Frederik Malherbe Gaum (1940-2024) is in Germiston gebore en studeer eers aan die Universiteit van Pretoria voor hy sy teologiese studie aan die Universiteit Stellenbosch voltooi. Later, tydens ’n MA in Joernalistiek, spits Gaum hom toe op wat spesifiek kérkjoernalistiek moet wees – en gaan bestudeer die wyse waarop kerkkoerante in die VSA en die Engeland dit benader. Veral die kwessie van joernalistieke onafhanklikheid het hom geïnteresseer.
Gaum was Bybelkor (vandag Bybel-Media) se eerste uitvoerende direkteur. Die groot besigheid van kursusboeke versprei, van tydskrifte (Die Voorligter, wat later omskep word in die tydskrif LiG), en van die NG Kerk se Jaarboek. En dan Die Kerkbode wat onder sy leiding op ’n kol as invoegsel binne Media24 se koerante (Beeld, Volksblad, Die Burger) verskyn en op daardie manier ’n pieksirkulasie bereik.
Teologiese sieninge
Frits was een van die vroeë stemme vir ’n NG Kerk wat sodomie / homoseksualiteit / gay-wees, sou normaliseer. Hy was ook die pa van die omstrede gay-predikant, Laurie Gaum.
As redakteur van die Kerkbode het hy ontsettende invloed uitgeoefen deur nóóit Bybels standpunt in te neem teen hierdie sonde wat die Here in sy heilige Woord ’n gruwel (Levitikus 18) noem nie.
Een van sy vroeë pogings om ’n krakie vir hierdie skewe-skandelikheid oop te stoot, was met sy “Geloofsverklaring 2000” wat op die draai van die tweede 1000 jaar, bekend gestel is. Daarin het hy onder punt 15 wat oor seksualiteit handel – onder andere die volgende deur gegee:
“Ons glo dat hoewel gelowiges verskil oor wat die Bybel oor homoseksualiteit sê, homoseksuele mense kan weet dat God hulle liefhet en dat daar vir hulle in die kring van gelowiges plek is”.
Onverrassend, was hy ook saam met ánder deel van die groepie pro-sodomie aktiviste wat die NG Kerk voor die hof gesleep het, oor die meer familie-vriendelike 2016 besluite, wat die gomorra-geneigde besluite van 2015 ter syde gestel het.
In Maart 2012 reik hy en die ateïs, George Claassen die boek God? Gesprekke oor die oorsprong en uiteinde van alles uit.
Op 16 Oktober 2016 reik hy die volgende boek uit: God op soek? : Oor geloof in ’n taai tyd
Hy is openlik ten gunste van homoseksuele verhoudings.
Hy maak ruimte daarvoor dat ongelowiges dalk ook hemel toe kan gaan. Dus is hy ’n universalis.
Oor Jona sê hy: “Jona was waarskynlik nie ’n historiese karakter nie”
Kyk ook die volgende artikels:
- Frits Gaum sterf op 84 (1 Okt 2024)
- PODSENDING: ‘Ons sal mekaar waarskynlik nie oortuig nie, máár …’ – Frits Gaum (8 Aug 2024)
- Frits Gaum: Dolerende Tafelberg wys op wye kloof (1 Jul 2023)
- Pasop dat die haan nie vir die kerk kraai (22 Jan 2023)
- Frits Gaum: Mag gelowiges bid vir die val van die regering? (26 Sep 2022)
- Onderskeid tussen ‘prinsipiële’ en ‘proses’-besluit nie geldig (19 Sep 2022)
- Frits Gaum: Wie die kerk skeur, skeur ook die Hoof van die kerk (21 Aug 2022)
- Frits Gaum: Hier is my siening van Jesus (30 Jun 2022, ’n poging om Henrietta Klaasing te antwoord)
- Frits Gaum: ‘Dit is waarom ek nog in God glo’ (20 Jun 2022)
- BOEKBESPREKING: Gayverbintenisse – uitweg uit die vasgelooptheid (25 Mei 2022)
- Dís die doel van die prys (21 Mei 2022)
- Hou vas aan dié 9 woorde (5 Apr 2022)
- Jesus was mens én Verlosser – maar ook soveel meer . . . (19 Des 2021)
- Is daar regtig ’n duiwel? (14 Okt 2021)
- Natuurlik kan jy van mening verander (5 Feb 2021)
- ’n Brief aan Ben du Toit (23 Jan 2021)
- Teoloë moenie te ver wegdryf van die kerk (3 Jan 2021)
- Frits Gaum: Kerkskeuring, kerkherstel of kerkherskikking? (18 Des 2020)
- Hoe word die Bybel gelees en verstaan? (6 Sep 2020)
- Gló soos aan begin (23 Aug 2020)
- Om met die kerk hof toe te gaan (26 Mei 2017)
- Frits Gaum se resensie oor Homoseksualiteit en die Bybel (13 April 2017)
- Bestaan daar net een pad na God? (9 Mrt 2017)
- God op soek? : Oor geloof in ‘n taai tyd (boek deur Frits Gaum, 16 Okt 2016)
- Die NG Kerk en gays: ‘Tyd vir herbesin’ (28 Jun 2015)
- Vanwaar Higgs-boson? (17 Jul 2012)
- Fluit-fluit, is die NG Kerk dalk uit, vra Frits Gaum (debat tussen Gaum en prof Johan Janse van Rensburg)
- E-pos gesprek tussen Frits en Laurie Gaum (2010)
- Om ’n vlieg uit niks uit te maak (6 Aug 2010)
- Ope brief: teoloë pleit vir gays (Jun 2007)
Ons moet gay-mense liefhê soos enige ander persoon volgens die wet van die liefde.
Die Here het ons lief, maar keur nie alles goed wat ons doen nie.
Net so is daar sterk uitsprake in die Skrif teen gay seksuele verhoudings. Ons het gay-mense lief, maar die Here veroordeel gay seksuele verhoudings. Die onderskeiding is nie moeilik om te maak nie, maar word gewoonlik verswyg!
Robert A Gagnon, ’n predikant van Presbiteriaanse kerk, het ’n baie insiggewende boek geskryf: The Bible and homosexual practice wat duidelike Skrifverklaring is. Aanlyn beskikbaar. Luister ook op Youtube na sy praatjie: Jesus, Scripture and the myth of new klnowledge arguments. Weet Dr Gaum hiervan?
Dankie vir hierdie artikel. Indien moontlik, kyk uit vir my brief aan Rapport komende Sondag in antwoord op Gaum se artikel in Rapport Weekliks laas Sondag.
Groete, Johan Weakley
Ek stem nie saam met Gaum nie.Sonde is sonde ,en hy het nie die reg om sy siening op die NG Kerk af te dwing nie ,of nog minder op die lidmate, ek sal glad nie na hom of sy seun se preek luister nie, ek sal die 2 ignoreer ,hoor my ek is nie ‘n Farriseer nie,gaan bely jou sonde Dr,jy en jou seun,en breek met dit,want als want als van die VSA af kom gryp die Afrikaner (die boere)dalk het hy ‘n ds.geword vir die goue midde weg,en die charismatiese kerke looi die NG kerk oor sulke dom goed wat ous soos dr Gaum en kie doen.Ek sê my sê ,en ek sal ook glad nie n ‘anabaptis’ word deur sulke bollie wat die 2 aanvang nie,bekeer julle,of los die NG kerk ,of gaan eerder VSA toe daar kan dit beoefen word .Dit is my standpunt en opinie.Ek stel nie belang in julle debat nie,ek is nie beskikbaar nie, ek sê gaan doen wat julle moet doen.