Kyk ook:
Danie Veldsman was ’n dosent aan die Universiteit van Pretoria. In Oktober 2014 het hy hoof van die Departement Dogmatiek en Christelike Etiek aan die Universiteit van Pretoria geword. Sy oom was die baie bekende dogmatikus, Prof Johan Heyns (1928-1994).
Hy was een van die lede van die kommissie wat Ferdie Mulder se klagtes teen Julian Müller, Dirk Human en Jurie le Roux beoordeel het. Veldsman self ontken Jesus se letterlike opstanding. Hy het in 1993 al geskryf:
“Eksperimenteel sou ek as verklaring van die leë graf, wou beweer dat: (1) Die lyk van Jesus verwyder is na aanleiding van ’n sekere begrafnisgebruik van daardie tyd … die versamel van die beendere was ’n daad van die grootste piëteit en het as gebruik die eskatologiese hoop van die gemeenskap versterk. Sou hierdie nie moontlik as agtergrond kon dien vir die verwydering van die lyk nie?” (HTS 49/4, 1993: 995-996).
Hy het ook onder Adrio König se pen deurgeloop oor die opstandingskwessie (kyk Jesus se leë graf is die toetssteen, 8 Okt 2009).
Oor ’n Christelike universiteit is hy baie skepties (Aug 2012) en sê dit is niks anders nie as ’n “laertrek-mentaliteit” as Christene hulle op dié manier wil afsonder.
Kyk ook
- NG teoloë reageer (30 Sep 2018) – teken petisie teen Chris van Wyk
- Kerk se onreg teen Ferdie Mulder (Jan Louw)
- Menigte protesteer teen Dirkie se brief (14 Nov 2016)
- Só pak die teologie probleme aan (17 Jun 2016)
- 65 maak beswaar teen bevriesing van gay besluit (29 Nov 2015)
- Danie Veldsman se intreerede – Jurie le Roux (30 Okt 2014)
- Min entoesiasme vir Christelike universiteit (15 Aug 2012)
- Verrassende wetenskap uit Duitsland wat geloof bou en nie vernietig nie! (20 Apr 2012)
- Nuwe bedeling en nuwe lewe (16 Apr 2012)
- Seisoen van (eensydig) luister! (Feb 2010)
- UP Teologiese Fakulteit – Claassen in, Harwood uit (Feb 2010)
- Jesus se leë graf is die toetssteen (8 Okt 2009)
- ‘Ek het vir u te veel respek om te sê u jok’ (Adrio König, 3 Okt 2009)
- Die ontkenning van Jesus se liggaamlike opstanding uit die dood – ’n Teologiese agtergrond (Ferdie Mulder, 25 Aug 2007)
- DVD: Nuwe Strominge in die Teologie (Sarel van der Merwe)
Die skakels wat hierby aangedui word is baie insiggewend.