Brief: Leser nuuskierig ná radio-onderhoud met Jan Lubbe

Die volgende brief het ook in Netwerk24 verskyn met die titel “Leier se stellings nie klinkklaar” (1 Aug 2024)

Kyk Eerder geroepenes in eenheid van ware geloof (7 Aug 2024) waarin Jan Lubbe op hierdie brief reageer.

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

Brief: Leser nuuskierig ná radio-onderhoud met Jan Lubbe | Kerkbode

Kerkbode, 31 Julie 2024

Henrietta Klaasing van Randfontein skryf: Op Dinsdag 23 Julie 2024 in die program “Op en wakker” het Pieter Steyn van RSG ’n onderhoud gevoer met ds Jan Lubbe. Wat ’n wonderlike geleentheid vir die leier nie net van die Algemene Sinodale Moderamen van die NG Kerk nie, maar ook van die Vrystaatse Sinode om ’n landswye gehoor te hê! Hy het onderhoudend vertel oor sy kinder- en jeugjare in Kuruman, oor sy roeping, sy gesin en sy familie. Ek het groot waardering vir sy kennis oor kerkgeskiedenis, filosofie, politiek en oor “kerkskeuring” in die dae van die AP Kerk en ook Kuyper se tyd; vir sy bereidheid om ruimte te gee vir huidige verskillende sienings in die NG Kerk. Sy woorde “bly weg van ’n magspel” is ook verblydend.

Daar is egter kwessies waarna ek ’n paar keer moes luister om seker te maak dat ek Lubbe nie misverstaan het nie:

  1. Eenheid in die kerk – Stel Lubbe eenheid bo die waarheid van die Woord?
  2. Menslike seksualiteit – Wetenskap, sielkunde en medici word genoem. Ek het gemis wat in die Bybel staan oor menslike seksualiteit?
  3. Paaie na die hemel – Ek het gehoor daar word gesê elke mens moet sy eie smalle weg vind; hemel is waar God is en dit is in ons verhoudings met mekaar. Dit klink soos iets wat ’n guru sal kwytraak! Staan daar nie in die Bybel dat Jesus die enigste weg tot saligheid is nie?

Ek sal dit waardeer as Lubbe kan bevestig of ek reg gehoor het. Ek is seker daar is baie luisteraars wat ook soos ek, graag antwoorde wil hê.

Kommentaar

Daniel Louw

Dit is duidelik dat Jan Lubbe wel ruimte maak vir redding sonder Jesus Christus. Kyk maar self wat hy in die onderhoud gesê het:

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui