Kyk ook:
- Satanis by Tuks kap Ernst Roets oor ‘giftige rasteorie’ (30 Mrt 2025)
Kyk ook KOMMENTAAR onderaan.
*******
Brief: Hoekom nou so gepla oor satanis as al dié goed toegelaat word? | Rapport
Sondag, 13 April 2025
Daniel Louw, Secunda, skryf:
Groot ongelukkigheid heers oor die sogenaamde misleidende beriggewing in Rapport oor ’n satanis wat verbonde is aan die teologiefakulteit van die Universiteit van Pretoria (UP).
Die NG Kerk se kuratorium[1] en die dekaan van die fakulteit teologie en religie[2] tel onder dié wat beswaar aangeteken het.
Dit is egter belangrik om na die gebeure binne konteks te kyk:
- In 2006 kla ’n teologiestudent drie UP-professore aan omdat hulle nie aan Jesus se letterlike opstanding glo nie. Die student word lewenslank geskors en die drie professore kom skotvry daarvan af ten spyte van die feit dat dit duidelik is dat hulle dit nie glo nie.[3]
- In 2010 tree die ateïs George Claassen op by die teologiefakulteit se openingsdag. Later die jaar word versoek dat ’n skeppingsleerder (kreasionis) ook die studente toespreek, maar dit word van die hand gewys.[4]
- In 2019 nooi die UP se teologiefakulteit vir Thomas Römer uit as gasspreker. Hy is ’n liberale Duitse teoloog wat onder meer glo dat God ’n menslike uitvindsel is.[5]
- In 2021 stel die UP die transformasie van sy kurrikulum in ’n YouTube-video bekend. Onder meer word die volgende gesê: “The faculty is also working with other religions . . . This undoubtedly provides for further inclusivity which would in time have an impact on our teaching and learning curriculum as well.”[6]
Dan is daar ook dinge wat by die ander teologiefakulteite gebeur wat NG predikante oplei:
- Vroeër vanjaar het die teologiefakulteit in Bloemfontein die voorvaders gevier.[7]
- In 2022 het Stellenbosch ’n “Queering the prophet”-konferensie gehou waar die profete van die Bybel deur ’n queer-lens beskou is.[8]
- By Stellenbosch het een van die dosente, verbonde aan die NG Kerk, in ’n artikel Jesus se Godheid ontken. Hy het skotvry daarvan afgekom.[9]
- Daar is ook teologiedosente wat voorstanders van aborsie is.[10]
As al die bogenoemde toegelaat word, verstaan ek nie hoekom daar so heftig ontken word dat ’n satanis aan die teologiefakulteit verbonde is nie.
Voetnotas
Die volgende voetnotas het nie in die oorspronklike berig verskyn nie.
[1] Kyk Verklaring van kuratorium oor Satanis by UP teologiese fakulteit
[2] Kyk Brief: Al Tuks se teologie-dosente staan in Christelike tradisie (Rantoa Letsosa, Rapport, 6 Apr 2025)
[3] Hierdie student was Ferdie Mulder. Al die detail hiervan is geskryf in sy boek, Opgestaan (Ferdie Mulder).
[4] Kyk UP Teologiese Fakulteit – Claassen in, Harwood uit.
[5] Kyk Thomas Römer vergiftig teologiese studente by Tukkies.
[6] Kyk UP stel hulle kurrikulum transformasie bekend (18 Aug 2021)
[7] Kyk Kovsies se teologiese fakulteit vier die voorvaders (2025)
[8] Kyk Opsomming: Queering the prophet conference, Stellenbosch 2022
[9] Kyk Opsomming: Peter Nagel aangekla vir leerdwaling (2023)
[10] Kyk RSG: NG Kerk teologiese dosent is pro-aborsie (13 Sep 2021) en Die NG Kerk en aborsie.
Kommentaar
Daniel Louw
Dit is ook belangrik om te sê dat ten spyte van al die dinge hierbo genoem, die kuratorium van die NG Kerk steeds voel dat teologiese studente goed opgelei word by die drie teologiese fakulteite: