Kyk ook:
- Wie is Ben du Toit?
- God: Is daar ’n ander antwoord? (Ben du Toit, 30 Oktober 2020)
Ben du Toit is die skrywer van die volgende boek:
Titel | God? Geloof in ’n postmoderne tyd |
Outeur | Ben Du Toit |
Uitgewer | CLF-Uitgewers, 2000 |
ISBN | 1868041778, 9781868041770 |
Lengte | 188 bladsye |
Dit was ’n baie omstrede boek. Onder andere die volgende stellings word in die boek genoem:
- Die Bybel is nie die Woord van God nie, maar woorde oor God en deurdrenk met al die gebrekkige en foutiewe sienings wat die mense van die pre-moderne tyd gehad het.
- Jesus self het ook hierdie gebrekkige en foutiewe verstaan van sekere dinge gehad, omdat hy ook maar net in die pre-moderne tyd op aarde geleef het.
- Die Bose se oorsprong lê slegs in die mens self en hy is nie ’n wese van een of ander aard nie.
- Jesus van Nasaret word nêrens in die Ou Testament genoem nie.
- Jesus se Godheid word nêrens pertinent gestel nie.
- Jesus se wonderwerke was nie noodwendig wonderwerke nie.
- Jesus se geboorte was nie noodwendig maagdelik nie.
- Hy verwys na die “sogenaamde” wederkoms van Christus.
Op grond hiervan word hy twee maal aangekla vir die verbreking van sy legitimasie-eed. Proff. Flip Theron en Bernard Combrink staan hom as deskundiges by. Die tweede aanklag deur die sinodale appélkommissie gehanteer, en daar het prof. Dirkie Smit ’n sleutelrol gespeel om die klag teen te staan.
Ten spyte hiervan word hierdie boek in 2001 vereer met die Andrew Murrayprys onder die kategorie “Afrikaanse teologiese boeke“.
Vir meer oor hierdie boek, kyk:
- Kritiek op Ben du Toit se boek “God? Geloof in ’n postmoderne tyd” deur Wynand Louw (16 Januarie 2012)
- Du Toit skuld NGK ’n verduideliking (23 Nov 10)
- Op watter tak? Iets oor die standpunte rondom Skrifbeskouing by die NG Kerk gedurende die afgelope 50 jaar (1 Des 2007, Dolf Britz, Universiteit van die Vrystaat)
- Dr Ben du Toit se omstrede uitlatings oor God en die geloof in ons tyd (5 Sep 2001)
- Resensie van God? Geloof in ’n postmoderne tyd deur Sybrand Strauss (2001)
- Té min bly oor (Jan van der Watt, Stephan Joubert, Adrio König, Jan du Rand, 17 Aug 2001)
- Geloof in postmoderne tyd (James Kirkpatrick, 11 Jun 2001)
********
Ben du Toit is ook die skrywer van God: Is daar ’n ander antwoord? (30 Oktober 2020) waarin hy sê dat hy ’n postteïs is (in kort glo hy in geen metafisiese nie, dus is dit maar dieselfde wat ateïste glo).