Kyk ook:
*******
Die NG Kerk het al lankal geskeur | Netwerk24
Dr. Henrietta Klaasing, Randfontein
26 November 2021
Dr. Gert Kotzé meld onder meer in sy brief “Erken tog dat die Bybel nie onfeilbaar is nie” (23.11) dat dolerende gemeentes se optrede kerkleiers lam in die knieë het uit vrees vir kerkskeuring en nie sal erken dat die Bybel mensewoorde oor God is nie.
Dit blyk dat hy nie heeltemal die situasie oor die huidige doleansie verstaan nie. Die NG Kerk het klaar geskeur en die skeuring kom van die kant van die algemene sinode.
Hulle hoef ook nie openlik te erken die Bybel is mensewoorde oor God nie. Onbybelse besluite wat die laaste paar jaar op sinodevergaderings geneem is, toon duidelik dat hulle dit lankal glo.
Van hierdie besluite is onder meer in 2011 en 2013 dat geloof in die persoonlike aard van die duiwel en demone opsioneel is.
Leraars en teoloë wat die uniekheid van Christus as enigste weg tot redding ontken, is steeds deel van die NG Kerk se “ruim huis”.
Die algemene sinode het skokkende besluite in 2015 en 2019 oor selfdegeslagverhoudings sonder enige grondige Skrifuitleg geneem en in 2019 selfs opdrag gegee dat ’n spesiale “formulier” opgestel moet word vir gebruik ten tyde van die kerklike bevestiging en seëning van sulke onbybelse verhoudings.
NGK is eenvoudig een groot spaar bank vir al sy dominees
vet salarisse
vet pensioen
motor toelae
huisverbande
mediese versekering
ai !!! die armsalige gemeentes wat suffer onder al die gemors van die sinode !!!!!!!!!!!!!!!!