Kyk ook: |
Ek deel graag hierdie bydrae met die oog op die 2015 Sinodale besluit oor Belhar om die lig te werp op die Sinode se plek in die kerk en moontlike regsbevoegdheid wat sinodaal beskikbaar is. Ek skryf vanuit bepaalde persoonlike ondervinding maar ook dan pertinent vanuit die beslissing van die Appèlhof (soos dit destyds nog as ons land se hoogste hof bekend was) se uitspraak in die geding tussen die NGKA en VGKSA, waarin regter Viviers die uitspraak geskryf het. Ek belig bepaalde, ter sake gedeeltes oor sinodale besluite en die regskrag daarvan, wat vir my invloed mag hê op hoe besluit word oor moontlike verdere stappe, selfs dalk ’n moontlike hofsaak soos ook geopper word.
Oor my persoonlike ondervinding: ek was die NGKA se prokureur in die hele geding soos dit in die howe ontvou het en intiem betrokke by elke aspek daarvan tot met die uiteindelike uitspraak soos geskryf deur regter Viviers. Hy was deel van ’n besonder sterk span regters. Hierdie is een van die mees toonaangewende uitsprake in ons regsgeskiedenis oor die kerk en die verskillende fasette daarvan.
Wat nêrens opgeteken is nie, is die feit dat daar ’n hartgrondige begeerte by die NGKA was dat die kerktwis sou eindig. Op daardie veronderstelling het ons die dag vóór die hof se uitspraak ’n ontmoeting met die VGKSA se prokureur en ds James Buys as die VGKSA se segsman gerëel. Ons het daartydens formeel ooreengekom dat die twee kerke die Appèlhof se uitspraak as ’n finale beslissing sou aanvaar en daarby berus.
Die hof se uitspraak was só verwoestend vir die VGKSA se agenda dat die daaropvolgende reaksie na my oordeel totaal liefdeloos was. Die VGKSA het ons ooreenkoms onteer om die uitspraak as die finale woord oor die dispuut te aanvaar. Ek was dus genoodsaak om daarna (soos ek nou nog kan onthou) veertig dagvaardings namens NGKA-gemeentes teen VGKSA-gemeentes uitreik, wat sedert die samesmelting van die twee kerke die beheer oor eiendom en bates oorgeneem het en toe geweier het om dit terug te gee. Meeste van daardie sake is steeds nie afgehandel nie en is ondervang met gesprekke tussen die drie susterkerke om te probeer mediëer. Ek word nog soms daaroor geraadpleeg; elf jaar na my uittrede uit Naudes waarvan ek vennoot was.
Ek bied aan om betrokke te wees by enige gesprekke wat moontlike regsaksies mag oorweeg. Hofsake is deesdae onhebbelik duur en moet met groot wysheid oorweeg word. Ek was baie jare by hierdie bitter geveg tussen die VGKSA en die NGKA betrokke.
Ek lê bepaalde gedeeltes van die uitspraak oor die sinode se bevoegdheid voor. Dit kom verbatim uit die uitspraak:
- “Die algemene sinode is verder, anders as die kerkraad, bloot tydelik van aard en is geen permanente bestuursliggaam nie. Sy bevoegdheid eindig met die uiteengaan van die vergadering. Die algemene sinode is nie by magte om ’n besluit te neem in stryd met die kerkorde nie.”
- “Tussen sinodesittings handel kommissies met omskrewe funksies. Die motief agter die besluit, hoe lofwaardig ookal, is irrelevant. Die volgende dictum van hierdie hof in die saak van die Minister of Interior and Another vs Harris and Others (1952 (4) SA 769) (A) op 793 A – B geld ook vir die algemene sinode: “If an Act is beyond the competence of a legislative body, its motives are irrelevant, whether they be ethical, legal or political.”
- Die algemene sinode is verder nie by magte om ’n bepaling in die kerkordete wysig ten einde ’n doel te bereik wat buite sy magte is nie. In Collins v Minister of the Interior and Another 1957 (1) SA 552 (A) het SchreinerAR op 574 die volgende in hierdie verband gesê (op 574 E-F):
“In general the parts of a scheme take their characterfrom the whole. A scheme to defraud is an obvious example. Another is a scheme to get round a legislative obstacle.” - Art 34 van die kerkorde omskryf die werksaamhede en bevoegdhedevan die algemene sinode. Daaronder val onder andere die behartiging van die ekumeniese belange van die kerk (art 34.1); die administrasie van enbeskikking oor eie fondse en eiendomme (art 34.2); die bepaling van diebeleid wat gevolg moet word in verband met die werksaamhede wat deur diestreeksinodes behartig word (art 34.3); die behandeling van alle sake watdeur die streeksinodes na hom verwys is en die beslissing oor tugsake watdie leer van die kerk raak (art 34.4). Art 34(5) sluit die volgende in onderdie algemene sinode se werksaamhede : “34.5 die aanwysing van die Bybelvertaling(s) wat amptelik gebruik moet word, die vasstelling en vertaling van die belydenisskrifte van die kerk, die kerkorde, die liturgiese formuliere en gebruike, die sangbundel en die orde van die erediens.”
