Kyk ook:
- Wie is Willie Esterhuyse?
- “God en die Gode van Egipte” deur Willie Esterhuyse (Gerda de Villiers, 15 Jun 2009)
- Geen argeologiese bewyse vir Bybelse eksodus?
Boek
- Titel: God en die Gode van Egipte
- Subtitel: In die voetspore van die ontsienlike…
- Outeur: Willie Esterhuyse
- Datum van publikasie: 1 Maart 2009
- Gepubliseer deur: Lux Verbi
- Bladsye: 256
Hier volg die eerste deel van die boek.
Erkenning
Mense, geskrifte, afbeeldings en ervarings speel in n reis soos hierdie ’n baie groot rol. Te meer wanneer so ’n reis in Egipte, land van tempels, godebeelde en versierde grafkelders plaasvind.
Die spore hiervan lé diep en breed in my persoonlike ervaring en weergawe van hierdie reis — al is formele verwysings tot die uiterste minimum beperk. Die herlees, oor ’n periode van baie jare, van verskeie kernboeke — in Kairo, by Aswan, by die tempelkompleks in Karnak en langs die Rooisee — het ’n wesenlike invloed gehad. Sonder geskrewe tekste kan ’n mens nie baie van jouself ontdek nie. Dit is waarom tekste in Afrikaans so belangrik is en belangrik sal bly.
Spesiale erkenning moet gegee word aan my gidse, my eintlike spoorsnyers. Baie van hulle vrae, woorde en insigte het deel van my storie geword, of hulle nou Moslems of Koptiese Christene was.
Die boek is ’n biografie met baie stemme. Ek het oor tyd heen baie gesien, gelees, geluister en net ervaar. Dit het my diep geraak. Daarom is dié boek ook ’n getuienis én belydenis wat vertel hdé ek geraak is deur wat ek die “voetspore van die Onsienlike” noem. Een voetspoor het my veral beetgepak: Die stryd tussen Horus (Jesus) met sy voetspoor van “die goeie” (geregtigheid) en, daarteenoor, die bloedige voetspoor van die bose (Set; “Duiwel”). Dis ’n epiese stryd!
Baie mense met uiteenlopende agtergronde, het die manuskrip gelees. Aan diegene wat van hulle insigte, idees en vrae daarin herken, gee ek dankbare erkenning.
Willie Esterhuyse
HOOFSTUK 1: DIE INSPIRASIE
Aanloop
My begrip van God is gebore in die eenvoudige huis van Middelplaas neffens die Buffelsrivier en net onderkant die dorp Laingsburg. By kers- en lanternlig, want die elektrisiteitsopwekker wat my handige pa met behulp van die familiefirma Andrag gebou het, het beperkte vermoéns gehad. Die kombuis, met sy swart gegote stoof, Oregon-tafel, potterak, stinkhoutstoele en koskas was saans rondom agtuur die gesin van vier se bymekaarkomplek. Na ete was dit ook die boekevatplek. My pa het lank gelees en gebid. Soms is daar ’n psalm en hallelujalied gesing.
My pa het ons dikwels gevra wat hy gelees het, ’n gewoonte wat hy by my oupa geérf het. Ek het dit gevrees, want ek het gesukkel om iets betekenisvols te onthou. Dié gewoonte het later uitgesterf. Toe ek haar baie jare later daaroor uitgevra het, het my ma verduidelik dat Pa moedeloos geword het oor my en my broer se gebrek aan geesdrif.
My ma, wat in my oupa se plaasskool naby Touwsrivier, nie ver van Matjiesfontein af nie, my pa se onderwyseres was, was die “tussenganger” tussen my pa en my en my broer. Hy was, soos my ma, streng godsdienstig. Die Bybel was sy handboek vir die lewe. “God” was alles — “soewerein”, “verhewe”, “ewige regter’, “alsiende” en “onverstaanbaar genadig”. Ek het die “God” van my pa gerespekteer. En gevrees. Soos ek my pa met sy wonderlike praktiese vermoens en wysheid, met slegs standerd ses, gerespekteer én gevrees het. Ek het altyd gedink as “God” soos ’n mens lyk, sal hy soos my pa lyk.
Die klipkerk in Laingsburg was die ander plek waar my Godsbegrip gevorm is. Ds WA Alheit, met sy intense, borende oë, was die beeldhouer. Hy was ’n baie goeie vriend van my pa en my ma. Met sy woorde en emosies vanaf die kansel het hy my verstaan van God en “sy plan met die wêreld, met die mens en met jou” tot ’n onwrikbare geloofsoortuiging gevorm. “Dominee” was ’n towenaar met woorde en idees oor God. Hy kon jou die geestelike wêreld laat sien. Ons plaaswerker Klaas Mentoor kon met sy lenige hande uit die rooi potklei van die omgewing die plaasdiere so mooi verbeeld dat ek as kind gebid het hulle moet die asem van die lewe kry. En net so kon ds Alheit met sy woorde ’n wêreld ontwerp wat ek as ’t ware voor my kon sien.
Klaas Mentoor was ’n kunstenaar met klei. Maar toe ek hom eendag vra om vir my beeldjies van God en Jesus te maak, het hy verskrik gesé: “Dis teen die Bybel. Die Here sal jou straf” Ek het dit goed verstaan. Saans in die kombuis en Sondae in die kerk is die begrip van God as ’n regter en iemand wat straf immers baie sterk by my ingeprent. Trouens, my idee van gehoorsaamheid is deur dié Godsbegrip gevorm. Ek en Klaas het hieroor eners gedink. ’n God wat straf en ’n Bybel wat presies sê wat reg en verkeerd is, was onafskeidbaar deel van my en Klaas se plaaswêreld.
Die klipkerk het in die middel van die dorp gestaan, neffens die nasionale pad wat dié Karoodorp in twee gesny het. Naas Middelplaas se woonhuis was die klipkerk die ander belangrike bousel in my jeugjare. In orde van belangrikheid wel tweede. Die woonhuis met sy werf, en met my Boland-ma se goedversorgde roostuin, rooi malvas en rietbos waarheen ek my dikwels onttrek het om tussen die riete oor alles en nog wat te wonder, was die allesoorheersende spil waarom alles in my lewe gedraai het.
Ek het elke oggend met my fiets vanaf die plaas verby die klipkerk skool toe gery. Dit was elke skooldag ’n onafgesproke ritueel: plaashuis; klipkerk; skool. Dieselfde roete, soggens en smiddags. Ongeveer twaalf kilometer per dag. Die Hoérskool Laingsburg het destyds aan die rand van die dorp, anderkant die spoorlyn, gestaan.
Die toring van die klipkerk het my elke dag op my fietstog na die skool langer as wat nodig was laat vertoef by die stopstraat skuins oorkant die kerk, en op die hoek waar Standard Bank was. “Wegwyser na God se hemel”, het Dominee die toring ’n paar keer genoem in gesprekke met my. Dit was hy wat my belangstelling in die wêreld van simbole geprikkel het, al was dié belangstelling baie lank nie alleen naief nie, maar ook begelei deur ’n realistiese verstaan van die simbole.
Die toring was ’n sigbare band tussen my, God en sy hemel. Ek kon nog God nog sy hemel daarsonder voorstel. Die stopstraat het ook ’n simbool geword. ’n Mens moét tot stilstand kom voor God en sy hemel. In my verstaan van God het “stiltetyd” en “stilhouplek” ineengeskuif. Dit was so sterk in my geloofsisteem ineengestrengel dat ek vir myself gesé het: As ek nie lank genoeg by die stopstraat stop nie, sal God my nie sin nie.
Dominee was die Esterhuyse-stam se familiepastor. Ek het alles geglo en aanvaar wat hy gesé het. My oupa, ’n patriarg uit die boek uit, het eendag vir my gesé: “Jy moet onthou jy dra die familienaam. Luister na wat Dominee vir jou sé.’ Ons het nie net ’n familiepastor gehad nie. Daar was ook ’n familiedokter, ’n familiebankier en ’n familiewinkelier. Oupa het hom ons familie-Jood genoem. Daar was ook ’n “keffie-man”, ’n Indiér.
Dominee het my begrip van God gevorm met woorde wat hy byna elke Sondag herhaal het: “die Almagtige; “die Alsiende”; “die Allerhoogste”; “die Alomteenwoordige”; “die Albehoeder”; “die Al-Vader”; “die Algenoegsame”; “die Al-goede”; “die Alleen-salige”; “die Allerheilige”; “die Al-ewige”; “die Allereerste”. Ek het al dié woorde nie naastenby verstaan nie, maar hulle baie presies agter in my Bybel met ’n potlood neergeskryf. My pa het baie van die worde in sy aand- en oggendgebede herhaal. Een frase wat Dominee herhaaldelik gebruik het, het soos ’n eggo in my bewyssyn geword: “God, die goeie Vader van onse Here Jesus Christus”. As woorde herhaal word, word hulle werklikhede in ’n mens se bewussyn.
In die rietbos in my ma se roostuin het ek dikwels gelê en wonder of God my ook tussen die riete kan sien. Of Hy my ma se rose kan ruik en die kleure kan sien. Ek het gewonder of Hy al die riete gelyktydig kan sien. Ek het eendag vir Klaas Mentoor gevra of God al die mense, diere, klippe en bome op my pa se plaas gelyktydig kan sien. Hy het baie verward gelyk en my gevra: “Wat sé jou pa?” Ek het gesé dat ek nie met my pa daaroor wil praat nie. Klaas het sy graaf in die grond ingesteek en gesé: “Jy moet nie sulke vrae vra nie. Die Here sien vir jou raak en dis genoeg.”
My pa en ma was baie gelowige mense. Soggens vyfuur het hy koffie gemaak en vir my ma gebring. Na koffie het hy met sy dreunstem hardop uit Uit die Beek die dag se stukkie gelees en lank gebid. Vir ons familie, vir die plaas en sy mense, vir die diere, vir reén, vir die bure, vir die streek en vir die dorp. Ek het hom nooit in die land hoor bid nie. Die Karoo was die begin en einde van sy wêreld.
Toe hy en my ma my in my eerstejaarkamer in Dagbreek, Stellenbosch, help tuis maak het (1954), het hy ook lank en ernstig, soos dominee Alheit, gebid. Sy Godsbegrip, gevorm en geslyp in die kombuis van Middelplaas se huis en in die klipkerk van Laingsburg, was ook my Godsbegrip. My pa het graag van “Troue en Almagtige Vader” gepraat. En, het hy dié dag op Stellenbosch vir my gesé: “Soos jy my gehoorsaam het, moet jy ook jou Almagtige Vader gehoorsaam op pad na die kansel sodat jy sy Woord waarheidsgetrou kan verkondig.”
Die volgende dag het ek die Kweekskool gaan soek om te sien hoe die plek lyk waar ek eendag, na my BA (Admissie), vir “dominee” sou leer. Dit was ’n gesukkel om die plek te kry, want Laingsburg was nie ’n groot dorp nie en my nuwe dorp was groot. Op Laingsburg het ek die meeste van die inwoners en al die strate geken. Stellenbosch was ’n vreemde plek. Ek het na baie skietgebedjies en ’n paar navrae op straat die Kweekskool gekry. Ek het nog nooit so ’n gebou gesien nie. Wit, imposant, met krulle en kartelings, ’n standbeeld op pad na die voordeur en ’n trap wat oploop na die voordeur.
Teen die gewelf bokant die voordeur het ek die simbool van die sonskyf herken. Ek kon met my selfaangeleerde en beperkte kennis van Latyn die leuse: Sol iustitiae illustra nos — “Die son van geregtigheid verlig (bestraal) ons” — Op ’n manier verstaan. Dié leuse, so het ek later verneem, is ook die leuse van die Ryksuniversiteit van Utrecht, Nederland. Dit verwys onder meer na die 1953-vertaling van Maleagi 4:2: “die son van geregtigheid sal opgaan en daar sal genesing onder sy vleuels wees” vir diegene wat “my (die Here se) Naam vrees”. Hulle sal die verskrikking van die oordeelsdag, wat sal “brand soos ’n oond”, vryspring. Die leuse is ’n gebed wat versoek dat geregtigheid die mense “wat my Naam vrees” sal bestraal.
Dié metafoor van die sonskyf sou later ’n belangrike rol in my reis met die gode van Egipte speel. Die sonskyf het nie net in die godsdiens van die Egiptenaars voorgekom nie. Dit was ook ’n simbool vir die die Hetiete, die Akkadiérs en die Perse.
In 1958, pas in die Kweekskool, het ek die eerste uitgawe van Die Bybel met verklarende aantekeninge, wat in daardie jaar verskyn het, aangeskaf. My professor in Hebreeus/Aramees was PFD Weiss, in latere jare bekend vir sy regs-konserwatiewe politieke en kulturele idees. Hy was verantwoordelik vir die kanttekeninge by Genesis. Volgens die redaksie het “wetenskaplike ondersoek” getoon dat in vergelyking met ander boeke uit die Oudheid” daar geen geskrifte is waaraan “soveel sorg bestee is aan die nougesette teksoorlewering as by die Bybel nie”. En, het die redaksie daaraan toegevoeg, God het in “sy hoé wysheid … dit goed geag om nie aan ons die oorspronklike handskrifte nie, maar slegs afskrifte daarvan toe te vertrou. In sy besondere voorsienigheid het Hy egter wel daarvoor gesorg dat sy Woord op volkome vertroubare wyse tot ons kom’.
Genesis is beskryf as die eerste van die sogenaamde Vyf Boeke van Moses: die Pentateug — die Tora, lering of wet. ‘Tot my ontsteltenis moes ek later agterkom dat Moses dit nie kon geskryf het nie en dat ons dit nie as betroubare dokumentére weergawes van historiese gebeurtenisse kan lees nie. “Die waarheid is relatief,” het die ontwakende filosoof in my gesé by die ervaring van die eerste telkens van Skeptisisme oor kwessies soos “voorsienigheid” en “volkome” vertroubaarheid. Hoe moet ’n mens die Bybel, as sogenaamde “heilige skrif”, lees? het ’n vraag geword wat my lewenslank sou agtervolg.
Genesis, “in die begin”, beteken “oorsprong” of “wording”. Dit vertel, volgens professor Weiss, die storie oor die wording of oorsprong van die heelal, die mens, die sabbat en verskeie ander instellings en leerstellings. Soos dominee Alheit gesé het: “God het alles geskep.” Voor “die begin”, so is ek geleer, was God “van ewigheid tot ewigheid” (Weiss). “God is” en het deur sy “magswoord” hemel en aarde “in aansyn geroep”. God is ewig. Hy het alles geskep maar is self nie geskep nie. Dié verskil is deurslaggewend, soos professor Weiss en ander teoloé gesé het. Volgens hulle verdwyn punte van ooreenkoms tussen die Bybelse en Babiloniese verhale “in die niet” as ’n mens Genesis se verstaan van God aanvaar, naamlik dat Hy “een, ewige, almagtige, Skepper” is wat deur sy “voorsienigheid” alles wat Hy geskep het, in stand hou. Volgens hulle staan dit lynreg teenoor “alle heidense opvattings’, soos die skeppingstories van die Babiloniérs.
Genesis se skeppingsverhaal het my gefassineer. In ses dae het God alles geskep! Ongelooflik. En op die sewende dag het Hy gerus. Ek kon dit verstaan. Dit moet heelwat energie gekos het om so baie te doen. ater het ek verneem dat die “dae” eintlik as “periodes” beskou moes word. Dit het my min geskeel: God is n Skeppergod. Soos dominee Alheit gesé het: Uit niks! Nou ja, ook nie “niks” soos ek niks verstaan het nie. Daar was “aarde, woes en leeg”. Daar was “duisternis”, “wêreldvloed” en “waters”. Oor waar dit vandaan gekom het, het ek baie lank gewonder. Toe ek professor Weiss in my derde jaar daarna gevra het, het hy geantwoord dat God dit ook geskep het. Hy het ook herhaal dat God God is omdat Hy self nie geskep is nie. Ek het gehou van die idee dat die Gees van God” op die waters “gesweef” het. Soos die son wat sy lig oor alles uitsprei. En God het gesé: “Laat daar lig wees! En daar was lig.”
God praat — en iets groots gebeur: Lig én duisternis word onderskei.
In my naiwiteit het ek gese: Wie praat, skep. Stig orde. Vestig onderskeidings. Gee vorm. Soos Klaas Mentoor met sy potklei. Die pratende God is ’n skeppende God.
Ek het baie ure aan Genesis gewy. Oor en oor het ek die twee stories oor die skepping — albei eers agterna vertel vanuit die gesigspunte van die priesters en die sogenaamde Jahwiste — gelees en deel van my geheuebank gemaak.
Ek het begin verstaan dat die priesters, met hulle gevestigde belang in die handhawing en voortsetting van die tempeldiens wat, naas godsdienstige rituele, ook ’n ekonomiese dimensie met offers en ander dankbetuigings ingesluit het, ’n magtige politieke en kulturele faktor in die lewe van die Israeliete was. Hulle was immers die afstammelinge van stamvaders Abraham, Isak en Jakob. Hulle storie oor die skepping, soos in Genesis vertel — en beinvloed deur ander, ouer stories oor die skepping — het ’n eiesoortige storielyn gehad: God, die Skepper, is ewig. Hy skep uit niks en plaas die mens in ’n ereposisie.
Die Jahwiste, ’n ander godsdienstige groep, was weer veral behep met die “Naam” van God (Jahwe). Dié “Naam” was heilig; uitsonderlik heilig. In Oud-Israel kon ’n mens dié Naam nie sommer willekeurig gebruik nie. Daar het trouens in die suide, waar die koninkryk van Juda met Jerusalem as hoofstad gevestig was, ’n tradisie ontstaan wat deur geleerdes as die “J”-tradisie beskryf word, in afgrensing van die noordelike koninkryk (Israel, met Samaria as hoofstad), waar God “Elohim” genoem is en die “E”-tradisie ontstaan het.
Baie jare later het ek in Egipte die “J”-tradisie (J = Jahwe) beter begin verstaan. Dit was immers in die koninkryk van Juda waar die koning, met sy kroning, deur Jahwe as “seun van God” aangeneem is om so sy goddelike reg om te regeer bo alle verdenking te plaas. Die gebruik is ’n oermaneuver wat, soos nog vertel sal word, lank tevore ook in Egipte bekend was. Daar was trouens ’n soortgelyke koninklik-godsdienstige kultus in ’n buurstaat van Juda waar die god Baal en sy suster-vrou Anaat vereer is, saam met die vadergod El en sy vrou Asjera. Mense wat regeer, maak graag daarop aanspraak dat God aan hulle kant is. Dis ’n oeroue moreel-politieke maneuver om hulleself te regverdig.
Die twee skeppingstories in Genesis opper dieselfde punt: “God”; staan aan “die begin”. Hy, die vaderfiguur by uitnemendheid, skep. Maar hoe die skeppingstorie verloop het, en wie die skeppergod nou eintlik was, het my Jeuggeloof in die Skeppergod van dominee Alheit en my pa baie gou op Stellenbosch tot in sy diepste fondamente gekud. Met die lees van Plato en Aristoteles, klassieke Griekse filosowe, het ek talle vrae op die bladsye van my aantekeningboek neergeskryf.
Skeppingstories is relatiewe stories. Dit is perspektiewe op ’n ingewikkelde kwessie; “antwoorde” wat sin probeer maak van die vraag hoe die wêreld, die mense en die diere hulle verskyning in die geskiedenis gemaak het. So het ek dit in my derde jaar in filosofie (1956) vir myself in my soekende gees ingeprent om twyfelvrae te besweer. Die aanleiding hiertoe was professor Freddie Kirsten, filosofiese grootmeester van Stellenbosch wanneer dit oor die soeke na lewensin gehandel het, se poging om iets van die “misterie van die lewe” aan my oor te dra.
My reis deur die filosowe van die (Westerse) geskiedenis se intellektuele prestasies het byna obsessioneel op die idee van die skepping gefokus. Dit het my, gedagtig aan my respek vir dominee Alheit en my pa, op allerhande maniere beetgepak.
In my derde jaar op universiteit (1956), ’n jaar na die aanvaarding van die Vryheidsmanifes (1955), toe die stryders vir vryheid van apartheid by Kliptown ’n belangrike boublok vir die nuwe Suid-Afrika in plek gesit het, was die hooffokus van my belangstelling “God en sy werke” en “skepping”. Kliptown en Stellenbosch was wêrelde uiteen. Nie een van my dosente het my in ieder geval oor Kliptown ingelig nie. Soos nou nog, is Stellenbosch beskou as die begin en die einde van Suid-Afrika se intellektuele wêreld!
Ek het Genesis, en die ander boeke van die Pentateug, van voor en van agter af deurgelees. Ook ander boeke oor evolusie, en die nie-religieuse verklarings van hoe dinge tot stand gekom het. Ander godsdienste se verduidelikings het my gefassineer, alhoewel ek dit nie altyd goed verstaan het nie en die inhoud van my eie “geloof” nie krities bevraagteken het nie.
In my sesde jaar het ek laat een nag in my kamer in die koshuis Dagbreek tot ’n skokkende oortuiging gekom: Professor Weiss — en baie van sy aansprake in sy verklarende aantekeninge by Genesis — was arrogant. Ek het ook vir myself gesé: Hieroor sal ek met niemand praat nie. Veral nie met my pa en ma nie.
My worsteling met die stories oor “God” se skeppingskrag, en hoe en waarom die wêreld met sy mense en sy diere tot stand gekom het, het in daardie tyd my belangstelling geprikkel vir die godsdiens, en die priesters, se invloed op die politieke, ekonomiese en maatskaplike wêrelde van die “gelowige én ongelowige” mens.
In my sesde jaar het my pa, ’n jaar voor sy dood, onwetend my begrip van God en die godsdiens dramaties verander. Tydens ’n naweekbesoek aan Montagu het hy ’n kartondoos vol boeke in die motor se bagasiebak gelaai: “Dis vir jou studies. Dit kom van Eerwaarde af.” My pa, wat nie wou hé dat ek moes ryloop nie — ’n mens met selfrespek “bedel” nie — het my, wanneer ek naweke huis toe wou gaan, self met die Chev kom haal en weer teruggeneem. “Eerwaarde” het uit die destydse Sendingkerk gekom. Sy boeke was oud en stowwerig. Ek het dit teensinnig saamgeneem na Stellenbosch en die kartondoos onder my bed ingestoot. Na twee weke het my pa gebel: “Wat dink jy van die boeke? Kan jy dit gebruik?”
Ek het die kartondoos onder die bed uitgesleep en die boeke op my bed uitgepak. Dit het ’n fees geword: vanaf preekbundels, Andrew Murray, ou Bybels en Bybelkommentare tot by Leonard Wooley se boeke Excavations at Ur (1954) en The Sumerians (1929). Ek het die boeke verslind. Argeologie en godsdiens, met die Bybel as verwysingspunt, het lewe gekry. Bygesé, dit het géén dramatiese invloed op my verstaan van die basiese inhoude van die Christelike geloof gehad nie. “Ondersoek” en “geloof” was, wat my betref, twee verskillende wêrelde.
My honneurskursus (filosofie) op Stellenbosch het in 1957 onder andere ’n intensiewe studie van AE Loen se boek oor “die vaste grond” ingesluit. Loen, onder die invloed van die teoloog Karl Barth, was intellektueel ’n meester al het hy sy lesings wat ek later in Utrecht byge woon het, sieldodend eentonig van geskrewe aantekeninge afgelees, Nog voor ek by hom in Utrecht gaan studeer het (1962-1964), het Wooley reeds die vastigheid van Loen se “vaste grond” begin ondermyn. Die woord “relatiwiteit” het al sterker in my bewussyn begin optree.
In Urecht het ek meer oor Abraham, Isak en Jakob begin lees. Ook oor Moses en Josef. Die “God van Abraham, Isak en Jakob’, en hoe hierdie Godsbegrip wêrelddele verower het, het ’n nuwe belangstelling geword. Waarom nie ander godsbegrippe nie? het ek tydens my studieverblyf in Nederland begin vra. Dit was ook in hierdie jare dat ek my meer intens met Friedrich Nietzsche se denke besig gehou het. Naas professor Freddie Kirsten was hy my ander (“alternatiewe”) filosofiese grootmeester.
‘n Reis vanaf 1961 al op sy voetspore langs — aanvanklik deur sy boeke en briewe, en toe (1993) na al sy verblyf- en skryfplekke — het aan my “worsteling” (Jakob) en “geding” (NP van Wyk Louw) met God ’n intensiteit gegee wat ek nou nog nie goed verstaan nie. Om dit te kon hanteer, het ek al meer en meer “ironies” begin lewe en optree. As geloof en godsdiens bedoel was om met erns gepaard te gaan, soos Dominee gesé het, het ek met Nietzsche my onskuld verloor.
Nietzsche, van wie baie sé dat hy moet help pa staan vir die postmodernisme, dié omwoel van waardesisteme, die relativering van absoluuthede en die ondergrawing van die Westers-metafisiese manier van dink, het my verstom met die oneerbiedige en soms onbeskofte wyse waarop hy oor die Christendom, die God van die Christendom, die filosowe en die sogenaamde intellektuele geskryf het. Sy verwysing na Immanuel Kant as die grootste intellektuele “voélverskrikker” van die Weste het vir my dieselfde bevrydende krag gekry as Jesus se verwysing na die intellektuele van sy tyd as “witgepleisterde grafte”, wat van buite wel mooi mag lyk, maar van binne “vol doodsbeendere” is. Hy en Jesus het my geykte idees oor en begrip van die etiek só heen en weer geskommel
dat daar baie min daarvan oorgebly het. Nietzsche se stelling dat die enigste Christen wat ooit geleef het, aan die kruis gesterf het, was vir my ’n juweel. Soos ook sy punt: Die kerk is presies dit waarteen Jesus gepreek het!
Sy storie oor die dood van God in sy boek Die vrolike wetenskap het my iets laat verstaan van die dood wat daar in godsbegrippe skuil. Dit is ook hy wat my ’n belangstelling in Egipte laat ontwikkel het — daar waar Abraham, Jakob, Josef, Maria, haar man Josef en hulle seuntjie Jesus volgens hulle storie ook gewoon het.
Nietzsche se vlymskerp sarkasme oor die “Egiptologiese” karakter van die “Platonisme” waaruit ook die Christendom gespruit het, en oor die “begripsmummies” van dié tipe denkwyse, het my verder laat lees oor godsbegrippe en godsdienste binne die klassieke Egiptiese, Griekse en ander kulture. Nietzsche, ’n filosoof én filoloog, het die Griekse kultuur en filosofie buitengewoon skerp en revolusionér geinterpreteer. Só skerp en revolusionér dat hy, as ’n baie jong professor by die Universiteit van Basel (Switserland), moes ervaar dat baie van sy studente nie sy klasse wou bywoon nie! Alhoewel hy dit nooit vollediger uitgewerk het nie, was hy van mening dat die klassieke Egiptenaars ’n meer literére volk as die klassieke Grieke was. Hulle was ook volgens hom die “eintlike wetenskaplike volk” van die Antieke. Wat in die 19de eeu aanvaar is as die grondbeginsels van die wetenskap, soos dit by die Grieke na vore gebring is, was volgens Nietzsche niks anders nie as Egiptiese erfgoed. Daarom dat die Grieke so ’n ophef van Aleksandrié gemaak het. Volgens Nietzsche lê die wortels van die Westerse kultuur dus in Egipte.
Dit het my laat besef: Die Westerse kultuur is intellektueel eensydig vanuit Griekeland gemotiveer. Die “klassieke” Grieke kry al die eer vir die grondlegging van die sogenaamde Westerse beskawing. Maar hulle staan op die skouers van die Egiptiese kultuur waarmee hulle in noue kontak was. In die gesprek oor die “Westerse denke” moet ons nie by Griekeland (Atene) begin nie. Ons moet in Noord-Afrika begin. By plekke soos byvoorbeeld On, een van die vroegste sentra van geleerdheid. Dit is waar Josef en Maria waarskynlik met die Jesuskind skuiling gevind het teen Herodes, die kindermoordenaar. Dit is waar baie en skrywers, soos Herodotos, gaan kers opsteek het. En dit is waar Aleksander die Grote deur ’n seremoniéle ritueel gegaan het sodat hy hom, soos ’n farao, kon voorhou as ’n koning met ’n goddelike afkoms.
In ’n belangrike mate was 1979 vir my ’n politieke en godsdienstig-morele keerpunt, oftewel die bymekaarkom-jaar van oortuigings, gedagte-motiewe, invloede en ervarings binne ’n verwysingsraamwerk wat meer sin gemaak het as vorige pogings.
Dit is voorafgegaan deur ’n besluit van die kommissie oor rasse-aangeleenthede van die NG Kerk-sinode (Wes-Kaap) — waarvan ek toe ’n lid was — om iets vir die sinodesitting van 1979 oor die morele en skriftuurlike probleem van rassediskriminasie in Suid-Afrika voor te berei. Dit was ’n paar jaar na die jeug van Soweto (1976) met gebalde vuiste en klippe die apartheidstelsel uitgedaag het. My ander groot mentor, die teoloog PA Verhoef, was voorsitter van dié kommissie. By die sinodesitting in Kaapstad, ’n klipgooi van die parlement af, waar ons beskrywingspunt gedien het en wat ek moes motiveer, het die “kerkman” Koot Vorster (broer van die latere president John Vorster) eerste opgespring om teen die beskrywingspunt te praat. Tot groot vermaak van baie, myself ingesluit, het hy “die broertjie” met die toring van Pisa vergelyk — sigbaar oorhellend na links! Met bepaalde afwaterings en kwalifikasies is die beskrywingspunt darem in gewysigde vorm aanvaar. Ernst Lombard, die skriba van die kommissie en ’n goeie vriend wat teen die einde van die 1980’s by geleentheid saam met my, ’n paar ander en die Thabo Mbeki-groep in Brittanje vergader het, het my moreel en intellektueel ondersteun. Sy vroeé dood was ’n ramp.
My nalees en baie gesprekke oor die destydse “kleurgrens” heen, en die debat in die kommissie oor rasse-aangeleenthede, het my gemotiveer om die boekie Afskeid van Apartheid in 1979 (Tafelberg) te publiseer. Danie van Niekerk, toe by Tafelberg-Uitgewers betrokke, het die finale oortuigingswerk gedoen. Dit was, in sekere sin, my alternatiewe Credo van ’n Afrikaner soos deur AP Treurnicht vertolk in 1975 (Tafelberg).
In 1979 word ek ook gevra om die negende NP van Wyk Louw-gedenklesing op 1 Oktober by die destydse RAU te lewer. Die tema waarop ek besluit het, was “NP van Wyk Louw se geding met God”. Dit het my eie geding met God — vanuit ’n geloofs- en morele hoek — duideliker in perspektief gebring. Ek het toe verstaan dat mense se geding met
God, hulle tastende soeke na afdoende antwoorde op die vraag na die uiteindelike sin van ons bestaan, en mense se opstandige onrus oor die uitbly van finale antwoorde hierop, ’n baie tipiese menslike motief is — selfs vanuit ’n Christelike hoek gesien. Dit word immers in die Bybel met baie aangrypende stories onder woorde gebring. Soos ek dit reeds toe verstaan het: Die verhale oor God en mens beklemtoon dat die geskiedenis van die mens ’n spanningsvolle onrus, ’n opstandige vertwyfeling en ’n rustelose soeke is na antwoorde op primére lewensvrae, vrae soos wie God is, hoe die mens Hom kan ken, die vraag na kennis van goed en kwaad, en so meer.
Veral sedert 1979 het dit vir my al moeiliker geword om na die ortodokse gebulk van die Afrikanerbulle in die Groot Kraal (staat, kultuur en kerk) te luister. Ek is baiekeer gevra om “te preek” — ’n paar keer in Nederland en dikwels in Suid-Afrika. Selfs op ’n “deeltydse” wyse in Durban, waar van my ervarings in die sogenaamde “Spoorwegkamp” hulle weg gevind het in die bekende boek Roepman. Die pa van die skrywer van hierdie boek — n regte-egte spoorwegman — het ’n buitengewoon belangrike invloed in my lewe gehad. Hy het my laat verstaan dat daar ’n groot verskil tussen boeke (“teorie/filosofie”) en “die lewe” is. Sy Godsbegrip was dié van dominee Alheit en my pa en ma. “Oom Van Tonder” het die spanning tussen “teorie” en “praktyk”, tussen “leer” en “lewe” onder my aandag gebring, soos géén boek kon doen nie.
Dié spanning het ’n lewenslange opgawe geword en my mettertyd na die etiek geforseer. Daar was geen oplossing vir dié spanning nie, het ek besluit. Hoe jy moreel kan lewe, was nie die vraag nie. Die vraag was eerder hoe jy stap vir stap, geveg na geveg, dalk moreel kan lewe. God en geloof kan jou nie help om volstrek moreel te lewe nie. Dit bly ’n tastende soeke. Relatiwiteit — en, om Nietzsche se woord te gebruik: intellektuele regskapenheid — is al wat oorbly.
Godsdienstige en morele stories het my meer en meer geinteresseer. Dié tipe stories is ’n universeel-menslike tendens. Ek het probeer om meer van die bedoelings en die boodskappe van die stories te verstaan. Daar was ook ander stories wat my beetgepak het: politieke stories, stories wat vertel het van die dialektiek van politiek en etiek, staat en kerk, politikus en priester. Almal stories, so het ek later besef, wat gaan oor die verskynsel van mag en die mens se worsteling om dit te beteuel.
In Oos-Berlyn (1963) het ek ’n besluit geneem wat ingrypend was vir my soeke na lewensin. Op besoek saam met Afrikanervriende het die bekende stelling van Karl Marx teen ’n universiteitsmuur my lewenslank, soos ’n teks uit die Bybel, vasgeknoop: “Die filosowe het altyd die wêreld geinterpreteer. Waarop dit egter aankom, is om die wereld te verander.” Ek het Jesus en Nietzsche hierna beter verstaan. Dit het ook ’n ritueel geword om gereeld die biblioteek in die Britse Museum te besoek en daar oor alles en nog wat te lees en te skryf, soos die grootste gedeelte van hierdie inspirasie.
Jesus, Nietzsche en Marx, met Freddie Kirsten die instigator, het my nie bloot die probleem van “teorie/praksis” laat probeer verstaan nie, maar my ook geinspireer om te besluit: Om te interpreteer, te teoretiseer, te filosofeer, om as “filosowe”, “intellektuele” en selfs as “dissidente” bekend te staan, en om “gesaghebbende boeke” te skryf is noodsaaklik en belangrik. Maar dis nie vir my nie. Ek wil magsverhoudings verstaan ten einde betrokke te raak by strategieé en projekte om dit daadwerklik te probeer verander. Ek wou nóg bloot ’n intellektueel, nóg bloot ’n filosoof, nóg bloot ’n sogenaamde dissident in die geykte sin van dié woorde wees.
My droom was om ’n verantwoordelike agent van verandering te wees.
Niks anders en niks meer nie.
