Kyk ook:
Dawid was die seun van Isai. Hy was die jongste van agt seuns.
Hier volg Dawid se tydlyn volgens The Annals of the World.
Beskrywing | Ouderdom | vC | Nota |
---|---|---|---|
Saul word koning | -10 | 1095 | |
Dawid word gebore | 0 | 1085 | |
Dawid word tot koning gesalf | 10-12 | 1075? | 1 Sam 16 |
Dawid verslaan vir Goliat | 15? | 1070? | 1 Sam 17 |
Dawid vlug vir Saul. Hy sluit aan by Akis en woon daar vir ‘n jaar en vier maande | 25 | 1060 | 1 Sam 21:10 |
Saul sterf | 30 | 1055 | |
Joab vermoor vir Abner | 37 | 1048 | |
Dawid regeer nou ook oor Israel | 37 | 1048 | |
Dawid val Jerusalem aan en neem dit oor van die Jebusiete | 37 | 1048 | 2 Sam 5:6-7 |
Dawid bring die verbondsark na Jerusalem | 40 | 1045 | 2 Sam 6:17 |
Dawid vermoor Uria en trou met Batseba | 50 | 1035 | |
Salomo word gebore uit Batseba | 51 | 1034 | |
Amnon, Dawid se oudste seun, verkrag vir Tamar | 53 | 1032 | |
Absalom maak Amnon dood | 55 | 1030 | 2 Sam 13:23 |
Absalom sterf | 62 | 1023 | |
Dawid hou ‘n sensusopname | 68 | 1017 | |
Dawid sterf | 70 | 1015 |