Edwin Hubble

Edwin Powell Hubble (20 November 1889 – 28 September 1953) was ’n Amerikaanse sterrekundige. Hy het bekendheid verwerf daarvoor dat hy uitgevind het dat ’n hemelliggaam se rooiskuif bepaal hoe ver dit van ons af is. Uit hierdie data het hy waargeneem dat ander sterrestelsels in konsentriese sirkels rondom die aarde is. Dit is ‘n afwyking van die Koperniese beginsel. Hierdie waarneming was onverwags en onwelkom. Vir meer hieroor, kyk Ons is in die middel en die aanhalings hier onder.

Die Hubble teleskoop is na hom vernoem.

Hy is as ’n Christen grootgemaak, maar het later agnosties geword.

Aanhalings

“Such a condition would imply that we occupy a unique position in the universe, analogous, in a sense, to the ancient conception of a central Earth…. The hypothesis cannot be disproved, but it is unwelcome and would be accepted only as a last resort in order to save the phenomena. Therefore, we disregard this possibility and consider the alternative … But the unwelcome supposition of a favoured location must be avoided at all costs … Such a favoured position, of course, is intolerable … Therefore, in order to restore homogeneity, and to escape the horror of a unique position, the departures from uniformity, which are introduced by the recession factors, must be compensated by the second term representing effects of spatial curvature. There seems to be no other escape.”

So ’n toestand [dat ander sterrestelsels in konsentriese sirkels om die aarde is – kyk Ons is in die middel!] sou impliseer dat ons ’n unieke posisie in die heelal beklee, in ooreenstemming, in ’n sekere sin, met die ou opvatting van ’n sentrale Aarde… [voor Kopernikus met die teorie gekom het dat die aarde om die son draai (heliosentries) en nie anders om nie (geosentries)] Die hipotese kan nie weerlê word nie, maar dit is onwelkom en sal slegs aanvaar word as ’n laaste uitkoms ten einde die verskynsels te red. Daarom ignoreer ons hierdie moontlikheid en oorweeg die alternatief … Maar die onwelkome veronderstelling van ’n gunsteling plek moet ten alle koste vermy word… So ’n gunsteling posisie, natuurlik, is ondraaglik … Daarom, ten einde homogeniteit te herstel, en die verskrikking van ’n unieke posisie om te ontsnap, die afwykings van eenvormigheid, wat deur die resessie faktore bekendgestel word, moet voor gekompenseer word deur die tweede voorwaarde wat effekte voorstel van ruimtelike kromming. Dit blyk dat daar geen ander ontsnapping is nie.

[Dit is dan ook waar die ballonteorie vandaan kom – kyk Our galaxy is the centre of the universe, ‘quantized’ redshifts show.]

[Uit String theory “philosophy”challenged. Kyk ook Ons is in die middel!]

Nog ’n aanhaling deur Hubble:

“Relativity contributes the basic proposition that [the] geometry of space is determined by the contents of space. To this principle has been added another proposition, formulated in various ways and called by various names, but equivalent, in a sense, to the statement that all observers, regardless of location, will see the same general picture of the universe. The second principle is a sheer assumption. It seems plausible and it appeals strongly to our sense of proportion. Nevertheless, it leads to a remarkable consequence, for it demands that, if we see the [galaxies] all receding from our position in space, then every other observer, no matter where he may be located, will see the [galaxies] all receding from his position. However, the assumption is adopted. There must be no favoured location in the universe, no centre, no boundary; all must see the universe alike.”

Relatiwiteit dra die basiese stelling dat die geometrie van die ruimte bepaal word deur die inhoud van die ruimte. Aan hierdie beginsel is bygevoeg ’n ander proposisie, op verskillende maniere geformuleer en verskeie name genoem, maar ekwivalent, in ’n sekere sin, aan die stelling dat alle waarnemers, ongeag van hulle posisie, sal dieselfde algemene prentjie van die heelal sien. Die tweede beginsel is ’n blote aanname. Dit lyk aanneemlik en dit doen ’n sterk beroep na ons sin van eweredigheid. Tog, lei dit tot ’n merkwaardige gevolg, want dit vereis dat, as ons sien die sterrestelsels sien wegbeweeg van ons posisie in die ruimte, dan is elke ander waarnemer, maak nie saak waar hy geleë mag wees, sal die sterrestelsels sien wegbeweeg van sy posisie. Hierdie aanname is egter gekies. Daar moet nie ’n gunsteling plek in die heelal wees nie, geen sentrum, geen grens; almal moet die heelal gelyk sien.

[Uit die boek Starlight, Time and the New Physics, September 2007, John Hartnett, p 75-76. Kyk ook Ons is in die middel!]

Dit is duidelik dat dit ’n aanname is dat aarde nie op ’n spesiale plek is nie, maar hulle pas nie hul aannames aan nie.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui