Kyk ook: |
Chris Jones is die hoof van die Universiteit Stellenbosch se kantoor vir Moraliteit en Morele Leierskap vir die NG Kerk.
Hy glo die volgende:
- Hy glo in evolusie en ontken die sondeval
- Hy ontken die sondige aard van homoseks
- Hy ontken die sondige aard van buitehuwelikse seks
- Hy ontken die duiwel as ’n persoon
- Hy ontken die bestaan van die hel
- Hy is ’n aanhanger van intergodsdiens. Oor gesprekke tussen Christene en Moslems, sê hy: “Shift from conversion to conversation”.
- Dus is hy ’n universalis – hy glo dat alle mense hemel toe sal gaan.
Oor Andries van Aarde, sê Jones (kyk hier):
“Andries van Aarde verdien om deur meer mense en instellings gerespekteer te word vir sy grootse bydrae tot teologiese navorsing nie net in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd. Die liefde, geregtigheid en wysheid wat ons by die historiese Jesus aantref, deurdring sy lewe. Hy is een van Suid-Afrika se grootste en nederigste teoloë wat meer erkenning verdien,”
Jones het duidelik vir homself sy eie god geskep.
Dit is weereens ’n bewys dat die teologiese fakulteite een van die grootste vyande van die NGK is.
Kyk ook die volgende artikels:
- Hy is ‘radikaal soos Jesus’ en ’n ‘aktivis vir geregtigheid’ (6 Mei 2022)
- Gays ‘nog meer onveilig’ in kerk (22 Aug 2021)
- Wet oor diskriminasie: Wat beteken dit regtig? (26 Jun 2021)
- Die reg om te sterf (25 Feb 2021)
- Folau het sy brein laat kaap (2 Jun 2019)
- Meer eenders as anders (20 Nov 2016)
- Daar is nie ’n ‘Bybelse huwelik’ nie (19 Feb 2016)
- Drie wyses: Waar is die hel? (7 Jun 2015)
- Biologie perk nie Bybelse liefde in (2 Feb 2014)
- Tyd vir die kerk om op te staan (19 Jan 2013)
- Drie wyses dink tesame oor… evolusie (14 Sep 2014)
- Dr Chris Jones se waardes verdag maar gewild (2012)
- Kuratorium was verantwoordelik (15 Mrt 2012)
- Chris Jones en Sheg Najjar praat oor intergodsdiens op RSG (25 Sep 2011)
- RSG Praat Saam Chris Jones – Huwelike (8 Mrt 2011)
- Jones en Kirkpatrick vra Claassen om verskoning namens Christene (2009)
- Teoloë vra om verskoning vir onverdraagsames (16 Okt 2009)