‘n Groep oudstudente, hoogs gevestig in hul loopbane, het saam hulle ou professor aan die universiteit besoek. Die gesprek het gou verander in klagtes oor stres by die werk en in die lewe.
Nadat die professor sy gaste koffie aangebied het, het hy na die kombuis gegaan en teruggekeer met ’n groot pot koffie en ’n verskeidenheid van bekers – porselein, plastiek, glas, kristal, sommige eenvoudig, sommige duur, sommige keurig. Hy sê toe om hulself te help aan die koffie.
Toe al die studente met ’n koppie koffie in die hand staan, sê die professor: “Merk op dat al die mooi, duur koppies geneem is en die goedkoop, eenvoudige koppies agtergebly het. Alhoewel dit normaal is om vir jou net die beste te wil hê, is dit die bron van julle probleme en stres.
Wees verseker dat die beker self geen kwaliteit tot die koffie voeg nie. In die meeste gevalle is dit net duurder en in sommige gevalle verberg dit selfs wat ons drink. Wat julle almal regtig wou hê was koffie, nie die beker, maar julle het bewustelik die beste koppies uitgekies … En toe begin julle mekaar se koppies te bekyk.
Oorweeg die volgende: Die lewe is die koffie; die werk, geld en posisie in die samelewing is die koppies. Hulle is net die gereedskap om die lewe te hou, en die tipe beker wat ons het definieer nie of verander nie die kwaliteit van die lewe wat ons leef nie.
Soms, deur net te konsentreer op die beker, faal ons om die koffie te geniet. Geniet die koffie, nie die koppies nie! Die gelukkigste mense het nie die beste van alles nie. Hulle maak net die beste van alles. Leef eenvoudig. Deel jou liefde mildelik. Gee opreg om. Praat vriendelik.
~ Anoniem
**************
Eksodus 20:17 Jy mag nie iemand anders se huis begeer nie. Jy mag nie sy vrou begeer nie, ook nie ’n slaaf of slavin, ’n bees of ’n donkie, of enigiets anders wat aan hom behoort nie.”
Mateus 6:25 Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie?
Matteus 10:25 ’n Leerling moet tevrede wees as dit met hom gaan soos met sy leermeester, en ’n slaaf as dit met hom gaan soos met sy eienaar. As hulle die hoof van die huis die skeldnaam Beëlsebul gegee het, sal hulle dan nie sy huisgenote met baie erger name uitskel nie?
Lukas 3:14 Ook soldate het hom uitgevra: “En ons, wat moet ons doen?” Hy antwoord hulle: “Moet van niemand deur geweld of vals aanklag geld afpers nie, maar wees tevrede met julle betaling.”
1 Timoteus 6:8 As ons dan kos en klere het, moet ons daarmee tevrede wees.
Hebreërs 13:5 Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”