Kyk ook:
- Opsomming: Queering the prophet conference, Stellenbosch 2022
- Prof by Maties maak kapsie teen konferensie (17 Feb 2022, Louis Jonker)
Die volgende brief het in die Mei 2022-uitgawe van Juig! verskyn.
*********
Hoe laag kan die teologiefakulteit daal? | Juig!
Ek was uiters geskok om te hoor dat die Universiteit Stellenbosch in Maart ’n “Queer-teologiekonferensie” aangebied het. Die feit dat die Fakulteit Teologie dit goed gedink het om gasheer te wees vir iets soos “Queering the Prophet (Jonah)” en dat onderwerpe soos “These are the Days of Raw Despondence: Finding a Queer Kindred in the Book of Jonah” gepas is, laat my wonder oor die fakulteit. Ek is dankbaar dat professor Jonker van die Fakulteit Teologie by die universiteit hom van hierdie konferensie gedistanisieer het. Dit is uiters onverantwoordelik om gender-ideologie by die Bybel se teks in te sleep. Sulke agendas en humanistiese denke is deesdae aan die orde van die dag, Die Bybel sê sulke mense “wat met hulle rederasies niks bereik nie en deur hulle gebrek aan insig in die duister bly” voorgee dat hulle verstandig is, maar hulle is eintlik dwaas (Rom 1:21,22). Op die ou einde gee God hulle aan hulle eie verdraaide opvattings oor (Rom 1:28), Enigeen wat teologle wil gaan studeer, moet ernstig daaroor besin of hierdie Universiteit se teologiefakulteit hoegenaamd oorweeg moet word as dit die tipe opleiding is wat hulle gaan ontvang.
Naam op versoek weerhou