Kyk ook:
Moet ons vandag nog Geloftedag vier?
Indien wel, bring dit nie verdere rasseverdeeldheid in Suid-Afrika nie?
En wie moet geloftefees vier?
Al meer en meer mense voel deesdae dat dit nie meer gepas is om Geloftedag te vier nie. Die hoof rede is waarskynlik omdat dit polities inkorrek skyn te wees – hoe kan ’n mens elke jaar ’n oorwinning vier waar jy 1000e van jou mede landsburgers doodgemaak het? Dit kan net verdeeldheid bring. Voorbeelde wat gebruik word, is:
- Hoe sal Christen Amerikaners voel as Amerikaanse Moslems elke jaar Al-Kaïda se sukses vier van 11 September 2001?
- Hoe sal Amerikaners voel as Japan Pearl Harbour dae vier?
- Of as Duitsland Nazi-dae het?
Bloedrivier anders
Bogenoemde voorbeelde is nie geldige vergelykings nie. Kom ons skets ’n ander scenario: Veronderstel daar was ’n insident waar ’n groep Jode die Nazi’s uitoorlê het tydens die Holocaust tydens die 2de wêreldoorlog: ’n groot aantal Nazi’s is dood en die resultaat is dat daardie Jode nie in die strafkampe omgekom het nie.
Nou lyk die prentjie skielik baie anders. Wat sou jou gevoel daarteenoor gewees het? Sou jy dit elke jaar saam met die Jode kon vier en bly wees daaroor, of val dit ook onder dieselfde kategorie as die eerste voorbeelde hierbo?
Bloedrivier was ’n totaal ander geval as die voorbeelde hierbo:
- Die Boere was by verre in die minderheid (~470 Voortrekkers teenoor 10000 tot 20000 Zoeloekrygers).
- Anders as die bogenoemde voorbeelde, was dit selfverdediging.
- Die Boere het God om hulp geroep en God het met ’n ongelooflike wonderwerk ingegryp (3 Boere beseer/gewond teenoor meer as 3000 Zoeloes wat gesneuwel het).
Die gelofte wys watter gesindheid onder die Boere geheers het:
“Hier staan ons voor die heilige GOD van hemel en aarde om ’n gelofte aan Hom te doen dat as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as ’n dankdag soos ’n sabbat sal deurbring, en dat ons ’n huis tot sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.”
Dus, indien daar mense is wat Geloftedag met ander motiewe vier, is dit húlle wat verkeerd is; dit maak dit nie verkeerd om Geloftedag vir die regte redes te vier nie.
Ons kan tog nie die Christelike geloof verwerp omdat daar sommige mense is wat hulleself Christene noem, maar nie soos Christene optree nie.
Bybelse voorbeelde
Daar is baie voorbeelde in die Bybel waar God bonatuurlik ingegryp het om onderdruktes of minderheidsgroepe te beskerm:
- In Eksodus 12:14 sê God: “Hierdie dag moet vir julle ’n gedenkdag wees. Julle moet dit as ’n fees tot eer van die Here vier. Vir julle nageslag moet dit ’n vaste instelling wees wat hulle moet vier.” Hierdie kan baie goed vergelyk word met Geloftedag: Die Israeliete was die onderdruktes en God het met ’n reeks wonderwerke ingegryp om hulle te verlos van die Egiptenare. Dit het ingesluit dat baie Egiptenare gesterf het: nie net die eersgeborenes nie, maar ook het farao se hele leërmag in die Rooisee verdrink. Vandag vier baie Joodse Christene nog Pasga. Moet hulle nie daarmee stop nie, omdat dit anti-Egipties is?
- Rigters 4: “(3)Hy (Sisera) het nege honderd ysterstrydwaens gehad en hy het die Israeliete twintig jaar lank verdruk. Daarom het hulle tot die Here geroep om hulp.” En God het vir hulle uitkoms gegee (wat ingesluit het dat baie mense van Sisera, hy ingesluit, dood is).
- Rigters 6-7 vertel die geskiedenis van Gideon. God gryp in met ’n wonderwerk en bewerk dit so dat die Midianiete vir 300 man skrik en mekaar doodmaak (Rigters 7:22).
- Kyk wat sê Dawid in 1 Samuel 17: (45)Maar Dawid sê vir die Filistyn: “Jy kom na my toe met ’n dolk en ’n spies en ’n swaard, maar ék kom na jou toe in die Naam van die Here die Almagtige, die God van die linies van Israel, wat jy verkleineer het. (46)Vandag sal die Here jou in my mag oorgee sodat ek jou kan verslaan en jou kop van jou lyf afkap. Dan sal ek vandag nog die lyke van die Filistynse laer vir die roofvoëls en vir die wilde diere gee, sodat die hele wêreld kan besef dat Israel ’n God het. (47)Dan sal hierdie hele skare besef dat die Here nie deur swaard of spies verlos nie, maar dat die oorlog aan die Here behoort en dat Hy julle in ons mag oorgee.” Die Voortrekkers was nie naasteby so arrogant soos Dawid nie.
- In 2 Konings 7 gryp God ook bonatuurlik in om die Israeliete te verlos toe hulle in groot nood verkeer: “(6)Die Here het die Arameërs in die kamp die geluid laat hoor van strydwaens, perde en ’n groot leër. Hulle het vir mekaar gesê: “Die koning van Israel het die konings van die Hetiete en van Egipte gehuur om ons aan te val.” (7)In die skemer het hulle op die vlug geslaan. Hulle het die hele kamp net so gelos soos dit was, tente, perde en donkies, en vir hulle lewe gevlug.”
- In 2 Konings 18-19 daag die Assiriërs vir Hiskia. Hiskia roep egter tot God in 2 Konings 19 en God bewerk uitkoms met ’n wonderwerk: (6)sê hy vir hulle: “Julle moet vir julle koning sê: So sê die Here: Moenie bang wees oor wat jy gehoor het, hoe die amptenare van die koning van Assirië My gelaster het nie. (7)Ek gaan hom onrustig maak, sodat hy na sy land toe sal teruggaan wanneer hy daarvandaan ’n berig kry. Ek sal hom in sy eie land laat doodmaak.”
- En in 2 Kronieke 20: (2)Josafat het berig gekry: “’n Groot menigte van oorkant die Dooie See, van Edom af, het teen u opgetrek. Hulle is al by Gaseson-Tamar, dit is En-Gedi.” (3)Josafat was bang en het by die Here hulp gesoek. Hy het ’n vasdag in die hele Juda uitgeroep, (4)en die Judeërs het bymekaargekom om die hulp van die Here te vra. Uit al die stede van Juda het hulle gekom om die Here se hulp te vra. (En verder)
(Kyk ook Bylaag A hieronder waar Koning Oswald ook baie ernstig tot God gebid het dat Hy hulle sou spaar van ’n oormag.)
As Christene vier ons nie hierdie insidente in die Bybel pertinent jaarliks nie, maar as ons dit lees, dan loof en prys ons God omdat Hy ingegryp het en Sy volk gered het. Ons veroordeel nie hierdie gevalle in die Bybel met voorbeelde soos heelbo genoem nie.
’n Gelofte vir eie gewin?
Mag ’n mens ’n gelofte aan God maak vir eie gewin? Is ’n gelofte aan God nie ’n poging om God se arm te draai sodat jy jou sin kan kry nie?
‘n Mens kan seker maklik in die versoeking wees om so iets te doen; daarom moet geen mens sommer net ’n gelofte aan God maak nie. Ek glo egter dat God jou kan lei om wel ’n gelofte te maak. Die feit dat God wel gehoor gegee het aan die Boere se hulpkreet, is heelwaarskynlik ’n bewys dat hulle motiewe suiwer was en dat hulle wél deur God gelei is om die gelofte te maak.
Verder is daar ook ander gevalle in die geskiedenis waar volke ’n eed aan God gemaak het om hulle te help. Kyk byvoorbeeld die geval in Oberammergau waar mense ’n eed aan God gemaak het, sou Hy hulle spaar van ’n plaag.
Positiewe gevolge
Daar was nog ander positiewe nagevolge van hierdie slag:
- Sonder Bloedrivier kon Dingane nog baie Boere én ander swart volke vermoor het – daar is baie ander swart volke wat baie dankbaar was vir Bloedrivier. Met Bloedrivier was Dingane se mag gebreek en daarmee sy moordlustigheid.
- God het moontlik Bloedrivier gebruik om die ongeregtigheid te straf op Piet Retief se moord. (Kyk ook Die Bybel oor Doodstraf en Om God en die Bybel te verstaan.)
- Voor Bloedrivier was daar Britse sendelinge wat onder die Zoeloes gewerk het, maar hulle was baie onsuksesvol. Na Bloedrivier het baie meer Zoeloes tot bekering gekom.
- Na Bloedrivier het die Voortrekkers en Zoeloes in vrede saamgeleef.
Hoe moet Geloftedag gevier word?
Afrikaners kan baie maklik in die versoeking kom om Geloftedag te gebruik om ons eie beuel te blaas; om onsself daaraan te herinner dat ons glad nie so sleg is nie. Daar is immers baie mense wat baie goeie dinge van die Boere gesê het:
“The Americans fight for a free world, the English mostly for honor and glory and medals, the French and Canadians decide too late that they have to participate. The Italians are too scared to fight; the Russians have no choice. The Germans for the Fatherland. The Boers? Those sons of bitches fight for the hell of it!” – American General, George “Guts and Glory” Patton
“Take a community of Dutchman of the type of those who defended themselves for fifty years against all the power of Spain at a time when Spain was the greatest power in the world. Intermix with them a strain of those inflexible French Huguenots, who gave up their name and left their country forever at the time of the revocation of the Edict of Nantes. The product must obviously be one of the most rugged, virile, unconquerable races ever seen upon the face of the earth. Take these formidable people and train them for seven generations in constant warfare against savage men and ferocious beasts, in circumstances in which no weakling could survive; place them so that they acquire skill with weapons and in horsemanship, give them a country which is immanently suited to the tactics of the huntsman, the marksman and the rider. Then, finally, put a fine temper upon their military qualities by a dour fatalistic Old Testament religion and an ardent and consuming patriotism. Combine all these qualities and all these impulses in one individual and you have the modern Boer.” – Sir Arthur Conan Doyle
“Give me 20 divisions American soldiers and I will beach Europe. Give me 15 consisting of Englishmen, and I will advance to the borders of Berlin. Give me two divisions of those marvelous fighting Boers and I will remove Germany from the face of the earth.” – Field Marshall Bernard L. Montgomery, Commander of the Allied forces during WWII.
“The individual Boer, mounted, in a suitable country, is worth four or five regular soldiers.” – Winston Churchill
Dit is so dat Bloedrivier al in die verlede gebruik is om Afrikaner nasionalisme te vier. Dit is egter glad nie hoe dit moet wees nie. Eerstens is die Boere geensins sonder foute nie: die Boere het ook maar ’n geskiedenis van verraad en ander negatiewe dinge soos apartheid. Blykbaar het Andries Pretorius, wat die gelofte ingestel het, nie Geloftefees getrou herdenk in die jare na die slag nie. En tweedens sou die Boere niks wees as God hulle nie gehelp het nie – ons het niks om op te roem nie (net soos Paulus in 1 Korintiërs 1:29,31: (29)Voor God het geen mens dus iets om op te roem nie. … (31)Daarom, soos daar geskrywe staan: “Dié wat wil roem, moet in die Here roem.”). En dit is wat gevier moet word – dat God by die Boere was en sal wees as ons aan Hom vashou.
Maar selfs so ’n benadering kan moontlik bietjie verdeling bring onder Suid-Afrikaners (alhoewel daar seker niks fout is met nasietrots nie, solank nasietrots sekondêr tot God bly). Daar is egter ’n manier om na Geloftedag te kyk sodat selfs Zoeloes dit saam met ons kan vier: Dit is om die feit te vier dat God ingegryp het toe ’n volk, wat in diep nood was, na Hom geroep het. Dus gaan dit nie oor die Boere wat die Zoeloes verslaan het nie, maar gaan dit oor ’n groep mense wat tot God geroep het in hulle nood en God het uitkoms gegee. ’n Baie goeie maatstaf om te bepaal of Geloftedag reg gevier word is om die vraag te vra of ’n Zoeloe ook tuis sal voel in ’n Geloftediens.
Wie moet Geloftefees vier?
Daar is mense wat sê dat hulle nie gebind kan word deur ’n gelofte wat namens hulle geneem is in 1838 nie. Dit mag moontlik waar wees. Ek dink jy het ’n keuse of jy dit wil vier. Jy hoef nie jou geskiedenis te gaan navors om te bewys dat jy nie familie gehad het wat by Bloedrivier was nie en daarom hoef jy dit nie te vier nie. Maar ek dink dit sou die verkeerde gesindheid wees. Ek kan my indink dat alle Voortrekkers op 16 Desember 1839 (die jaar na Bloedrivier) Geloftefees gevier het, selfs al was hulle nie daar nie, want dit is ’n fees tot eer van ons genadige God – Hy het gehelp toe daar nood was.
Daar is ook baie voorbeelde van mense wat lank na Bloedrivier na Suid-Afrika toe gekom het en ook Geloftedag vier omdat hulle dit vir die regte redes doen; omdat hulle dit ook vier soos ons vandag die dele in die Bybel vier waar God uitkoms vir Sy volk gegee het.
Daarom dink ek dat enige Christen tweekeer moet dink voor hulle dit nie vier nie, mits dit reg gevier word – mits aan God al die eer gegee word.
Ten slotte
Dit is so dat geloftefees al in die verlede misbruik is om Afrikaner nasionalisme te bevorder, maar ongeag hoe geloftefees misbruik is in die verlede en hoe dit soms nog misbruik word, dit kan op die regte manier gevier word: Nie net moet dit ’n fees wees waar God die eer gegee word omdat Hy met ’n wonderwerk ingegryp het nie, maar dit moet ook gebruik word om Christene aan hulle rol in Suid-Afrika te herinner. Net soos die Voortrekkers en hulle afstammelinge ’n baie groot rol gespeel het in Suid-Afrika in terme van die verspreiding van die evangelie asook ekonomiese opbou, moet Christene daaraan herinner word aan hulle taak om ligdraers vir Christus te wees vir ander, maar ook om ekonomiese welvaart te skep vir almal.
Kyk ook
- Bloedrivier (Amptelike webblad)
- DVD: “Die Slag van Bloedrivier”: Hierdie DVD is tweetalig beskikbaar en word gewys en verkoop by die Bloedrivier museum en ook die Voortrekkermonument. In Junie 2012 was die prys R165. Vir verdere navrae oor die DVD, gaan na bloedrivier.org, kontak ons of kontak die Voortrekkermonument by museum@voortrekkermon.org.za.
- Slag van Bloedrivier (Wikipedia)
- Geloftedag en die toekoms van die Afrikaner, dr Willie Marais, 1995
- Geloftedag…en die Slag van Bloedrivier, Juig!, Desember 2009, deur dr Peter Hammond
- Geloftedag of Versoeningsdag? (Ditsem.net)
- Waarom nog Geloftedag? (Leopold Scholtz)
- Geloftedagprediking (DH Groenewald, 1973)
Bylaag A
Op Sondag 5 Augustus 2012 het Flip Loots die volgende op RGS aangebied:
5 Augustus 642nC is die sterfdatum van Koning Oswald Æthelfrithingvan Northumbria, Engeland. As jong elfjarige seun het hy na Skotland gevlug na sy pa se dood waar die monnike van Columba hom tot geloof in Jesus Christus gelei het.
In 633 word Oswald koning van Northumbria na die afsterwe van sy oom, koning Edwin, aan die hande van twee vyandige leiers, Penda en Cadwallon. Oswald het besluit om die vyand te verdryf. In sy klein weermag was daar min wat Christus geken het. Op die vooraand van die geveg, het Oswald ’n kruis opgerig en terwyl hy dit vashou, uitgeroep: “Kom ons kniel en bid dat die enigste almagtige en ware God ons die oorwinning oor ons vyand sal gee omdat ons veg vir ons lewens en vir ons land.” Ten spyte van die oormag, het Oswald die geveg gewen en mense het hulle tot die Here bekeer. Oswald het sendelinge uit Skotland laat kom om sy mense in die geloof te onderrig en kerke is oral gevestig.
Koning Oswald was bekend daarvoor dat hy ’n gebedsman was. Hy is in ’n laaste geveg met sy vyand, Penda van Mercia, dood. Net voor hy gesterf het, het hy weer gebid, dié keer dat God die siele van sy soldate sou spaar.
Bylaag B: Slag van Bloedrivier vs Slag van Isandlwana
Tydens die Slag van Isandlwana (41 jaar na die Slag van Bloedrivier) het die Zoeloes die Engelse ’n slegte knou toegedien. In daardie slagveld was daar baie meer Engelse soldate in vergelyking met die Slag van Bloedrivier. Dit is ’n verdere aanduiding dat ’n mens met Bloedrivier met ’n wonderwerk te doen gehad het.
Slag van Bloedrivier 16 Desember 1838 |
Slag van Isandlwana 22 Januarie 1879 (41 jaar later) |
|||
---|---|---|---|---|
Opponente | Zoeloes | Voortrekkers | Zoeloes | Britte |
Getalle | 10 000 | 464 | 20 000 | 8 000 |
Getalverhouding | 20 | 1 | 2.5 | 1 |
Lewensverlies | 3 000 | 0 | 1 000 | 1 300 |
Dit was ’n redelike samestelling van die gebeure, maar daar is heelwat vrae wat nie aangeraak word nie.
1) Wie is die “ons” en wie is die “vyand” gewees? Sluit dit net die betrokke mense in aan albei kante in? Wanneer ons daai konstrukte deeglik op uitbrei, lei dit oor na die volgende vraag:
2) Wie is in vandag se tyd nog deel van daai “ons” en bestaan daai “vyand” nog? Want as die Slag van Bloedrivier inderdaad God se ingryping was, sou ons moet sê of Hy het net gedeeltelike verlossing gegee (dus is die “vyand” nogsteeds met ons) of hy het volkome die groep Voortrekkers wat daarby betrokke was gered en dus is die “vyand” totaal uitgewis.
3) U het wel aangeraak op voorsate maar dit nie deeglik deurgevoer nie. Die gelofte gaan juis oor die nageslagte van die “ons” wat uitsluitlik by daai dag betrokke was. Dus is die hele gewig wat op die nageslag lê net van toepassing op die nageslagte van daai spesifieke groep mense.
4) Die gelofte is ingestel deur lede van die NG kerk van daai tyd, wat ’n groot klug het in terme van hulle siening dat Suid-Afrika aan die Afrikaner gegee is deur God (sonder enige logiese of theologiese ondersteuning) en ook in groot weerstand was teen ander kerkgroepe wat ander rasse onderrig het. Dié wanopvatting is deurgevoer in apartheid deur rassisme te verdig vanuit ’n Christelike oogpunt.
5) Alhoewel U telkemale dele uit die Bybel aanhaal, is dit altyd opvallend dat die bergprediking van Jesus altyd uitgelos word (Matteus 5) veral verse 33-36 waar Jesus (wat God se Seun is) duidelik die instruksie gee om NIE ’n eed (gelofte) af te lê nie. Dus het die Boere direk teen die wil van God, soos ontvang direk van Jesus Christus af, gegaan. Ek sien nie dat hierdie sondige gedrag enigsins aangespreek word nie. Vers 44 is ook geminag deur die groep.
6) Volgens oorlewering het Sarel Cilliers op ’n vraag geantwoord (wat sou gebeur indien die nageslagte nie Geloftedag nakom nie), “Dan sal God hulle aan dieselfde vyand oorgee waarteen hy ons beskerm”. Goed, so die vrae is as volg: Wie het vir Cilliers die reg gegee om namens God te besluit wat plaas sou vind. Job se vriende is hard deur die Here aangespreek omdat hulle uit onkunde namens God gepraat het. Dit blyk asof dieselfde heilige arrogansie teenwoordig was, nes ons al is valse profete gesien het wat onlangs landuit gevlug het wat namens God praat. Die tweede deel is ook, kan mens dit as Christelik beskou om ’n vloek oor jou eie mense (of ander) uit te spreek indien hulle nie jou sonde eer soos jy belowe het nie? (sien punt 5 hoekom die gelofte in wese direk as sonde gesien kan word)? Dis heksery/demoniese/Satan/Duiwelse geïnspireerde uitlatings (Sien Galasiers 5:22 vir die vrug van die gees ens. en toets daai uitlatings teen daai hoofstuk) om vloeke uit te spreek. So nie het ons direk teen God se wil gegaan en opsetlik uit vrees on ongeloof sondig gepleeg nie, maar nog vêrder gegaan en ’n vloek oor die nageslagte uitgespreek.
Bileam was deur Balak van Moab gevra om Israel te vervloek. Maar telkens wanneer Bileam hulle moes vervloek, is hulle deur Bileam geseën omdat hulle die Here se volk was (Numeri 22:36-24:25).
So kan niemand ’n Christen vervloek of ’n vloek op ’n Christen plaas nie, want Paulus sê: God is vír ons, wie kan dan teen ons wees? (Romeine 8:31).
Paulus skryf in 1 Kor 16:22 ‘As iemand die Here nie liefhet nie, laat hom ’n vervloeking wees.’ Maar om iemand te vervloek in die Naam van die Here, is aanmatigend en arrogant. Romeine 12:14 së: Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie; 12:16 moenie hoogmoedig wees nie, maar skaar julle by die nederiges; 12:17 moet niemand kwaad vir kwaad vergeld nie, maar rig julle gedagtes op dit wat vir alle mense goed is; 12:19 Geliefdes moet julleself nie wreek nie, maar laat ruimte vir die oordeel. Daar staan immers geskrywe: ‘My kom die wraak toe, Ek sal vergeld’ sê die Here.
7) Om ’n sonstraal op ’n senotaaf te laat verskyn om ’n sekere dag is ’n ou gebruik uit baie verskillende historiese volke. Nêrens is daar bewyse dat die monument juis deur God aangedui is as die plek waae hy geër moet word nie. Of dat die heidense gebruik van die son op ’n senotaaf enigsins Bybels is nie. Daarby skyn die lig nie op “Tot eer van die Here nie” of iets soortgelyks nie, maar op “Ons vir jou Suid-Afrika”. Die hele monument het baie eer aan die Voortrekkers en dit wat hulle vermag het, maar bitter min “Eer aan God” in vergelyking. So word die voorvaders meer aanbid as die God wat hulle gered het? Die gebruik van die son op ’n spesifieke dag in ’n tempel is deurgans in die antieke tempels ontdek tot eer van die songod..kan ons dir enige lewende God eer mer Heidense tradisies waar ons “Ons vir jou Suid-Afrika” die belangrikte boodskap maak en nie iets soos “Die God van die Bybel het ons verlos nie”?
Ek het na baie jare se worstelling tot die slotsom gekom dat omdat die gelofte uit sonde en in teenstaand met die Woord van God en veral Jesus se opdragte is, kan ons nie met ’n oop gemoed daaraan deelneem sonder om dat onder die vloeke wat daarmee gepaard gaan te staan nie. Dis amper soos wat beskryf word in Galasiers 5:2-3.
Die benoudheid van die Voortrekkers is duidelik in daai oomblik. Die desperaatheid ook. So oom die ongeloof om te dink as hulle nie ’n gelofte maak nie, sal God hule nie help nie (alhoewel hulle geglo het God het die land aan hulle toegeken). Daar ia net té veel teenstrydighede en moderne gebruike waar Afrikaner nationaliste sê ons is onder die greel van “die vyand” na apartheid omdat ons nie die gelofte nagekom het nie, wat my laat besef die hele doktrine van Geloftedag is een wat deeglik hersien moet word deur mense wat geestelik volwasse genoeg is om ongewilde opinies te maak. Om enigsins apartheid teologies met Christelike beginsels (eintlik was dit Gereformeerde beginsels) te verdedig, is waansinnig en klap in die gesig vir Christene en logiese denke.
Die wat wel die dag wil vier moet dit doen deur nie die boere te vereer en hulle soos voorvaders te aanbid nie, maar die dag aan God toe te wy in heiligheid asook nadink aan die sonde wat uit goeie intensies in hul eie harte begin broei het, en dit belei en uitsorteer saam met die Here.
Daar is verskeie kleiner aspekte rondom die gelofte wat nog aandag kort, maar die slotsom is dat rassistiese Afrikaner nationaliste die gelofte, gebore uit ’n weerstand teen God se instruksie, gebruik om hul eie walging in ander rasse aan te vuur (disgust) wat die kern emosie is wat rassisme aandryf.
As ons werklik ons kerklike en Christelike pligte wil uitvoer, moet ons alles los, nie eens jou familie groet nie, en Jesus volg (nie ’n dooie leier nie)… Jy moet jou kruis optel en Jesus wees vir die wêreld. Dalk is die probleme in ons eie kulturele, kerklike en sosiale samestellings juis van só ’n patologiese aard dat ons eers daai balk van wrok uit ons eie oë noet haal voordat ons die splinters van sosiale kwale uot ander ae oë probeer uitkry.
Daar is nog té veel om te skryf oor verkeie aspekte wat die Afrikaner juis deur sy eie arrogansie en onwilligheid om te leer, hom pootjie om werklik saam met die res van die mense in vrede te stap.
Ons is nie die Christene wat ons veronderstel is om te wees nie, en ek glo ons is diep en innig bewus daarvan. Vraag is: gaan ons agter ras en die gebeure van die verlede en dooie voorvaders en wat hulle gesê het wegkruip soos die regerende party maak (wat kerk mense vinnig iets oor te sê het as “hulle” dit doen)… Gaan ons die narratief hê van “kom net oor apartheid, dis al 25 jaar terug verbei” maar dan gaan loer ons elke jaar na een gebeurtenis wat al in 1838 verby was? Ons verwag 40+ jare se rasse onderdrukking moet in 25 jaar ieta van die verlede wees,maar een dag of 2 gebeure mag ons nog vaslou aan meer as 137 jaar later en dis aanvaarbaar? Wanneer hierdie verskeie tweespalte in die hele onderliggende doktrine van Geloftedag deeglik en objektief ondersoek word, tesame met die aksiomas wat die onderliggende stellings wat as waar aangeneem word wat die hele idiologie dryf, dan sal ons weer met trots tradies kan uitvoer wat die regte eer aan God gee en die patologiese, sonde-gedrewe dele waaruit vewyder om Suid-Afrika ’n plek te maam waar God se liefde, genade en hoop, deur sy Seun Jesus Christus se vergifnis en liefde deur die wonderlike werke van Die Heilige Gees deur ons aan ander mense bekend gestel word. “Your life is the gospel people reads the most – are they finding Jesus in your action… Not your church or your opinion… Are they finding Jesus in your interactions?”
Ek glo in Suid-Afrika en die mense ae kapasiteit. Ons moet besed hoe sie drie-gereformeerde kerke teen die opvoeding van die inneemse volke was en hoe korrup daai tyd se kerkleiers opgetree het. Dis sal ons help om weer mense na God te bring instede om verlore skape aan pseudo-predikate oor te los wat hulle geloof breek omdat die kerke té hoogmoesig was om hulself re te ruk.
Die antwoord is altyd Jesus
Die kennis en wapenrusting.in die Woors van God
Hoeveel meer mense kon ons nie al bereik het as ons ons self gekruisig het teen ons las en uitgaan het om, soos Jesus, met mense te “connect” net waar hy hulle kry so hulle op te lig? Let’s let get off our arrogance of thinking we actually know what we’re doing, and pay attention to how we’ve gotten it so wrong that we don’t serve South Africa, we only serve a one-sides politically minded group of people using God to justify their corrupt thinking.
God is die begin, middel en die einde.
Kom ons hou op spesiale dae en kerk doktrine bó die Woord va God sit en kom ons begin ons vyande te seën, ons wys prostitutes ons sal sit en “minister” aan hulle en wanneer die laagste ras en geslag kom (Vroulile Samaritaan in die Bybel)… dan wag ons by die put en “minister” aan haar en haar gemeenskap omdat dit oor Jesus gaan.
Ai. Kan niemandminsien dat enige geloftes wat God van mense gevra het , het van Hom afgekom nie. Die sinneloosheid om gelofte af te dwing en dan God te herdenk is wat verkeerd is met geloftedag. Dis nie Bybels nie en was nooit deur enigiemand van God afgedwing
met ’n sogenaamde belofte nie. Wonder net wanneer gaan die voorstanders dit eendag insien?
Geloftefees gaan nie oor ons vier dat ons Zoeloes doodgemaak het nie. Dis nie die punt nie. Die Geloftefees was eintlik ’n belofte aan God, dat as Hy ons help, sal ons die Gelofte (belofte aan God) nakom. So, die Gelofte is om God dankie te sê, dat Hy ons gered het. Dit is nie ’n feesviering oor ons mense doodgemaak het nie.
Ek staan vas op die punt dat my voorgeslagte geen betrokkenheid gehad het by die Bloed Rivier saga nie.. beide aan my is en (veral) my ma se Ierse kant.
Ek vind binne hierdie gelofte geen ruimte vir Christus se opdrag om die Goeie Nuus uit te dra na hierdie volke nie. Dus is die gelofte Ou Testamentiese en teenstrydig met God se woord.
Daar is geen versoening hierin nie en verdere politieke verdeeldheid word eerder bevorder.