Kyk ook:
Die volgende gee ’n lys wat die skoonheid van die wiskunde wys. So amper asof God homself ook in die wiskunde aan ons wil wys:
Simmetrie
- Beauty of Math in God’s Love (Youtube)
Euler se formule
Fibonacci getalle
- Nature by Numbers | The Golden Ratio and Fibonacci Numbers
- The magic of Fibonacci numbers | Arthur Benjamin (Youtube)
- Shapes, Numbers, Patterns, And The Divine Proportion In God’s Creation
Hi Daniel – hierdie is ‘n reuse onderwerp! God se grootheid word vir my duidelik as ek aan reuse getalle dink. Een wat maklik is om te verstaan is Graham se getal (Graham’s Number). Nie so intuïtief nie, maar nog baie groter is TREE(3), Loader se getal of Rayo se getal. So groot dat dit nie wiskundig voorgestel kan word nie, soos met bv met 10^iets, of met “Knuth arrow up” notasie nie. Tog is dit net so ver van oneindig soos … 1! Hierdie wiskunde kon nie net daar “gewees” het nie, want waarin sou dit voor die skepping, of as iemand nie glo nie, voor die oerknal bestaan het? Wat sou dit beskryf het??
Daar is egter een probleem – hierdie wiskundige skoonheid is pragtig, maar vertel ons net dat daar ‘n god of opperwese of eerste beginsel is, maar nie WIE Hy is nie, hoe Sy verlossing werk nie, en hoe ons Hom dankbaar daarvoor kan wees nie. Ook nie hoe ons teen ons medemens moet optree nie. Wiskunde bly dus in gebreke om hierdie denke of geestlike waarhede aan ons te openbaar.
Ons praat weer!