Fundamentalisme

Volgens die HAT is fundamentalisme die volgende:

Streng handhawing van wat as fundamenteel beskou word, veral in die godsdiens.

En volgens Britannica:

Christian fundamentalism, movement in American Protestantism that arose in the late 19th century in reaction to theological modernism, which aimed to revise traditional Christian beliefs to accommodate new developments in the natural and social sciences, especially the theory of biological evolution. In keeping with traditional Christian doctrines concerning biblical interpretation, the mission of Jesus Christ, and the role of the church in society, fundamentalists affirmed a core of Christian beliefs that included the historical accuracy of the Bible, the imminent and physical Second Coming of Jesus Christ, and Christ’s Virgin Birth, Resurrection, and Atonement. Fundamentalism became a significant phenomenon in the early 20th century and remained an influential movement in American society into the 21st century.

Dus, niks om oor skaam te wees nie.

Vandag gebruik liberaliste egter die woord as ’n skeldnaam wanneer verwys word na veral jongaarde skeppingsleerders (Christene wat glo dat God in ses 24-uur dae geskep het ongeveer 4004 vC). Gewoonlik gee fundamentaliste nie om om hierdie “skeldnaam” genoem te word nie en sien dit as ’n eer.

Fundamentaliste en behoudendes is baie naby aan mekaar. Miskien kan ’n mens sê dat fundamentaliste behoudend is, maar behoudendes is nie noodwendig fundamentaliste nie.

Fundamentalisme vs meganiese inspirasie

Let daarop dat daar ’n verskil is tussen fundamentalisme en ’n meganiese inspirasie. Meganiese inspirasie is die idee dat God die teks van die Bybel woord vir woord vir die skrywers gedikteer het.

Kyk ook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui