Hoekom ek die NG Kerk verlaat het

Iemand het my gevra om kortliks iets te skryf oor hoekom ek die NG Kerk verlaat het en hoekom ek nie dink dat die NG Kerk gaan omdraai nie. Hier is die hoof redes vir my besluit.

1. Kerkleiers in die NG Kerk verkondig dwaalleer en niks word aan hulle gedoen nie

Vir meer voorbeelde, kyk Die NG Kerk en teologiese opleiding en Lys van teoloë wat liberale uitsprake gemaak het.

2. Die Bybel is mensewoorde oor God

  • In 2002 besluit die algemene sinode dat die Bybel mensewoorde oor God is. Dit skep twyfel oor die Goddelike inspirasie van die Skrif en daarom die gesag van die Skrif.
  • In 2004 word hierdie besluit bevestig.

Kyk Die NG Kerk en skrifgesag.

3. Jy hoef nie aan die duiwel te glo nie

  • In 2011 besluit die algemene sinode dat daar ruimte is om nie aan die bestaan van die duiwel te glo nie. Hierdie besluit word in 2013 herbewoord en bevestig.

Kyk Die NG Kerk en die duiwel/bose.

4. Die sogenaamde wetenskap word bo die Bybel gestel

  • In 2012 ondersteun die algemene sinode die dokument Oor geloof en die wetenskap as gespreksdokument binne die NG Kerk. Daarin word onder andere gesê dat intelligente ontwerp (die idee dat God geskep het) “op verskeie vlakke geweeg en te lig bevind” is.
  • In 2015 ondersteun die algemene sinode ook die dokument Geloof en die wetenskap as gespreksdokument. Daarin word onder andere bevraagteken of Jesus werklik geeste in varke ingejaag het (Markus 5:1-21).

5. Homoseksualiteit en saamwoon is nie sonde nie

  • In 2011 besluit die algemene sinode dat voorhuwelikse seks nie sonde is nie.
  • In 2015 besluit die algemene sinode om ruimte te maak vir homoseksualiteit. In 2016 word die besluit omgedraai, maar in 2019 en 2023 word die besluit weer bevestig.

Onthou dat behoudendes hierdie sondes in presies dieselfde lig sien as pornografie, hoerery, afgodsdiens, egbreek, owerspel, diefstal, dwelmmisbruik en moord (1 Korintiërs 6:9-11).

Kyk Die NG Kerk en homoseksualiteit.

1 thought on “Hoekom ek die NG Kerk verlaat het”

  1. Die rede is dat daar sit mense , (ou sout pillare) in die Sinode wat nie n kooken clue het oor die spreekwoorde van “” to have the fear of God”” die hele gesluis van dominees is onder die mag van die Broederbond gangsters. Hulle kom sondag na sondag met hulle smart pakke kerk toe om daar net gesien te word, mean time is hulle karakters pik giet swart en hulle loop rond soos pou veer meneer … full of pride . Beelzebub en sy demone het sy koker vol pyle net reg gehou virri NGK . hy neuk hulle op 10/10 . die verder bly die NGK n afskuwelike instansie agv die beleid dat gays en lesbians op die kansel kan staan , mense trou en die HEILIGE NAGMAAL kan bedien as verteenwoordiger van God se Koningryk !!!! spaar my die gemors tussen al daai kerk gangers wat oorweldig was deur leuens !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui