Kyk ook:
Die volgende gravamina is ingedien voor die aanvang van die NG Kerk algemene sinode 2019. In totaal het dit meer as 600 bladsye beslaan. Omdat dit so baie was, was dit nie ingesluit by die agenda nie – dit was op ’n aparte CD en op die webblad van die NG Kerk beskikbaar gestel.
*********
AAN: Die Afgevaardigdes na die sitting van die Algemene Sinode van die NG Kerk op 6-11 Oktober 2019 te eMsenie, Kemptonpark.
GRAVAMINA GERIG AAN DIE ALGEMENE SINODE
Die Algemene Sinode Moderamen (ASM) het besluit om ‘n taakspan aan te wys om die gravamina wat aan die Algemene Sinode gerig is te orden en vir die afgevaardigdes meer hanteerbaar te maak. Die taakspan het na alle gravamina wat sedert die sitting van die Algemene Sinode in 2015 ontvang is gekyk ten einde die ontvanklikheid daarvan te beoordeel.
Die taakspan het een of meer van die volgende kriteria gebruik om die ontvanklikheid van elke gravamen te beoordeel:
- Die gravamen moet ‘n beswaar bewoord en beredeneer. ‘n Een sin beswaar word nie beskou as ‘n ontvanklike gravamen nie.
- Die gravamen moet ‘n beroep doen op die sinode om ‘n spesifieke besluit met betrekking tot die leer van die kerk te maak.
- In die beredenering van die beroep/beswaar moet daar vermelding en beredenering van Skrif, Belydenisskrifte en die Kerkorde wees.
- Gravamina, beswaarskrifte, voorleggings wat by die BAS 2016 gedien het en aan die kriteria van ‘n gravamen voldoen.
- Daar was gravamina wat woordeliks of feitlik woordeliks ooreenstem. Slegs een hiervan is ontvanklik.
- Gravamina, beswaarskrifte, voorleggings moet aan die Algemene Sinode gerig wees.
- Skrywes wat enige vorm van kerklik onaanvaarbare taal gebruik, is nie ontvanklik nie.
Daar is hoofsaaklik twee groter groeperinge van gravamina. Eerstens is daar die wat handel oor die leer van die kerk en tweedens is daar die wat handel oor die kerkregtelike besware met betrekking tot die 2015 vergadering van die Algemene Sinode toe die besluit oor selfdegeslagverhoudinge geneem is.
Lede van die Algemene Taakspan Leer en Aktuele Sake wat op die taakspan dien, werk tans aan die gravamina wat oor die leer van die kerk handel, onder die volgende rubrieke:
- Skrifgesag
- Eksegese
- Hermeneutiek
- Etiek
- Dogma-histories
- Belydenis (Algemene Openbaring vs Besondere Openbaring)
- Ekumene
- Antropologie
- Biologiese wetenskappe
Lede van die Algemene Taakspan regte wat op die taakspan dien, werk aan die kerkregtelike besware ten einde dit ook op so ‘n wyse te orden dat dit makliker hanteerbaar is. In die ordening en hantering van die gravamina word daar op geen stadium met die meriete van die gravamina gehandel nie.
Die ontvanklike gravamina word op ‘n aparte CD en op die webblad van die NG Kerk beskikbaar gestel. Op die CD is die gravamina ook in alfabetiese volgorde volgens die naam van die indiener georden.
Die alfabetiese lys van gravamina wat ontvanklik is, is:
- Bartlett, A (André)
- Basson, WL
- Bergville NG Gemeente
- Bethal NG Gemeente
- Bethal-Oos NG Gemeente
- Beukes, M
- Boksburgpark NG Gemeente
- Boshoff, T
- Botha, P
- Brooks, E en E
- Budding, F
- Burgersfort NG Gemeente
- Charl Celliers NG Gemeente
- Citrusdal NG Gemeente
- Coetsee, A
- Dansfuzz, T (Theo) en Van Rensburg J (Helgard)
- Davel, I
- De Jager, F
- De Jager, H
- De Jager T en H
- De Klerk, H
- De Villiers, PJ
- Du Plessis, P
- Eendracht NG Gemeente
- Ernst, JH (1) (Johann)
- Ernst, JH (2) (Johann)
- Esterhuizen, WJB
- Fouriesburg NG Gemeente
- Fullard, M
- Greylingstad NG Gemeente
- Griesel, JA (Arnold)
- Heidelberg, NG Ring
- Hoopstad NG Gemeente
- Janse van Rensburg, J (Johan)
- Kirkpatrick, JD (James)
- Kokstad NG Gemeente
- Louw, ANE
- Louw, J en ander
- Lydenburg NG Gemeente
- Marikana NG Gemeente
- Marquard NG Gemeente
- Marx, M
- Namibië NG Kerk
- Oberholzer, A
- Oberholzer, AP
- Olivier, B en T
- Piet Plessis NG Gemeente
- Presbytery of Central Africa
- Prinsloo, PJG (Pieter)
- Riversdal NG Gemeente
- Robertson NG Gemeente
- Robertson, CK (1)
- Robertson, CK (2)
- Schulz, H en Van Zyl, R
- Secunda Oos NG Gemeente
- Smit, HJW
- Smit, JJ
- Smith, RR
- Springs-Oos NG Gemeente
- Strauss, S
- Strauss, S
- Strauss, WD
- Suider Strand NG Gemeente
- Theron, J
- Van Wyk, C (Chris)
- Victoria-Wes NG Gemeente
- Viljoen, G
- Vosloo, B en M
- Vosloo, M
- Witbank NG Ring
- Witbank Panorama NG Gemeente
- Witbank-Suid NG Gemeente
- Witfield NG Gemeente
- Zaayman, JS