Kyk ook:
Die Bybel bevat die volgende geslagsregisters:
Genesis 5: Adam tot Noag. Dit bevat ook die ouderdom van elke persoon. Hierdie kan gebruik word om uit te werk hoe lank Noag ná Adam geleef het. Let wel, die laaste vers in Genesis 5 bevat nie Noag se ouderdom toe hy gesterf het nie. Dit is ‘n baie goeie aanduiding dat hierdie geskryf is voor Noag se dood. Dalk selfs voor die sondvloed.
Genesis 10: Sem, Gam en Jafet se geslagsregister.
Genesis 11: Van Sem tot by Abraham. Dit bevat ouderdomme van elke persoon.
1 Kronieke 1-9: 1 Kronieke 1 tot 1 Kronieke 9 bevat geslagsregister van verskeie mense.
Rut 4:18-22: Van Peres tot Dawid
Matteus 1: Die geslagsregister van Jesus deur sy vader, Josef. Dit begin by Abraham en eindig met Jesus. Dit is slegs ’n lys en bevat geen ouderdomme van mense nie.
Lukas 3: Die geslagsregister van Jesus deur sy moeder, Maria. Dit begin by Jesus en werk terug tot by Adam en sluit af met: “…seun van Enos, seun van Set, seun van Adam, die seun van God.” Soos Matteus is dit slegs ’n lys en bevat geen ouderdomme van mense nie.
Ander
Josua 18: In vers 4-9 gee Josua opdrag dat ’n beskrywing van die sewe dele van die land gemaak moet word. Hierdie is weereens ’n bewys dat daar in daardie tye skrywers was wat die dinge in die Bybel vir ons kon opteken het.
Esra 2: Hier word ’n opgawe gegee van die mense uit die provinsie Juda wat uit die ballingskap teruggekom het na Jerusalem en Juda toe. In vers 62 word gesê dat priesterfamilies wat nie in hierdie registers opgeneem is nie, uit die priesteramp onthef is.