Dr Chris Van Wyk is leraar van die Somerstrand-gemeente in Port Elizabeth. Hy is ’n voormalige moderator van die Oos-Kaapse sinode.
In 2018 het Hennie Pienaar hom by die MRK gaan aankla oor sy uitlating dat indien die kerk homoseksualiteit moet aanvaar, die kerk vir dieselfde redes ook pedofiele sal moet aanvaar.
Die saak teen hom is eers op 9 Oktober 2020 laat vaar.
Kyk ook:
- Van rusie na ruimte – ‘n Perspektief op konflik in die kerk (23 Okt 24)
- ‘n Skrifgetroue Geloofsfamilie fokus op die Boodskap van verlossing in Leer en Lewe (22 Jul 2022)
- Meer as 10 vrae aan Chris van Wyk (3 Nov 2021)
- Omstrede NGK-predikant nuwe moderator van sinode van Oos-Kaapland (12 Okt 2021)
- Selfdegeslagverhoudings versus die rol van vroue en die hantering van slawerny (7 Nov 2020)
- Opsomming van klag van haatspraak teen Chris van Wyk (Okt 2018-Okt 2020)
- Chris van Wyk – onskuldig! (14 Okt 2020)
- Verdeeldheid in kerk oor etiese kwessies bring uitdagings (8 Okt 2020)
- Ope Brief aan die NG Kerk (Andre Bekker, 19 Mrt 2020)
- Dominee van haatspraak aangekla oor pedofilie-uitsprake (7 Okt 2019)
- Die gelykenis van die onkruid tussen die koring (26 Jul 2019)
- Chris van Wyk oor homoseksualiteit vs pedofilie (27 Sep 2018)
- My gewete is gebind deur die Bybel en ons belydenisskrifte (18 Sep 2018)
- Die Dordtse Leerreëls in gedrang (6 Sep 2018)
- Opstanding en lewe na die dood (26 Mei 2017)
- Want die Bybel sê so (24 Nov 2016)
- Gravamen aan die buitengewone Algemene Sinode van die NG Kerk 2016 (Sep 2016)
- Paulus draai nie doekies om nie (19 Apr 2016)
- Kommentaar op Chris Jones se “Daar is nie ’n ‘Bybelse huwelik’ nie” (19 Feb 2016)
- Bartlett se uitleg verkeerd (5 Feb 2016)
- The Symbolic and Sacramental Reading of the Bible – Sacral or Sacrilege? (2015, in reaksie op die dokument “Geloof en die wetenskap”)
- Die status van selfdegeslagverhoudings (Okt 2015)
- Moderatorsgesprek oor die opstanding (2009?)
Dit is werklik hartseer en jammer dat predikante wat die Bybel glo, preek en leef alewig in die moeilikheid is, maar Christus het mos gesê dat alles wat reg is sal verkeerd gemaak word en alles wat verkeerd is sal reg gemaak word. Ek is ’n Prof in Teologie wat my toelê op eksegese en hermeneutiek. Ek is nie lid vd drie Susterskerke of Hoofstroomkerke soos hulle ook genoem word nie, maar die hoofleraar van ’n Evangeliese kerk. Sterkte dr. Chris van Wyk. Ek bid vir jou.
//Christus het mos gesê dat alles wat reg is sal verkeerd gemaak word en alles wat verkeerd is sal reg gemaak word. //
Waar het Christus dit gese?
Dis egter korrek dat dit presies dit is wat al vir geruime tyd gebeur. Die reg/wet word op sy kop gedraai, stadig maar seker.
Dr Chris, dit is blymoedigend om te ervaar dat u die Bybel en God ag bo, mens gesentreerde leringe. Waarom het die “vertalers” toegelaat dat ons Hemelse Vader se Naam waarmee Hy aan Moses verskyn het, uit te haal uit die Skrif.
Sal graag van u wil hoor, ek leer uit die skrif dat ons beskutting, slegs in Sy Naam is. Die “kerk” leer ons om ‘n Titel te aanbid.