Cobus van Wyngaard, jong NG predikant, het op sy Facebook gesê dat dit hom opgewonde maak dat die pous glo dat ook ateïste hemel toe kan gaan.
Kyk ook:
************
Hierdie pous maak my bietjie opgewonde
https://www.facebook.com/cobus/posts/10151456536930894
Cobus Van Wyngaard via Rachel Schneider Vlachos
23 Mei 2013 om 09:02 NM
Hierdie pous maak my bietjie opgewonde. Eers gryp hy die ekonomie, en nou hierdie.
Pope Francis Says All Who Do Good Are Redeemed – Atheists Included
Pope Francis rocked some religious and atheist minds today when he declared that everyone was redeemed through Jesus, including atheists.
Kommentaar
Arnau Van Wyngaard
Hmmm… Sola Labor. Luther sou iets hieroor te sê gehad het.
23 Mei om 09:07 NM
Cobus Van Wyngaard
dalk eerder iets soos: etiam amor – ook die liefde
23 Mei om 10:24 NM
Christo de Klerk
Arnau: dink nie dit is noodwendig nodig om dit so te verstaan nie. Eerder dalk om juis die versoening wat Jesus Christus bewerk en verwerf het te radikaliseer?? Dit is tog ondere andere Kol 1 vers 15 – 20 se boodskap??? Hy het alles in die hemel en aarde met God vesoen. Dink dit is om ’n ander gespekteerde teologiese tema wat eeue met ons is weer te beklemtoon.
24 Mei om 06:17 VM
Arnau Van Wyngaard
Christo, as ek die artikel reg verstaan (en die manier wat dit geskryf is laat my dink dat dit uittreksels uit ’n Italiaanse berig is) dan is AL wat eintlik belangrik is, net om goed te doen. My vraag bly dan altyd: Wie definieer “goed doen”? En wannee…See More
24 Mei om 06:37 VM
Annari Du Plessis
Wat my altyd pla van die hele goed doen en almal wat goed doen is gered is: hoekom dan enigsins bother om te glo? Hoekom het Jesus dan gese “jou geloof het jou gered?” En dan met die goed doen… Wat is goed genoeg? As dit van goed doen afhang dan sal niemand die paal haal nie.
24 Mei om 06:44 VM
Cobus Van Wyngaard
Luther skryf vir ’n wêreld waar almal Christene is en die debat gaan oor hoe die kerk moet lyk. In daardie wêreld maak hy genade meer oop as die kerk, en nooi mense in wat die kerk van sy dag na die vagevuur wou stuur. As ons daardie debat gebruik om grense te bou van wie ons nou moet hel toe stuur omdat hulle nie reg glo nie, is ons nie maar besig om presies te doen waarteen Luther protesteer nie? Ek dink nie die uitsprake verdoen enige Katolieke lidmate (of enige Christene for that matter) op grond daarvan dat hulle nie “goed genoeg” is nie. Wat dit wel vra is dat ons in mense te optrede raaksien dat God ook daar moet besig wees, ten spyte daarvan dat hulle nie in die “regte godsdienstige groep” val nie, en dit ons moet versigtig maak om verlossing vir hulle wat deel is van “ons groep” op te eis.
24 Mei om 09:01 VM
Christo de Klerk
Arnau: “goed doen” dink ek beteken liefhê. Het net Christene lief? Of waarom het Christene so min lief? En as Moslems en heidene en Hindoes ook liefhet, wie stel hulle in staat om lief te hê? Werk die Heilige Gees net in Christene? Of is dit waar dat as daar net een God is, is Hy almal se God deur wie almal lewe, beweeg, en bestaan (Handelinge 17). Johannes van die Kruis sê die Gees van God en Christus woon in almal, in sommige is Hy die onbekende Gas, in ander die onwelkome Gas en in die ander die Eregas. Iets om oor te dink?
Annari: die vraag is omvangryker as net “wie word gered”. Dit begin by Augustinus wat gesê het dat mense gemaak is na die beeld van die Drie-enige God. Die vraag is dan: waarom leef ons hierdie beeld nie uit nie, waarom bereik ons nie die ideaal nie, lewe ons nie die potensiaal nie. Na Anselm van Canterbury (1033 – 1109) Cur Deus Homo? het die gesprek in twee rigtings verloop. Die dominante diskoers beklemtoon die eis van geregtigheid van God en versoening, die Seun van God word mens om die losprys te betaal en ons te red. Die diskoers is gewoonlik sterk onder diegene wat sterk “linkerbrein”, dogmaties, logies, rasioneel georiënteerd is. Die ander diskoers sê die Seun sou altyd mens geword het om as uitdrukking van die Triniteit se liefde, so word God se liefde sigbaar in alle lyding, verenig God se liefde alle mense, inderdaad die hele skepping word ingetrek in die dinamiek van die transformerende vreugde en liefde van die Drie-eenheid. Die (gemarginaliseerde) diskoers is oor die eeue deur veral regterbrein mense en mistici voorgestaan. Uit die aard van die saak is dit onmoontlik om meer hier te sê. Maar dit is min om meer die idee (in kort). (Ek dink die twee rigtings sluit nie mekaar uit nie maar vul mekaar aan).
Dit lyk asof onder leiding van die nuwe Pous die gesprek weer lewendig gaan word! Dink dit kan ’n verrykende gesprek wees.
24 Mei om 09:01 VM
Annari Du Plessis
Ek moet sê, ek stem baie saam met die regterbrein verduideliking, maar met iets wat neig na universalisme is daar altyd die gevaar van relativisme. Hoekom dan enigsins glo? Hoekom Jesus volg as God en Heer? En nogtans kan niemand “goed genoeg” wees nie, want ons maak almal droog en tree soms selfsugtig en liefdeloos op.
24 Mei om 09:34 VM
Erin Pretorius
SO opgewonde hieroor!!! At last an important, authoritive public figure in the church with guts to say “stop quibbling over who gets to go to heaven and feed your starving fellow man, for Chrissake!”
24 Mei om 10:28 VM
Arnau Van Wyngaard
En wie is dit wat vir die laaste 300 jaar of meer die meeste gedoen het in suidelike Afrika om honger mense kos te gee, weeshuise te begin, hospitale aan die gang te hou, skole te begin, ens, ens?
24 Mei om 10:45 VM
Christo de Klerk
Arnou: moeilik om die relevansie van jou laaste opmerking vir die teologiese gesprek te sien. Kan seker ook vra: wie het die afgelope 300 jaar die meeste ellende veroorsaak in die land van ons? Dink nie ons vorder op die manier nie. Wou die opmerking van die Pous in breër raamwerk plaas. Maar terwyl ons nou aan die dink is iets uit Nuwe Testament teologie: daar is duidelik neiging in die Nuwe Testament om die omvang van Jesus Christus se versoening van baie breed tot baie eng te beperk. Dit kom deurgaans in die Nuwe Testament na vore. Ter wille van eenvoud volstaan ek met drie voorbeelde: Kolossense verteenwoordig (die vroeë?) baie breë en omvangryke Christologie, die Kosmiese Christus wat alles en almal met God versoen. Efesiërs (later?) vereng dit: nie die kosmos is die speelveld van Christus nie, maar die kerk as liggaam van Christus (daar is baie duidelike ooreenstemmings tussen Kolossense en Efesiërs in die verband). Dan kom die laat pastorale briewe wat dit verder beperk: tot die kerk as instituut/instelling en individu. Watter een is reg? Dalk eerder (soos Life of Pi ons aanmoedig): kies een… of al drie? (Vir linkerbrein onmoontlik, maar nie so onmoontlik vir regterbrein nie… nie dat ek myself as ’n regterbrein mens sal voordoen nie, ek sê maar net…).
24 Mei om 12:13 NM
Ashton Brondin van Niekerk
Kan Johannes 3 ons nie hier help nie? Daarin praat Jesus van verlossing wat vir die hele wêreld bedoel is (“Want so lief het God die WêRELD gehad”), maar voeg ook by dat daardie verlossing beperk is tot “elkeen wat in Hom glo”. Vers 36 sê: “Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom.”
Soos ek dit verstaan wil God hê dat die hele wêreld in Hom glo, maar forseer hulle nie. Verlossing is vir almal, maar almal neem dit nie aan nie…
In liefde
Ashton
:”:”:”:”:
Prys die Heer!
24 Mei om 02:57 NM
Stefaan de Jager
As ek die Pous reg verstaan, is hy maar weer besig met die mens se eeue oue probleem van hoogmoed nml dat die mens goed genoeg is om hom/haarself te red deur goed genoeg te probeer wees. Annarie is reg as sy opmerk “Hoekom dan enigsins glo? Hoekom Jesus volg as God en Heer?” as mense hul eie redding sou kon bewerkstellig? So Arnau ook met “En dan kom ek by die punt waar ek, soos Paulus moet uitroep: “Ek, ellendige mens! Wie sal my van hierdie doodsbestaan verlos? Aan God die dank! Hy doen dit deur Jesus Christus ons Here.” As dit wat die Pous sê die leer van die Rooms Katolieke Kerk verteenwoordig, blyk dit dat die rede waarom die Hervormers van die Rooms Katolieke Kerk weggebreek het, vandag nog net so geldig is. Sola Christus.
27 Mei 2013 om 12:43 VM
Daniel Louw
Cobus, sou jy dus sê dat jy gered kan word sonder Jesus? Word jy dus gered op grond van jou goeie dade (soos jou pa vra?) Dus, ’n ateïs wat ’n goeie lewe lei word gered, maar ’n massamoordenaar nie. Is die Bybel nie duidelik oor redding nie: https://www.glodiebybel.co.za/component/content/article/54-die-nuwe-testament-oor-redding.html.
27 Mei 2013 om 09:50 NM
Cobus Van Wyngaard
Daniel, laas wat ek gekyk het was hierdie gesprek half dood. Wie het jou nou weer gestuur om die rol van die aanklaer te kom speel?
27 Mei 2013 om 11:04 NM
Herman Botha
op die ou einde is dit net dade wat actually ’n verskil in die wêreld maak -ek kan nie minder omgee of ’n persoon wat iemand anders help “glo” of “gered” is nie. geloof is net useful as dit oorgaan in dade, maar (goeie) dade sonder geloof is ook OK (sien Amnesty Int.; Doctors without Borders; etc.). sommer net ’n skewe straal uit die sekulêre peanut gallery … ek verwag geen reaksie van die teoloë nie.
27 Mei 2013 om 11:19 NM
Johan van der Merwe
Dankie Herman – die Bybel stem met jou saam in Gal 5:6 “al wat van belang is is geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan”
28 Mei 2013 om 00:01 VM
Stefaan de Jager
Johan, mits dit verstaan word as geloof in Christus as Verlosser wat deur dankbare liefde tot dade oorgaan. Anders is dit maar die liefde van `n filantroop.
28 Mei 2013 om 00:15 VM
Stefaan de Jager
Cobus, Daniel kla jou nie aan nie. Hy wil tot klaarheid kom oor wat jy regtig van Jesus as enigste Verlosser glo. Ek lees `n helderheid by jou pa (Arnau) oor Jesus wat ek graag ook by jou sou wou hoor.
28 Mei 2013 om 00:22 VM
Herman Botha
vir die persoon wat die liefde (of miskien eerder caritas) ontvang is dit absoluut irrelevant of dit liefde uit dankbaarheid teenoor Jesus is, of sommer maar net die (second rate?) liefde van ’n filantroop is.
28 Mei 2013 om 00:32 VM
Cobus Van Wyngaard
Ek het nog nooit gesien dat Daniel of enige van sy maatjies probeer om tot klaarheid te kom nie, inteendeel, hulle werk altyd met die vooronderstelling dat hulle reeds klaarheid het, en net wil check of ander op die regte pad is. Maar dalk moet ek myself duideliker uitdruk: al sou Daniel my nie aankla nie, kla ek hom aan. Ek kla hom aan dat hy en ander op facebook konkel en vir mekaar vertel waar daar gesprekke is waar gestir moet word. Ek kla hom aan dat hy danksy iemand anders van hierdie gesprek uitgevind het, en ek beskou dit as onredelik om te dink ek moet met hom, gegewe die rekord wat hy en ander met wie hy verbind is opgebou het, in gesprek te gaan as hy nie deursigtig wil wees oor hoe hy hier uitgekom het en wat/wie hom gemotiveer het om hier te kom krap op my muur nie. Daniel ken my van geen kant af nie, en kom matig homself die reg aan om links na websites wat my persoonlik van swak teologie beskuldig op my muur te kom plak.
And as for my eie helderheid, ek ky maar in ’n dowwe spieël, hopelik sal ek eendag helder kan sien. Ek voel egter ek vind myself in goeie geselskap op daai manier.
28 Mei 2013 om 09:12 VM
Renier Lourens
Wanneer daar weg beweeg word van die siening dat geloof te make het met die “glo in geloofsartikels” en meer na ’n verstaan daarvan as “vertroue” in iemand (in hierdie geval God), dan maak die Pous se sêgoed taamlik sin.
Die gevaar is dat ons Christus te veel wil voorskryf ivm wie gered word en wie nie. Hy het immers kom wys dat alle mense vir Hom kosbaar is, ongeag geloof, ras, kleur ens.
28 Mei 2013 om 11:01 VM
Andries Malan
Goeie nuus vir my natuurlik !
Natuurlik nie dat ek glo enige iemand benodig hierdie goeie nuus nie.
Die groot probleem met “Geloof” en veral radikale dogmatisme, is dat mens goed vas oortuigd glo, sonder om oop te wees tot nuwe feite, logieka, idees of ontdekkings.
Dit wat sonder goeie redes geglo word, kan sonder goeie redes weggewys of arbitrer verander word.
28 Mei 2013 om 02:05 NM
Stefaan de Jager
Renier, dit is tog nie ons wat Christus voorskryf oor wie gered word en wie nie. Hy doen dit self deur aan te toon dat daar geen ander manier is om gered te word van die verderf as deur Hom nie. Indien daar ander maniere was, sou Hy mos Sy lewe vir spek en boontjies gegee het, dan nie?
28 Mei 2013 om 04:37 NM
Daniel Louw
Cobus, jou reaksie is baie interessant. Hierdie is openbare media. Ek weet nie wat ek verkeerd gedoen het nie. As ek skuldig is daaraan dat ek klaar besluit het en nie oop is vir ander sieninge nie, is jy net so skuldig daaraan. Die feit dat jy die Bybel openlik bevraagteken oor wat dit duidelik sê beteken nie dat jy oop is vir ander sieninge en ek nie. Dit is duidelik dat jy klaar besluit het oor jou siening – net soos ek. Enige moontlike twyfel wat ek oor jou gehad het oor jou siening oor redding is nou uit die weg geruim. Onthou, universalisme maak dat sendingwerk, die groot opdrag in die Bybel, onnodig is. Gaan dink mooi watter betekenis die Bybel nog regtig vir jou inhou. As ’n mens die dinge wat die Bybel duidelik sê kan bevraagteken, dan kan jy eerder wegdoen met die Bybel. Dit is nie konsekwent om net die dele in die Bybel te glo wat jy wil nie, bv die dele wat sê hoe vol liefde God is. Hoe weet ons dat God nie ’n God van haat en straf is nie? https://www.glodiebybel.co.za/component/content/article/180-die-bybel-oor-oordeel#jesus_ernstig_oor_verkeerde_dinge.
28 Mei 2013 om 07:21 NM
Andre Green
I always ask myself, ‘Why do people believe the Bible or any ‘holy book’ has any authority on anything’. People are always quoting out of it as if that proves something. Leaves me speechless.
28 Mei 2013 om 08:23 NM
Cobus Van Wyngaard
Daniel, nou as jy so baie kan aflei uit my stilte uit, wat moet ek nie alles aflei uit jou stilte oor ’n veel meer eenvoudige vraag as die ewige heil van al wat leef en beef? Ek moet egter skynbaar bietjie verduidelik: jy moet tog leer om fyn te lees, my aanklag het niks daarmee uit te waai dat jy voor hierdie gesprek reeds oortuig was van jou sieninge nie, daardie was in reaksie op Stefaan se interpretase van die motivering vir jou kommentaar. My aanklag is dat daar agter jou opmerkings in hierdie gesprek ander gesprekke is wat ten minste deels die motivering is vir hoekom jy nadat hierdie draad reeds 2 dae stil was skielik daarop kom comment het. Dit is hierdie stilte oor die gekonkel tussen julle groepie aanklaers wat soos ’n wolk hier tussen ons hang. My belewenis is dat jy met ’n agenda in die gesprek ingekom het, en dus nie dialoog soek nie, maar eerder bywyse vir jou website.
En gepraat van jou website, die aandrang om op iemand anders se muur aanhoudend links te post na ’n website waaroor die eienaar van die muur reeds sy ongemak uitgespreek het is niks anders as social media vandalism nie. Ek bedoel come-on, hoe blatant disrespekvol kan enigiemand in ’n gesprek wees as wat jy hierbo is?
Gegewe die feit dat jy my eie aanpak van die soteriologie egter reeds volledig raakgevat het, kan jy nou seker maar aanbeweeg na die volgende dominee wat julle getarget het? As ek egter een GROOT guns kan vra, maak asseblief die volgende nota langs my naam op jou website: “Cobus van Wyngaard se dwaalleer is duidelik sigbaar in die feit dat hy die God van haat verwerp en in die God van liefde glo”. As jy my hierdie guns doen sal ek die feit dat jy nie die agteraf gesprekke wat tot jou deelname hier gelei het met ons wil deel nie vergeet.
28 Mei 2013 om 08:43 NM
Albert Cruywagen
Cobus: Dankie vir jou ontbloting van haat in teenstelling met God se liefde! Iets in die bg posts laat my dink aan die term rugstekers.
28 Mei 2013 om 08:54 NM
Renier Lourens
Stefaan, Jesus is vir almal. Die genade van God laat sommige mense egter koud aangesien hulle die enigstes is wat vereis dat daar sekere kwalifikasies moet wees.
Cobus, dankie vir jou nugtere denke en jou eerlike en raak antwoord.
28 Mei 2013 om 09:10 NM
Daniel Louw
Cobus, jy is hopeloos te fyn gevoelig. As jy moet weet: iemand het toevallig op jou Facebook muur gaan kyk en die plasing van jou gesien en vir my daarvan gesê. Die feit dat jy positief gereageer het op universalisme was interessant (nie dat jy die enigste NGK predikant is wat universalisme aanhang nie). Ek het gesien dat ek kommentaar daarop kon lewer en toe het ek – ek wou hoor of jy dit regtig aanhang. Einde van die storie. Ek het nie eers geweet dat jy al negatief gereageer het op www.glodiebybel.co.za nie of ek het al vergeet. Ek is egter nou nie regtig verbaas nie. Ek sal maar aanbeweeg.
28 Mei 2013 om 10:03 NM
Cobus Van Wyngaard
Daniel, ek het in die reaksie hierbo, die een wat ek nou reeds moes wys dat jy dit verkeerd lees, my onsteltenis met jou links uitgespreek, wat jy toe herhaal in jou kommentaar ’n dag later, so dis seker maar redelik om te aanvaar dat jy daarvan moes geweet het.
28 Mei 2013 om 10:28 NM
Stefaan de Jager
Renier, natuurlik is Jesus vir almal. God het immers die wêreld so liefgehad dat Hy Sy Seun gestuur het, sodat almal wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie…… Daar is die wat nie glo dat Jesus die Verlosser van die wêreld is nie, en universalisme sal hulle ongelukkig nie kan red nie.
29 Mei 2013 om 12:53 VM
Stefaan de Jager
Cobus, glo jy werklik dat mense buite Christus om van hul sonde gered kan word? As jy in hierdie soort universalisme glo, het jy al die jare op universiteit jou geld gemors en moes jy iets anders gaan word het as `n dominee. Dan word alle teologiese studies maar net `n nuttelose gejaag na wind. Sou ons Here Jesus regtig Sy lewe vir ons gegee het as daar ander maniere was om buite Hom om by God uit te kom?
29 Mei 2013 om 12:58 VM
Cobus Van Wyngaard
Stefaan, nie die Pous, Katolieke Kerk, Gereformeerde teologie of eksels het al ooit gesê “dat mense buite Christus om van hul sonde gered kan word” nie. Dit sal absoluut in stryd wees nie net met die mees basiese verbintenis aan die geloof in een God soos wat ons hierdie God leer ken as Vader, Seun en Gees. Ek het nog NOOIT met “hierdie soort universalisme” gewerk (ek dink nie mens “glo in” universalisme nie, maak nie saak watter soort dit is nie) nie. Jy projekteer dit op my vanuit jou eie persepsies, en bevestig bloot dat julle besig is met ’n stuk verdagmakery sonder enige gronde.
Verder, die manier waarop jy “universalisme” skynbaar beskou as iets wat gebruik word as ’n subjek wat handel in ’n reddingsdaad in jou reaksie op Renier maak hoegenaams geen sin nie, maar nie saak watter “soort” universalisme jy ingedagte het wanneer jy dit skryf nie.
Laastens vind ek jou simpel opmerkings oor geld wat gemors is en die blote idee dat een predikant vir ’n ander predikant wat hy glad nie ken nie publiek sal sê dat hy eerder nie ’n dominee moes geword het nie (boonop skynbaar as deel van ’n argument wat gebou is op my stilte eerder as enigiets wat ek werklik gesê het) UITERS onsmaaklik. Ek dink dit verklap ’n totale gebrek aan erns met die kerk as die gemeenskap van gelowiges deurdat so opmerking die onderskeiding van elke liewe kerkraad saam met wie ek gewerk het seker my studiejare, elke ring waarvan ek deel is, elke groep lidmate met wie ek ’n pad gestap het en die hele kerklike struktuur wat ’n pad gestap het in die toesig oor my opleiding en legitimasie asook mentorskap oor jare in twyfel trek.
29 Mei 2013 om 03:08 VM
Stefaan de Jager
Cobus, ek is bly as dit blyk dat ek jou dan misverstaan het. As dit jou belydenis is dat Jesus die Here is en dat daar geen ander Naam is waardeur mense van die verdoemenis gered kan word as die Naam van Jesus nie, is dit goed so. Dan het ek ook genadiglik die Pous verkeerd verstaan.
29 Mei 2013 om 11:45 VM
Cobus Van Wyngaard
Nou toe, daar het jy my. Ek los dit nou maar vir jou en Daniel om julle verskillende interpretasies uit te sorteer. Geniet dit.
29 Mei 2013 om 12:30 NM
Chris de Weerdt
Cobus, as jy klaar Bybel gelees het doen gerus ’n bietjie navorsing oor Augustinus en watter invloed hy op die moderne Christendom gehad en nog het. Sal nogal pret wees. Groete.
29 Mei 2013 05:45 NM
Vian Du Plessis
Sjoe Cobus… Luther skryf in ’n wereld waar almal Christene is? Dis netso erg soos die uitsprake dat die Bybelse tyd ’n paternalistiese tyd was… wat met al die godinne en als… Dis verskriklik reduksionisties en ’n bietjie ongegrond. Hierdie gesprek is amper soos die een wat gaan oor die hoender en die eier. “Watter een kom eerste?” Die Bybelse geskiedenis wys mos vir ons baie mooi dat as geloof nie eerste kom nie, beteken goeie dade niks. Jy ignoreer nou tekste soos 1 Korintiers 13:3 wat se “Al deel ek al wat ek het aan ander uit, al gee ek my liggaam prys om my daarop te beroem, maar ek het geen liefde nie, dan baat dit my niks.” As jy nog nie so mooi nagedink het oor wat liefde is en hoe ons oor ‘goeddoen’ moet dink nie, gaan dink weer. Gaan lees weer. Hierdie soort interpretasie van Markus is ook net halfpad, want die ander persoon het daardie dinge in die naam van Jesus gedoen: “Johannes het toe vir Hom gesê: “Here, ons het iemand gesien wat in u Naam bose geeste uitdrywe. Ons het hom probeer keer, omdat hy ons nie volg nie.” “Moet hom nie keer nie,” sê Jesus, “want daar is niemand wat ’n kragtige daad in my Naam sal doen en net daarna minagtend van My sal kan praat nie. Wie nie téén ons is nie, is vír ons. “Elkeen wat vir julle ’n beker water te drinke sal gee omdat julle aan Christus behoort, hy sal beslis die beloning daarvoor kry. Dit verseker Ek julle.”
30 Mei 2013 11:17 VM
Vian Du Plessis
Om daardie teksgedeelte te verstaan as om net goeie dade te doen is totaal en al uit verband uit. Daar sal ’n baie sterker argument moet wees voor mens so ’n uitspraak maak.
30 Mei 2013 11:20 VM
Cobus Van Wyngaard
Vian, as jy my kan reghelp oor Luther se konteks sal ek dit waardeer. My vooronderstellings is dat Luther se “wêreld” uiteraard nie die hele aarde ingesluit het nie, maar binne die Heilige Romeinse Ryk gevind was, en dat dit algemeen aanvaar was dat almal in hierdie omgewing deel van die kerk was. O, en ek gebruik “Christene” as shorthand vir mense wat op ’n manier as deel van die kerk gesien word. Vir die res van die gesprek is ek moeg, maar as ek verkeerd is hieroor dan sal dit ’n klomp goed beïnvloed, so ek sal graag wil weet.
30 Mei 2013 11:24 VM
Vian Du Plessis
Luther het persoonlik volledige werke aan die Islam afgestaan en hulle samelewing was in ’n permanente oorlog gewikkel met die ooste. Die grense van Islam was tot binne Spanje… Hulle het daardie wrywings aan hul lywe gevoel. Hulle het geweet van ander godsdienste ook en kon veral met die Bybelse agtergrond van ’n veelgodedom identifiseer… Anders sou dit mos nie eers nodig wees om te praat oor “Een God, of Christus alleen,” nie. Daar is beslis ’n onderskeid om te maak en Luther moes dit ook doen. Boonop dink nie twee godsdienste eenders oor etiek of oor goeie dade nie, wat dit net nog meer ingewikkeld maak. Ek verstaan dat die situasie anders was as nou, maar ’n mens kan dit nie tot so ’n groot mate reduseer nie. Dit is nie so eenvoudig nie en mens kan nie ’n argument daarop bou nie. Eintlik moet ek nie hier oor so ’n ding post nie, want Facebook is nie die medium vir hierdie soort gesprekke nie. Maar dis juis daarom dat ek ook gevoel het ek kan nie niks se nie. Want groot uitsprake word met min agtergrond hier uitgesaai en as feite weergegee terwyl dit nie so eenvoudig is nie. Ek is nie teen ’n goeie debat nie. Bring asseblief die moeilikste vrae met goeie, volledige bronne laat ons saam daaroor gesels. Maar hierdie ding dat sulke uitsprake sommer so uitgesaai word veroorsaak dat mense mekaar net slegse op threads. Ek is self daaraan skuldig, ek bely dit, maar kom ons praat dan op die regte forums en op ’n gesonde manier oor sulke goed.
30 Mei 2013 om 12:59 NM