 | Rig 3:31 | ||||
Debora en Barak | -1285 | -1284 | Rig 4&5 | |||
Gideon | -1245 | -1236 | 9 | Rig 6-8 | ||
Abimelek | -1236 | -1233 | 3 | Rig 9 | ||
Tola | -1233 | -1213 | 20 | Rig 10:1 | ||
Jaïr | -1210 | -1188 | 22 | Rig 10:1 | ||
Jefta | -1188 | -1182 | 6 | Rig 10:6 | ||
Ibsan | -1182 | -1175 | 7 | Rig 12:8 | ||
Elon | -1175 | -1165 | 10 | Rig 12:8 | ||
Abdon | -1165 | -1157 | 8 | Rig 12:8 | ||
Eli | -1214 | -1156 | -1117 | 39 | 1 Sam 4:18 | |
Simson | -1155 | -1137 | -1117 | 20 | Rig 13-16 | |
Rut | Rut | 2 | ||||
Samuel | -1117 | -1058.5 | 58.5 | 1 Sam 25:1 | 3 |
Notas:
- Volgens Ussher is Josua in 1443 vC dood.
- Rut was wel nie ’n rigter nie, maar sy het in die rigters se tyd geleef. Dit is lyk my ook nie bekend presies wanneer sy geleef het nie. Ons weet egter dat Rut se man, Boas, Dawid se oupagrootjie was: Rut 4:18-21: Peres → Gesron → Ram → Amminadab → Nagson → Salmon → Boas → Obed → Isai → Dawid.
- Samuel is oorlede tussen 1060 vC (Dawid vlug na Akis, 1 Sam 21:10) en 1057 vC (Dawid val die Geresiete aan, 1 Sam 27:8).
Konings van Juda en Israel
Waar daar ’n verskil is tussen James Ussher en die Bybel is dit gewoonlik ’n afrondingsfout.
Die tabel wys die konings van Juda en Israel na die skeuring van die ryk in verskillende kolomme:
- Juda: Suidelike ryk (Juda en Benjamin)
- Israel: Noordelike ryk (Die ander 10 stamme). Na die val van Samaria het Assirië vir die volk Israel weggevoer waarna hulle nooit weer teruggekom het nie (anders as Juda wat slegs vir 70 jaar in ballingskap was).
Volgens James Ussher | Direk volgens die Bybel | |||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Juda | Israel | Gebore [vC] |
Begin regeer [vC] |
Regering eindig [vC] |
Ouderdom [jaar] |
Regeer [jaar] |
Ouderdom [jaar] |
Regeer [jaar] |
Kommentaar | Verwysing |
Saul | -1124 | -1095 | -1055 | 69 | 40 | 40 | ||||
Dawid | -1085 | -1055 | -1015 | 70 | 40 | 70 | 40 | 2 Sam 5:4 | ||
Salomo | -1034 | -1015 | -975 | 59 | 40 | 59 | 40 | 1 Kon 11:42; 2 Kron 9:30 | ||
Skeuring van die Ryk | -975 | Verdeel in Juda en Israel | 1 Kon 12:1 | |||||||
Rehabeam | -1016 | -975 | -958 | 58 | 17 | 58 | 17 | Suidelike ryk: Juda en Benjamin | 1 Kon 14:21; 2 Kron 12:13 | |
Jerobeam | -975 | -954 | 21 | 22 | Noordelike ryk: Res van stamme | 1 Kon 14:20 | ||||
Abia | -958 | -955 | 3 | 3 | 18de regeringsjaar van Jerobeam | 1 Kon 15:1; 2 Kron 13:1-2 | ||||
Asa | -955 | -914 | 41 | 41 | 20ste regeringsjaar van Jerobeam | 1 Kon 15:9-10; 2 Kron 16:13 | ||||
Nadab | -954 | -953 | 1 | 2 | 2de regeringsjaar van Asa | 1 Kon 15:25 | ||||
Baesa | -953 | -930 | 23 | 24 | 3de regeringsjaar van Asa | 1 Kon 15:33 | ||||
Ela | -930 | -929 | 1 | 2 | 26ste regeringsjaar van Asa | 1 Kon 16:8 | ||||
Simri | -929 | -925 | 4 | 7/365 | 27ste regeringsjaar van Asa | 1 Kon 16:10 | ||||
Omri | -925 | -918 | 7 | 12 | 31ste regeringsjaar van Asa | 1 Kon 16:23 | ||||
Agab | -918 | -897 | 21 | 22 | 38ste regeringsjaar van Asa | 1 Kon 16:29 | ||||
Josafat | -949 | -914 | -889 | 60 | 25 | 60 | 25 | 4de regeringsjaar van Agab | 1 Kon 22:41-42; 2 Kron 20:31 | |
Ahasia | -897 | -896 | 1 | 2 | 17de regeringsjaar van Josafat | 1 Kon 22:52 | ||||
Joram | -896 | -885 | 11 | 12 | 18de regeringsjaar van Josafat | 2 Kon 3:1 | ||||
Joram | -924 | -889 | -886 | 38 | 3 | 40 | 8 | 5de regeringsjaar van Joram van Israel | 2 Kon 8:16-17; 2 Kron 21:5,20 | |
Ahasia | -886 | -884 | 2 | 1 | 12de regeringsjaar van Joram van Israel | 2 Kon 8:25-26; 2 Kron 22:2 | ||||
Jehu | -884 | -856 | 28 | 28 | 2 Kon 10:36 | |||||
Atalia (Ahasia se ma) | -927 | -885 | -878 | 49 | 7 | 6 | 2 Kon 11:3; 2 Kron 22:12 | |||
Joas | -885 | -878 | -839 | 46 | 39 | 47 | 40 | 7de regeringsjaar van Jehu | 2 Kon 12:1; 2 Kron 24:1 | |
Joahas | -856 | -839 | 17 | 17 | 23de regeringsjaar van Joas | 2 Kon 13:1 | ||||
Joas | -841 | -825 | 16 | 16 | 37ste regeringsjaar van Joas van Juda | 2 Kon 13:10 | ||||
Amasia | -864 | -839 | -810 | 54 | 29 | 54 | 29 | 2de regeringsjaar van Joas van Israel | 2 Kon 14:1; 2 Kron 25:1 | |
Jerobeam II | -825 | -784 | 41 | 41 | 15de regeringsjaar van Amasia | 2 Kon 14:23 | ||||
Asarja (Ussia) | -826 | -810 | -759 | 67 | 51 | 68 | 52 | 27de regeringsjaar van Jerobeam II | 2 Kon 15:1; 2 Kron 26:3 | |
Sagaria | -773 | -773 | 0 | 0.5 | 38ste regeringsjaar van Asarja | 2 Kon 15:8 | ||||
Sallum | -773 | -773 | 0 | 1/12 | 39ste regeringsjaar van Asarja | 2 Kon 15:13 | ||||
Menahem | -773 | -761 | 12 | 10 | 39ste regeringsjaar van Asarja | 2 Kon 15:17 | ||||
Pekahia | -761 | -759 | 2 | 2 | 50ste regeringsjaar van Asarja | 2 Kon 15:23 | ||||
Peka | -759 | -739 | 20 | 20 | 52ste regeringsjaar van Asarja | 2 Kon 15:27 | ||||
Jotam | -783 | -759 | -742 | 41 | 17 | 41 | 16 | 2de regeringsjaar van Peka | 2 Kon 15:32; 2 Kron 27:1,8 | |
Agas | -762 | -742 | -726 | 36 | 16 | 36 | 16 | 16de regeringsjaar van Peka | 2 Kon 16:1; 2 Kron 28:1 | |
(Wanorde) | -739 | -730 | 9 | 9 | 20ste regeringsjaar van Jotam | 2 Kon 15:30 | ||||
Hosea | -730 | -721 | 9 | 9 | 12de regeringsjaar van Agas | 2 Kon 17:1 | ||||
Hiskia | -752 | -727 | -698 | 54 | 29 | 54 | 29 | 3de regeringsjaar van Hosea | 2 Kon 18:1; 2 Kron 29:1 | |
Val van Samaria (Israel) | -721 | Die 10-stammeryk kom tot ’n einde. | 2 Kon 18:10 | |||||||
Manasse | -710 | -698 | -643 | 67 | 55 | 67 | 55 | 2 Kon 21:1; 2 Kron 33:1 | ||
Amon | -665 | -643 | -641 | 24 | 2 | 24 | 2 | 2 Kon 21:19; 2 Kron 33:21 | ||
Josia | -649 | -641 | -610 | 39 | 31 | 39 | 31 | 2 Kon 22:1; 2 Kron 34:1 | ||
Joahas (Sallum) | -633 | -610 | -610 | 23 | 0 | 23.25 | 3/12 | 2 Kon 23:31; 2 Kron 36:2 | ||
Jojakim | -635 | -610 | -599 | 36 | 11 | 36 | 11 | 2 Kon 23:36; 2 Kron 36:5 | ||
Jojagin | -617 | -599 | -599 | 18 | 0 | 18 | 3/12 | 2 Kon 24:8; 2 Kron 36:9 | ||
Sedekia (Mattanja) | -620 | -599 | -588 | 32 | 11 | 32 | 11 | 2 Kon 24:18; 2 Kron 36:11 | ||
Ballingskap (Juda) | -588 | 2 Kron 36:11 | ||||||||
Gedalja | -588 | -588 | Jer 39 | |||||||
Ismael | -588 | -588 | ||||||||
Joganan | -588 | Oorblywende Judeers vlug na Egipte. |
Die volgende diagram wys watter konings van Juda die Here se wil gedoen het:
Profete
Die volgende profete:
Naam | Gebore [vC] |
Sterf [vC] |
Begin [vC] |
Eindig [vC] | Aantal jaar geprofeteer | Konings aan bewind | Bybelverwysing | Kommentaar |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Elia | ? | -896 | ? | -896 | Israel: Agab, Ahasia, Joram | 1 Kon 17:1 tot 2 Kon 2:11 2 Kron 21:12 |
899 vC: Elia kondig aan dat Agab sal sterf (1 Kon 21:17) | |
Elisa | ? | -839 | -896 | -839 | 57 | Israel: Joram, Jehu, Joahas, Joas | 1 Kon 19:19 tot 2 Kon 13:21 | Begin waar Elia in die hemel opgeneem word. Sterf aan die begin van Joas van Israel se regering. |
Amos | ? | -808 | ? | Israel: Ussia (Juda), Jerobeam II | Amos | Skaapboer | ||
Jesaja | ? | ? | -740 | -690 | 50 | Juda: Ussia, Jotam, Agas, Hiskia | 2 Kon 19:2 tot 2 Kon 20:19 Jesaja |
Seun van Amos |
Jeremia | ? | ? | -629 | -588 | 41 | Juda: Josia, Joahas, Jojakim, Sedekia | Jer 1:2 “… dertiende regeringsjaar van koning Josia…” | |
Hosea | ? | ? | ? | ? | ? | Ussia, Jotam, Agas en Hiskia van Juda en van koning Jerobeam van Israel | Profeteer in Israel. Hos 1:1 Die woord van die Here wat gekom het tot Hosea seun van Beëri tydens die regering van konings Ussia, Jotam, Agas en Hiskia van Juda en van koning Jerobeam van Israel, seun van Joas. | |
Daniël | ? | ? | -604 | -534 | 70 | Ballingskap | Die amptelike ballingskap het in 588 vC begin, maar reeds vroeër is mense in ballingskap weggevoer. | |
Esegiël | ? | ? | -595 | -575 | 20 | Juda: | Eseg 1:2 | Voor en tydens ballingskap. |
Joël | ||||||||
Obadja | ||||||||
Jona | ||||||||
Miga | ||||||||
Nahum | ||||||||
Habakuk | ||||||||
Sefanja | ||||||||
Haggai | ||||||||
Sagaria | ||||||||
Maleagi | ||||||||
Nehemia | -454 | Leier van volk na ballingskap | ||||||
Esra | Priester na ballingskap |
Kyk ook
- Hoe lank was Israel in Egipte?
- Kronologie van die Bybel (Wikipedia)
- The Chronology of the Kings of Israel, A Study in the Precise Biblical Dating, deur Pastoor Ed Rice, 18 Mei 2010
- Geslagsregisters en tydsdure
- Kings of Israel and Judah family tree
- Hoë Bybelse ouderdomme (Daniel Louw)
- Bybeltydlyne in Excel, opgestel deur Daniel Louw
- Real history: the timeline of the Bible (dit bevat ook ’n diagram)
- How does the Bible teach 6,000 years? (Uitstekende artikel deur Lita Cosner)
- Biblical chronogenealogies
- Willem van Heerden se tydlyne
- Lys van Bybelboeke en afkortings