Kyk ook:
- Skrifgesag en skrifinterpretasie (Jan Louw)
- Eksegese
Hermeneutiek is Bybelse uitlegkunde (HAT). Dit is die studie om te bepaal hoe die Bybel vertolk moet word. Hermeneutiek is die beginsels waarop eksegese gedoen word.
Die beginsels van hermeneutiek
Hoe om die Bybel korrek te interpreteer.
Inhoudsopgawe
1. Neem die genre in ag
Wanneer teks gelees word, moet gevra word wat die skrywer aan die leser wou oordra. In die algemeen moet die Bybel letterlik opgeneem word wat daar staan. Byvoorbeeld:
- In Matteus 14:13-21 word vertel dat Jesus 5000 mense kos gegee het. Dit moet letterlik verstaan word dat dit so gebeur het.
- Dit is egter baie duidelik dat Jesus se gelykenisse simbolies verstaan moet word. Die gelykenisse is nie verhale van dinge wat noodwendig werklik gebeur het nie.
- As die Bybel ook na God verwys as ’n hen (Mat 23:37), ’n “herder” (Ps 23:1), ’n “rots” (Ps 29:1), ’n “arend” (Deut 32:11), ’n “skuilplek” (Deut 33:27), ’n “leeu” (Jes 31:4) of ’n “leëraanvoerder” (Jos 5:14) dan is dit tog baie duidelik dat die skrywer nie ‘n letterlike interpretasie bedoel het nie, maar ‘n figuurlike interpretasie.
Kyk ook Die verskillende genres van die Bybel.
2. Skrif interpreteer Skrif
Gewoonlik interpreteer Skrif homself. In sekere gevalle interpreteer ’n ander Bybelskrywer ’n gedeelte.
Een so ’n voorbeeld is waar Jesus self aangedui het dat sekere profesieë op Hom betrekking gehad het en tot vervulling gekom het (kyk Matteus 11:10, 21:42, 22:41-45, 26:31, Lukas 4:16-21, 18:31, 22:37, 24:25-27, Johannes 13:18, 15:25, 17:12)
Nog ’n voorbeeld is dat die Evangelieskrywers 88 keer na Jesus verwys as die “Seun van die Mens”. Beteken dit dat Jesus nie God was nie? Nee. Die term “Seun van die Mens” weerspreek nie Jesus se Godheid nie. Ander dele in die Bybel is baie duidelik daaroor dat Jesus die Seun van God was (kyk Die Bybel oor Jesus se godheid en Daniël 7:13-14).
3. Konteks interpreteer Skrif
Die omliggende verse, hoofstukke en die boek van die Bybel waarin dit geskryf is verskaf konteks aan enige Bybelvers. So ook die historiese, kulturele en taalkundige konteks van ’n vers. Byvoorbeeld:
Paulus glo nie aan die drie-eenheid nie
- 1 Korintiërs 8: (4)Wat nou betref die eet van vleis wat aan ’n afgod geoffer is: ons weet dat daar geen afgod in die hele wêreld is wat iets beteken nie, en dat daar ook geen God is nie, behalwe Een.
- 1 Timoteus 2: (5)Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus
Praat Paulus hier teen die drie-eenheid? Nee. Hy stel die drie-enige God teenoor ander gode. Daar is geen God behalwe die drie-enige God nie.
Aarde op pilare
As Samuel se ma, Hanna in 1 Samuel 2:8 praat van die “pilare van die aarde” beteken dit nie dat die Bybel sê dat die aarde op vier pilare staan nie. Dit is moontlik dat sy geglo het dat die aarde op vier pilare staan, maar dit beteken nie dat God dit so aan haar openbaar het nie.
4. Die duidelike interpreteer die onduidelike
Geen vers in die Bybel moet interpreteer word om die algehele boodskap van die Bybel te weerspreek nie. Wanneer ’n gedeelte onduidelik oor ’n onderwerp is, moet ons na ’n gedeelte gaan kyk wat wel duidelik is daaroor.
- Indien 2 Korintiërs 5:15 in isolasie beskou word lyk dit of Paulus universalisme predik. As die hele Bybel in ag geneem word (byvoorbeeld Matteus 7:21 en Johannes 14:6-11) is dit duidelik dat almal nie gered sal word nie (kyk ook Die Nuwe Testament oor Redding).
- In Matteus 27:44 en Markus 15:32 word gesê dat die rowers aan weerskante van Jesus aan die kruis ook met Hom gespot het. Volgens Lukas 23:39-43 het slegs een rower met Jesus gespot. Dit is duidelik dat die skrywers van Matteus en Markus die kruisiging van ver beskou het terwyl die skrywer van Lukas naby was of die moeite gedoen het om die detail uit te vind van wat gebeur het.
5. Aanvaar die voor die handliggende interpretasie
Nadat die genre en konteks in ag geneem is word die voor die handliggende betekenis van ’n gedeelte aanvaar – die teks moet ongekompliseerd of op sigwaarde gelees word. Vreemde interpretasies word nie ingebring om die boodskap van die Bybel te laat inpas by die heersende tydsgees nie.
6. Jesus is die hooftema
Jesus is die hooftema van die Bybel. Daarom, indien ’n gedeelte onduidelik is, en dit kan nie verklaar word deur bogenoemde nie, is ’n goeie vraag om te vra: Dui dit op die koms van Jesus? Kyk byvoorbeeld Deuteronomium 18:15-22 ’n Profeet soos Moses.
Kyk ook
- Hermeneutiek (Wikipedia)
- Historiese kritiek
- Tekskritiek
- 12 Vita Dei Woordskool: Raad oor hoe om die Bybel te lees (Riekert Botha)
- Die Bybel oor skepping vs evolusie
- Bybelkantlyne: Genesis 1 is nie poësie nie
- Die Bybelskrywers is altyd reg
Aanhalings
Søren Kierkegaard
“The matter is quite simple. The bible is very easy to understand. But we Christians are a bunch of scheming swindlers. We pretend to be unable to understand it because we know very well that the minute we understand, we are obliged to act accordingly. Take any words in the New Testament and forget everything except pledging yourself to act accordingly. My God, you will say, if I do that my whole life will be ruined. How would I ever get on in the world? Herein lies the real place of Christian scholarship. Christian scholarship is the Church’s prodigious invention to defend itself against the Bible, to ensure that we can continue to be good Christians without the Bible coming too close. Oh, priceless scholarship, what would we do without you? Dreadful it is to fall into the hands of the living God. Yes it is even dreadful to be alone with the New Testament.”
Uit Provocations: Spiritual Writings of Kierkegaard