Die ouderdom van die aarde – kortliks

Daar is baie Christene wat glo dat Genesis 1 poësie is en daarom nie noodwendig iets sê oor die ouderdom van die aarde nie.

Dit is egter uiters belangrik dat ons oor die volgende punt ooreenkom met mekaar:

Die idee van ’n ou aarde kom NIE uit die Bybel nie, maar van buite die Bybel. Dit kom van die heersende evolusionistiese siening van die afgelope paar dekades. Indien die hoofstroom wetenskaplikes geglo het dat die aarde ongeveer 6000 jaar oud was, sou geen Christen dit bevraagteken het nie. Indien die Bybel aan ’n persoon gegee sou word wat niks weet van die verskillende opinies van die ouderdom van die aarde nie, sou sy gevolgtrekking wees dat God in ses 24-uur-dae geskep het, ongeveer 6000 jaar gelede.

  1. Die Bybel is baie duidelik
  2. Ouderdom volgens die Bybel
  3. Watter wetenskap?
  4. Dood voor die sondeval
  5. Sondvloed
  6. Dinosourusse
  7. Sterre miljoene ligjare ver

Die Bybel is baie duidelik

Genesis 1 is NIE ’n gedig nie. Dit is geskryf om as geskiedenis gelees te word. Kyk Aanhalings – Moet Genesis letterlik gelees word?. Dit is selfs statisties ondersoek en bewys (kyk Statistical Determination of Genre in Biblical Hebrew: Evidence for an Historical Reading of Genesis 1:1-2:3) en die fisiese struktuur van die teks wys dit (kyk Bybelkantlyne: Genesis 1 is nie poësie nie).

Nie net is Genesis 1 baie duidelik oor die tydsbestek van die skepping nie, maar word dit in ander dele in die Bybel bevestig deur ander Bybelskrywers:

Ouderdom volgens die Bybel

Volgens die inligting in die Bybel het Biskop James Ussher bepaal dat die skepping 4004 vC plaasgevind het. Ander mense, soos byvoorbeeld Isaac Newton, het op baie dieselfde gevolgtrekking gekom. Vir meer hieroor, kyk Belangrike Bybelse datums.

Watter wetenskap?

Dit is baie belangrik om te verstaan watter wetenskap gebruik word om die ouderdom van die aarde te bepaal. Vir meer hieroor, kyk Operasionele vs historiese wetenskap.

Daar is eintlik baie verskillende metodes om ouderdom te bepaal, maar die resultate verskil meestal hemelsbreed (kyk 101 bewyse vir ’n jong(er) aarde en heelal). Verder, in baie gevalle gee dieselfde metode nie konsekwente antwoorde nie (kyk byvoorbeeld Radiometriese datering verkeerd).

Daarom moet baie aannames gemaak word, iets wat die publiek nie altyd van bewus is nie. Kyk Aanhalings – Ouderdom en radiometriese datering.

Daarom is dit baie duidelik dat die wetenskap nie die ouderdom van die aarde kan bepaal nie. Geskrewe geskiedenis, daarteenoor, is baie beter om te bepaal wanneer dinge gebeur het.

Dood voor die sondeval

Mense wat glo dat die aarde baie ouer is as wat die Bybel sê (ongeveer 6000 jaar gelede), aanvaar gewoonlik dat daar dood voor die sondeval was. Hierdie is ’n reuse teologiese probleem.

Die teoloog, Douglas Kelly, het byvoorbeeld die volgende gesê:

“Ek wil eenvoudig sê dat om “baie goed” te interpreteer met pre-sondeval pyn, dood, ens ingesluit is eenvoudig ontoelaatbaar in terme van behoorlike Hebreeuse eksegese. As ’n mens ’n woord (of twee woorde – “tobh me’od”) onderstebo op sy kop kan draai om presies die teenoorgestelde te beteken van wat dit duidelik sê, dan is die gesag van die Skrif ’n neus van was om gevorm te word deur die veranderende kultuur.”

(Kyk Dood en swaarkry voor die sondeval.)

Sondvloed

As die sondvloed werklik ’n wêreldwye vloed was beteken dit dat Grand Canyon met sy fossiele en duisende lae sedimentêre gesteentes slegs ongeveer 4400 jaar oud is (2348 vC). Nie net Grand Canyon nie, maar die hele aarde se geologie. Dus, die geloof in ’n ou aarde impliseer dat daar nie ’n sondvloed was nie of dat dit slegs ’n lokale vloed was. Beide hierdie gedagtes is baie duidelik teenstrydig met hoe die Bybel die vloed beskryf – kyk Was die sondvloed ’n globale vloed of slegs ’n lokale vloed?.

Dinosourusse

Die bestaan van dinosourusse word soms graag voorgehou dat die aarde miljoene jare oud moet wees omdat hulle na bewering 65 miljoen jaar gelede uitgesterf het. Daar is egter baie aanduidings dat dinosourusse tot nog onlangs geleef het. Kyk Dinosourusse.

Sterre miljoene ligjare ver

Een van die dinge wat mense dink die grootste probleem is vir ’n jong aarde is die feit dat ons vandag sterre kan sien wat miljoene ligjare ver is.

Ook hierdie is nie noodwendig ’n probleem vir skeppingsleerders nie. Kyk Ver-sterlig-jong-aarde-probleem.

Inteendeel, die oerknalteorie het selfs groter probleme soos byvoorbeeld donkermaterie en donkerenergie. Kyk Probleme met die oerknal.

2 thoughts on “Die ouderdom van die aarde – kortliks”

  1. Genesis 1.
    Dag 1, 2 en 3: Jy weet nie, met resek gesê, hoeveel oogknippe God gegee het tydens die drie dae nie. Jy weet ook nie hoeveel duisend of miljoen jare die dae was nie.
    Dag 4: Iewers tydens dag vier het God die son en maan geskep, hulle in hulle wentelbane geplaas en so tyd en seisoene geskep. Hoeveel jare dag 4 aan die gang was voordat tyd geskep is, weet ons nie.
    Dag 5, 6 en 7. TYD was GESKEP.
    Ek kan nie sê hoeveel miljoen jare eerste vier dae was nie, want TYD was nog nie geskep nie. Om te sê elke skeppingsdag was 24 uur is heeltemal onwaar,

    1. Frikkie, kyk asb Dae sonder ’n son?.
      Die rede vir jou argument is om miljoene jare met die Bybel te versoen, reg? Wat dit presies is weet ek nie: of dit die fossiele is en of dit die lae van Grand Canyon is. Hoe maak jy met:
      1. Dood voor die sondeval.
      2. Die sondeval was ’n wêreldwye vloed?

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui