Gesprek-kans is Lubbe se laaste een

Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.

*******

BRIEF | Gesprek-kans is Lubbe se laaste een | Rapport

29 September 2024

Dr. Etienne Liversage, Ladysmith, skryf: 

In opvolg van die RSG-onderhoud wat op Maandag 9 September 2024 met dr. Anton Knoetze, voorsitter van die Koinonia Sinode gevoer is, het ds. Jan Lubbe, die moderator van die NG Kerk, bepaalde stellings wat Knoetse gemaak het as “gewoon nie waar nie” afgemaak.

Wêreldwyd het Afrikaanssprekendes in verbystering hierna geluister. (Dr. Johann Ernst, ’n voormalige aktuarius van die NG Kerk, het intussen op 13 September in Kerkbode die waarheid van Knoetze se stellings met klinkklare bewys bevestig, dog die skade is reeds gedoen en Lubbe is as óf ’n leuenaar óf as ’n totaal oningeligte kerkleier uitgewys.)

Tydens sy onderhoud op RSG het Lubbe gesê dat gesprek met die Koinonia-groepering nie moontlik is nie omdat laasgenoemde “nie ’n goedgekeurde amptelike vergadering” is nie. Teen die einde van die onderhoud, spreek hy hom egter ten gunste van “egte gesprek met opregte bedoelings” uit. “Ek neem dr. Anton ernstig op sy woord as hy sê hy . . . wil die NG Kerk van binne reformeer. Dan is die uitnodiging, bly dan binne en kom ons doen dit. Kom ons help die NG Kerk . . . om van binne te reformeer . . . Ek wil die uitnodiging vanoggend hier herhaal. Kom ons sit weg die swaarde aan beide kante . . . dit is regtig hartseer dat dit die situasie in die NG Kerk-familie op die oomblik is.

“Ons moet onsself afvra: Waarmee is ons in hemelsnaam besig?”

Dit is duidelik ’n opregte broederlike uitnodiging, en tog moet dit met ’n knippie sout geneem word. In ’n soortgelyke onderhoud op RSG op 5 Maart 2024 het Lubbe gesê “die KS wil van binne reformeer, kom ons doen dit dan van binne”.

As moderator van die kerk is dit tog uitsluitlik Lubbe se verantwoordelikheid om so ’n geslote vergadering te belê, die reformasie-agenda by wyse van onderhandeling met genomineerde teoloë aan beide kante te bepaal en die plek en tyd aan te wys. Aangesien die “vasgelooptheid” in die kerk oor twee dekades heen kom, kan daar tog nie ’n tydsbeperking op die duur van die “egte gesprek” geplaas word nie.

Hierdie uitnodiging, wat hyself gerig het, is vir Lubbe werklik ’n laaste geleentheid om self te ontwaak en as verkose geestelike leier op te staan. Kerkskeuring is die alternatief wat die geskiedenis om sy nek sal hang.

Kommentaar

xxx

1 thought on “Gesprek-kans is Lubbe se laaste een”

  1. “Ons moet onsself afvra: Waarmee is ons in hemelsnaam besig?” – groot woorde wat ‘n leier vra – en die antwoord tog in die BYBEL reeds het – en tog ook nie éintlik vra nie, want wat die Gees van Christus in die Bybel voorskryf, is van vér, vér minder waarde, as hul ware motiveringe: om die Bybel te herinterpreteer na die kultuur van die dag, en gehoorsaamheid aan selfs basiese Skrifte te ignoreer. Maar dan nou hoe ánders, as selfs so baie aksies en gebeurtenisse in die Ou Testament (praat nie eens van die Nuwe Testament), as blote ”dooie metafore” beskou word (asof die GEES se salwing van byvoorbeeld die MENORAH, ensomeer ‘n blote ritueel was?). En die duiwel word nie teengestaan as ‘n werklike bose persoonlikheid nie. En Christus in die Nuwe Testament se aksies en woorde se gewig, word doelbewus onderskat, en Sy Bloed se heiligheid beswaar met hul veradderlike leuens van slange – sataniese sektes doen dit ook, hoewel op baie perverse maniere. Die NG Kerk doen dieselfde, maar so geweldig subtiel in ‘n gees van hedendaagse diplomatiek in strome van mooi woorde, en selfs goeie dade aan armes en behoeftiges en in missionale sendings aan baie nasies. Hul ”LIEG” aan ander nasies oor hul egtheid: verkondig ‘n sogenaamde ”suiwer” evangelie, maar intussen, is hul so geweldig onder kompromie, en die arme ontvanger van hul ”evangelie” wis dit nie eens. Hoveel CHINESE word ter voorbeeld in CHINA nie deur hul mislei nie? Dink hul GOD moet vir hul hande klap oor hul sendingsakies onder so groot leuenwolk? Die NG Kerk rus onder ‘n groot, groot gees van misleiding – en ook hul lidmate, al mag almal nie saamstem met die sogenaamde ”liberale denke” nie: om vir soveel jare nog te wonder oor die huidige kwessies, is niks anders as ‘n valse kerk, wat haarself as ‘n Bruid van Christus probeer verkoop aan almal, maar absoluut IN DIE VLEES FUNKSIONEER, wat die sfeer is waar die Bose in sy element is: LUKAS 4 spreek tog duidelik hieroor, maar kan hul hulself nie eens eien in die Bose se manier van praat nie? Nee. Hul WíL nie. Hul ‘’eie WíL’’ is in ‘n absolute rebellie teen GOD, net soos die eertydse Israeliete in die Woestyn, met net een uiteinde: ‘n vreeslike, skrikwekkende uitwissing. GOD is nie daar om JOU/JULLE te aanbid nie, Mnr. Lubbe en NG Kerk.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui