Die ‘gees van Antichris’ vier nou hoogty in kerke

*******

Die ‘gees van Antichris’ vier nou hoogty in kerke | Rapport

Jan Soer

Sondag, 1 September 2024

Die Bybel voorspel dat die sedelose Babel tot ’n val gaan kom. Die bose klop reeds, skryf dr. Jan Soer.

Ek verwys na die brief van prof. Hoffie Hofmeyr op verlede week se brieweblad waarin hy aanvoer dat die NG Kerk (NGK) vinnig besig is om uit pas te raak “en moontlik selfs die bus van werklike reformasie en oorlewing kan verpas”.

Sy kritiek behoort ook saamgelees te word met die berig (in Beeld verlede Saterdag) dat die kerkgebou van die NG gemeente Quaggapoort te koop is.

Ek stem saam met baie van die professor se stellings, maar wil sy argumente selfs verder uitbrei na die geestestoestand van die hedendaagse breë Christelike kerk.

Kom ek begin by my. Sy brief het my laat terugdink aan sowat 50 jaar gelede toe ek as 20-jarige NG lidmaat my laat grootdoop het by ’n “sekte”. Natuurlik het ek geen begeerte gehad om die NGK te verlaat en my lidmaatskap te verloor nie, maar ek is onder sensuur geplaas weens my besluit om my te laat doop. Ek sal nooit die laaste gesprek vergeet wat ek met my destydse predikant hieroor gehad het nie.

Dit het min of meer soos volg verloop: “Dominee, julle het nou van my ontslae geraak omdat ek kwansuis die kerk se wette gebreek het, terwyl ek vas oortuig was dat ek Jesus se wet nagekom het. My woorde aan jou vandag hier, dominee, is dat daar nog baie ander lidmate van die kerk net soos ekself hulle gaan laat groot doop. Hulle sal sodoende ook onder sensuur geplaas word en daarom gedwing word om die kerk te verlaat. Glo my, so sal die NG Kerk nog eendag leegloop”.

In nabetragting was ek miskien ’n bietjie bitter en venynig en het ek nie werklik bedoel wat ek gesê het nie. Maar ek sal graag die syfers wil sien van hoeveel gelowiges dié kerk verlaat het oor die afgelope 50 jaar – en dit as gevolg van grootdoop. My skatting is ’n hele paar kerke vol.

Verder lyk dit vir my tog asof my waarskuwing aan die dominee besig is om waar te word as ek lees dat daar oor die laaste paar jaar 50 NG gemeentes verklein of gesluit moes word weens verskeie redes wat binne die NGK heers. Een van die redes wat aangevoer word, is die demografiese omgewing en die feit dat baie lidmate en Afrikaanssprekendes trek uit die gebiede waar hulle ook eens die meerderheid was. Volgens Beeld ervaar die NG kerke dieselfde as wat met skole en koerante gebeur.

Miskien moet die kerkleiers ophou om allerhande verskonings uit te dink vir die tendens dat die kerke besig is om leeg te loop en moet hulle net eerlik erken dat sekere gemeentes binne die Kerk nie meer belangstel om Jesus se kernboodskap te preek nie, naamlik om tot bekering te kom, Hom te dien en sy woord eerste te stel.

Is dit korrek om nou die skuld op faksies, individuele leiersfigure, sinodes en kerklike strukture te laai? Moet ons nie eerder die kern­oorsaak van die leegloop van kerke op die afdwaling van God se Woord plaas nie?

Ter aansluiting by bogenoemde, moet dit wat met die NGK en kerke in die algemeen gebeur nie binne die konteks van Openbaring gesien word nie?

Is dit nie so dat die “leegloop” van die NGK deel is van ’n wêreldwye tendens en dat dit binne die wyere konteks van die eindtyd (soos deur Jesus in Mattheus voorspel is) plaasvind nie?

Is dit nie algemene kennis dat gemeentes in Europa al ’n paar dekades lank besig is om lidmate te verloor en kerkgeboue leeg staan of verander in plekke van vermaak of moskees nie?

Die algemene afvalligheid van die kerk wat in die eindtyd gaan gebeur word in Openbaring 17 en 18 deur Johannes beskryf deur na ’n “gees” van die sedelose Babel te verwys.

Hierdie twee hoofstukke is ’n simboliese prentjie van die samesmelting van verskeie wêreldwye valse godsdienste wat vandag as die “One World Reli­gion” en “One World Order” bekend staan en wat reeds goed gevestig en op pad is. Die sedelose vrou wat op die “dier” ry en wat in die woestyn is, is daar om die gelowiges afvallig te maak en hulle te verlei. Dié wat sy verlei is vanuit volke, stamme, nasies en tale, dus wêreldwye hedendaagse Christene, dieselfde mense wat ons kerke moet volmaak.

Is dit nie wat tans met die NGK en baie ander soortgelyke kerke oor die wêreld heen gebeur nie? Die Christendom word deur vals godsdienspraktyke, soos wat in Openbaring voorspel word, geteister?

Die “dier” waarop die vrou ry is natuurlik die Antichris wat in beheer is van die politieke en ekonomiese wêreldstelsel wat die valse godsdienste ondersteun en uitbrei.

Die onlangse opening van die Olimpiese Spele waar daar openlik met die Christelike nagmaal gespot is, is bewys hiervan. Die Bybel voorspel dat hierdie sedelose Babel eendag tot ’n val gaan kom.

Natuurlik is Hofmeyr reg dat dialoog belangrik is binne kerkverband. Maar gaan ring- en streeksinodale vergaderings, samewerkende dialoog en hartgrondige gesprek tussen die hoofgroeperinge binne kerke die uittog van lidmate stopsit? Is dit nie die “gees van die Antichris” en “wêreldgesindheid” wat binne kerke heers wat besig is om die Kerk van Jesus te laat leegloop nie?

Hofmeyr se punt dat “lidmate en gemeentes besig is om met hulle voete te stem en hulself los te maak van kerklike strukture” is absoluut korrek. Kan die prediking van die suiwer Evangelie nie hierdie uittog stuit nie?

Ek wil dit waag om te voorspel dat talle van die leë kerkgeboue deur Moslem-gemeenskappe aangekoop gaan word. Is die Moslem-aanslag deel van hierdie valse wêreldwye godsdienste wat uit hul pad sal gaan om die Kerk van Christus van die planeet af te vee?

5 thoughts on “Die ‘gees van Antichris’ vier nou hoogty in kerke”

  1. Dié ‘’anti-chris gees”, woon nie in kerkgeboue nie, maar word saamgenooi – en ook karwei per voertuig of vliegtuig of trein of bus of taxi of donkie of perd of kameel, of dikwels per voet : na elke Sondag of Saterdag of Vrydag se diens (selfs Sabbat-viering), asook elke biduur en elke bybelstudie en elke bazaar en elke Pinksterdiens, en waarlik, elke aktiwiteit van die kerk, reeds vir baie, baie jare.

    Dié ‘’aanbid-my- gees’’ (lees gerus die boeke van 1 en 2 Johannes) is baie getrou met ‘’aktiwiteit-bywoning’’, hetsy in kerk of buite kerkverband, maar haat GOD se LIG. GOD se LIG maak haar lam in haar voete, en ontneem haar van al haar krag en haar outoriteit en haar ‘’eie-wil’’ en haar eie agenda.
    _______________________________
    Bykans 99.99999% van alle gemeents in die moderne tyd, het ten minsste 2 leraars. Hul weier om dié selfgerigte en ‘’self-aangestelde leraar’’ uit te jaag, maar behou haar seer sekerlik vanweë dié leraar se uitsonderlike vaardighede. Dié ‘’onsigbare leraar’’ met die ‘’anti-chris-gees”, is vér, vér meer getrou, as die leraar/ pastoor/ priester/ profeet/ evangelis/ apostel/ ouderling/ diaken/ rabbi / kerkleier wat mens se oog sien, en is eerder ‘n ‘’agter-die-skerms-leraar’’, en hoog dinamies in wonderwerkende krag en geskoold in lering, en demonstreer fyn intellek, en beskik oor kragtige oorredingsvermoëns.
    _______________________________
    Sy (die ‘’anti-chris-gees-leraar’’) bly sommer bínne in die persoon wat kerk toe gaan – die persoon se liggaam, IS haar gebou, en sy weier om te trek. Waarom sal sy wíl trek – daar is dan geen leraar wat haar uitjaag, of haar gemaklike lewe binne die ‘’kerklidmaat se persona’’ bedreig nie?

    Die wel ‘’kerklik-wettig-aangestelde leraar’’ – of ten minsste sg. ‘’Woord-bedienaar’’ by die gemeente – is vir die ‘’bruid-van-Christus’’, eerder soos ‘n ‘’boetie’’ of selfs ‘’sussie’’, of soortgelyk aan die leier van menige bybelstudie-lesse, wat meestal maar ook min diepte selfondersoek vereis van bybelstudente/lesers.

    Haar (‘’bruid-van-Christus’’) se ‘’hoofkerkgebou’’ en preekstoelboodskap, stroom van Mevrou Dominee se mond by die huis – of gastehuis, of waar sy ookal vertoef of beweeg. Mevrou ‘’DOMINEE TV’’ se woorde is haar ‘’manna uit die blou hemel se ruimtes’’.

    TV-/ Rolprent-/ Storieboek-karakters, is haar visuele en oudio-profete/ leraars/ apostels/ evangeliste/ herders. Die stories wat hul vertel of ‘’projekteer’’, bring ‘’anti-chris-se-salwing’’ na haar emosies en gedagtes. Dit laat haar baie GOED VOEL. ‘’Gevoelens’’, is haar stuurwiel, maar sy noem dit ‘’GELOOF’’.

    Dikwels gebruik sy haar onderbewussyn – selfs ook bewustelik – om hul woorde te laat ‘’eggo-manifesteer’’ soos ‘’tee-blare-in-‘n-koppie-met-‘n-boodsakap’’, of soos ‘n ‘’horo-scope’’ (wat eerder soos ‘’horror-scope’’ is, maar sy wis dit nie), of gebruik die ‘’karate-woorde-krag’’ van ‘n fortuinverteller, om haar aksies en woorde vir die dag te bepaal.

    Sy is ver méér gefokus op ‘’WAARSê-Bevestiging’’ van haar natuurlike omgewing* se lig, wat haar siel moet voed en haar as’t ware, as ‘’waar-en-egte-dissipel-en-GOD-se-instrument’’ moet bevestig, as om te fokus en haarself in te stel op die woorde EN bedoelinge van Christus Homself.

    Christus Wie (Hy is nie ‘n ‘’WAT’’nie, want Hy is die LAM van GOD, en die LEEU van JUDAH) die enigste WEG, WAARHEID, LEWE is tot redding vir ‘n mens se siel, is vir haar nie waarlik en kragtig teenwoordig deur Sy Gees nie, maar sy verkondig dit wel as wáárlik so, wyd en syd, Hy is – aldus haar – waarlik haar álles, al is Hy nie.

    Die bedoelinge van die WET, is heeltemal verdraaid in haar gedagtes/gemoed. Mattheus 22:36-40, kan sy nie inlees in Johannes 14:6 (onder andere) nie.
    ‘’Mat 22:36 Meester, wat is die groot gebod in die wet?
    Mat 22:37 En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
    Mat 22:38 Dit is die eerste en groot gebod.
    Mat 22:39 En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
    Mat 22:40 Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete. ‘’
    ‘’Johannes 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.’’

    My vermoede is, die Ou Testament wat praat oor Christus, het nog nooit in haar gemoed OPGESTAAN nie. Haar ‘’sigbare leraars’’ by die kerkgeboue, het dieselfde ‘’COVID19-virussiekte’’ in hul eie hoogmoedige siel, en so het hul haar geleer oor ‘n baie lang tydperk, om eerder ‘’SELF’’ te aanbid vanuit die ou Testament, as om GOD in Waarheid en Gees te aanbid.

    Sy gebruik dikwels die Ou Testament, om ‘’profeties op te tree’’, selfs ‘’apostolies’’, al verkondig sy baie duidelik, sy is nie ‘n profeet of apostel nie, en glo ook nie só funksie bestaan meer nie. Sy spandeer ver méér tyd om haar eie doktrines/interpretasie te verkondig óór die ”WOORD” – reeds vir 1900 jaar – as om die Woord Self wáárlik te glo, soos in Openbaring 19. Of in Jesaja. Of Jeremia. Of Esegiël. Of Johannes. Of Genesis. Of Eksodus…..ens. ‘’You get my drift.”

    Christus is vir haar wel soort van ‘’groot’’ in die Nuwe Testament, maar bitter klein in die Ou Testament, al het Christus SELF gesê, in Lukas 24:27 “… Hy het begin van Moses en al die profete af en vir hulle uitgelê in al die Skrifte die dinge wat op Hom betrekking het. “’
    Natuurlik lees sy Bybel – ‘’doen’’ selfs die aktiwiteit van Bybelstudie, maar nie waarlik oor GOD se Hart – maar dit is net om haar eie gewete te stil en te sus.

    Sy het baie te sê oor en aan die dominee/ leraar/ pastoor/ priester/ profeet/ evangelis/ apostel/ ouderling/ diaken/ kerkleier – soms in woorde, maar meestal in haar ongesproke gedagtegange. Maar selde, sal sy die Swaard van God se Gees, na haar eie hart draai.

    Meesste van Suid-Afrika en die wêreld se kerkleiers, dien ook dié gees in hul binneste met hul ware ‘’self’’. Maar natuurlik – volgens hul eie ‘’self’’ – is alles in die wêreld, satan se skuld, met geen verwantskap en selfs verwysing, na hul eie HOOGMOEDIGE HARTE en eie sfere nie….aldus húl leringe…

    * – ”Omgewing” sluit in werklike omgewing met alle sigbare en onsigbare middele, soos huis, motor, fiets, motorfiets, trekker, stroper, trein, vliegtuig, donkie, bees, kat, hond, boom, gras, pad, brug, see, water, blomme, son, maan, planete, sateliet, TV, selfoon, rekenaar, ‘’werksomgewing’’, beroep, fabriek, papier, pen, ink, boeke, regs-/sielkundige joernale, finansiële jaarstate, ouditverslae, konsultasiewerk, projekte, fotos, bankstate, bankrekeninge, banke, pensioenfondse, beleggings, versekeringseise, risikos, aktuaris-evaluasies, elektrisiteit, brandstof, OLIE (’’swart goud’’), woorde, bedoelinge, gedagtes, aksies/dade, aandelebeurse, aandele-portefeuljes, finansiële instrumente, bestuursverslae, CD’s, geheue-stokkie, tegnologiese objekte/middele/funksies, digitale media of stoorfasiliteite, klere, juweliersware, sportaktiwiteite, stokperdjies, sosiale aktiwiteite, vakansies, berge, heuwels, tonnels, damme, geld, bankrekeninge, debiteur-/krediteur rekeninge van allerlei aard, debiete en krediete, kaartfasiliteite, kassiere van allerlei aard, bankoutomate, bankoordragte en alle funksies, ”digital coins”, ”digital coin platforms and all hardware and software digital mediums”, fondse, skenkings, gunste en gawes, digitale musiek, boeke, klank, politieke partye, miljoenêrs/ biljoenêrs/ triljoenêrs/ armes/ bedelaars/ middelklas mense/ rykes/ slawe/ vrye persone/ terroriste/ joernaliste/ bankiers/ ensomeer, sosiale media, paaie, gesprekke, metafore, kerkgebou/sinagoge/enige plek van aanbidding, rolprenteater, koffiewinkel, teater, restaurant, Calvyn se Institute selfs – ja, selfs alle teoloë se woorde is vir hul vér meer pleserieg (soos seks) as die Bybel Self, ‘‘wil-net-wonderwerke beleef en ervaar en profetiese uitsprake hoor’’, Reformasie se Geskiedenis, Geskiedenis en selfs Kerkgeskiedenedis, sanguitvoerings, ‘’Worship Events’’, seminare, konferensie, ensomeer – absoluut alles waaraan gedink, of nie eens aan gedink kan word nie, behalwe GOD Homself en GOD se HART. GOD se GEES is vir hul ‘’boring’’, daarom praat hul eerder met ánder, en hoor van ánder as met Hóm, en te hoor van Hóm. Hul maak selfs rolprente oor ‘’GOD is not DEAD’’, en ‘’The CHOSEN’’… maar praat HY waarlik met hul en hul met Hom – hoe LYK hul BINNEKAMERLEWE? En dié van soveel ‘’podcast’’, ‘’YouTube’’, Facebook, Instagram, Tik-Tok, ‘X’’-sprekers?

    1. Gelukkig is hierdie lang “storie” nie ‘n preek in die kerk nie want dit sal verseker enige kerk of gemeente laat tot niet gaan en leeg loop.

      1. Inderdaad. Dit is geen preek vanaf ‘n preekstoel, maar vanuit die Hemel se Hart Self, sodat louwarm bokke se harte afgeskei SAL word waar hul reeds té lank vertoef – ongenooid – in GOD se Lammer-kraal, waar bokke Christus se ”woorde voedsel” vermors en vertrap, asof Sy woorde soos varkpeule is, en sy Bloed ag, asof dit duiwelsdrek is. CHRISTUS se BLOED maak Sy HARTSDEUR oop, nie arrogansie, rebellie, hoogmoed, eie waan, en leuens kan woon in GOD se Heilige Hart nie.

        Sy WOORDE is nie vir bokke bedoel, wat weier om ”bokvel-identiteit’ te erken, sodat Sy Gees aan hul’ ”lammervel-identiteit” van CHRISTUS-GEREGTIGHEID kan aantrek – Lees Openbaring hoofstukke 19 tot 22 op u knieë.

      2. Nou ja, ek dink ook dis ‘n bietjie lank en kom ook nie by die punt uit nie.
        Soos wat ek dit verstaan is die ‘Gees van die Antichris’… dit wat werksaam is in mense wat ontken dat Jesus die Christus is. Of Father en Seun ontken. Of ontken dat Jesus Christus mens geword het. Mens kan dit in die Johannesbriewe lees.

        Die term word ook gebruik vir die valse messias van die ‘laaste periode’ voor Christus se wederkoms. Dus die persoon/beweging waarvoor Judaiste nog wag.

        Hierdie sal die gevolg wees van die afwesigheid van die Heilige Gees. Mense maak dan maar hulle “Eie teologie” of “skryf ‘n Talmoed” en begin allerhande dwalings.

        Kernprobleem lyk vir my is dat die evangelie nie reg geleer word.

        1. Klink reg. Dit is jammer dat die alledaagse christen, dié “Anti-Chris Gees” verwelkom in hul eie sielsdimensie, met hul TV en Rolprente, en baie in hul sekulere werk deur kompromie toe te laat op sovele wyses, en onreg op soverl maniere, nie aan die kaak stel nie. En so is hul eie “self” houtgerus, dat dié Bose Gees, nie werk te midde hul eie sfere nie. Het geleer, mens moet mensself óók raaklees in Ahab en Jezebel in 1 Komings en vele ander bóse figure, om agter te kom, hoe geweldig misleid mens kan wees oor mens se eie harttoestand, waarvoor God waarsku in Openbaring 2 en 3.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui