Is Genesis 1 en Genesis 2 verskillende, teenstrydige skeppingsverhale?

Kyk ook:

Genesis skipperaars (Christene wat miljoene jare en/of evolusie met die Bybel wil versoen) gebruik soms die argument dat Genesis 1-11 nie akkurate geskiedenis is nie en gebruik as bewys daarvoor dat daar twee verskillende skeppingsverhale in die Bybel is: een in Genesis 1 en die ander in Genesis 2. Dus watter een van die twee moet mens nou glo? Dit is ’n manier om die skeppingsverslag in Genesis 1 te diskrediteer op dieselfde wyse waarop sommige skeptici die Bybel probeer diskrediteer deur na sogenaamde foute in the Bybel te verwys. Maar net soos skeptici nie gronde het om die Bybel te diskrediteer oor sogenaamde foute of teenstydighede nie (kyk Errors in the Bible en Answering Bible skeptics), netso kan mens nie Genesis 2 gebruik om die skeppingsverslag in Genesis 1 te diskrediteer nie.

Die kwessie is dat dit lyk of die volgorde van skepping verskil tussen Genesis 1 en Genesis 2 (spesifiek Genesis 2:19). Genesis 1 eindig waar God alles geskape het in 6 dae en waar God op die 7de dag gerus het. Genesis 2 hervat weer daar en begin vertel waar God besluit het om vir Adam ’n vrou te skep (v18). Dan in v19 word (weer) genoem van die skepping van die diere, veld en voëls:

Genesis 2: (18)Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ’n hulp maak wat by hom pas. (19)En die HERE God het uit die aarde geformeer al die diere van die veld en al die voëls van die hemel en hulle na die mens gebring om te sien hoe hy hulle sou noem. En net soos die mens al die lewende wesens genoem het, so moes hulle naam wees.

Nou lyk dit of God eers die mens geskep het en toe die diere en voëls geskep het wat volgens Genesis 1 voor die mens geskep is.

(Vir die vraag of daar nie te veel dinge vir een dag op dag 6 gebeur het nie, kyk Skepping & Evolusie – onversoenbaar!, Hennie Mouton, bl 74.)

Dit is belangrik om te weet dat hierdie eintlik ’n baie flou argument is wat slegs gebruik word om te probeer bewys dat Genesis 1-11 onbetroubaar is, sodat ’n mens evolusie en/of lang tydperke met die Bybel kan versoen. Veronderstel egter mens kom wel tot die gevolgtrekking dat ’n mens glad nie die Bybel kan glo in Genesis 1-11 nie, dan sit jy nog steeds met ’n dilemma: beide evolusie en die bepaling van die ouderdom van die aarde deur wetenskaplike tegnieke het soveel probleme dat ’n mens dit nog minder kan glo as ’n letterlike verstaan van die Bybel:

Maar weer terug by die kwessie van die twee “verskillende” skeppingsverhale in Genesis 1 en 2: is Genesis 1 en 2 teenstrydig? Die antwoord is “nee”:

Genesis 2 slegs ’n verdere uitbreiding

Genesis 2 is duidelik nie nog ’n ander weergawe van die skepping nie, want dit sê niks oor die skepping van die hemel, aarde, atmosfeer, see, land, son, sterre, maan en seediere nie. Genesis 2 is duidelik slegs ’n verdere uitbreiding van Genesis 1, wat niks wil sê oor die volgorde van gebeure nie.

Die woord “toe”

In die Nuwe Vertaling word die woord “toe” gebruik in Gen 2:19. Dit gee die indruk van volgorde. Let daarop dat die Ou Vertaling, wat ’n meer direkte vertaling van die oorspronklike is, nie die “toe” bevat nie, soos wat ook bevestig kan word deur na e-sword se KJV-weergawe te kyk waar die oorspronklike Hebreeuse woorde bespreek word:

Nuwe vertaling Ou vertaling King James
Gen 2: (18)Verder het die Here God gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke.” (19)Die Here God het toe uit grond al die wilde diere en al die voëls gevorm en na die mens toe gebring om vas te stel hoe hy elkeen sou noem; en wat die mens elke lewende wese sou noem, dit sou sy naam wees. Gen 2: (18)Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ’n hulp maak wat by hom pas. (19)En die HERE God het uit die aarde geformeer al die diere van die veld en al die voëls van die hemel en hulle na die mens gebring om te sien hoe hy hulle sou noem. En net soos die mens al die lewende wesens genoem het, so moes hulle naam wees. Gen 2: (19)And out of the ground the LORD God formed every beast of the field, and every fowl of the air; and brought them unto Adam to see what he would call them: and whatsoever Adam called every living creature, that was the name thereof.

Semitiese manier van skryf

Genesis 2 (die “tweede skeppingsverhaal”) is ’n tipiese voorbeeld van die vroeë Hebreeuse/Semitiese manier van ’n storie vir die tweede maal te vertel, of te wel die eintlike verhaal aanvullend of uit ’n ander hoek te belig. So moet Genesis 2:19 eintlik vertaal word: “Die Here God het toe al die uit-grond-gevormde wilde diere en voëls na die mens gebring…”. So meen Keil & Delitsch (ná deeglike uiteensetting van die grammatikale konstruksie):

“The arrangement may be explained on the supposition, that the writer, who was about to describe the relation of man to the beasts, went back to their creation, in the simple method of the early Semitic historians, and placed this first instead of making it subordinate; so that our modern style of expressing the same thought would be simply this: “God brought to Adam the beasts which He had formed.””

(Uit http://bible.cc/genesis/2-18.htm)

Daar is baie voorbeelde van hierdie Semitiese skryfstyl in die Bybel:

Lukas 3

In Lukas 3 word eers geskryf dat Johannes die Doper in die tronk gegooi is en toe Jesus gedoop het:

(19)Hy [Johannes] het ook vir Herodes, die heerser, tereggewys oor Herodias, die vrou van sy broer, en oor al die ander slegte dinge wat Herodes gedoen het. (20)Maar Herodes het nog verder gegaan en Johannes in die tronk opgesluit. (21)Toe al die mense hulle laat doop het, is Jesus ook gedoop, en terwyl Hy staan en bid, het die hemel oopgegaan (22)en het die Heilige Gees in sigbare gestalte soos ’n duif op Hom neergedaal. Daar was ook ’n stem uit die hemel: “Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My.”

Moet ons uit hierdie gedeelte aflei dat dit nie Johannes die Doper was wat Jesus gedoop het nie? Is dit ’n teenstrydigheid in die Bybel? Definitief nie.

In Bylaag A word nog voorbeelde van Simitiese skryfstyl gegee.

***********

Om te verstaan of Genesis 1 en 2 dieselfde of twee losstaande skeppingsverhale is, moet mens (soos oral in die Bybel) die beginsel toepas: “Skrif verklaar Skrif”. Dit beteken onder andere dat ons die konteks van ’n bepaalde saak óók in ag moet neem. As jy dit doen, dan is dit duidelik dat Genesis 1 en 2 dieselfde skeppingsgebeure beskryf.

Tien plae

Die tien plae is nog ’n voorbeeld waar daar twee verskillende weergawes in die Bybel is. In Eksodus 7-12 lees ons die eerste keer van die tien plae. In Psalm 105 word daar weer na die tien plae verwys, maar dit is ’n onvolledige lys en verder is die volgorde nie dieselfde as in Eksodus nie. Kyk ook 10 plae. Dit maak egter nie dat ons die tien plae onder verdenking plaas nie. Dit is duidelik dat die skrywer van Psalm 105 nie bedoel het om ’n volledige lys te gee nie, maar eerder om ’n lied daaroor te skryf.

Is die skepping-evolusie kwessie belangrik?

A student said that if it were not for the ‘blessings’ of ministries like CMI, “I think I may have lost my faith to evolutionary propaganda a long time ago.”

Adolfo E: “CMI’s ministry is a blessing for life… one of the greatest obstacles that I faced before accepting Jesus was the indoctrination of evolution I had received in school. Even though I was not totally sold about evolution, it created enough doubts in my mind to prevent me from accepting the Lord.”

John B: “The information that you [CMI] put out opens minds and touches lives. Our own Pastor Bill B… has told us how God impacted his life through CMI. The theory of evolution was a big stumbling block for Bill”

Bylaag A: Nog voorbeelde van Semitiese skryfstyl in die Bybel

1 Konings 6 en 7

In 1 Konings 6 word ’n paar maal vertel hoe die tempel gebou is. Dit word gevolg deur ’n beskrywing van hoe Salomo se paleis gebou is in 1 Konings 7:1-12 en dan wéér hoe die tempel (nie 2 tempels nie) gebou is (1 Kon 7:13-51):

1 Konings 6 1 Konings 7
(9)Nadat Salomo die tempel klaar gebou het, het hy ’n dak van oorkruis gelegde sederbalke opgesit.
(14)Nadat Salomo die tempel klaar gebou het,
(37) Die fondament van die huis van die Here is gelê in die vierde jaar, in die maand Sif
(1)Aan sy paleis het Salomo dertien jaar gebou voor hy heeltemal klaar was daarmee.
(21)Hiram het die pilare by die voorportaal van die tempel opgestel. Die een wat hy regs opgestel het, het hy Jakin genoem, en die een links Boas.
(51)Nadat al die werk wat koning Salomo aan die huis van die Here gedoen het, afgehandel was, het hy die gewyde gawes van Dawid, sy pa, ingebring. Die silwer en die goud en die toebehore het hy in die voorraadkamers van die huis van die Here gesit.

Rigters 15 en 16

In Rigters 15:20 word gesê dat Simson 20 jaar lank oor die Filistyne geregeer het, asof dit die einde van die geskiedenis van Simson is: (20)Simson was in die tyd van die Filistyne twintig jaar lank leier van die Israeliete.

Maar dan vervolg Rigters 16 met Simson wat ’n prostituut in Gasa gaan besoek en hoe Delila hom verlei het, sy hare afgesny het en sy oë uitgesteek is. Eers in Rigters 16:31 sluit die geskiedenis van Simson af met: (31)Daarna het sy broers en sy hele familie gekom en sy lyk kom haal. Hulle het hom gevat en gaan begrawe tussen Sora en Estaol, in sy pa Manoag se graf. Simson was twintig jaar lank leier van die Israeliete.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui