Hoekom is NG Kerk nou skielik begaan oor huwelik?

*******

BRIEF | Hoekom is NG Kerk nou skielik begaan oor huwelik? | Rapport

Rapport, Sondag 9 Maart 2025

Henrietta Klaasing, Randfontein, skryf:

Rapport berig die NG Kerk is ongemaklik omdat die “Christelike begrip” van ’n verbintenis tussen ’n man en ’n vrou nie in die nuwe huwelikswetsontwerp voorkom nie.

Dit val vreemd op waarom die NG Kerk nou skielik “ongemaklik” daaroor is.

Ondanks erge verdeeldheid (waarvan die leierskorps bewus was en steeds is), is op die algemene sinode van 2019 ’n prosesbesluit geneem (wat met AS2023 vasgemessel is met ’n sogenaamde “beginselbesluit”) dat mense “ongeag ras, geslag, klas of seksuele oriëntasie en -identiteit” in “huwelike” bevestig mag word. As Bybelse sousie is bygevoeg dat die huwelik as ’n lewenslange verbintenis tussen een man en een vrou gesien word. Ook is in 2023 voorsiening gemaak vir kerkrade en predikante wat hul weg oopsien om burgerlike verbintenisse tussen persone van dieselfde geslag te bevestig, asook vir hulle wat nie hul weg daartoe oopsien nie.

Hiermee probeer die leierskorps op twee stoele sit en is basies twee-kerke-in-een geskep: Daar kan ’n gemeente wees wat sê ons sal homoseksuele verhoudings akkommodeer, maar nooit kondoneer nie. Ander sê nee, ons sluit hulle in. Die huidige kerkleiers wil ruimte maak vir albei standpunte: Albei is bona fide – daar is twee ruimtes.

Die meer as 100 dolerende gemeentes, asook dié wat reeds bande verbreek en dispute verklaar het, verklaar almal: Dit is tog onhoudbaar! Jesus self as die Woord verklaar in Markus 3:24: “As ’n koninkryk onderling verdeeld is, kan daardie koninkryk nie bly staan nie.”

Intussen is die NG Kerk in Namibië verdeeld sedert die besluit van die NG Kerk se algemene sinode oor selfdegeslagverbintenisse in 2019 en strykdeur die 2023 algemene sinode-sitting met dié se besluite oor dieselfde saak.

Daarom gaan die NG Kerk in Namibië voort om te kyk na die opsie om hul band met die algemene sinode “te herdefinieer” wanneer die sinode einde Maart plaasvind.

“Laat my volk gaan,” het Moses aan die Farao gesê – hoe lank gaan die hedendaagse Farao’s nog hul harte verhard?

briewe@rapport.co.za

1 thought on “Hoekom is NG Kerk nou skielik begaan oor huwelik?”

  1. Dit het allies begin toe sogenaamde slim mense die leerstelling van die apostels van Jesus Christus onder die mat ingevee het, om hulle eie verdraaide leerstellings te regverdig.
    Voorbeeld.
    Op Pinksterdag met die uitstorting van die Heilige Gees op die apostels van Jesus Christus,(Hand2, 1-4) stig hulle onherroeplik die eerrste gemeente van Christus. Wanneer die apostel Petrus, aan wie Jesus in Matth16, 18 hierdie belofte maak. En Ek sê ook vir jou, jy is Petrus, en op hierdie rots (geloofwaardige getuie Lukas24, 45-49) sal Ek my gemeente bou en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. Sê vir hulle (die eerste bekeerdes op hulle vraag wat moet ons doen broeders? Hand2 37 en ons vandag nog 2000 jaar later) Bekeer julle.. (wat beteken dit? Draai weg van sonde wat die dood tot gevolg het Romeine 6,23 en kom tot geloof en kennis in Jesus Christus wat die Weg en die Waarheid en die Lewe is Johan 14,6) en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sonde (wat die bad van die wedergeboorte is Titus3, 5 en waarsonder ons die koninkryk van God nie kan ingaan nie Johan 3,5) en julle Sal die gawe van die Heilige Gees ontvang. Han2, 38.
    Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het is gedoop, en op hierdie dag is omtrent drieduised siele toegebring, en hulle het volhard in die leer van die apostels. Effesiërs2
    Baie duidelik in die Woord van God. Wanneer en wie het dit verander.?
    En nou waarom versuim jy, Staan op en laat jou doop (Hand2, 38) en jou sonde afwas terwyl jy die Naam van die Here aanroep. Hand 22,16.
    Geseěnd dag.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui