- NGK in Namibië breek weg van algemene sinode in SA (Netwerk24, 22 Mrt 2025)
- ’n Saak vir kerkskeuring
Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.
*******
Die skrif is hier duidelik aan die muur | Netwerk24
Dr. Henrietta Klaasing, Randfontein
26 Maart 2025
Donderdag 20 Maart was daar ’n (simboliese?) stortreën in Windhoek toe verteenwoordigers van die 43 Namibiese NG gemeentes met ’n groot meerderheid gestem het dat die 2022-besluit (om bande los te maak met die Algemene Sinodale verband) van krag geword het. Dit beteken dat die NGK se Algemene Sinode (AS) nou uit nege samestellende streeksinodes bestaan, nie meer 10 nie.
So het die Namibiese NGK deel geword het van ’n beweging dwarsoor die wêreld waar behoudende groepe in denominasies bande breek met vrydenkende kerke. Van hierdie denominasies is die Free Church of Scotland, Gafcon (Global Anglicans), Global Methodists, Evangelical Presbyterian Church en die Alliance of Reformed Churches. Selfs in die grootste denominasie in Amerika, die Southern Baptists, is geluide van verskuiwings wat kom.
In die ander nege samestellende sinodes van die NGK in Suid-Afrika is daar ook beweging onder vele behoudendes. Daar is meer as 100 dolerende gemeentes. Van hulle is deel van die 56 gemeentes wat die Koinonia Sinode vorm – sommige het dispute verklaar met die AS, en dan is daar nog ander wat, soos Namibië, reeds bande verbreek het.
“Mene, Mene, Tekel, Upharsin” – die skrif is aan die muur.
Kommentaar
xxx