Genesis, Nietzsche en ’n paar ander faktore het my geinspireer om na baie godsdienstige en filosofiese omswerwinge Egipte agt keer te besoek om te probeer verstaan hoe mag, politiek en etiek in Antieke Egipte in die praktyk gewerk het. Dit was die primére inspirasie vir hierdie boek. Daarvoor is stories én feite, mites en waarneembare werklikhede, lewensbeskouings en geskiedenis gebruik. Alle volke en kulture het stories, mites en lewensbeskouings, sommige mondelings oorgedra en ander neergeskryf. Dié stories kan van ’n politieke, kulturele, godsdienstige, opvoedkundige of bloot verheffende (morele) aard wees. Dis nie eens belangrik dat hulle feitelik korrek moet wees en daarom op hulle waarheidstatus of empiriese geldigheid getoets moet word nie. Die vraag is eerder: Wat is die boodskappe van dié stories? Wat is die lewensin, bewussyn van waardes en gedragskode wat hulle oordra?
My primére inspirasie het onvermydelik kinders gekry. Een daarvan, so het ek by my eerste besoek aan die berg Sinai in die vroeé oggendure ontdek, het reeds baie lank by my geworstel en gespartel om gebore te word. Saam met baie goeie vriende, Mof en Reinette, het ek en my vrou Annemarie dié magistrale simbool van die Joodse, Christelike en Islamitiese tradisies besoek.
Ons is eers teen die verkeerde berg uit, gruwelik mislei deur ’n jong Arabiertjie wat ’n hele paar dollar daarmee verdien het. Baie vroeg die volgende oggend is ons teen die regte bergpiek uit. Die son was besig om op te kom. Dit was ’n wonderbaarlike gesig. Reinette het op die spits ’n gedeelte uit Moses se storie aan ons voorgelees uit die Afrikaanse Bybel. Afrikaans het nog nooit so gevoelvol mooi geklink nie. Ek het gewonder of Moses kan hoor. En God. Ek het aan Middelplaas, my pa en ma, en Klaas Mentoor gedink. Selfs op ’n verbeeldingsvlug gegaan en my voorgestel hoe hulle érens gehurk sit en opgewonde na Reinette se stem vanaf Sinai se spits luister. Hulle sou ten minste Afrikaans kon verstaan.
Dis toe, op die bergspits van Sinai en met die strale van die helder son wat oor die ruwe granietrotse streel, dat ek teenoor myself erken het: God het ’n lang geskiedenis, vasgevang in sovele begrippe oor God; sovele interpretasies; sovele duidings; sovele gesnede beelde en teorieé; sovele verwagtings wat van ver af kom. Almal gesigspunte wat oor baie eeue deur mense binne hulle spirituele verwysingsraamwerk as sinvol ervaar is. Hoe ’n mens ook al daarna kyk, mense se begrip van God het oor tyd heen dramaties verander en ontwikkel. Daar is nie so iets soos ’n onhistoriese, permanente of tydlose verstaan van God nie. Ook mense se begrip van God word deur die tande van die tyd geknaag.
Dié relatiwiteit hou onder andere met iets baie fundamenteels verband. As mense, soos ek dink, nie bloot “politieke”, “sosiale” of “rasionele diere” is nie, maar veral rustelose soekers na die sin van die lewe is, dan is dit ’n soeke in ’n skemerwêreld. Ons vertolk immers ons soeke en ons vondste in taal. Ons wil nie net verstaan waaroor die sin van die lewe gaan nie. Ons wil ook vertel. Ons doen dit alles deur die taal en sy begrippe.
Maar taal beteken onvolledigheid en voorlopigheid. Dit laat ons nooit die volle waarheid of die volle werklikheid vertolk nie. Daar is altyd en noodwendig iets wat ongesé bly. Daarom praat ons nou nog oor “die Woord van God” (soos deur die woorde van die Bybel vertolk), kan ons nie daaroor uitgepraat raak nie, en besin ons nou al eeue lank oor wat al die woorde vir ons kan beteken.
In ons soeke na die sin van die lewe, en in ons beroep op “heilige tekste” om vir ons antwoorde te verskaf, maak ons van taal gebruik. Of dié taal nou in ’n teks met die naam “Bybel” of “Koran” of “Tora” verskyn, daar is géén manier dat dit “die volle en enigste waarheid” kan deurgee as ’n “openbaring” wat volledig verstaanbaar en deursigtig is nie. Ons is tot interpretasie gedoem. Ons pad om van “God” in ons lewe te probeer sin maak, loop deur die skemerte van die taal. As “Hy”, soos gesé word, “Lig” is, is dit wat ons en ons geskrifte van “God en sy dade” sé, nóóit volledig deursigtig nie. Ons is bevoorreg om te soek.
Ek was van vroeg af gefassineer deur wat ek, aanvanklik, as “ooreenstemmings en verskille” tussen heilige tekste gesien het. Dié idee is later vervang duer ’n meer fundamentele vraag: Waarom vertoon so baie heilige tekste en hulle stories ’n fokus op sekere oertipiese of grondliggende temas, temas soos skepping, opgang en ondergang, goed en kwaad, dood en onsterflikheid? En waarom is daar sekere oersimbole en -metafore wat in al hierdie stories opduik? Metafore soos “son” “vuur”, “lig”, “slang”, “boom”, “tuin”, “seun van god”, “geregtigheid”, “verlossing”, “opstanding”, “hergeboorte” en baie ander?
Hoe ek dit alles vir myself moes uitwerk, in die lig van die invloed van die antieke Egiptenaars op die Godsbeelde en geloofsoortuigings van die Christelike tradisie, was deel van my inspirasie — versinnebeeld in die klip wat ek vanaf Sinai tot in my huis gebring het.
Die stories en mites waarvan in hierdie boek gebruik sal word, sal nie op hulle geldigheid met verwysing na histories vasstelbare feite getoets word nie. Wat eerder ondersoek sal word, is die betekenis en funksie van dié stories as boodskapdraers van lewensin. Of Moses byvoorbeeld rérig bestaan het, is ’n interessante vraag. Baie meer interessant is egter: Wat sé sy boodskap? Waarom is dit vertel? Wat was die uitwerking daarvan? En natuurlik: Was daar ook ’n migrasie van stories, ’n sirkulasie van idees? Wat is die betekenis daarvan vir ons verstaan van spiritualiteit en ons antwoorde op die vraag na die sin van die lewe?
Mites, simbole en metafore
Die metafoor “son van geregtigheid” het in my reis met dié vrae’n deurslaggewende rol gespeel. Voordat meer hiervan vertel kan word, is dit nodig om, ter wille van ’n agtergrond vir die verstaan van die reis met die gode van Egipte, iets oor mites, simbole en metafore te sé. Freye se boek Anatomy of Criticism (1973) was in dié verband ’n leeservaring en het gehelp om ’n bepaalde patroon te skep in die chaos van my idees, al was dit eers in 2008.
Mites is stories van ’n baie spesiale aard: Hulle wil méér sé as wat die oë kan sien; wil met ander oë verby die sigbare kyk; wil anders verstaan en anders kyk as die mens wat ’n gevangene is van die empiriese wêreld. Mites wil iets vertel, selfs sigbaar maak, van wat in die oppervlakkige waarnemingsproses nie verstaanbaar of sigbaar is nie. Die betekenis van ’n saak oorskry altyd die sigbare feite. Mites is in bepaalde opsigte koersbakens tussen die empiries bekende en die onbekende. In dié opsig is mites n soort roetekaart vir optrede. Hulle vertel ’n storie oor mens en wêreld, oor hoe mense en gode binne hierdie wêreld optree, wat hulle hoop en verwagtings kan wees, waarop hulle kan reken en wat hulle moet vermy om ’n goeie lewe te kan voer. Mites het ’n baie sterk spirituele dimensie. Hulle is immers transenderings- of oorskrydingsvorme van die bloot empiriese. In die mites wat vertel word, kry die mens se spirituele kant ’n “sigbare” gestalte.
Dié rol van mites hou verband met wat ons vandag “morele verbeelding” noem, soos verduidelik in William Brown se boek The Ethos of the Cosmos: The Genesis of Moral Imagination in the Bible (1999). Dit beklemtoon die noodsaaklikheid van skeppende handeling, van oorskryding soos dit ook in die kuns voorkom. Dit is inderdaad ’n kuns om die bestaande te oorskry. Die drome wat Bybelfigure gedroom en die gesigte wat die profete gesien het, was vroeë vorms van morele verbeelding; kreatiewe intervensies met merendeels ’n etiese appèl. Mites is natuurlik nie noodwendig positief kreatief nie. Soos waardes, kan mites ook versteen, en verword tot ontwykings- of stollingsmeganismes. Dit geld veral vir godsdienstige mites wat die spirituele dimensie gebruik om ’n “ander wereld” te skep, ’n wêreld kontra “hierdie wêreld” waarin mense woon, werk en leef. Dis interessant dat die klassieke Grieke al tussen logos (rede) en mitos onderskei het. Dit was hulle manier om aan te toon dat die mens nie bloot ’n rasionale wese is nie, maar ook ’n spirituele en eties-morele kant het.
Naas mites maak mense orals ter wêreld natuurlik ook van simbole gebruik. Egipte, land van die gode, was ook ’n land van simbole. In die Egiptiese godsdiens, met sy kolossale en kleurryke weergawes van die gode en rituele, het sigbare simbole ’n deurslaggewende rol gespeel, oral waar ’n mens gekyk of geloop het. Teen tempelmure, by plekke van openbare samekomste en by grafkelders was die simbole teenwoordig. Trouens, selfs rituele was sigbare simboliese handelinge. Die Jode het natuurlik hulle eie wêreld van simbole geskep, sommige daarvan met Egiptiese invloede.
Oor die kwessie van die rol en die belang van simbole in die lewe van die mens is daar baie geskryf. Die boeke en teorieé stroom nog steeds in. Simbole is deel van die mens se lewe; boodskapdraers van die mens se lyf en gees. Voordat mense kon skryf, was dié boodskapdraers reeds aan die gang. Afgesien van geskrewe rekords, verteenwoordig die Egiptiese beskawing een van die beste simboliese rekords van die wêreld van destyds. Emile Durkheim, ’n Franse skrywer, het my baie jare gelede gehelp om denke en doen binne groepsverband beter te verstaan. Hoe simbole binne groepsverband optree, en die mobilisasiemag daarvan, het vir my ’n belangstelling geword. Durkheim se stelling dat géén godsdiens sonder ’n kerk (instelling; sigbare simbool: kollektiewe gemeenskap) moontlik is nie, het my gefassineer. ’n Gemeenskap se beinvloedingsmag lé immers in die wyse waarop die lede hulleself binne sigbare verbande en verstaanbare simbole verbind om saam te stem oor dit wat waardevol en nie waardevol nie, heilig en profaan is, en oor hoe daar gesamentlik opgetree moet word om die waardes van wat heilig is, te bevorder.
Voordat skrif ontstaan het, was simbole — in die vorm van ’n boom of in die gestalte van graniet — boodskapdraers en skeppingsmedia. Die simbole rondom die gode van Egipte het nie net ’n storie vertel nie. Hulle het ook mag geskep; ’n regering in stand gehou; ’n staat onderhou; prosesse aan die gang gesit wat duisende jare lank geloop het. Simbole, waaronder later ook geskrewe woorde, het mag gehad. Wie simbole en die regte woorde beheer, beheer die kontrolesentrum. Dis wat in Egipte gebeur het met die farao, die hoépriester en al die amptenare, geboue, rituele, feeste en geskrifte. Dit was ook Moses, Saul, Dawid en veral Salomo se sterk punte.
Metafore, anders as simbole, bestaan net in die taal. As metafore met analogie en vergelykings in die taal werk, was die Egiptenaars meesters van die metaforiek — in hulle taal en in hulle skrif in tempels en in hulle paleise. Soos hulle simbole, het hulle metafore nie bloot betekenis uitgedruk, verduidelik of bevestig nie. Dit het ook emosie en houdings oorgedra en bestendig. Die Egiptiese godsdiens was n netwerk van simbole en metafore. Staat en politiek is deur dié netwerk gelegitimeer. Die “son van geregtigheid” (Ra; Horus) was nie in ’n voortdurende, voortslepende geding met die staat betrokke nie. Die tempels was vir die farao en sy onderdane die Buro’s vir (etiese) Standaarde. Daar was bondgenootskap en samewerking. Raamses II was seun van God. Troon en altaar het mekaar ewiglik omhels. Soos Noet en Geb, Egiptiese gode, het hulle gemeenskap gehad en Osiris (die goeie) én Set (die bose) gebaar! Ook Isis en Neftis, wat Set se vrou geword het, maar nie sy sug na mag gedeel het nie, was beslissende simbole.
Dié mites, simbole en metafore van die Egiptiese kultuur het ’n baie lang tyd vir hulle baie goed gewerk. Langer as dié van die huidige Christelike tradisie.
Hoe die mites, simbole en metafore gefunksioneer het, wat hulle werking was en of hulle invloed op die Christelike tradisie gehad het, was opwindende vrae op my reis met God en die gode van Egipte.
HOOFSTUK 2: EGIPTE: “LAND VAN DIE GODE”
Die berg Sinai, geleé in die Sinaiwoestyn, het vir Jode, Moslems en Christene besondere simboliese betekenis. Dis hier waar God, volgens die storie oor die Joodse uittog uit Egipte op pad na die beloofde land, aan Moses verskyn het, met as tekens van sy teenwoordigheid donderslae, blitse en ’n swaar wolk. Trouens: “Die hele Sinaiberg het begin rook toe die Here in vuur daarheen afkom” (Eksodus 19:18). Die rook het opgetrek “soos die rook van ’n oond” en die hele berg het “geweldig geskud”.
Dit moet vir die Jode ’n ontsaglik indrukwekkende gesig van magsvertoon gewees het. Waarskynlik selfs ’n vreesaanjaende skouspel. Hulle was toe, volgens die Eksodusstorie in die Bybel, reeds in die derde maand van die uittog, met die Rooisee (ook bekend as die Skelfsee of Rietsee) agter hulle. En in Egipte was hulle blootgestel aan die songodsdiens, wat as staatsgodsdiens by Heliopolis (On) gesetel was. Vuur, lig en offerande het in hierdie godsdiens ’n groot rol gespeel, asook indrukwekkende natuurgebeurtenisse wat die mag van die goddelike gesimboliseer het, soos die jaarlikse Nylvloed. Hieroor sal daar later meer vertel word na aanleiding van Moses se rol in die poging om die Jode se monoteisme in die woestyn van Sinai te vestig.
Daar is navorsers wat mee dat die Jode kontak met die Egiptenaars slegs in Kanaan self was, toe Egipte die stadstate in dié geweste polities oorheers het. Die “verdrukking in Egipte” is volgens dié teorie eintlik “n mite met weliswaar baie betekenisvolle simbole en metafore. Bowendien, en dis ’n baie belangrike punt, die Eksodusverhaal — as aanvanklike mondelinge tradisie — het deur die hande van heelwat redakteurs gegaan toe dit, soos baie nou dink, uiteindelik eers na die ballingskap in Babilonié (538 vC) so volledig opgeteken is en deel van die heilige Tora geword het.
Wat ook al die geval mag wees, die storie van die uittog uit Egipte is ’n belangrike verhaal wat mense wêreldwyd inspireer.
Die Sinaiskiereiland, waar ’n belangrike deel van die storie afspeel, is nie net, kontinentaal gesproke, die brug tussen Afrika en die Midde-Ooste en Asié nie, maar ook die poort tussen die Middellandse See en die Indiese Oseaan via die Rooisee. Dit was in vroeé jare ’n kruispunt van baie beskawings en roetes. Die farao’s het reeds gedurende die 16de eeu vC ’n pad gebou wat tot by Jerusalem geloop het. Die Romeine het weer ’n hoofweg deur die Sinaiwoestyn met sy kleurryke berge en woestynsand gebou. Dis ’n eensame, maar nietemin indrukwekkende wereld. Die groot stilte wat daar heers, is ’n belewenis.
Dit is by die indrukwekkende berg Sinai, omring deur ander berge, woestynsand, oases en kolle palmbome, waar die Joodse godsdiens staatkundige, politieke en maatskaplike beslag gekry het. Talle instellings, maatreéls, regulasies, voorskrifte en wette is volgens die Eksodusstorie by dié berg uitgevaardig. Die sluitsteen hiervan was die wet van die Here, ook bekend as die tien gebooie of die dekaloog. Hier is die toekomstige Joodse staan en gemeenskap gebore, geinspireer deur God en die droom van ’n beloofde land. Moses was dei stigtingsvader. Wat betref die “feite” wat in Moses se storie wergegee word, verwys dit na gebeure tydens die periode van die Egiptiese Nuwe Koninkryk (±1567-1085 vC), dit wil sê meer as 1500 na die vestiging van die Eerste Dinastie in Egipte (± 3100 vC).
Sedert my kinderdae op Laingsburg en my geboorteplek, Middelplaas, het die storie oor Moses, en veral die verblyf by die berg Sinai, my beetgepak. Tydens ’n Geloftedagviering (16 Desember) wat gereeld in die bloekombos neffens my ma se roostuin op ons plaas gehou is, het ’n vuurvreter-dominee Moses en sy storie gebruik om die mense emosioneel vir die Nasionale Party en “doktor Malan” op te sweep. Hy het in kleur en geur vertel hoe Malan, soos ’n Moses van ouds, die Afrikanervolk georganiseer het om die hoé roeping wat hulle van God ontvang het om van Suid-Afrika ’n Christelike en beskaafde land te maak, uit te voer. Sy wekroep, wat in my jong bewussyn vasgeslaan het, sou my baie jare daarna nog besig hou: “Moenie agter goue kalwers, soos die Joodse geldmag, aanhardloop nie. Die God van Sinai sal diegene wat dit doen, met vuur verdelg.”
Ek was in vervoering. My pa, in murg en been ’n “Smuts-man”, was briesend. Een van sy goeie vriende op die dorp was die Joodse winkelier. Hy het nog dieselfde dag vir die feesvoorsitter gesé dat dit die laaste Geloftefees op Middelplaas was. My eerste besoek aan die berg Sinai het my aan dié Geloftedag op Middelplaas herinner en hoe Moses se storie duisende jare daarná die boeregemeenskap van Laingsburg opgewonde gehad het. Moses het klaarblyklik destyds al geweet hoe mobiliserend ’n band tussen godsdiens en politiek kan wees, veral in ’n paternalistiese kultuur met sy baie “vaders”.
Jetro, Moses se skoonvader, het ’n groot hand in die politieke organisasie van die Jode gehad. Hy was ’n priester van Midian, ’n gebied wat ’n gedeelte van die Sinaiskiereiland ingesluit het. Sippora, sy dogter, was met Moses getroud. Hulle het twee seuns gehad: Gersom en Eliéser. Toe Moses uit Egipte moes vlug nadat hy ’n Egiptiese slawedrywer vermoor het, het hy by die Midianiete skuiling gekry. Hier het hy Jetro se vee opgepas en ook vir Sippora ontmoet.
By die berg Horeb, ook Sinai genoem, het hy op ’n dag voor ’n brandende doringbos gestaan. ’n Engel het volgens sy storie uit die bos met hom gepraat. Dit was eintlik God self wat deur sy engel met Moses gepraat het. Die mense het God verstaan as Een wat nie regstreeks met mense praat nie, maar deur middel van engele. Dis by dié geleentheid dat Moses van God die roeping ontvang het om sy volksgenote uit hulle slawerny in Egipte te verlos, iets waaroor later meer vertel sal word. Hy is terug Egipte toe en het sy vrou, Sippora, en hulle twee seuns in ’n stadium na sy skoonpa toe teruggestuur.
Dit is belangrik om daarop te let dat Moses, binne sy storie in die Bybelse weergawe daarvan, Sinai en die gebied wat dit omring het, soos die palm van sy hand geken het. Volgens sy storie het hy immers baie jare, veertig jaar lank, die vee van sy skoonpa in dié geweste laat wei en opgepas. As voormalige Egiptiese prins en later as veewagter het hy die gebied goed verken. Moses was dus die aangewese persoon om die Joodse slawe in hierdie omgewing te lei en te laat oorleef. Sy kennis van die waterbronne, weiding, klowe, valleie en oases met palmbome het hom baie goed te pas gekom toe hy ook ’n klompie wonderwerke moes verrig om die murmurerende Jode van sy saak te oortuig. Sy storie aanvaar dat hy die berg Sinai, met sy aangrypende uitsig oor die omgewing — veral met sonsopkoms — baie goed geken het. Hy en Jetro se vee het immers baiekeer in die nou kloof, met sy hoé berge en oorweldigende stilte, oornag. Hy sou daarom geweet het wat die beste roete teen die steil Sinaiberg uit sou wees.
Hier by Sinai bring Jetro dan sy dogter en sy twee kleinseuns na Moses toe. Moses se skoonpa sien ook wat Moses se grootste probleem is: die aansprake wat sy volgelinge, ’n klomp slawe met ’n slawementaliteit, op hulle leier maak. Moses is almal se raadgewer. Hy moet almal te woord staan, vir almal beskikbaar wees en pa staan vir alles. Volgens oorlewering het Jetro op ’n klein koppie, tussen die berg Katarina en die berg Sinai (ook “berg Moses” genoem), gaan sit en baie goed gekyk wat onder tussen die ruwe klippe in Moses se laer aangaan. Toe het hy Moses dié advies gegee: Organiser jou span. Delegeer jou mag na “bekwame manne” — owerstes oor duisend, owerstes oor honderd, owerstes oor
vyftig. Laat hulle die regspraak oor die volk uitoefen en slegs die moeilike sake na jou bring.
Moses, wat volgens sy storie opgevoed is in die huis van die farao, het dié hiërargie van gesag baie goed verstaan. En by Sinai het dit in ’n hiërargiese orde beslag gekry met God aan die spits — simbolies uitgedruk met God se vurige en oordonderende besetting van die spits van die berg Sinai as “heilig” en afgesonder. Volgens die Mosesstorie het die teokrasie van die Joodse politieke samelewing hiér begin. Dit was, volgens die Eksodusverhaal, ’n strakke en streng reélgebonde geloofs- en morele sisteem. Dit was nie iets nuuts nie. Dit kom van Egipte af, waar — die farao goddelike sanksie van die oppergod Ra ontvang het. Die farao of koning was die verteenwoordiger van Ra, ja, selfs “die seun van god”, ’n idee wat later ook in die Kanaanitiese Baalgodsdiens en in die Joodse staat posgevat het.
Moses het sy politieke projek by Sinai afgesluit met ’n verblyf van veertig dae op die berg — so lank as wat dit die Egiptiese geneeshere geneem het om hulle konings se liggame te reinig en te balsem met die oog op die hiernamaals, waarna nog dertig dae gebruik is om die gereinigde lyk in linnedoeke toe te draai. Moses het hier die “twee plat klippe met die getuienis” “waarop God met sy vinger geskryf het” (Eksodus 31:18), in ontvangs geneem. Dit was ’n simbool van God se verbond met die Jode. ’n Simbool wat van deurslaggewende belang in die Joodse godsdiens en kultuur geword het.
Intussen het Moses se volgelinge onder in die laer ’n ander, sigbare simbool gemaak: die goue kalf. In Egipte was hulle blootgestel aan die Apiskultus van die stad Memfis. Dié kultus se simbool was die Apisbul, met die sonskyf tussen sy twee horings. Hy was nie alleen heilig nie, maar ook die simbool van toekomsvoorspellings deur middel van orakels. By Sakkara — die begraafplaas (nekropolis) van Memfis, waar die merkwaardige trap-piramide van farao Djoser (Derde Dinastie, ±2686-2613 vC) deur die ewe merkwaardige argitek Imhotep gebou is en wat beskou word as een van die oudste bestaande bousels uit gekapte klip waarvan ons in die geskiedenis weet — was die ondergrondse serapeum (grafkelders van gestorwe heilige bulle). Die bul- en kalfsimbole het ook in ander, latere godsdienste voorgekom.
Terloops, die oudste bousels uit gekapte klip — soos vandag beweer word — het tussen 3500 en 3000 vC ontstaan tydens die sogenaamde “Tempeltydperk” in Malta. Dit was bousels met blokke sandsteen wat tot twintig ton weeg, waar godsdienstige en begrafnisrituele georganiseer is. Staan ’n mens voor die reste van dié bousel, en is dit jou voorreg om in die merkwaardige “begrafniskelder (hipogeum) in te gaan, móét jy sê: Die poging om op ’n godsdienstige wyse sin van die lewe en die dood te maak, is een van die kragtigste ondernemings van die mens. Dis ’n oerverskynsel.
By Sakkara (2686 vC) in Egipte moes ek vra: Hoe moet ’n mens hierdie oeroue vertolkings van geloof en godsdiens interpreteer in die lig van die Christelike tradisie wat duisende jare daarna ontstaan het? As “heidens”? Het die egte geskiedenis van versoening en verlossing eers in die jaar nul met Jesus se “geboorte” begin? Is “voor Christus” (vC) ook, godsdienstig en moreel gesproke, ’n “donker” landskap?
Die episode met die goue kalf is in die verband insiggewend, indien nie skokkend nie, vir mense wat, soos ek, in Laingsburg grootgeword het met die storie dat God enig is, en dat die Jode — met Moses aan die voorpunt — ons monoteistiese godsbegrip van meet af aan bevorder het. Want streng gesproke was die goue kalf nie vir die Jode ’n vergryp nie. Dit het maar net bevestig wat ook in Egipte die geval was: die aanvaarding van ’n veelheid of familie van gode. Die Jode wat uit Egipte getrek het, was nie monoteisties nie. Hulle het klaarblyklik ook baie ander gode erken, soos wat die Egiptenaars gedoen het. ’n Veelheid of familie van gode was ’n algemene verskynsel in baie kulture.
Moses se storie was ’n poging om hulle van hulle Egiptiese erfenis te bevry. Hy het, teen die grein van die Joodse slawegemeenskap se godsdienstige voorstellings in, die idee van ’n monoteistiese volksgod probeer vestig. Dit was maar ’n groot gesukkel, soos later in meer besonderhede vertel sal word. Die trekkende Jode was nie monoteiste nie. Hulle het, soos die Egiptenaars, die bestaan van ’n familie van gode aanvaar. In die Bybelstorie word die episode met die goue kalf weliswaar as ’n simbool van sondige opstand voorstel. In feite het hulle egter slegs uitdrukking aan hulle heersende geloofsoortuigings gegee. Die pad na Joodse monoteisme was baie lank. Daar is selfs navorsers wat meen dat hulle dié pad eers na hulle ballingskap (±538 vC) met erns begin loop het.
Moses was egter woedend by die aanskoue van die volk se bandeloosheid en het die handgegraveerde plat klippe stukkend gegooi. God, wat volgens die storie gesien het hoe die Jode voor die goue kalf neerval en uitroep dat dit die God is wat hulle “uit Egipte bevry het”, wou hulle almal uitwis. Vergelding en straf was onvermydelik. Moses het toe die Leviete opdrag gegee om hulle swaarde te vat en “kruis en dwars deur die kamp te gaan” om dood te maak, “ongeag of dit familie, vriende of bure is” (Eksodus 32:27). Volgens die skrywer van dié storie is daar dié dag omtrent drie duisend mense doodgemaak. Hulle bloed het vergelding én vergifnis gebring. Polities uitgedruk: Die opstand teen ’n monoteistiese godsdiens is onderdruk. Dit was egter slegs tydelik. In die latere vertellings van die Jode se geskiedenis in die Ou Testament duik hulle veelgodery telkens op. Die aanvaarding van die monoteisme was ’n lang en ingewikkelde evolusieproses.
Dit is vanselfsprekend dat die Eksodusverhaal herhaaldelik na Egipte, en die bevryding uit slawerny, verwys. ’n Aangrypende faset van hierdie bevrydingstorie, in enkele sinne vertel, is die insident toe skoonpa Jetro met Moses se vrou en twee seuns by Sinai aangekom het. Daar word nie gesé of dit Moses was wat hulle laat kom het nie. Leiers van politieke bevrydingstryde gee gewoonlik alles prys ter wille van die stryd. Familielewe is nie hoog op die agenda nie. Trouens, Jetro het deur die bostelegraaf “gehoor” wat “die Here God alles vir sy volk Israel gedoen het toe die Here die Israeliete uit Egipte bevry het” (Eksodus 18:1). Hier by Sinai het skoonpa en skoonseun “in Moses se tent ingegaan” en het Moses aan sy skoonvader “vertel” wat die Here aan die farao en die Egiptenaars gedoen het. Dit was nadat Jetro, volgens die gebruike, eers vir Moses, die leier, van sy aankoms laat weet het. Moses het toe sy skoonpa tegemoet gegaan, voor hom gebuig en hom daarna gesoen.
Die naam van die boek Eksodus in die Bybel is ’n Latynse weergawe van die Grieks exodos. Dit is ’n boek wat nie in werklikheid op sy eie staan nie. Dit word wel beskou as “die tweede boek van Moses” en is as sodanig ’n onderdeel van die Pentateug, die eerste vyf boeke van die Ou Testament. Dis eintlik ’n sameflansing van ’n verskeidenheid kampvuurstories en godsdienstige praktyke van woestyntrekkers op pad na hulle beloofde land. Die motiveringsboodskap is duidelik: Hulle bevryding uit Egipte geskied deur “God se hand” en is die sluitstuk van hulle storie, hulle status as verbondsvolk. Deur God uitverkore, kon hulle die woeste wereld aandurf. Eksodus bevat daarom die geidealiseerde stories oor hulle ervarings van die uittog sowel as die organisering van dié slawegemeenskap in ’n politieke, godsdienstige en maatskaplike eenheid.
Dit het wel veertig jaar in die Sinaiwoestyn geneem om hulle van hulle slawementaliteit te bevry! Die slawe moes, by wyse van spreke, eers sterf sodat die nuwe geslag — diegene wat die magtige Kanaan met sy Filistyne en ander goed georganiseerde groepe moes aandurf — gebore/herbore kon word. Daar moes eers ’n reiniging plaasvind. Die “uittog” uit Egipte moes kulmineer in ’n “uittog” uit die slawementaliteit. Die berg Sinai was hiervan die groot, magtige en sigbare baken.
Vir die Christendom het Egipte die metafoor van verslawing geword. En die eksodus (die Israeliete se uittog uit Egipte) die metafoor van bevryding. Dié metafore het in die geskiedenis selfs ’n bo-etniese betekenis en draagwydte aangeneem. Ook nie-Jode en nie-Christene het dit begin gebruik. Dit het mettertyd ’n universele metafoor geword. Dis later ook vergeestelik as simbolies van ’n uittog uit die slawerny van sonde en bandeloosheid.
Die Mosesstorie is ongetwyfeld een van die mees betekenisvolle en unieke stories in die mens se geskiedenis. Dit is immers ’n storie oor hoop en bevryding, wat verkondig dat God ’n God van reg en geregtigheid is. Dis ook ’n storie wat na aanleiding van die vertolkings en aanvaarding wat dit beleef het, illustreer dat die Bybel nie ’n voorafuitverkore en klinkklare “geopenbaarde waarheid” bevat nie.
Die Mosesstorie was byvoorbeeld ’n inspirasie vir die Puriteine, wat Engeland as hulle “Egipte” beskou het. Om Ou-Testamentiese name aan hulle stede te gee, was vir hulle in hulle beloofde land (die VSA) ’n obsessie. Van die inheemse bevolking is Amalekiete en Filistyne genoem.
Slawe uit Afrika en hulle nageslagte met hulle aangrypende “spirituals” het weer die Mosesstorie in die Nuwe wêreld vir hulle toegeéien. Dit het hulle hulle verdrukking en ontmensliking as “onreg” laat verstaan en die hoop op bevryding lewend gehou. Op hulle beurt het wit Christene Noag se vervloeking van Gam (Genesis 9:21-22) as regverdiging vir slawerny gebruik.
In Suid-Afrika het dieselfde gebeur: Moses is gesien as ’n metafoor vir wit en swart se bevrydingsdrome en hulle behoefte aan hoop.
Hoe die Jode deur hulle verblyf in Egipte beinvloed is, en wat hulle in terme van geloofs- en politieke begrippe op hulle uittog met hulle saamgeneem het, word natuurlik nie regstreeks in hulle weergawe (agterna opgeteken) van dié gebeure vertel nie. Dit was wel heelwat méér as wat God voor Moses se terugkeer na Egipte oor die verwagte uittog aan hom gesé het: “.. as julle uiteindelik wegtrek, sal julle nie met leé hande gaan nie. Elke vrou moet van haar buurvrou of in die huis waar sy werk, silwer- en goue goed sowel as klere eis. Laat julle seuns en dogters dit dan as buit uit Egipte uit wegdra” (Eksodus 3:21-22).
God se regstellende aksie ten opsigte van die Jode, sy uitverkore volk, was nogal genadeloos! Die Jode kon Egipte “berowe”! (vgl die 1953-vertaling). Hulle het egter meer as goud, silwer en klere op hulle trek saamgeneem. In Egipte was hulle blootgestel aan ’n baie dominante politieke en godsdienstige kultuur. Dit was onvermydelik dat elemente en idees van hierdie kultuur saam met hulle op trek sou gaan.
‘n Interessante storie wat in Genesis opgeteken is om die ontstaan en verspreiding van etniese groepe oor die destyds bekende wêreld na die sondvloed te verklaar, gebruik die drie seuns van Noag — Jafet, Sem en Gam — as verwysingspunt. Hulle “geslagsregister” is eintlik ’n register van lande en volke. Gam, wat Noag se eer aangetas het toe dié dronk en kaal was, deur na sy pa se ontblote liggaam te kyk, word vervloek as “‘n nikswerd slaaf” in diens van sy voorbeeldige broers. Hy verteenwoordig die skobbejaklande en -nasies wat maar verslaaf kon word. Volgens die Genesisstorie was daar “Misraim” (10:6, vgl die 1953-vertaling), dit wil sé Egipte; “Put”, wat die Libiërs ingesluit het, en “Kus”, wat Etiopié ingesluit het. Van die vervloektes was daar ook “Seba”, wat na gedeeltes van Noordoos-Afrika en Arabié verwys het. Ook Kanaan word genoem. Dié “seun” van Gam deel dus in die “sonde” van sy pa en moet verantwoordelikheid neem vir iets waarby hy nie self regstreeks betrokke was nie. En toe die land Kanaan vir die Jode die land van die Goddelike belofte geword het, kon die bewoners maar uitgeroei en verslaaf word.)
Reeds vroeg in die Genesisstorie stel die storieverteller sy punt: Egipte verteenwoordig Gam se geslag. Vir ’n Jood wie se stamvaders Abraham, Isak en Jakob is — en wat die storie oor die Godsbelofte en die vervulling daarvan, agterna vertel, geglo het — kon Egipte nie hoog aangeslaan word nie. Gam was immers die seun van Noag wat sy pa se eer aangetas het.
Die antieke Egiptenaars self het hulle land soms Ta Neteru — “heilige land”, “land van die gode” — genoem. Hulle het nie net aan hulle land as heilig gedink nie; hulle het ook hulleself as heilig en uitverkore beskou, omdat hulle vas geglo het dat hulle eerste heersers gode was. Duisende jare later sou die volgelinge van Jesus van Nasaret ook van sy geboorteland as ’n heilige land praat. Die Christelike godsdiens het ook, weliswaar anders as die Egiptenaars, baie eeue lank binne ’n drieverdieping-wêreldbeeld gefloreer: hemel, aarde en hel. Dié wêreldbeeld is deur die Christelike skilderkuns kleurvol verewig — selfs met engeltjies wat vanaf die hemel na die aarde neerdaal of lang lere wat vanaf die aarde na bowe reik. ’n Belangrike denkmotief van dié wêreldbeeld was om God as die “Gans-Andere’, die “Transendente” te verstaan. ’n Duitse teoloog wat my in ’n stadium baie beinvloed het, Rudolph Otto (vgl The Idea of the Holy — 1917), het my siening van God baie goed vertolk: mysterium fascinans et tremendum —’n geheimenis wat enersyds boei, aantrek en so nabyheid en gemeensaamheid suggereer, maar andersyds ontsag en selfs vrees inboesem deur sy afstand, ongenaakbaarheid en vreemdheid. Dit was ’n Godsvoorstelling waarin strak tussen die sakrale (heilige) en profane (aardse) skeiding gemaak is. In die Bybel, veral die Ou Testament, is skeiding tussen die sakrale en die profane natuurlik baie dominant. Dit is binne hierdie paradigma dat aan die geskiedenis van God beslag gegee is.
Die antieke Egiptenaars het dié strakke skeiding nie gemaak of geken nie. Vir hulle was alles sakraal. Selfs hulle skrif, die hiërogliewe, is binne ’n godsdienstige verband verstaan. hiërogliewe was “heilige woorde” — met die god Tot die onderskrywer daarvan. Anders as die wanidees wat die Grieke en die Romeine die wêreld ingestuur het — naamlik dat die hiërogliewe magiese en onverstaanbare tekens was — was dit ’n baie koherente skrifuiting van die Egiptenaars se taal. Die Egiptenaars het wel geglo dat, omdat hulle skrif self heilig is, dit gebeure én konsepte tot bestaan bring — soos wat Pta, die skeppergod, deur sy woorde geskep het. Om te skryf was vir die antieke Egiptenaars ’n geestelike en godsdienstige daad. Dit was nie profaan nie. Die Griekse woord hierós beteken immers “heilig”.
Die wêreld, soos hulle dit geken en aanvaar het, was ’n tempel waarin mense en gode saam verkeer het. Hulle het, volgens een van my gidse, nie eens ’n woord vir “godsdiens” gehad nie, omdat daar gewoon nie afsonderlike “sakrale” en “profane” ruimtes, ’n bonatuurlike hemel en teennatuurlike aarde, ’n “hierdie wêreld” en ’n “ander wêreld” was nie. Rituele, kultusse, offerandes en tempeldiens was vir hulle nie ’n verplasing van aktiwiteite na ’n ander sfeer nie. Dit was aktiwiteite binne dieselfde sfeer. Vroomheid, om ’n Christelike term te gebruik, was nie ’n gereserveerde praktyk per geleentheid en op ’n besondere dag nie. Dit was, binne die algemene en enigste ruimte van die sakrale, ’n daaglikse praktyk omdat dit ’n menslike plig was. Daar was nie ’n “ander” wêreld waarheen uitgewyk kon word nie. Egipte was Ta Neteru.
Dit is natuurlik wel so dat die Egiptenaars ’n onwrikbare geloof in ’n lewe ná die dood gehad het. Hieroor sal later meer vertel word. Dié geloof het ander geloofsartikels meegebring: onsterflikheid, predestinasie, oordeel oor die gehalte van die lewe (hart) voor die dood, mummifisering van die liggaam met die oog op die volgende lewe en getrouheid aan die gode. Daarom was daar ’n sigbare onderskeid tussen die lewe op die oosoewer van die Nyl en dié op die wesoewer, daar waar die grafkelders en begrafnisrituele gehou en die tempels vir die gestorwenes gebou is met die oog op die mummifisering en ander rituele. Dit het ook verband gehou met die son wat daagliks in die ooste “gebore” word en in die aand, wanneer dit donker word, in die weste “sterf”. Die siklus van opgang en ondergang was ’n kernelement van die Egiptenaars se lewens- en wêreldbeskouing. Die Nyl, met sy oorstromings wat verwoesting én vernuwing gebring het — en as die god Hapi vereer is — was hiervan ’n sigbare illustrasie. Hapi, terloops, het manlike en vroulike fasette gekombineer. Omdat die Nyl, met sy kragtige watermassa, ook vrugbaarheid en groei gebring het, is Hapi, die verpersoonliking van dié rivier, dikwels voorgestel as iemand met die liggaam van ’n man en die gesig van ’n vrou, borste en tekens van swangerskap. Afbeeldings by die tempel van Kom Ombo is ’n voorbeeld hiervan.
Soos elders in die wêreld van destyds, het die Egiptenaars visuele voorstellings van hulle manlike en vroulike gode gemaak; simbole om hulle nie alleen te vereer nie, maar ook deel van hulle daaglikse lewe te maak. Hulle gode was teenwoordige gode. Hulle wou die eienskappe en vermoéns van hulle gode sien en soms aan hulle vat. Terwyl dit meer korrek sal wees om van manlike en vroulike gode te praat, sal in die vervolg ook die algemeen gangbare onderskeiding “gode en godinne” gebruik word, met dien verstande dat dit verwys na die Egiptiese klem op die manlike en vroulike goddelike beginsels, en die balans waarin dit moet bestaan. Manlike en vroulike gode was, wat betref die aspekte en vermoéns wat hulle verteenwoordig het, van ewe groot belang. Godinne was nie van ’n mindere status nie, hoewel die vadergod wel beskou is as die gesaghebbende oppergod.
In hierdie voorstellings was daar dikwels in die hande van die gode die ankh, ’n strik in kruisvorm, te sien. Dit was ’n teken van die gode se algemene, universele eienskap: die vermoé om ewige lewe en ewige redding te voorsien. Dit was ’n oerverwagting of droom van baie mense, veral in die tyd voor die moderne wetenskap sy verskyning gemaak het. Daarom het diegene wat dié verwagting lewend gehou en deur middel van rituele en geskrewe tekste hoop én antwoorde gebring het, ook mag gehad. Die ankh was ’n deurslaggewende simbool, ’n simbool wat ook ’n morele appél maak: om in terme van waarheid en geregtigheid te lewe. Soos later in meer detail vertel sal word, was dit juis uit die ankh dat die kruissimbool via die Koptiese (ou-Egiptiese) Christene ontwikkel het.
Die antieke Egiptiese geskiedenis strek van ongeveer 5000 vC, die Predinastieke Periode, tot 30 vC (die Ptolemeiese Periode). Wat beskawings- en ontwikkelingsiklusse betref, was dit een van die mees fenomenale kringlope van opgang, verval, opgang en verval wat ons kan kry. Egipte is gevolglik ook ’n metafoor in die geskiedenis van die siklus van opgang en verval. Vanaf ±3100 vC kry ons die verskillende dinastieé, twee en dertig van hulle as ’n mens die Masedoniérs en die Ptolemeérs in ag neem. Die klassifikasie is gebaseer op die beskouings van die Egiptiese priester Maneto wat gedurende die derde eeu vC geleef het.
Een van die hooftrekke van hierdie geskiedenis is ongetwyfeld die storie oor die Egiptiese gode en hulle evolusie. Godsbegrippe het ontwikkel. Soos nou nog. Egipte was geen uitsondering nie. Dis ook ’n voorbeeld van die oudste gedokumenteerde godsbegrippe in die geskiedenis. Dié godsbegrippe en die godsdienstige rituele wat daar rondom ontwikkel het, het in latere jare, soos by die Israeliete en die Christene, ’n beduidende invloed uitgeoefen. God, soos Christene Hom in die algemeen verstaan, het ’n geskiedenis, ’n geskiedenis van interpretasie en herinterpretasie — met Egipte ook iewers in die agtergrond. Dit is waarom die vraag “wie” God is, glad nie so ’n eenvoudige vraag is as wat sy volgelinge dink nie.
Daar was natuurlik baie gode in Egipte. Ook godinne. Die manlike en vroulike fasette van die goddelike is nie ontken nie. Daar was selfs ’n poging om ’n register van die gode en godinne op te stel. Niks is gedoen sonder sanksionering of legitimering deur die gode nie — in die meeste gevalle ’n baie spesifieke god. Die feit is dat die farao niks gedoen het wat — volgens hom — nie die sanksie van die gode gehad het nie. Politieke beleid is bepaal deur wat veral die oppergod, of vadergod, gesé het — natuurlik soos die farao en die priesters sy stem gehoor het. In die oudste gedokumenteerde weergawes van mense se godsdienstige oortuigings was die verstaan én aanvaarding van die “wil van die gode” ’n dominante geloofsartikel.
Die priesters, as verteenwoordigers van bepaalde voorkeurgode, het in dié verband ’n deurslaggewende rol gespeel. Die hoépriester was “die stem van god” En die farao sy openbare spreekbuis. Die farao en hoépriester, troon en altaar, méés mekaar ondersteun. Staat en tempel was onafskeidbaar. Die farao en hoépriester moes saamwerk ter wille van die toekoms van die land en, natuurlik, hulle eie toekoms. Dit was nie moontlik om die “mengelmoes” van Egipte te regeer sonder lojaliteit aan die farao’s én die gode nie. Die gode was die inspirasiebron vir die normatiewe, vir wat behoort en nie behoort te wees nie; vir prestasie, en vir ’n werketiek wat ons tot in die 21ste eeu sprakeloos laat.
Egipte was in antieke tye dus allermins ’n metafoor vir verslawing en onderdrukking. Dit was ’n metafoor vir die deurslaggewende rol wat die godsdienstige lewe in die sake van die staat en in die politiek kan speel. Dié betekenis van Egipte is ’n erflating wat duisende jare oorleef het. In die Westerse wêreld is die vervlegting van troon en altaar, en die goddelike se polities sanksionerende rol in die persoon van ’n vadergod, byvoorbeeld eers verbreek met die opkoms van die liberale demokrasie. Baie bloed is in die era na Christus gestort om die band tussen troon en altaar, kerk en staat stewig en intiem te hou.
In antieke Egipte het die idee van die almagtige en alomteenwoordige goddelike sentraal gestaan in die Egiptenaars se daaglikse politieke, kulturele, ekonomiese en godsdienstige lewe — verpersoonlik deur ’n god-mens of god-koning: die farao. Koningskap en die gawe van goddelikheid het hand aan hand gegaan. Daar is geglo dat God deur die koning regeer, ’n denkmotief wat in die Christendom gestalte gekry het in die sogenaamde “goddelike reg van die koning” — uitgewerk in ’n indrukwekkende filosofies-teologiese sisteem deur die grootmeester van die Rooms-Katolieke Kerk, Thomas Aquinas, met behulp van die Griekse filosoof Aristoteles se teorieé, Paulus, met sy sienings oor die “swaardmag” wat deur God aan die owerheid toegeken sou wees, was ook ’n vertolker van dié denkmotiet. En Moses, grondlegger van die monoteistiese teokratiese tradisie by Sinai, is in die Bybelse tradisie ’n grootvader van dit alles. Die “stem van God” wat hy by Sinai gehoor het, was terselfdertyd ’n eggo van die stem van die geskiedenis, van sy opvoeding as Egiptiese prins en van sy ervaring van die werkwyse van die farao in die paleis waar hy srootgeword het. En natuurlik ook van al die stories wat hy later oor Abraham, Isak en Jakob gehoor het.
Die idee van die farao-koning en god-mens het natuurlik self deur ’n baie lang evolusieproses gegaan wat oor duisende jare gestrek het. Volgens die verhaal van Moses het hy na alle waarskynlikheid sy verskyning gemaak na 1567 vC, toe die Nuwe Koninkryk gevestig is (±1567-1085 vC). Toe was die songodsdiens, met die oppergod en vaderfiguur Ra, reeds sterk gevestig by die stad On (of Heliopolis). Die farao was teen hierdie tyd ook stewig in die saal wat betref die algemene geloofsoortuiging dat hy die menslike inkarnasie van die goddelike is.
Oor hoe dit gebeur het, word daar baie stories vertel. Die bekendste is die storie oor Osiris en Isis, manlike en vroulike gestaltes van die magies-goddelike krag. Sommige storievertellers meen dat dié twee, as gode, die stigters van die goddelike koningskap was. Dis ’n stigtingsverhaal wat graag gebruik is om die farao se status as god-mens en god-koning te sanksioneer. Dié poging om die mags- en gesagsposisie van die farao polities, moreel en godsdienstig te regverdig, is met ’n ander storie versterk: die verhaal oor Horus, die seun van Isis, wat soms as maagd voorgestel is. Dit het die geloof versterk dat die farao eintlik ’n skeppergod in menslike gestalte is. Dié geloof was so sterk dat daar geglo is dat dit die farao self is wat deur sy goddelike krag die jaarlikse vloed en oorstroming van die Nyl veroorsaak.
Die storie van die gode was onlosmaaklik verbind met die storie oor koningskap, die rol van die farao, die plek van die priesters in die samelewing, die rol van waardes en rituele, die status van die leier-elite in die samelewing en die voorwaardes waaraan voldoen moes word vir ’n goeie lewe na die dood.
‘n Sentrale element van hierdie storie was die posisie van die koning, of farao, aan die bopunt van die sigbare maatskaplik-politieke hiérargie. Daar is eeue lank geglo dat leiers goddelike sanksie nodig het om te kan regeer. Hulle legitimiteit, mag en gesag is uiteindelik vasgeknoop aan ’n wese hoér as hulleself — soos wat baie ander politieke beleide en leiers-figure in meer moderne tye ook die sanksie opgeéis het.
Egipte se triade van Osiris, Isis en Horus, en die feit dat die idee van aardse koningskap met behulp van die drie moreel en polities gesanksioneer is, het die setel van die farao se mag en status nie aan die aardse gekoppel nie, maar aan ’n hoér, ewige orde. Dit het dinge vir die farao aansienlik makliker gemaak as wat die geval sou wees as hy aanspreeklik sou moes wees volgens “aardse” kriteria. Dié koningskap- of heerserkultus het nog baie honderde jare na die verval van die Egiptiese dinastieé in ander lande voortgewoeker, in baie gevalle geweek in ’n Christelike sous. Wat na keiser Konstantyn (313 nC) in die Romeinse ryk gebeur het, en wat die pouse in die Rooms-Katolieke Kerk alles in dié verband gekonkel het, lees soos ’n egte spanningsverhaal met magswellustelinge as hoofkarakters.
Lees ’n mens Antonia Fraser se boek Love and Life of Louis XIV, met die prikkelende subtitel: “The Women in the Life of the Sun King” (2006), dan is dit geensins blote spekulasie dat ou-Egiptiese idees oor koningskap ook ’n nawerking aan die Franse hof gehad het nie. Soos ’n farao van ouds kon die Franse koning, in sy Memoirs for the Instruction of the Dauphin (1662), deklameer: “The sun, by the light which it shines on those other stars which surround it like a court, is most assuredly the most vigorous and the most splendid image of a great monarch.”
Lodewyk se ma, Anna van Oostenryk, was amper sewe en dertig jaar oud toe hy — haar eerste kind — uiteindelik gebore is. Sy het getrou toe sy veertien was. Haar kinderloosheid kon trouens ingevolge die Rooms-Katolieke riglyne van destyds tot die opskorting van haar huwelik gelei het. En toe word sy uiteindelik swanger, al was daar ’n geskinder oor hoe dit kon gebeur het. Anna verduidelik toe haar swangerskap met ’n argument wat niemand durf betwis het nie: Dit was ’n geskenk van God. En met dié verduideliking word haar seun se koningskap onvernietigbaar bekragtig. Die Heilige Moeder is trouens met haar swangerskap opgeroep om as beskermer op te tree. Heilige relikwieé wat met die moeder Maria verband hou, is langs haar kraambed geplaas. En toe haar seun op Sondag 5 September 1638 gebore is, was die son op sy naaste punt aan die aarde — so is gesé. In Engeland het ’n soortgelyke verbintenis van die goddelike en die koninklike bestaan. Jakobus I (in Engels bekend as James I), wat in 1603; as Jakobus IV van Skotland, ook koning van Engeland geword het, was vas oortuig dat hy in sy persoon “vonke van die goddelike” beliggaam. Die oortuiging het hom onder meer gemotiveer om die beroemde “King James Version” van die Bybel te laat vertaal en uitgee. Die bedoeling was ook om die twiste en faksievorming in kerklike en teologiese kringe te besweer. Dit was in dieselfde jaar dat ’n pessiekte baie mense in die krotbuurtes van byvoorbeeld Londen afgemaai het.
Wat die Egiptiese koningskapkultus ook baie interessant maak, is die deurslaggewende rol wat die simboliek en metafore van “troon” en “kroon” gespeel het. Min simbole en metafore het in beide die mens se godsdienstige én politieke lewe so ’n lang en dominante betekenis gehandhaaf as juis dié twee. In terme van die Egiptiese heerserskultus
het dié twee metafore veral twee aaneengeskakelde betekeniswêrelde vertolk: die idee van ’n “hoogste” en “finale” lokus van mag, en die idee van heersersreg, en daarom ook straf, in gevalle waar onderdane nie die “troon” en “kroon” gehoorsaam nie.
In een van die Egiptiese stories oor Osiris, die oudste seun van Geb (aarde) en Noet (lugruim), word bevestig dat Osiris — as oudste seun — ook die reg ontvang het om Egipte te regeer. Dié reg van die oudste seun het ’n lang geskiedenis geword en ook in die Ou Testament neerslag gevind, soos onder meer ter sprake kom in die manier waarop Jakob sy pa verkul en sy ouer broer, Esau, uit ’n vaderlike seén gemanipuleer het.
As teken van sy heersersreg het Osiris twee koninklike septers gedra: die herderstaf en vleél (“flail”). Sy pragtige, hoé kroon het aan weerskante twee ewe lang volstruisvere gehad, asook twee horings van ’n ram. Dit was alles tekens van sy heerskappy, sy mag en sy gesag. Die vere het waarheid en geregtigheid voorgestel. Na die moord op Osiris deur sy broer Set, die simbool van geweld en chaos en die misbruik van mag om die kwade te bevorder, word Osiris — soos nog vertel sal word — die heerser van die “onderwêreld” en as sodanig die regter wat bepaal of die lewe van iemand tot met sy of haar dood sinvol was.
Horus, Osiris se seun, het nou aanspraak gemaak op die troon en kroon van Egipte. In die opvolgstryd wat toe ontstaan, speel Isis — Horus se ma — ’n deurslaggewende rol. Dit word ’n storie oor die stryd tussen goed en kwaad, en oor die rol wat Moeder Isis, die vroulike beginsel, in hierdie stryd kan speel. Dis ’n storie wat met allerlei belangrike nuanses honderde jare later ook ’n bepaalde neerslag in die Christelike tradisie gevind het — waaronder die metafore van “troon” en “kroon” (bv “troon van God”, Jesus se “doringkroon” ), asook regspraak in die hiernamaals. Om van “oordeelsdag” nie eens te praat nie.
Die Egiptiese idee van ’n goddelike koninkryk is van die oudste in die gedokumenteerde geskiedenis van die wêreld. Dit is in ieder geval die bes georganiseerde en mees ekonomies suksesvolle voorbeeld. Ten spyte van die siklus van opgang en verval, was dit ook die mees pommeubare en mees invloedryke. S6 invloedryk dat die godsdienstige, politieke en maatskaplike lesse wat Moses byvoorbeeld in Egipte geleer het, nie in Egipte agtergebly het toe hy volgens sy storie die Joodse slawe uitgelei het nie. Die begrip van God as ’n almagtige vadergod, wat voorsien én straf, het saam met hom getrek. So ook die idee van ’n leier — later die koning — wat met God se sanksie regeer. Moses is immers “opgelei in al die wysheid van die Egiptenaars en het uitgeblink in woord en daad” (Handelinge 7:22).
Die verhaal van die ontwikkeling van bepaalde aspekte van die antieke godsbeskouings, die rol van sommige gode en godinne, die politieke invloed daarvan en die neerslag wat dit in die geskiedenis gevind het, sal vorentoe vertel word. Daar sal onder meer verwys word na die stories van Abraham, Jakob, Josef en Moses. Dié stories het bepaalde inspirasiebronne uit Egipte. Terwyl Egipte in die Joods-Christelike tradisie ’n belangrike metafoor vir verdrukking en die noodsaak van bevryding geword het, was die land van die gode (hulle “heilige land”) binne ’n breér verband gesien, baie meer as dit: Egipte was ook ’n intellektuele en spirituele voedingsbron vir ander kulture en tradisies. Die geskiedenis van die land van die gode is byvoorbeeld ’n storie oor die wisselwerking tussen troon en altaar, wat ook die Joods-Christelike storie beinvloed het. Hiervan sal vorentoe meer vertel word. Dis ’n verhaal wat as eerste hoofstuk, soos ook in die geval van die Bybel, met ’n oervraag begin: Hoe het die wêreld ontstaan?
HOOFSTUK 3: GENESIS: DIE SKEPPING
Die boek Genesis, so is vir ons vertel, is die eerste van die vyf boeke wat “deur Moses geskryf is”. Die vyf boeke (Genesis, Eksodus, Levitikus, Numeri en Deuteronomium), ook bekend as die Pentateug of Tora, bevat ’n verskeidenheid verhale wat ook betrekking het op Egipte. Dis onwaarskynlik dat Moses regtig hierdie boeke geskryf het. Hy is eerder die hoofakteur in die storie wat hier vertel word. Moses het volgens sy storie ’n merkwaardige persoonlike geskiedenis gehad: As Jood van geboorte is hy as ’n Egiptiese prins grootgemaak. Was hy dus ’n Jood of ’n Egiptenaar? Maar hieroor word later in meer besonderhede vertel. Nou kyk ons eers na die vraag: Hoe het die wêreld begin?
Volgens Genesis het God “in die begin die hemel en die aarde geskep”. Soos ons graag sé: uit niks! Wat die skrywer wou sé, is duidelik: Skepping is ’n magsdaad van die skeppende God. En die aarde was aanvanklik “heeltemal onbewoonbaar’.
Daar is twee stories oor die skepping in Genesis. Die eerste het ’n dramatiese begin: “Laat daar lig wees! En daar was lig” (Genesis 1:3). Die lig was “goed” in die oë van die skeppergod, rite ha feitlik alle godsdienste het woorde soos “son”, “dag”; “ane, etl strale” ’n baie sterk positiewe metaforiese betekenis. Hierdie skeiding tussen lig (dag) en duisternis (nag) was deurslaggewend. Dis ’n skeiding wat die skeppergod reeds op die eerste dag gemaak het, opgevolg met baie ander skeidings, soos dié tussen die hemel en die aarde, die aarde en die waters, die mense en die diere en, natuurlik, tussen goed en kwaad. Skepping js gesien as ’n proses van differensiasie.
Die eerste skeppingsverhaal in Genesis (1:31 — 2:3) herhaal telkens dat dit wat God geskep het, “goed” was in sy oé. Hy was in sy skik met die werk van sy skeppingswoorde. Dit het aan sy plan voldoen en aan sy etiese idees beantwoord. Sy woorde het, by wyse van spreke, ordelik en moreel vlees geword. Hy het ook die mens, man en vrou, “na sy beeld” geskape. Wat die woord “beeld” alles inhou — ’n woord wat in die 1953-vertaling van Genesis 5:1 vervang word met “gelykenis” — het in die Christelike tradisie tot eindelose interpretasies en abstrakte verduidelikings aanleiding gegee. Hiervan is die mees algemene dat dit die heerskappy van die mens oor die geskape wêreld aandui. Dis bes moontlik dat die storieverteller dié woorde gekies het om nie bloot ’n antropomorfe voorstelling van die baie abstrakte begrip “god” te gee nie, maar ook die mag en verhewe posisie van die mens in die skepping aan te dui.
Die tweede skeppingsverhaal (Genesis 2:4-25), met Jahwe as die skeppergod, fokus veral op die skepping van die mens en die “tuin” waarin hulle hulle bevind het. Dit bevat ook die sogenaamde “proefgebod”: die riglyn dat daar van sekere “bome” se vrugte nie gseéet mag word nie. Die metafore van “tuin” en “boom” is baie prominent in hierdie storie. Daar het “water uit die aarde uit opgekom en al die grond nat gemaak” (Genesis 2:6). Die 1953-weergawe praat van ’n “mis” wat uit die grond opgestyg het, en ’n nog ouer vertaling sé dat ’n “fontein” oopgebreek het. Watter “feite” ook al in die storie aangevoer mag word, die boodskap is duidelik: Water of nattigheid het dus die skepping vergesel.
Genesis 2:7 sé ook dat die mens “gevorm” is “uit stof van die aarde soos ’n pottebakker sy produkte vervaardig. Die “lewensasem” (siel) is ook deur God aan die mens gegee deur in sy neus te blaas. Die mens het ’n persoonlikheid ontvang. Baie interessant, en daarop sal later teruggekom word, is dat die “Here God” in Eden ’n “tuin aangelé het” en toe “die mens wat Hy gevorm het, daar laat woon” het. “Mens” en “tuin” het dus ’n noue verband gehad.
Die metafoor “Eden”, wat as ’n eienaam gebruik word, het ’n Sumeriese byklank: “veld”. Dit kan selfs “lieflikheid” beteken. Dit wil sé, ’n toestand van versoende en harmoniese verhoudings. Alles was in plek tussen Mens en mens, mens en dier, en mens en natuur. En natuurlik ook tussen mens en God. Die woord “paradys”, wat ook “park” kan beteken en wat die woord “Eden” vervang het, is van Persiese afkoms. Dit kom dikwels in die Ou Testament en in ander Christelike dokumente en ander godsdienste voor. Opvallend is ook die “bome” wat “uit die grond” uitgespruit het. Soos “die boom van die lewe”, in die middel van die tuin, asook “die boom van alle kennis” (Genesis 2:9). Die ouer vertaling het gepraat van die “boom van kennis van goed en kwaad”.
Die storieverteller vertolk met die metafoor van die tuin ’n gedagtemotief wat in baie geloofsgemeenskappe, soos ook in Egipte, prominent was: die verlange na en hoop op ’n toestand van versoende verhoudings, van heelheid en harmonie. Dié verlange en hoop is nog steeds die dryfkrag vir die belangstelling in en betrokkenheid by die spirituele. In die geval van die Genesisstorie word die heimwee na “Eden” ook begelei met die verwagting dat die stryd tussen goed en kwaad afwesig sal wees. Alles sal “goed” wees.
Dis nodig om hier iets oor die boom as simbool binne die kultuur en godsdiens te sé. Dis ’n baie ou simbool en is veral daarop gerig om iets oor vrugbaarheid te vertolk. In die Nyldelta was daar baie kultiese praktyke en rituele waarin die boom opgetree het as simbool van vrugbaarheid en ewige lewe deur wedergeboorte. Dis baie belangrik om daarop te let dat dié simbool ’n baie sterk beklemtoning was van die goddelikheid van die vroulike beginsel. Daarom is die Egiptiese hemel-godin, Noet, en godinne soos Hator in Egipte vereer. Vrugbaarheid was die kiemsel van die lewe, van voortgang en uiteindelik van onsterflikheid. Dit is dus nie vreemd dat “boom van die lewe” ook binne die Genesisverhaal se vertolking van skepping optree nie.
“Boom van die lewe” het as simbool reeds baie vroeg in die geskiedenis van die Christelike godsdiens prominent geword. Dit isin verband gebring met Jesus se kruis en sy verlossingswerk. Die bekende Hippolutos van Rome, ’n bedrywige kerklike skrywer gedurende die derde eeu nC, het selfs van die kruis gepraat as ’n “kosmiese boom” wat van die aarde tot in die hemel reik.
Die “boom van die kennis van goed en kwaad” se histories-godsdienstige wortels, kon nog nie vasgestel word nie. Die Griekse skry- wer Hesiodos verwys in sy Teogonie na ’n tuin waarin daar ’n boom gestaan het wat deur ’n slang bewaak is. Die Assiriérs het ook voorstellings van heilige bome gehad wat deur twee mensfigure bewaak is.
Die twee bome wat spesifiek in Genesis genoem word, moet myns insiens nie geisoleer van mekaar gelees word nie. Die “boom van die lewe” was in die middel van die tuin. Dit is die h66f-boom. Die sentrale boom. Omdat “kennis” in Hebreeus ook kan beteken: “gemeenskap hé met”, en dit oor “goed” en “kwaad” gaan, het ons hier te doen met ’n appél op die noodsaaklikheid van ’n aanvaarbare normatiewe orde in belang van “lewe”. In die gemoedslewe van die Genesisskrywer stel “Eden”, ’n ideaal-tipiese situasie voor: die afwesigheid van konflik; ’n universum van ewige vrede met wel as moontlikheid en uiteindelike werklikheid, die steeds aanwesige listige slang.
Dis duidelik dat die storieverteller, ten einde ’n geografiese verwysingspunt vir Eden by sy hoorders te vestig, aan Mesopotamié met sy Tigris- en Eufraatrivier gedink het. Die Jode, vir wie die storie aanvanklik vertel is, sou dié verwysingspunt gesnap het, want Abraham, die stigter van hulle samelewing en geloof, het uit daardie geweste op trek gegaan vanaf die stad Ur.
Die Genesisverhaal sé ook hoe die vrou geskep is, naamlik uit een van die mens se ribbebene. In hierdie skeppingsverhaal het die skeppergod dus eers die manlike beginsel gevestig en daarna die vroulike. Die skeppingsdaad, of “vaderskap” van die mens, het met die man begin.
Die slang, as simbool van sluwe verleiding, word ook in die tweede vertelling van die skeppingsverhaal ingevoer. Daar moes ’n manier gevind word om die kwessie van die ontstaan van die kwade te verduidelik. Die Oorsprong van die kwaad kon immers nie teruggevoer word na die skeppergod en vaderfiguur nie. En voorsiening moes gemaak word ne die verdwyning van Eden — die paradys — en die aanvaarding van die werklikheid van konflik tussen goed en kwaad. Later in die Bybel, in die boek Jesaja, tree “slang” baie sterk op as simbool van politieke boosheid deur ’n wereldmag. In ’n profesie oor die verlossing van Israel uit ballingskap, word in Jesaja 27:1 gesé: “Daardie dag sal die Here sy skerp, groot, sterk swaard gebruik om die Leviatan, die vinnige, kronkelende slang te verslaan en sal Hy die monster doodmaak wat in die see is.” Die boek van Day, God’s Conflict with the Dragon and the Sea: Echoes of a Canaanite Myth in the Old Testament (1985), vertel vir ons van die migrasie van mites en simbole in die tyd toe die Bybelstories ontstaan het.
Die slang is een van die oudste godsdienstige simbole in die geskiedenis. Baie vroeg in die geskiedenis word die slang met die songodsdiens in verband gebring, en wel as simbool van dood én wedergeboorte. Slange kan immers vervel! Die kernbetekenis van die slang was egter sy verbintenis met die idee van die bose. Die slang was gebonde aan die aarde — ’n vyand van die Egiptiese songod, soos in die geval van die bose Apopis wat op listige wyse die son gedurende nagtelike duisternis wou verslind. Listigheid, en nie deursigtigheid en lig nie, was ’n oerbetekenis van die slangsimbool. Daarom was die arend van vroeg af ’n meer posi- tiewe simbool en baie nou met die songodsdiens verweef, soos die geval in Egipte en Sumerié was. Selfs die Grieke verbind Zeus met die arend — om byvoorbeeld die bose slang aan te val. In die Christelike kuns stel die arend in die Middeleeue weer die hemelvaart voor. Vir Johannes, die skrywer van Openbaring, is dit ook een van die diere van die apokalips.
Terwyl die slangsimbool in Egipte positiewe (as kobra) en negatiewe betekenisvelde aangedui het, tree dié simbool in die vroeé Christendom oorwegend as sataniese listigheidsimbool op — bevorder deur die Christelike kuns. “Slang” en “boom” kom trouens bymekaar, ’n verbintenis wat, terloops, in die Nabye-Ooste die vrugbaarheid van die aarde gesimboliseer het. Hier moet die vrugbaarheidsgodin, Isjtar, ook genoem word. Sy is voorgestel deur ’n boom met aan beide kante twee diersimbole, halfgode of halfmense. Dit het ongetwyfeld as inspirasie gedien vir die voorstelling deur “Christelike” kunstenaars van die verleiding in die paradys: ’n boom, ’n vrou — én man — en ’n dik, listige slang wat om die boom krul. Vir Christene was dit die simbool van die sondeval. Daarom word die maagd Maria soms in die kuns voorgestel as iemand wat die slang dood trap — met Jesus die Verlosser.
Die skeppergod en vaderfiguur verkry in die Genesisstorie na aanleiding van die episode met die slang ook ’n volgende eienskap: dié van regter; bestraffer. Die eienskap van die skeppergod het in baie gevalle selfs oorheersend geword, veral in reélgebonde normatiewe beskouings met hulle stringe “moets” en “moenies”. In hierdie stadium van my storie is dit wel nodig om te sé dat daar in die Bybel nie net een begrip van God teenwoordig is nie. Daar is sommer baie! Abraham het God byvoorbeeld anders verstaan en belewe as Moses. Die profete het ook hulle eiesoortige begrippe en ervarings van God gehad. In sommige gevalle, soos in Moses se storie, was God maar hard, meedoénloos en selfs wreed. Vir Jesaja, soos in sy ervaring in die tempel van Salomo waar hy ’n gesig gesien het, was God onbeskryflik heilig — totaal anders as die mens. Transendent.
God as “regter” en selfs “wreker” kom ook dikwels voor. So ook die idee
van God wat Israel en Juda in ballingskap wegstuur, en daarmee kom metafore soos “hand van God”, “wil van God’, “vinger van God” en — soos in die kerk van Laingsburg — “God slaap nie”. In die geval van Abraham en Noag kry ons ’n ander, meer menslike of gehumaniseerde begrip van God: God as metgesel; God saam met wie ’n mens kan wandel.
Dié Godsbegrip was vir nomadiérs baie tersaaklik omdat dit nie aan ’n plek of tempel gebonde was nie. God is ’n God-op-trek; God-in-sy-tent. “Ek sal tussen die Israeliete woon en hulle God wees” (Eksodus 29:45), sé binne ’n nomadiese konteks, en natuurlik binne die verband van die Babiloniese ballingskap, waartydens of waarna die Eksodus- storie waarskynlik ’n deurslaggewende skriftelike beslag gekry het, dat die God van Abraham, Isak en Jakob “teenwoordig” is waar die kinders van Israel hulle ook al mag bevind. Daarom word Hy later ook Immanuel genoem — nie ’n God met ’n plek, land of “huis” nie, maar God-met-die-ons, God-met-die-mense. Dis dié gesig van die goddelike wat in die Jesusverhaal nog duideliker geword het.
In die Nuwe Testament word die Genesisstorie op verskillende maniere oorvertel. Jesus, die seun van Josef en die maagd Maria, is intussen gebore. En dié storie, gekoppel aan “beloftes” en verbondsluitings uit die Ou Testament, moes geintegreer word met die hooflynstorie van die Ou Testament. Toe dié integrasie plaasgevind het, was die kultuur van die Grieke en die kultuur van die Romeine reeds ou nuus, weliswaar baie relevante nuus. Trouens, Egipte is toe al deur die Grieke (Aleksander die Grote, 332 vC) en later deur die Romeine (Julius Caesar) verower.
Die Evangelie van Johannes gee vir ons die beste weergawe van hierdie kulturele en intellektuele revolusie. Johannes gryp terug na Genesis: “In die begin was die Woord daar, en die Woord was by God, en die Woord was self God. Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ’n enkele ding wat bestaan, het son- der Hom tot stand gekom nie. In Hom was daar lewe, en dié lewe was die lig vir die mense. Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie” (Johannes 1:1-5).
Johannes se storie oor die skepping en God se rol daarin, kan die logos-storie genoem word. “Woord” kom immers van die Griekse logos. Hoe hierdie storie sy eerste wortels in Egipte het — en nie in Griekeland nie — sal weldra vertel word.
Lank voor die Genesisstorie oorvertel en later neergeskryf is, was daar reeds soortgelyke stories in omloop — soos binne die godsdienstig-kul- turele milieu van Mesopotamié. Verskeie argeologiese vondste wat veral gedurende die twintigerjare gemaak is, soos by Ur waarvandaan Abraham getrek het, en by Ugarit (of Ras Shamra), getuig hiervan. Dié argeologiese vondste het baie nuwe perspektiewe op die skeppingsver- haal van Genesis losgemaak. Die “feite”? van Genesis is gedurende hierdie tyd baie ernstig bevraagteken. In die antieke wêreld, soos in Egipte, was skeppingstories ook “terapeutiese” geloofsuitings en Pogings om sin van die wêreld en die mens te maak. Daarom is hulle byvoorbeeld by groot geleenthede vertel, soos tydens planttyd of die begin van ’n nuwe jaar. In die geval — Babilon is daar selfs geglo dat die skeppergod, Marduk, elke jaar die wereld opnuutt skep.
Terwyl die Sumeriérs hulle ding in Mesopotamië by plekke soos Ur en Ugarit gedoen het en teen 2500 vC die koninklike grafkelders by Ur ingerig het, was daar in Egipte ook ’n groot beskawing besig poke ont- waak. Die godsbegrippe wat hier ontstaan het, en hulle evolusie, is myns insiens die hoofstorie uit die oertyd. Trouens, die Egiptenaars het aan ons die omvangrykste korpus van godsdienstige tekste, wat oor ’n periode van bykans 3 000 jaar ontwikkel is, nagelaat. Dit sluit in begrafnistekste wat vertel watter rituele, praktyke en formules gebruik moes word: mites wat vertel van hoe die wêreld met alles daarop, geskep is en wat die rol van die gode is; wysheidsliteratuur oor waardes, etiek en moraliteit; pessimistiese literatuur met ’n sterk kritiese inslag ten opsigte van die godsdiens en idees oor onsterflikheid; tempelinskripsies vir rituele doeleindes; “Aten”-liedere wat inligting gee oor die sogenaamde Amarna-kettery; literatuur oor die waarde en toepassing van godsdienstige idees in mense se persoonlike lewe, waaronder hulle gesondheid en leefstyl. Magie het hierin ’n groot rol gespeel.
Egipte se steentydperk, met landbou die vernaamste aktiwiteit, was teen 4000 vC reeds aan die gang. Teen 3500 vC verskyn bekers en houers van klip, asook wit verf op potte. hiërogliewe maak teen 3000 vC hulle verskyning en glasuring vind plaas. En teen ongeveer 2500 vC bou Kufu sy groot piramide, byna 2 000 jaar voor die Bronsperiode in Europa begin wortel skiet het. Egipte verskaf aan ons ’n rykdom van skeppingsverhale wat hulle eie evolusie ondergaan het lank voor die skeppingstorie van Genesis sy verskyning gemaak het. Invloede uit Sumerié het wel in Egipte uitgeslaan.
Daar was ’n hele paar belangrike skeppingstories in Egipte, verbind aan die naam van ’n godheid én ’n bepaalde plek. Die Egiptenaars het ’n intense belangstelling gehad in die vraag hoe die wêreld met alles daarin, ontstaan het. Die oudste sistematies gedokumenteerde godsdienstige beskouings oor die gode, die ontstaan van die wêreld en die morele implikasies daarvan vir die mens, kom uit Egipte. Daar sit ’n logika in die Egiptiese godsbeskouings en godsdiens wat skrik vir niks. In die bespreking wat volg, moet ’n mens miskien onthou dat verklarings van die “oorspronge” en die rol van die “onsienlike” nooit bloot emosioneel of irrasioneel is nie.
’n Goeie voorbeeld hiervan is gevind by die piramide van farao Wenis (±2350 vC) by Sakkara, naby die koninklike hoofstad Memfis, Dis in klip uitgebeitel en vertel die storie oor hoe die farao sy plek in die hiernamaals, in die nabyheid van die songod, sal verwerf. Dié storie-praktyk het binne die sogenaamde Ou Koninkryk (±2686-2181 vC) ’n tradisie geword. Dit staan vandag bekend as die piramidetekste. Toe was dit nog net die pre- rogatief van die farao’s om onsterflikheid te verwerf, Omdat die godsdiens ook’n politieke, maatskaplike en ekonomiese funksie vervul het, moes die koning en die gode met mekaar in verbinding gestel word.
Soos die godsbegrippe, het ook hierdie prerogatief ’n evolusieproses ondergaan namate die Egiptiese samelewing verander het. In die Middelkoninkryk (±1991-1786 vC) ontvang die opkomende regerende elite, soos goewerneurs en hofamptenare, ook die prerogatief van onsterflikheid. Hulle status in die nuwe samelewing, met sy ontwikkelende hiérargieé, kry ’n addisionele kwaliteit, weerspieél deur die gods- dienstige inskripsies op hulle sarkofae en die insluiting van allerlei artefakte, en selfs voedsel met die oog op die reis na die hiernamaals, in hulle doodskiste. Daar was selfs roetekaarte! Dit het die ontstaan van die sarkofaagtekste ingelei. En natuurlik het dit die praktyk van balseming (bewaring van die liggaam) tot ’n fyn kuns laat ontwikkel. Anders as die Christelike tradisie, met sy fokus op die siel of geestelike element, het die Egiptenaars hoé waardering vir die liggaamlike gehad.
Met die aanbreek van die Nuwe Koninkryk (±1567-1085 vC) kry ons ’n totaal nuwe bron van stories: Die papirustekste. “Die Boek van die Dode” en geskrifte oor die “onderwêreld” vorm ’n nuwe en opwindende hoofstuk in die ontwikkeling van die denke oor die gode, die samelewing en die oordrag van inligting na volgende generasies. Dié evolusie het die geskiedenis van die gode en die mense, idees, rituele en gebede oor onsterflikheid en ’n “goeie lewe” meer algemeen toeganklik gemaak. Kommunikasie en die verspreiding van inligting het, by wyse van spreke, ontplof — soos met die rekenaar in ons tyd. Die papirusrolle kon rondgedra en versend word. Dis nie iets wat jy met piramides of sarkofae kon doen nie! Met die gebruik van papirus as versendmiddel, het die Egiptiese wêreld verander. Dit vertel nie net die storie van die integrasie van Egipte nie, maar ook die integrasie van idees. Soos wat die ruilhandel in goedere en geld integrasie bevorder het, het die ruilhandel in idees dit ook gedoen, Die verspreiding van inligting maak evolusie onafwendbaar. )
Een van die tradisies oor die gode en die skepping kom van die stad wat later die Griekse naam Memfis (“wit mure”) gekry het. Die stad was een van die oudste politieke hoofstede van Egipte, gestig in ongeveer 3100 vC. Die ruines wat ’n mens vandag nog sien, soos die stukkende maar steeds kolossale standbeeld van Raamses II en die ander reste in graniet wat daar rondlé, vertel nie vir ons die eintlike storie van hierdie eens welvarende en magtige stad nie. Godsdienstig én polities gesproke was Memfis die setel van die god Pta. Sy tempel, in die Nuwe Koninkryk, het die indrukwekkende naam Hewet-ka-Pta gehad (“here-huis van die gees van Pta”). Dié naam, so word gesé, is die oorsprong van die woord Egipte.
In die Britse Museum is daar ’n swart steen met inskripsies, die soge- naamde Sjabaka-steen, wat vir ons die storie van Pta vertel. Sy storie herinner aan dié van Johannes in die Christelike tradisie. Waarskynlik het sy storie, via die Grieke, by Johannes uitgekom. Dis n storie wat met byna filosofiese presisie — indien filosowe soms daartoe in staat is! — vertel word. Die Sjabaka-steen het ’n droewige geskiedenis gehad. Dis uiteindelik gebruik as ’n steen waarmee koring gemaal is! Die merke, en die gat in die middel, vertel vir ons ’n ander storie as wat die inskripsies op dié kosbare steen ons oor Pta vertel.
Dis in ongeveer 700 vC uitgekerf. Farao Sjabaka (712-698 vC) het Memfis op een van sy inspeksietogte besoek. Hy was, so word vertel, woedend toe hy sien hoe ’n papirusrol oor Pta deur wurms opgevreet word. Hy het dadelik opdrag gegee dat dit wat nog van die papirus oorgebly het, op swart graniet ingekerf word. Die steen, alhoewel beskadig, vertel ’n wonderlike storie oor Pta. Dis die “logos”-storie!
Reeds v66r die Sjabaka-steen was daar al verwysings na Pta in byvoorbeeld die sarkofaagtekste. Daar is ook ander dokumente uit die periode van Raamses II (±1304-1237 vC), Trouens, Pta se verering gaan terug tot die Ou Koninkryk (±2686-2181 vC). Veral vir Christene is Pta se storie merkwaardig. Hy skep naamlik ook deur sy woord! As hy dink (deur sy hart) en hy dan sy denke in woorde omsit (deur sy tong), kom dit wat hy gedink het, fisiek tot stand. Denke en taal is dus kreatief, innoverend. Denke en woorde skep geskiedenis.
Deur sy denke in taal om te sit, het Pta die chaos van die siedende watermassa oorskry. Dié vermoé van Pta om deur denke en taal te skep, is inherent aan alle lewende wesens, veral die mens. Pta het ook die gode geskep; hy verteenwoordig dus, filosofies gesien, ’n identiteit tussen die geestelike en die materiéle. Pta is die simbool van ’n skeppingsbegrip wat met die idee van ’n verhewe intelligensie verbind is. Hy is ook die vadersimbool van iets baie dramaties: voorbestemming; predestinasie. Sy woord het gevolge vir die toekoms. Hy is die god van skeppingsorde en innovasie volgens intelligente patrone. Daarom is Pta ook vereer as die god van kuns en van tegnologie.
Pta self, so vertel een storie ons, is geskep. Hy het uit die vadergod Noon ontstaan. Die Egiptenaars het nie net gevra waar die wêreld met alles daarop vandaan kom nie. Hulle wou ook weet waar die gode vandaan gekom het. In die geval van Pta is nie gedink aan ’n god wat nie self op die een of ander wyse ontstaan het en daarom ewig (= tydloos) was nie. Binne die wêreld wat vir die Egiptenaars bekend was, het Pta wel die primére skeppingsmag en gesag gehad nadat hy tot stand gekom het. Hy was selfs die hoof van ’n triade van gode.
By Abu-Simbel, Raamses II se tempel van grootse triomf, waaroor nog vertel sal word, sit Pta saam met twee ander dominante gode, Ra-Harakte en Amoen — en natuurlik die vergoddelikte Raamses II self — op hulle trone in die allerheiligste gedeelte van die tempel. Pta word gewoonlik voorgestel in eenvoudige antropomorfe voorstellings wat by n mens die indruk van onopgesmuktheid en warmte wek. Die fokus Was nie op sy almag en indrukwekkende skeppingsmag nie. Dis ni iets wat hy wou uitbasuin nie. Moontlik wou die beeld van Pta iets sé van die morele verantwoordelikheid en aanspreeklikheid waarmee sy skeppende spreke gepaard moet gaan.
By die tempel van Kom Ombo is die onopgesmukte menslike beeltenis van Pta, met die staf van sy gesag in die hand, baie duidelik te sien, Hy staan in die teenwoordigheid van die simboliek van Osiris — dié simbool van ’n lewe na die dood en van ewigheid. Op die kroon van die farao is die kobra ook teenwoordig, aangebring as teken van sy ewige mag. Dis ook by dié tempel dat ons teen die mure die afbeeldings sien van merkwaardige instrumente wat deur die Egiptiese dokters in operasies gebruik is. Hulle is duidelik herkenbaar na aanleiding van instrumente wat ons vandag nog in gebruik sien.
Daar was ook ander skeppingstories. Die mees dominante van hierdie stories oor die skepping het die son as kernsimbool gehad. Rondom die simbool het daar op verkillende plekke en ook binne duidelik onderskeibare kultuur-politieke en godsdienstige periodes drie belangrike noemname vir die goddelike verskyn: Atoem, Amoen en Ra. Al drie het die son as verwysingspunt gehad. Die interpretasie van hulle funksies en onderskeidende eienskappe het soms verskil. “Ra” het mettertyd die oorheersende noemnaam geword. Fasette van die stories oor Atoem, Amoen en Ra is wel oor die tyd heen met mekaar geintegreer. Daar is soms selfs van Amoen-Ra gepraat.
Die sogenaamde “Heliopolitaanse mite” is belangrik omdat dit by Heliopolis (Grieks), die hoofsentrum van die songod, vertel, versorg en gepropageer is. Herodotos, die klassieke Griekse skrywer wat Egipte in ongeveer die vyfde eeu vC uitgebreid deurreis en ook by dié stad aangedoen het, het breedvoerig oor sy reis geskryf. Hy was so beindruk deur dit wat hy gesien en gehoor het, dat hy besluit het om nie al sy inligting — veral oor mense in hoé godsdienstige posisies — bekend te maak nie. Dis trouens hier in Heliopolis waar Herodotos die storie van die feniks gehoor het — die merkwaardige voél wat uit die as van die chaos verrys.
Heliopolis, of On, soos dit destyds genoem is, lé tans verberg onder die voorstede van Kairo. Dit was ’n stad van groot geleerdheid waat baie intellektuele uit ander kulture, soos uit Griekeland, gaan kers opsteek het. Dit was hier, in ongeveer 3000 vC, dat die teoloé oor n skeppergod en oor die rol van godsdiens en morele gedrag begin praat het met die oog op die konsolidasie van Egipte. Die piramidetekste weerspieël hierdie debat. ’n Beredeneerde kosmogonie (leer oor die ontstaan van die heelal) het hier vir die eerste keer op ’n indrukwekkende intellektuele wyse sy verskyning gemaak.
Dis ’n verhaal wat later sou weerklank vind in Genesis. Hiervolgens was daar, voor daar mense, diere en plante — en veral ’n ordelike struktuur — was, bloot chaos: duisternis en ’n oneindige oseaan van donker water. Skepping moes daarom, naas innovasie, ook ordening, differensiasie en strukturering behels. Dié chaos is “Nu” genoem —’n toestand van niebestaan. “Bestaan” is immers gelyk gestel aan orde en struktuur. Daarenteen behels anargie nie “bestaan” (orde) nie. Vandaar die Egiptenaars se obsessie met orde en struktuur. Dit is ’n tipies menslike obsessie.
By Heliopolis is die beginsel van orde aanvanklik Atoem, ’n manlike beginsel, genoem. Hy was, soos later deur die Griekse filosoof Aristoteles gesé is, die “demiurg” — die skeppende beginsel. Vaders skep! Die bedreigende chaos (anargie) was altyd vir die Egiptenaars ’n reéle gevaar. Vandaar hulle beklemtoning van ’n staatsorde wat geweek was in godsdienstig-morele konsepsies. Atoem was in die Heliopolitaanse tradisie die skeppende én orde-stigtende agent. Hy was “heer” (“lord of Heliopolis”; “lord to the limits of the sky”). Die mite wil vir ons meer vertel van die belang van mag en gesag — en die moraal wat daarmee saamhang — in die stigting van orde. Atoem, en dit moet goed onthou word, het “son” as enigste metafoor gehad. Later was daar by On wel ’n naamsverandering toe “Ra” die heilige noemnaam geword het.
In een weergawe van die mite begin Atoem sy skeppende en orde- stigtende aksieprogram deur ’n heuwel (vastigheid) in die chaos van donker water te formeer. Dié metafoor vir skep het sy oorsprong in die idee van die pottebakker en ander makers van dinge. Die pottebakker-metafoor tree in baie godsdienstige tradisies op. Daar is ook min twyfel dat Atoem se rol gedefinieer is deur dit wat die Egiptenaars gesien het: die vloed (chaos) van die Nyl. En daarna die herverskyning van vaste aarde wat beplant kon word. En Atoem het nie net vaste grond geskep nie. Dié grond het ’n tuin, ’n paradys, geword!
Dis betekenisvol hoe die priesters van Heliopolis die vaste grond beskryf het: as ’n piramide! Dis “Benben” genoem, ’n stut vir die songod. Later sal daar meer oor die simboliek van die piramide gesê word.
Maar hoe het Atoem geskep? Die antwoord is n mooi storie, gekoppel aan ’n eeue oue praktyk onder mans: masturbasie! Deur te masturbeer het Atoem (manlike beginsel) skeppingsprosesse aan die gang gesit. Sy saad het ontkiem. Manlike chauvinisme en dominansie is so oud soos die berge. Dis eers 6 000 jaar na die destydse Egiptiese beskawing dat ons probeer om anders te dink! Bygesé, selfs die Egiptenaars het geworstel met die integrasie van die manlike en vroulike beginsels, Dalk op meer produktiewe wyse as ons.
Atoem beteken ook totaliteit. As naam vir die metafoor “son” verteenwoordig hy almag, alomteenwoordigheid, enigheid, alsiendheid en ewigheid — die eienskappe van God wat ek in die klipkerk op Laingsburg aanvaar het. Atoem, en die piramide-struktuur van sy vastrapplek, is die lewenskrag en energie van alles — gode én mense. Hy is gesien as die “begin”. As totale lewensbeginsel bepaal hy die tydelike en die ewige (onsterflike). Hy het ook die prototipes van alle lewende wesens in homself bevat.
Hoe sterk manlikheid in die skeppingsidee optree, lees ons in die piramidetekste: “Hy het sy penis vasgevat. Daarmee het hy geéjakuleer en geboorte gegee aan die tweeling Sju en Tefnoet. Wat dié teks wou sê, verskil nie veel van Pta en Johannes 1 in die Bybel nie: Atoem het skeppingskrag gehad. In Pta en Johannes se geval, was dit die “woord”. In Atoem se geval was dit sy “saad”. Die voertuie verskil. Maar nie die gevolge nie!
In die Britse Museum is daar ’n papirusteks bekend as die Bremner Rhind-Papirus wat uit ongeveer die derde eeu vC kom en ’n oorvertelling is van ’n storie wat baie lank tevore oor die skeppergod vertel is. Atoem self word aan die woord gestel: “Ek het op my eie alles geskep … my vuis het my vrou geword. Ek het genies, en Sju het verskyn. Ek het Tefnoet uitgespoeg. Toe het Sju en Tefnoet geboorte geskenk aan Geb en Noet. Geb en Noet het weer geboorte gegee aan Osiris, Set, Isis en Neftis. Hulle het die bevolking van hierdie land voortgebring.”
In die evolusie van die godsbegrip, die godsdiens en die rol van die gode, het Atoem uiteindelik Ra (die songod) geword en is meerdere idees met mekaar geintegreer. Die teoloé (priesters), veranderende maatskaplik-ekonomiese omstandighede en veral die kwessie van politieke mag het hierin ’n groot rol gespeel. Die rol van die teoloé en hulle interpretasies van die gesag van die onsienlike was deurslaggewend, veral by On of Heliopolis — “stad van die son” — waar Herodotos 2 000 jaar later besoek afgelé het. Die simboliese betekenis wat die son in die godsdienstige, politieke en maatskaplike lewe van die Egiptenaars oor ’n tydperk van etlike duisende jare gekry het, is baie merkwaardig. Ewe merkwaardig is die inspirasie wat daar vanaf hierdie kragtige simbool uitgegaan het.
Die trap-piramide van Sakkara (+2686 vC), die eerste groot piramidale struktuur in Egipte, en al die ander piramides daarna, is geinspireer deur die sonsimbool. Dié bouwerk was simbolies van ’n verbinding tussen Ra, mens en wêreld. Die glinsterende spits het die lig van die son opgevang en dit die wye wêreld in weerkaats. Dit was, om ’n ander beeld te gebruik, ’n sender van die boodskap aangaande Ra se oppermag en sy seén op sy begunstigde, die farao.
Ook die obeliske, met hulle silwer- of goudbedekte piramidale punte, was senders. Hulle het die droom van volmaaktheid in harde, gepoleerde graniet van honderde tonnemaat vertolk, want hulle is uit een stuk graniet gekap, sonder ’n letsel of kraak. Om dié volmaaktheid te beklemtoon, lé daar in die granietgroef van Aswan die “onvoltooide obelisk” van bykans duisend ton en meer as veertig meter lank. ’n Kraak het egter daarin verskyn. Die verwantskap tussen (ewige) lig en (ewige) lewe, energie en onsterflikheid kan nie deur ’n gekraakte obelisk vertolk word nie. Dié verwantskap, waarvoor Ra vader staan, gee ook aan die lotusblom ’n besondere simboliek. Dis Ra se lig en energie wat dié blom oop en toe laat gaan. Daarom verskyn die lotusblom, saam met die papirus, op talle taferele teen tempelmure en op die wande van grafkelders.
Kom ’n mens by Karnak en Luxor langs die Nyl, met die Vallei van die Konings en Hatsjepsoet se indrukwekkende tempelkompleks nie ver daarvandaan nie, word jy oorweldig deur die reste van n godsdienstig-politieke kompleks wat sy gelyke nie ken nie. Die woud van 134 pilare met iets van die kleurrykheid daarvan na duisende jare nog voorstelbaar, is in baie opsigte ’n wonderwerk. Dis in hierdie omgewing, met die hoofstad wat later deur die Grieke Tebes genoem is, waar die priesters die skeppergod Amoen gedurende die Nuwe Koninkryk (±1567-1085 vC) vereer het. Die sentrale idee was dieselfde as al die ander skeppingsidees: Amoen is enig!
Die priesters het egter verder gegaan. Amoen was ondeurgrondelik, onverstaanbaar en nie deur mense-woorde artikuleerbaar nie. Sy wese was ’n misterie — soos ook blyk uit die Mosesstorie wat later vertel sal word. Soos een papirusteks dit stel (Leiden I, 350): “Amoen is té groot om oor navraag te doen. Té magtig om te ken.” Trouens, ’n mens kon sterf as jy sy naam en identiteit probeer vasstel het! Dit wat in die naam van Amoen by Tebes gebou is, het selfs neerslag in die Ilias van Homeros gevind. Homeros, met Achilles die spreker, verwys onder meer na Tebes met sy honderd poorte, en twee honderd soldate wat met strydwaens en perde uit elke poort kon uitpeul. Amoen was die oppergod in die Hermopolitaanse mite wat vanaf Tebes gepropageer is. Hy het ’n transendente voorafbestaan gehad. Hoe hy geskep het, en hoe hy self tot stand gekom het, was vir die priesters van Tebes ’n groot debatspunt. Die konsensus was dat Amoen “energie” was.
Numeriese groeperings het by die Egiptenaars, wat deur die beroemde klassieke Griekse skrywer Herodotos as die mees godsdienstige volk op aarde beskryf is, ’n sterk godsdienstige simboliek gehad. Die triade is byvoorbeeld gebruik om eenheid te midde van pluraliteit te vertolk. Amoen tree in ’n hele paar triades op, soos byvoorbeeld by Sakkara met sy merkwaardige trap-piramide, ontwerp en gebou deur Imhotep in die buurt van die stad wat honderde jare later deur die Grieke Memfis genoem is. Daar sien ons ’n afbeelding van Amoen en sy vrou Moet. Tussen hulle staan Toetankamen, die farao. Dié drie omarm mekaar, want die farao is deel van die goddelike familie, Die triade is die borg vir die farao se gesag. Triades en triniteitsbegrippe kom van ver af.
Reis ons na Esna, in Bo-Egipte, kry ons ’n fokus op die evolusie van die gode wat ons aan die tweede skeppingsverhaal in Genesis herinner. Tot dusver, soos in die eerste skeppingsverhaal in Genesis, was die fokus kosmies — op die wereld se geboorte gerig. By Esna is die fokus egter nou op die skepping van die mens gerig. Dié gebeure word by Esna deur die god Knoem voorgestel — die god-met-die-kop-van-’n-ram. In sy tempel by Esna word dié gebeure deur die metafoor van die pottebakkerswiel verduidelik.
Knoem was een van die oudste Egiptiese gode, die bewaker van die streek waar die katarakte (rotserige stroomversnellings) van die Nyl geleé is. Daarom is hy ook beskou as die Bewaker van die Oorsprong van die Nyl. En, met die Nyl die lewensaar van Egipte, is dit vanselfsprekend dat hy ook met die idee van skepping geassosieer is. Die pottebakkerswiel het sy mees sentrale simbool geword. En omdat Knoem elke keer wanneer hy ’n mens geskep het, twéé weergawes gemaak het — een met die fisieke liggaam sentraal en ’n ander met die persoon se gees sentraal — het hy in sy skeppingsdaad onsterflikheid vasgelé. Die beliggaamde gees het by sy afsterwe met sy tweelingbroer of -suster (die geestelike) verenig. Daar is ’n legende wat ons help om Josef se storie in Genesis 41 beter te verstaan. Knoem het daarvolgens sewe jaar die god Hapi verhoed om die Nylvloed te veroorsaak. Die gevolg was droogte en honger- snood.
Al die skkeppingsmotiewe word uiteindelik saamgebundel in ’n begrip wat mettertyd oor die songod, gevorm is: Ra. Die son-metafoor was daarmee die kernmetafoor in die simboliese én rituele vertolking van die rol en invloed van die spirituele in die lewe van die mens en die wereld. Dis ’n universele metafoor. Selfs in die Bybel. Dis ’n begrip van die spirituele wat oor tyd heen gevorm is in die ontmoeting tussen mense en idees.
Daarom is dit in hierdie stadium nodig om iets meer oor die rol van die son as oersimbool in die godsdiens te vertel. Hall’s geillustreerde encyclopedie van symbolen in Oosterse en Westerse kuns (1996), wat deur T goeie vriendin en gespreksgenoot, Annemarie van Heeren, by my aanbeveel is, was vir my ’n openbaring. Die sonsimbool kom in die meeste godsdienste voor. Die betekenisstrekking daarvan is redelik algemeen en universeel: dit dui op oppermag, alsiendheid en soewereiniteit. Die son is die god van lig en deursigtigheid. Dit was daarom ook dig simbool van vrugbaarheid, lewe en energie. En, gegewe die son se “ondergang” en “opgaan”, was dit ook simbool van opstanding en onsterflikheid. “Son” was ’n reisende simbool — dwarsdeur die wêreld en deur die geskiedenis. Selfs tot in die hart van die Christendom; tot in die Barok; tot teen die ingangsportaal van die Stellenbosse Kweekskool. Dis ’n oersimbool van Christus-op-sy-troon — dié “son van geregtigheid” Die Renaissance-kuns het die son selfs as simbool van waarheid voorgestel.
Oor Ra en Isis, sy “dogter”, word ’n mooi storie rondom die oersimbool van die son vertel. Dié storie probeer kennelik ’n verband lé tussen die manlike en vroulike beginsels, en is dus besonder progressief. Gedurende die Negentiende (±1320-1200 vC) en die Twintigste Dinastie (±1200-1085 vC) word Ra, die songod, die dominante god – die “vader” van al die ander gode; die god van lig; die god wat “in die begin” gepraat het en wat die aarde en die hemel “gebied” het om uit die chaos van die watermassa op te rys. Deur te dink en te verwoord, het Ra terselfdertyd geskep. Hy het alles geskep wat in die water of op droé grond beweeg het. As hy opgekyk het na die hemel, het sy oog — en dit wat hy graag wou sien — die fisieke vorms van sy begeerte voor hom laat verskyn. Daarom het “die oog van Ra” ’n belangrike simbool geword. Trouens, daar is geglo dat die mens deur Ra se oog én woord gebore is. Hy was die eerste koning van die mense op aarde. Ra het ook’n geheime naam gehad. Dié naam het skeppingsmag gesimboliseer. Wie die naam geken het, kon wonderbaarlike dinge doen. Daarom het Ra sy naam beskerm om ’n streng etiese gedragskode wat deur hom bepaal is, in stand te hou. Ra het wel nie rekening gehou met ’n vrou nie, naamlik die vroulike god, of godin Isis wat baie dekades lank die godsdienstige terrein van Egipte, en selfs wyer, sou oorheers.
In een van die baie stories oor Isis het sy as godin moeg geword vir die manier waarop Ra en die ander manlike gode die wêreld beheer het. Sy besluit toe om Ra, die skeppergod, ’n les of twee te leer. Ra, die god van die mense wat hy geskep het, het ouer geword, maar nie vernuwend gedink en gedoen nie. Isis streef daarna om Ra se geheime naam — die sleutel tot verandering en vernuwing — van dié god te verkry. Sy slaag op n listige wyse in haar doel.
Die storie van Ra en Isis, ’n storie oor mag en verleiding, herinner aan die storie wat baie jare later op ’n ander manier én binne ’n ander verband in Genesis vertel word, maar waarvan die boodskap nie wesenlik verskil nie. Ra word gebyt deur ’n baie giftige slang wat deur Isis geskep is, en verkeer in desperate pyn. Hy soek hulp van diegene wat hy as sy “kinders” beskou. Dit word ’n familie-affére. Isis, die oorsaak van sy ellende, verskyn op die toneel. Al Ra se kinders is ontsteld. Nie Isis nie. Sy sé aan Ra: Jy, heilige vader, is die slagoffer van ’n slang wat jy self geskep het. Ek sal jou help. Maar jy sal jou geheime naam aan my moet openbaar. Isis, die godin (vrou), het géén simpatie met Ra (man) nie. Sy wil deel in sy mag as skeppergod. Sy wil deel in die “naam” wat bevryding en verlossing bring.
Ra, manlike god (chauvinis) wat hy is, argumenteer ten spyte van sy pyn: Maar ek is die skepper van die aarde, die hemel en die mense. Ek het die aarde gemaak en die berge gevorm. Dit is die werke van my hande. Ek het die see gemaak en dis ek wat besluit dat die Nyl Egipte oorstroom. Ek is die “Groot Vader” van al die gode en die godinne. Ek gee lewe. Ek skep alle lewende dinge wat op die droé grond en in die diepte van die see beweeg. As ek my oë open, is daar lig. As ek my oë sluit, is daar donkerte. My geheime naam is nie aan die gode bekend nie.
Dié konfrontasie tussen Ra en Isis, “vader” en “dogter”, is ’n konfrontasie tussen manlike en vroulike vermoéns tot beinvloeding en mag. Dis in vele opsigte ’n dramatiese geskil: ’n Uitdaging van die manlike skeppingsbeginsel deur die vroulike skeppingsbeginsel. Ra, die hoofgod, is uiteindelik magteloos. Sy redding is geleé in die hande van sy “dogter”, Isis. En Isis is nie simpatiek nie. Sy swig nie met jammerte vir haar “vader” se pyn en ellende nie. Sy wil deel in sy mag: deur kennis te neem van sy geheime naam. Kennis is nie bloot “deug”, soos die Griekse filosowe graag gesé het nie. Kennis is ook mag — soos duisende jare later deur die filosoof Bacon herhaal is. Waarom moet Isis, die godin (vroulik), hiervan uitgesluit wees? Uiteindelik gee Ra aan Isis sy geheime naam. En die god Ra is weer “heel” gemaak – deur die krag van ’n vrou. Die “heilige naam” (“Ra”) is die bron van die lewe deur die die “kennis” van ’n vrou.
Daar is ook ’n ander mooi storie oor Ra en een van sy ander “dogters” die godin Noet, wat die hemelruim voorgestel het en wat, as vroulike beginsel, bokant die manlike Geb (aarde) in ’n geboogde vorm van horison tot horison gestrek het. Ons sien haar in helder kleure geverf teen die gewelf van Raamses IX en Raamses IV se grafkelders in die Vallei van die Konings. Haar geboogde vorm word die horison waarteen die siklus van opgang en ondergang met behulp van die Ra-simbool vertolk word. Ons sien hoe Ra bedags sy gang deur die hemelruim maak, simbool van lig en lewe. Teen die aand word Ra egter deur Noet ingesluk. Haar liggaam word die beskermende baarmoeder van Ra se wedergeboorte. Hy maak uiteindelik sy verskyning uit die swart driehoekie tussen Noet se lang, elegante bene. ’n Nuwe dag het aangebreek. Die skeppingsorde gaan vir ewig voort.
Lees ’n mens al hierdie skeppingstories en hulle variasies, kan die indruk ontstaan dat dié stories godsdienstig, polities en maatskaplik in mededinging met mekaar gestaan het. Wie so dink, het egter nie die eintlike “grondteks” van al hierdie verhale verstaan nie. Dié grondteks is ook die grondteks van Genesis. Genesis is as skeppingstorie nie uniek, uitsonderlik of ’n geloofwaardige “openbaring”, soos ek in die Laingsburgse klipkerk vertel is, nie. Al hierdie stories, die baie jonger storie van Genesis ingesluit, is sovele evolusie-variasies op ’n besonder uniforme begrip van die skepping van die wêreld, die mens en alle ander dinge wat bestaan: Daar is één, ongeskape oerbron waarvandaan alle differensiasie ontstaan het. Uit die sogenaamde “een” kom die “baie” van lewens- en bestaansvorms.
Daar is ’n tweede faset van hierdie grondteks: Die toestand van “niebestaan”, van “duisternis”, “donker waters”, “chaos”, of “niks” is nie deur die skeppergod uitgewis nie. Dit bly skuil aan die grense van die skeppingsorde, en sy differensiasies is ’n bedreigende moontlikheid, gesimboliseer deur onder meer die stryd tussen goed en kwaad of die werklikheid van die dood. Al is dit so dat die Bybel soms nogal in triomfantlike terme oor God praat, soos die Egiptenaars gedoen het en soos “gelowiges” van ander godsdienste ook graag doen.
So word in Psalm 89:9-12 digterlik gesing: “Here, almagtige God, wie is soos U? U krag is groot, Here, u trou is oral! U heers oor die onstuimige see: as sy golwe opstaan, laat U hulle bedaar. U het die monster Rahab verbrysel, hy is verslaan. Deur u groot mag het U u vyande uitmekaargejaag. Aan U behoort die hemel, aan U behoort ook die aarde, die wêreld en alles daarin. U het alles gemaak.” Rahab was ’n mitologiese monster, die verpersoonliking van chaos.
Daar is ook ’n derde faset van die grondteks: Die oorwinning van die dood deur middel van onsterflikheid. Bestaan, soos deur die skeppergod in aansyn geroep, kan nie uitgewis word nie.
Hoe hierdie fasette van die skeppingsverhaal in die Egiptiese verstaan daarvan beslag gekry het in ’n verskeidenheid interessante stories, sal nog vertel word. Van hierdie stories het op allerhande maniere hulle neerslag in Bybelse vertellings gekry. Die twee skeppingsverhale van Genesis is nie unieke, Goddelike openbarings nie. Hulle is bloot “openbarings” van mense se soeke na lewensin en antwoorde op vrae wat vir hulle, binne hulle historiese situasie, baie wesenlik was. Al is hulle weliswaar nie Goddelike openbarings of histories juiste weergawes van Nn grootse gebeurtenis nie, is hulle nietemin nie onsinnige stories nie. Trouens, hulle verweefdheid en kontakpunte met ander, soortgelyke stories vertel vir ons iets besonders oor die mens: Mense het ’n behoefte aan lewensin, oftewel stories wat help om sin en betekenis van ons bestaan te probeer maak. En, wat belangrik is, daar is nie een, alleensaligmakende storie nie.