Daling in godsdienstigheid

Onderstaande is op facebook/kerkbode geplaas, en die kommentare hieronder het ook daar verskyn.

http://www.facebook.com/#!/kerkbode/posts/171262283010204

 

Henrietta Klaasing -> Kerkbode

Mens moet jou nie sommer deur WIN Gallup international index of religiosity and atheism se navorsing aan die neus laat lei nie, al het dit oral reaksie uitgelok:
http://www.beeld.com/​Suid-Afrika/Nuus/​Kerke-verloor-baie-20120812 ;
http://www.citypress.co.za/​SouthAfrica/News/​Fewer-SAns-are-religious-survey​-20120810 ;
http://www.sowetanlive.co.za/​news/2012/08/10/​fewer-people-are-religious
 
Meer verlaat kerke
2012-08-12 20:48
Neels Jackson
 
Die verlies aan godsdienstigheid onder Suid-Afrikaners is nie ’n verrassing nie, maar die omvang daarvan is wel skokkend.
So het prof. Nelus Niemandt, moderator van die NG Kerk, gister gereageer op die nuutste peiling van die Win-Galup International Religiosity and Atheism Index.
Daarvolgens het die aantal Suid-Afrikaners wat godsdienstig is, van 2005 tot 2012 geval van 83% van die bevolking tot 64%.
Dié daling van 19 persentasiepunte word net oortref deur dalings in Viëtnam (23%), Ierland (22%), Switserland en Frankryk (21% elk).
Niemandt sê die tendens bevestig die vermoede van groeiende sekularisasie.
Hy meen kerke moet diep vrae aan hulself stel. Hulle moet die geweldige kragte van die verbruikerskultuur beter verstaan en ’n alternatiewe leefstyl aan hul mense bied.
Dr. Wim Dreyer van die Hervormde Kerk se Sentrum vir Missionale Bediening sê dis nie ’n nuwe tendens nie. Dit kom al sedert die dae dat Galileo en Darwin vir denkskuiwe gesorg het wat mense laat vra het waar God inpas.
Kerke moet nou vra of daar weer so ’n denkskuif aan die gang is. Hy verwys na die opkoms van postmodernisme en die verlies van ’n waarheids­begrip wat mense die geloof laat bevraagteken.
Volgens hom is daar tog hoop vir die kerke. Daar is plekke waar mense by die egtheid van die geloof uitkom waar dit weer groei.
Dit is waar mense verby die verbruikerskultuur kyk en herontdek wat dit beteken om ’n egte dissipel van Jesus te wees.
Geloof self is nie die groot probleem nie, sê Dreyer. Die probleem is om dit sinvol te kommunikeer in veranderende omstandighede.
Niemandt sê mense stel deesdae minder belang in dogma en meer in ervaring van God.
Kerke is egter nog op dogma ingestel.
Hy meen kerke moet skuif van ’n benadering waar dit van mense verwag word om eers te bely, dan om tot ’n kerk te behoort en dan om hul geloof in God te ervaar, na ’n omgekeerde volgorde waarin die ervaring met God eerste kom, die behoort tweede en die bely eers daarna.
 
 
[Hier bygevoeg: Hier is prof Nelus Niemandt se eie skrywe daaroor.
 
Weg van kerke, na nuwe tuiste
Nelus Niemandt
 
Die energieke gesprekke oor lidmate wat die kerk verlaat, het nuwe inhoud gekry met ’n verslag van WIN Gallup International wat aandui dat Suid-Afrika een van die lande ter wêreld is waar godsdienstigheid die vinnigste afneem.
Dit is nie ’n eenvoudige saak nie en daar lê dalk meer agter die storie as wat ’n mens vermoed …
Die verslag gee nie spesifieke inligting oor Afrikaanssprekendes nie, maar in die verlede is al heelwat redes aangevoer oor hoekom Afrikaanse lidmate al hoe minder kerk toe gaan en baie van hulle eenvoudig nie meer formeel lidmaat van ’n kerk wil wees nie.
Daar is oortuigend geredeneer dat ’n mens liewer na die impak en toewyding van kerkmense moet kyk as na getalle. Ander voel weer dat leerstellige waarhede die kerk moet suiwer.
Die verlies aan lidmate word op verskillende maniere verklaar. Dit het te doen met demografie en dat die bevolking gemiddeld al hoe ouer word en dat Afrikaanses al hoe minder kinders het.
Dit het te doene met honderdduisende lidmate wat geëmigreer het. Dit het dalk te doene met sekularisasie – wat eenvoudig beteken al hoe meer mense kies bewustelik om nie in God te glo nie.
Ons leef in ’n samelewing waar mense aanvaar dat hulle vry is om hul eie keuse te doen.
Hierdie nuwe vryheid is meer as bloot ’n godsdienstige verskynsel – dit is ’n sosiale verskynsel.
Dit verbaas dus nie as mense ook hul geloofskeuses met geesdrif anders uitleef nie. Hulle neem nie meer godsdienstige besluite op grond van verpligtings nie, maar op grond van die oorvloed keuses om geloof op verskillende maniere uit te leef.
In die VSA het meer as 44% van Amerikaners al van kerk of selfs geloofsoortuiging verander.
Die grootste groep van diegene wat ’n keuse uitgeoefen het om te verskuif dui aan hulle is nog gelowig, maar behoort nie meer tot ’n georganiseerde kerk nie.
Sulke mense beskryf hulself dikwels as mense wat nogtans baie ernstig is oor geloof en wat passievol op reis is na dieper betekenis in die lewe.
Diana Butler Bass praat in haar boek Christianity After ¬Religion: The End of Church and the Birth of a New Spiritual Awakening van die krisis wat godsdienstigheid oor die wêreld heen ervaar.
Sy verwys na ’n klomp gebeure wat die laaste paar jaar die aaklige kant van godsdiens gewys het.
Die gebeure van 11 September 2001 en die reaksie daarop was baie negatief. So ook die krisis in die Rooms-Katolieke Kerk weens hofsake oor seksuele wandade van kerklike leiers. Die onverdraag¬same manier waarop die hele saak van homoseksueles gehanteer word, is nog ’n voorbeeld.
Bass is van mening dat mense nie minder glo of minder begaan is oor geestelike sake nie. Dit is eerder ’n geval van die einde van die manier waarop godsdiens georganiseer is en die begin van ’n nuwe geloofsontwaking.
Hoewel ons nie in Suid-Afrika oor dieselfde omvangryke statistieke beskik nie, maak Bass ’n klomp stellings wat mens tot nadenke stem: Sy sê dat Christendom besig is om ’n massiewe verskuiwing te ondergaan.
Dit is ’n beweging weg van godsdiens wat gebou is op leerstellings oor geloof na geloof wat ervaar word met die hele menswees, wat die verstand insluit.
Indien iets van Bass se waarnemings ook in Suid-Afrika geldig is, veral ná die nuwe inligting oor die afname in godsdienstigheid, het dit omvattende implikasies vir kerke.
Die gebruiklike godsdienstige vraag was oor dogma en leerstellings. Die nuwe vraag is oor ervaring, verhoudings en verbind wees.
Dalk help hierdie ons insigte om na te dink oor die lidmate wat kerke verlaat en op reis is na ’n nuwe geestelike tuiste.
 
Prof. Nelus Niemandt is die mode¬rator van die algemene sinode van die NG Kerk.
]
 
 
Kommentare:
 
 
Henrietta Klaasing
 
Hier is die top tien mees religieuse lande volgens dié navorsing en hieronder die aantal Chrisene daar volgens Operation World – – wanneer van hierdie inwoners “ateisties” raak, beteken dit nie noodwendig dat dit CHRISTENE is wat hul geloof versaak nie.
1.Ghana : 63% Christene
2.Nigeria : 52% Christene
3.Armenia : 85 % Christene
4.Fiji : 58 % Christene
5.Macedonia : 63 % Christene
6.Romania : 87 % Christene
7.Iraq : 96 % Moslems
8.Kenya : 78 % Christene
9.Peru : 90 % Christene
10.Brazil : 91 % Christene
Lees die navorsing hier :
http://www.wingia.com/web/​files/richeditor/​filemanager/​Global_INDEX_of_Religiosity​_and_Atheism_PR__6.pdf
http://www.wingia.com/web/​files/richeditor/filemanager/​Global_INDEX_of_Religiosity_and​_Atheism_PR__6
 
 
Adi Schlebusch
 
Dis verseker nie ware Christene self wat hul geloof verloor nie, maar dit is die effek van ’n voormalig Christelike samelewing wat afvallig raak – die eerste generasie hou gewoonlik bloot geleidelik op bybel lees en kerk toe gaan en die tweede/derde generasie antwoord “ateis” of “nie-godsdienstig” op die meningsopname.
 
 
Henrietta Klaasing
 
Daar steek sekerlik waarheid ten opsigte van wit mense in wat jy sê, Adi. Maar in een van die vorige uitgawes van die JOY! tydskrif is vertel van die fenomenale groei van die Christendom in Afrika – Google dit gerus, en lees ook hier daarvan (2011 statistiek):
http://​www.theafricareport.com/​index.php/news-analysis/​the-phenomenal-rise-of-chri​stians-in-africa-50178468.​html
Of die verslag self hier op PEW forum se webwerf:
http://www.pewforum.org/​Christian/​Global-Christianity-worlds-​christian-population.aspx
Wie van die navorsers moet mens dan glo? Ek bly skepties oor die AARD van die navorsing. Topline Research Solutions (TRS) het die inligting hier in SA “face to face” gedoen. Dit is gedoen deur drie persone, Patson Gasura, Diana Nyarirangwe en Florence Ndanga. Hulle is ook die enigste persone wie se name op die firma se webblad genoem word. Die kantore is in Johannesburg. Dit is onwaarskynlik dat hulle vir so ’n klein steekproef (200) die moeite sal doen en deur al 9 provinsies sal gaan, soos dit vir ’n goeie steekproef betaam. Indien hulle net in Gauteng rondgegaan het, is die resultate nie ’n verrassing nie.
The phenomenal rise of Christians in Africa [50178468] | African news, analysis and opinion – The Af
Christians in sub-Saharan Africa represent nearly a quarter of the world’s Christians, according to a study by the Pew Forum..
 
 
Albert Cruywagen
 
Soy se berigte is erg onbetroubaar!
 
 
Alwyn Van Schoor
 
Hoe betroubaar kan jou opinie nou wees? Veral as die doom nie eens die tydskrif se naam reg het nie—–
 
 
Jean Oosthuizen
 
O my boy wie lees Joy! As daar nou ooit ’n eensydige publikasie met bedenklike bronne is dan is dit Joy en haar Afrikaanse sussie Juig se gesuig!
 
 
Henrietta Klaasing
 
“As daar nou ooit ’n eensydige publikasie met bedenklike bronne is dan is dit Kerkbode en veral sy susterblad KBFB.” – – reaksie wat iemand wat hier lees vir my per e-pos gestuur het en wat ek met graagte plaas
 
 
Stefaan de Jager
 
Jean, hoe raak jy nou so geniepsig jong? Wanneer mens bedreig raak kraak jy ander af. Los maar die subjektiewe kritiek op hierdie tydskrifte en help meewerk dat die tydskrif/koerant waarvan jy die nuusredakteur is nie `n Kerklosbode word nie.
 
 
Alwyn Van Schoor
 
Lyk vir my ook asof die pot verskriklik graag wil he dat die ketel ook pik swart moet wees.
 
 

Alwyn van der Merwe

Jean, ek double dare jou om iets positiefs te skryf. Groot asseblief. Ons het ’n weddenskap (sonder geld, verloorders maak koffie vir ’n week) in die kantoor om te kyk of dit moontlik is. Ek neig na NEE toe.

 

Hennie Mouton

Alwyn, ek is deur Jean geblok en kan dus nie sy kommentare lees nie. Sedert my blokkasie beleef ek sy kommentare darem nie as negatief nie. Tel “nul” in sy geval ook as positief?

 

Alwyn Van Schoor

Alwyn jy gaan koffie maak totdat dit by jou ore uitkom – hy word heel waarskynlik betaal om so te wees.

 

Stefaan de Jager

Hennie, daar het intussen `n etiese kode by Kerkbode gekom wat maak dat ouens hul woorde moet tel voor hulle beledigend en kwetsend raak. Dit is ook van toepassing op die werknemers van Kerbode.

 

Alwyn van der Merwe

Stefaan, jy is ongelukkig verkeerd. Party diere is meer gelyk as ander. Die etiese kode is slegs van toepassing op behoudendes.

 

Alwyn Van Schoor

Nou so van etiese kode gepraat – wat het van Catharina geword??

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui