Kyk ook:
- Anton van Niekerk: Sal ons sonder haat kan leef? (21 Nov 2023)
- Dit is antisemitiese haatspraak (24 Nov 2023, Kobus De La Porte)
- Wat sê mens van die huidige oorlog tussen Israel en Hamas in Gaza? (12 Des 2023, Daniel Louw)
*******
Elke woord en feit maak hier saak | Netwerk24
Leon, Kaapstad
23 November 2023
Anton van Niekerk, ’n professor in filosofie, behoort beter as enigeen van ons leke te weet dat elke woord wat uit sy mond, en meer nog, uit sy pen, kom, saak maak. En daarom sorgvuldig geweeg moet word en feitelik korrek moet wees. Wanneer ’n mens ’n mening wil lug en daar is feitefoute in jou argument, word jou mening niks meer nie as die klank van leë blikke en geraas.
Van Niekerk skryf in sy rubriek (21.11): “Benjamin Netanyahu het dit verklaar as ’n stryd tot die dood toe; geen ander uitkoms as die totale uitwissing van die Palestynse volk sal Israel tevrede stel nie.”
Dis gewoon nie waar nie.
Netanyahu het na Hamas verwys en Hamas is beslis nie “die Palestynse volk” nie.