Kyk ook:
Historiese kritiek bestaan uit verskeie metodes van skrifhantering waar die teoloog homself die reg toeëien om die teks self te bevraagteken. Een van die dinge wat bevraagteken word is die Bybelskrywers se interpretasies oor verskillende dinge. Die volgende is voorbeelde:
- Die outeurs van die Bybel het baie duidelik geglo dat Genesis 1-11 as geskiedenis gesien moet word (kyk byvoorbeeld Die Bybel oor die ouderdom van die aarde en Die Bybel oor skepping vs evolusie).
-
Die outeur van Genesis 6 tot 9 het baie duidelik geglo dat die sondvloed werklik gebeur het en dat dit wêreldwyd was. Jesus (Matteus 24:37-39) en Petrus (2 Petrus 3) verwys ook na die sondvloed as iets wat werklik gebeur het (kyk Was die sondvloed ’n globale vloed of slegs ’n lokale vloed?)
- Die Nuwe Testamentiese skrywers is baie duidelik daaroor dat Jesus se koms reeds in die Ou Testament voorspel is (kyk Die Bybel oor die vervulling van profesieë).
- Paulus glo baie duidelik dat homoseksualiteit sonde is (kyk Die Bybel oor homoseksualiteit).
Tog is daar baie mense wat die Bybelskrywers se interpretasies hierbo bevraagteken. Hulle redeneer dat die Bybelskrywers voorwetenskaplik was. Dit is idee dat Bybelskrywers op ’n totaal ander manier na die wêreld gekyk het en dat dit wat hulle geskryf het nie op sigwaarde alleen geïnterpreteer kan word nie.
Wat antwoord ‘n mens daarop?
Eerstens, die integriteit van beide die Ou- en Nuwe Testament is bo verdenking. Van alle antieke manuskripte is die Bybel by verre die mees betroubaarste. Wanneer daar byvoorbeeld na die manuskripbewyse vir die Nuwe Testament verwys word, praat Daniel Wallace van “an embarrassment of riches”. Kyk byvoorbeeld:
Tweedens, die mense in daardie tyd was in ‘n veel beter posisie as ons om te oordeel oor hierdie kwessies. In die eerste eeu na Christus word die 27 boeke van die Nuwe Testament afgehandel (in Grieks op papirus). Die voorwaarde vir die insluiting van ’n boek in die Nuwe Testament is dat dit geskryf is deur óf ’n apostel óf iemand wat dit van ’n apostel neergeskryf het (soos byvoorbeeld Lukas). Hierdie voorwaarde is juis in plek gesit om te verseker dat die Nuwe Testament integriteit het. Verder is hulle interpretasies gebaseer op veel meer as bloot dit wat vir ons in die Bybel opgeteken is. Johannes bevestig dit:
In Johannes 20:30-31 staan: (30)Jesus het nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek beskrywe is nie, voor sy dissipels gedoen. (31)Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê.
En Johannes 21: (25)Daar is nog baie ander dinge wat Jesus gedoen het. Maar as dit een vir een beskrywe moet word, dink ek, sou die hele wêreld nie genoeg plek vir die boeke hê nie.
Neem in ag dat daar ‘n magdom inligting verlore gegaan het met die vernietiging van die biblioteek van Alexandrië. Dit kon moontlik inligting bevat het wat die Bybelskrywers se interpretasies vir ons kon bevestig, maar dit is vir ewig verlore.
Die volgende aanhaling uit Genesis: Myth or History? sê dit baie goed:
Bible authors believed Genesis to be history and they rejected myths and ‘cleverly invented stories’ (2 Peter 1:16). Eminent early exegetes like Josephus, medieval Jewish scholars, church fathers like Basil the Great, Reformers like Luther and Calvin, also all understood it to be historical. C.S. Lewis had strong words to say about modernists writing thousands of years later and far removed from the cultural context, yet claiming to understand the text better that those living much closer to the time and culture of the writings. He also came to reject evolution.
Daarom het ons as Christene geen keuse as om te aanvaar wat vir ons in die Bybel (beide Ou- en Nuwe Testament) opgeskryf is nie.
Verdere bronne
- Hoe het die Nuwe Testament ontstaan? (bybelkennis.co.za)
- Fern-seed and Elephants (CS Lewis), wat wys hoe maklik iemand anders se werk verkeerd geïnterpreteer kan word.