- Laastens is daar gesteun op die bevoegdheid van die algemene sinode in art 34.5 om die “belydenisskrifte”, die kerkorde ens vas te stel. Hierdie sub-artikel beteken sekerlik nie dat die algemene sinode die belydenis en kerkorde na willekeur met ’n gewone meerderheid kan wysig nie, en die sub-artikel moet klaarblyklik onderhewig gelees word aan art 36 wat bepaalhoe die wysiging van die kerkorde en die belydenis moet geskied. Soos ekreeds bevind het, het die wysigingsbevoegdheid ingevolge art 36 nie die bevoegdheid ingesluit om art 61 in te voeg nie. Dit volg dat as art 36 nie die invoeging van art 61 gemagtig het nie, art 34 (5) dit ook nie kon doen nie.
- Vir die redes wat ek genoem het, is ek van mening dat die algemene sinode buite sy magte gehandel het. Die gehele besluit van die algemene sinode van die NGKA op sy vergadering van Julie 1991 om met die NGSK te verenig (besluit 1.1.33) sowel as die besluite wat daarmee in verbandstaan (besluite 1.1.34 tot 1.1.38) was gevolglik ultra vires en ongeldig. Daarbenewens was die wysiging van art 36, soos ek reeds bevind het, ook ongeldig.
- Regter Louis Harms het die uitspraak ondersteun, maar enkele ander aspekte in sy eie redes belig. Hy skryf: “Kerkvereniging lei dikwels tot kerkskeuring. Ten spyte van die geloof in een kerk soos uitgedruk in die ekumeniese belydenisse, is strukturele eenheid in die Christelike kerk na tweeduisend jaar nie bereik nie. Oor die basis van die geloof gaan dit gewoonlik nie maar oor die interpretasie en uitlewing daarvan. Selfs binne dieselfde kerkverband bestaan verskille, byvoorbeeld ten aansien van die uitleg en toepassing van belydenisskrifte. Eensgesindheid binne dieselfde kerk is ook nie juis volop nie. Dit leerdie geskiedenis en illustreer die huidige saak. Sonder om afbreuk te wil doen aan die uitspraak van Vivier AR, waarmee ek dit eens is, vind ek dit tog dienstig om enkele aspekte, al is dit by wyse van herhaling, vanuit ’n effe ander oogpunt te belig. Geloofskwessies is nie vir geregshowe bedoel nie, maar as instansies soos kerke hulle tot die burgerlike gereg wend, moet algemene burgerlike beginsels aangewend word ter oplossing van die geskil. Vergelyk De Vos v Die Ringskommissie van die Ring van die NG Kerk, Bloemfontein, and Another 1952 (2) SA 83 (O) op 94. Tradisioneel word beginsels wat by ander vrywillige verenigings geld, aangewend. Kontrakbeginsels geld, ook die reëls van uitleg wat van meer algemene aard is. Van besondere belang is die ultra vires-leerstuk want as ’n kerkorgaan buite sy bevoegdheid handel, is ’n burgerlike Hof verplig om die handeling tersyde te stel, en is teologiese, kerklike (of ekklesiastiese), politieke (in wyere sin) en praktiese oorwegings onsaaklik. In Wilken v Brebner and Others 1935 AD 175 het Stratford AR, ten opsigte van ’n politieke party, die benadering soos volg opgesom (op 187):’ And so we can phrase the present enquiry. What are the contractual rights of the individual members of this party? At whose disposal were the funds of the party? What was the original trust? . . . The agreement, the trust deed, the constitution, of this party, whatever one may wish to call it, is in writing and we have only to solve the questions submitted to us by ascertaining the meaning of a written document according to the well-established rules of construction. And applying these rules it is relevant to have regard to the general nature of the party, that is, to its aims and aspirations. This is a political party having practical political objects.’
- Hierdie aanhaling, met die nodige aanpassing, beheers die onderhawige appèl. Vergelyk ook Cape United Sick Fund Society and Others v Forrest and Others 1956 (4) SA 519 (A) op 527 in fine–528A. Stratford AR het voortgegaan en verwys na die bekende General Assembly of Free Church of Scotland and Others v Lord Overtoun and Others; Macalister and Others v Young and Others [1904] AC 515 (HL) waar die bevoegheid van kerke om saam te smelt onder andere aan die hand van ’n ‘inference from historical sequence of events’ beoordeel is. Vir doeleindes van sy uitspraak het hy na ’n minderheidsbevinding op die feite verwys, maar die meerderheidsuitgangspunt – soos Beyers AR uitgewys het (op 195) – was dat ‘ the bond of union of a Christian association may contain a power in some recognised body to control, alter, or modify the tenets or principles at one time professed by the association; butthe existence of such a power must be proved’.
- Die kernvraag is of die VGK hierdie bewyslas gekwyt het. Deels is die VGK se advokate se betoog gebaseer op ’n oorvereenvoudigde siening van wat die ‘kerk’ is. Die woord ‘kerk’ het meerdere betekenisse (vgl 66 American Jurisprudence 2de uitg op 756–7), soos ook uit die kerkorde van die NGKA blyk. Da’kerk’ nie sinoniem is met die algemene sinode nie, staan vas. ‘Sinode’ is in gewone betekenis ’n algemene kerkvergadering waar gemeentes mekaar ontmoet en het oorspronklik beteken die ontmoetingspunt van twee of meer paaie (HAT sv ‘sinode’ wat tegelyk ook ’n kort omskrywing van die verskillende soorte kerkregerings bevat en wat beweer dat gereformeerdes volgens die presbiteriale stelsel geregeer word, iets wat die VGK se advokate nie wil hê ons moet lees nie). Die algemene sinode ‘verteenwoordig’ ook nie in alle opsigte die ‘kerk’ nie. Sodra dit besef word, word die algemene bevoegdhede van die algemene sinode in verband geplaas. Aangesien die Formuliere van Enigheid by wyse van verwysing by die kerkorde ingelyf (art 1), vorm dit deel van die sogenoemde kontrak wat die NGKA beheers en is die VGK se advokate se verset teen ’n verwysing daarna of die historiese konteks onverstaanbaar en uit die aard van hierdie saak te betreur. Dat die NGKA ’n gereformeerde kerk is, sê sy naam en sy kerkorde.
- ‘n Gereformeerde kerk is een volgens – ten minste naastenby – die Calvinistiese tradisie (HAT sv ‘gereformeer(d)’). Dit behels, onder andere, ’n regering deur presbiters, oftewel ouderlinge. Vergelyk Ramsey et al v Hicks et al 91 NE 344, ’n uitspraak van die Supreme Court of Indiana. Die leraar is ook maar ’n ouderling, hoewel lerend, terwyl die ander as regerend omskryf word (art 4.1 van die kerkorde). Daarom oefen die leraar en die ouderlinge die regering oor die gemeente uit (art 7.6 en 14.2). Demokraties is die stelsel nie omdat in veral die breëre NG kerkverband lidmate nie stemreg het nie, selfs nie by die verkiesing van ouderlinge nie. Tog word die gemeente deur die kerkraad regeer. Die bevoegdheid tot ontbinding van ’n gemeente of ter verandering van die kerkverband berus egter nie by die kerkraad nie (vgl Du Preez en Andere v Nederduitse Gereformeerde Gemeente, De Deur 1994 (2) SA 191 (W))
- Dit beteken egter nie dat gereformeerde kerke kollegialisties is nie – elke gemeente is nie ’n onafhanklike organisasie nie, ‘governed solely within itself, either by a majority of itsmembers or by such other local organism as it may have instituted for the purpose of ecclesiastical government’ (66 American Jurisprudence 2de uitg op 758). Ook op die vlak van die algemene sinode geld eenvoudige meerderheidsregering nie. ‘Regte’ is verskans. Wat die ‘belydenis van die kerk’ betref, kan dit ooreenkomstig art 36.1 in sy oorspronklike vorm alleen gewysig word mits aan drie formele vereistes voldoen is, naamlik (i) raadpleging van alle kerke van die NG Kerkverband, (ii) ’n twee-derde meerderheidstem ten gunste van die verandering deur elke streeksinode afsonderlik en eers daarna (iii) ’n twee-derde meerderheidstem van die algemene sinode. Grondwette en kerkordes verskans regte van minderhede deur middel van selfopgelegde formaliteite. Andersins is ’n minderheid aan die sogenoemde tirannie van die meerderheid uitgelewer. Nie dat die meerderheid nie ook aan die tirannie van die minderheid onderwerp word nie, maar daar bestaan geen ander wyse om regte te verskans as deur middel van formaliteite nie. Vanweë die oogmerk van verskansing moeteffek aan daardie oogmerk gegee word en is beginsels wat hulle oorsprong in die konstitusionele reg van ’n Parlement met sogenoemde absolute mag het, nie toepaslik nie. Om te bepaal of art 36.1 teen wysiging deur art 36.2 verskans is, vra mens die kernvraag, naamlik wat die oogmerk van die verskansing in art 36.1 was. Omdat diebestaansreg van die NGKA in sy belydenis te vinde is, moet aanvaar word dat die partye by die aanvaarding van die kerkorde buitengewone gewig aan die relatiewe onaantasbaarheid van die belydenis wou gee, veral gedagtig daaraan dat die Formuliere van Enigheid sedert 1619 nie verander is nie en die ekumeniese belydenisse na die beginjare van die Christelike kerk terugdateer. As art 36.1 en 36.2 as ’n eenheid gelees word, kan daar geen twyfel oor die aangeleentheid wees nie.